Jou doring!!!!!

Started by Private User on Thursday, November 25, 2010

Participants:

Showing all 8 posts
Private User
11/25/2010 at 11:12 AM

Dit gaan plesier word. Dankie.

11/26/2010 at 12:10 PM

Wie is die wonderkind wat die projek begin het? Beste nog! Baie geluk.

Private User
11/28/2010 at 6:03 AM

Hi Hobbie,
Dit is mauritz. Daar is nog twee. Ek weet ie of ju dit gesien het nie.
Stamouers en Stamouers Slves at the Cape

Dit help nogal regtig baie met die merges. Ons handel dit vinniger as vinnig af.

Lekker week,
Judi

Mauritz
11/28/2010 at 9:02 AM

Hoe bloos ek nou. Dankie julle!
Moet nog vleis aan die been sit, maar ek's bly die 'bare bones' vind aanklank..

Private User
11/28/2010 at 10:49 AM

Ja nee. Die projekte moes al lankaal lig gesien het! Dankie Mauritz!

12/9/2010 at 10:00 PM

Mauritz nou sien ek in watter rigting hierdie projek stuur. Ek hou baia daarvan en sal 'n local help en rigtinggewer vir ons wees.
geni groete

12/11/2010 at 8:29 PM

Mauritz, Judy, June
Ek kom agter 'n mens moet nie geni vir suiwer geniologie aanwend nie. Die nuwelinge is nie almal daarmee besig nie. Maar om nuwe en veral huidige familie lede te vind en in posisie te plaas is die oorgrote waarde. Ek het in n week meer van my ma se familie inligting bekom as maande se soek. Maar dit is mense wat nou op fb asook nou met geni wil netwerk.
wat is julle opininie hiervan.
Dit help om nuwelinge na jierdie projek te verwys.
groete

Mauritz
12/17/2010 at 6:55 AM

Hello Willem

Eerstens, GROOT dankie vir jou deelname en gevleuelde woorde! Jy ook Shelvin! Almal! Hoe lekker.

Man, so baie om te sê oor die onderwerp dat ek nie mooi weet waar om te begin nie - so hier is my mondvol…

Weet darem nie of ek (verder) in geni sou belang stel as ons nie saamwerk om "suiwer genealogie" 'n kern doel maak nie. Almal wil tog in beginsel hê dat hulle stamboom so akkuraat as moontlik moet wees en dit bereik ons nie sonder die bydrae en deelname van ervare genealoë en 'n empiriese benadering tot stamboom navorsing en inligting nie.

Geni gee newbies 'n geweldige voorsprong en elkeen wat wel belangstelling in genealogie ontwikkel of mag ontwikkel, word dan ook blootgestel aan 'suiwere genealogie' die oomblik as hulle so bietjie begin soek na 'betroubare' inligting. Seker iets waaroor ons vorentoe baie gaan gesels.

So hoop ek dat geni moeite sal aanhou doen om meer aanklank te probeer vind by die 'suiwer' genealogie en soos in die verlede ook voortaan sal verbeter daarmee. Daar is 'n klomp nuwe funksionaliteit in geni bygevoeg met die tyd saam wat op verskeie maniere genealogie ondersteun. Die suffix veld ("blokkie" soos Judi sal sê ;-) of die onlangse Wikipedia styl 'About me' veld en 'Document management' is goeie voorbeelde. Miskien goed om na Wikipedia se ontwikkeling te kyk vir leidrade oor wat met geni in die toekoms in sal gebeur.

Stem saam mens moet nie net aan geni dink in die lig van "suiwer genealogie" nie want soos jy ook noem, elkeen gebruik geni dan noodwendig met ' n ander doel voor oë EN 'suiwer genealogie ' sal sekerlik net die doel van 'n klein persentasie van die totale mense wat geni gebruik wees. Maar dis dan ook weereens die beauty van geni. Dit bied iets vir almal; oud en jonk, newbies en die ervare, sosiale nuuskieriges en ernstige geskiedkundiges ensovoorts. Ek ken 'n paar mense wat geni net gebruik vir verjaarsdae herinneringe. Alles goed ..

Geni is iets heeltemal nuuts en die meng van "Facebook van families" , Wikipedia en genealogie maak vir interessante dinamika op soveel vlakke. Baie families het byvoorbeeld issues of baie mense het sterk idees oor goed. Dit lewe homself ook in geni uit. Ek is bly as die projek kan help om almal te kan help met verstaan. Glo nog altyd mens kan beter oor die weg met ander kom net deur saam te stem om... beter oor die weg te kom ;-)

So... Geni is wel 'n twist op wat mens verwag van 'n tipiese genealogiese program en sal dan ook bydra dat die genealogiese reels herskryf word vir die informasie era, maar sekerlik as dit by 'stamboom bou' kom sal suiwer genealogie - in tyd - altyd oorheers . Dis maar hoe inligting werk. Die wat weet, het altyd 'n one-up op die wat nie weet nie..

Heel interessant dan ook om geni se nuwe schpiel te lees: http://www.geni.com/company/about_us Hulle doen baie om vorige misverstaan oor wat geni is te probeer oplos.

In geni terme is ons nou maar aan die begin van die reis. Wie weet waar hierdie projek gaan draai. Geni bring 'n nuwe betekenis tot "we are all connected" en nog nooit was daar die geleentheid om dit waar te neem soos nou nie.

Ek dink nou al lankal mens moet meer begin dink aan honderde duisende mense se deelname in geni - ons is nou maar by honderde wat oorgaan in duisende as dit by die boom kom. Dink daaraan as daar 'n 1000 mense collaborate op 'n stamvader byvoorbeeld. Dis heel moontlik dat daar nog 'n geni user 'explosion' kan wees as dit nie reeds reg onder ons neuse gebeur het nie en geni soos facebook deel van byna elke persoon se sosiale webwerf landskap word nie.
My ervaring met my eie familie is dat van almal wat ek uitgenooi het, het nog net een NIE die uitnodiging aanvaar het nie en so ongeveer 30% van my nabye familie log darem in so nou en dan ook in.

Ten slotte dink ek geni gaan dan ook noodwendig goed wees vir die 'suiwer genealogie' . Mens kan nie jou stamboom bou sonder om jouself so bietjie vertroud te maak daarmee nie nie en geni, die internet en verskeie wonderlike bronne (TANAP, eggsa, SAG ensovoorts) stel dit nou vir amper iedereen binne bereik. Dit sal sekerlik 'n golf van belangstelling meebring wat net goed kan wees vir suiwer genealogie.?! As die gogga jou byt...

Geni groete

Mau

Showing all 8 posts

Create a free account or login to participate in this discussion