Started by Private User on Wednesday, March 24, 2010
Participants:
Private User
Geni member
Profiles Mentioned:
Amedee
Geni member
Showing all 1 post
Private User
3/24/2010 at 8:31 AM
MNR. AMIE GONIN, voormalige lektor aan die Universiteit van Wes-Kaapland en gewese WP- en Matie-rugbyspeler, is eergister tuis in die ouderdom van 69 oorlede. Mnr. Gonin, van Broadwaystraat 41, Vredelust, Bellville, het in die laat jare dertig 'n meestersgraad in wiskunde aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Hy was jare lank 'n wiskunde-onderwyser by die Hoërskool Bellville voordat hy as senior lektor in wiskunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland aangestel is. Mnr. Gonin word oorleef deur sy vrou, Lorna. Hy word môremiddag om drieuur uit die NG kerk Vredelust begrawe.