Waarskynlik familie?

Started by Frans Oosthuizen on Thursday, May 26, 2011

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 7 posts
Photo_silhouette_m_thumb2
5/26/2011 at 2:03 AM

Ek wonder sommer of daar 'n skakel kan wees met hierdie Frans Jacobus Wilhelmus'se

MERWE Frans J.W., van der 1863-1956 & Maria M.E. ZANDBERG 1878-1963 (Het gedink dalk Kola se pa, maar die ma is te jonk! - maar dalk 2e vrou?)
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=148775

MERWE Frans Jacobus, van der 1900-1965 & Elizabeth Maria B. DU TOIT 1901-1969
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=148741

MERWE Frans Jacobus Wilhelmus, van der 1931-1975
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=148775

5/26/2011 at 8:27 AM

Aha! Jy het hulle ook gekry :)

5/26/2011 at 8:32 AM

Dit maak sin dat oupa Kola se pa 'n Frans moet wees, want die tradisionele Europese manier van kinders name gee (oudste seun kry sy oupa se naam) sal dan verklaar dat jou oupa Frans gedoop sou wees. En verder behoort dié Frans (waarskynlik die ene geb. 1863) se pa weer 'n Jacobus sou wees.

5/26/2011 at 8:57 AM

Ja, ek wonder of Maria Zandberg dalk 'n tweede vrou kon wees, sy was 15 jaar jonger as hy!

Photo_silhouette_m_thumb2
5/27/2011 at 2:23 AM

Hierdie is dalk maria se ouers - op Kenhardt
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=149737

Photo_silhouette_m_thumb2
6/1/2011 at 3:24 AM

My ma my laat weet and dit wel kola se pa was, en maria was sy 3e vrou! Weet nog nie wie was sy ma.

Today at 6:46 AM

Ja, van hierdie kant af ook bevestig. My ma (Elsa) het die volgende te sê:

Die grafsteen is van oupa Fransie, Kola se Pa, maar die vrou was sy 3de vrou Ouma Lenie, sy het 3 dogters by hom gehad. (Aunt Sophie, aunt Maria (Meraai) en aunt Hester - sy was met met 'n Mouton getroud)
Na oupa Kola se ma (Ouma Chrissie) se dood was oupa met 'n ander tannie getroud, ek weet nie wat haar naam was nie, maar hulle het 2 kinders gehad, aunt Bessie en oom Fanie, maar van hom weet ek baie min en na haar dood was hy met ouma Lenie getroud, ek kan haar nog redelik goed onthou - veral omdat sy ook so geklae het hoe 'n moeilike man oupa is. Ek moes seker so 5 of 6 gewees het, want ons het nog op Ou Biesies gebly, toe sy en Mamma sit en naaldwerk doen en sy vir Mamma sê toe sy na die middagrus wakker word was oupa net weg, hy het niks gesê nie, maar net opgestaan en gaan stap,
"op die hitte van die middag, hy kan sonsteek kry" - in haar woorde. Waarop ek toe sê as my man so maak, sal ek agter die deur met 'n sweep staan en wag tot hy inkom en dan sal ek hom 'n goeie pak slae gee - die twee vroue het hulle uit hul nate gelag vir my opmerking.
So in kort "she was'nt even related to us", alhoewel ek nog lank kontak gehad het met haar een dogter aunt Meraai van Brandvlei, sy het nog toe sy al in die 80s was by ons kom kuier in Monte Carlo gebou, Pappa het nog van haar fotos geneem - sy het nog maklik die trappies opgeklim en vir my gesê ek hoef nie haar arm vas te hou nie, sy is nog "redelik sterk om op my eie klaar te kom"

Showing all 7 posts

Create a free account or login to participate in this discussion