Jan louis is net vyf jaar na sy pa (Carel Jacobus) gebore - moontlik 'n tikfout?
Ek het al baie bronne gesien waar Johannes Lodewiekus (gebore 7 Julie 1813) ook aangedui is as Jan Louis, of waar Jan Louis (gebore 7 Julie 1813) aangedui is as Johannes Lodewiekus. Dus dieselfde persoon...
Carel Jacobus word ook in sommige bronne Charl Jacob genoem en hy is die pa van bogenoemde Johannes Lodewiekus/Jan Louis.
Dus is hierdie Jan Louis moontlik ook bogenoemde Jan Louis/Johannes Lodewiekus?
NA Coetzee dui ook in "Die Du Plessis Familieboek" (1988) hierdie Carel Jacobus aan as Charl Jacob/Sarel Jacob.
Johannes Lodewiekus/Jan Louis is ook in dié boek onder die naam Johannes Lodewiekus opgeneem (onder die inskrywing oor die Du Plessis's van Philipstown, Petrusville, Colesberg).