Regstelling van 'n verkeerde koppeling op my moederlinie-stamboom

Started by Piet Retief Venter on Thursday, June 16, 2011

Participants:

Showing all 9 posts
6/16/2011 at 1:07 AM

Ek is aanvanklik ingelig dat Jacomina Carteniers (die Van den Bergs se stammoeder) 'n voormoeder van my was (via die moederlinie), maar het later van Johan Pottas verneem dat daar 'n verkeerde koppeling ('connection') gemaak was en dat my regte stammoeder (via die moederlinie) eintlik Engeltje Cornelisse van der Bout was. (Afkomstig vanaf Rotterdam, geb. ca. 1670). Ek het probeer om dit op Geni reg te stel, maar kon nie daarin slaag nie. Wat staan my te doen? Kan iemand my dalk raad gee? (Piet Venter, e-pos: pr.venter@telkomsa.net)

<private> Preller
6/16/2011 at 3:37 AM

Ahoi Piet, Ek sal hopenlik kan help.. Sal op my lysie sit...

6/20/2011 at 7:39 AM

Mauritz, my probleem is dat ek met my moederlinie verder terug as my ouma aan moederskant wil gaan, maar daar is nie pyltjie na bo, waaraan ek kan aanhak nie. Daar is ook die kwessie van die 'verkeerde' koppeling verder terug, wat gemaak is, en nou is daar al die 'vreemde' mense van ander stambome as my eie - vanweë die samevoegings ('mergers') wat intussen gemaak is.
Wat word van hierdie 'vreemdes' as ek dit sou regkry om my eie moederlinie reg te stel?

6/20/2011 at 12:28 PM

Lyk my Piet en Maurits moet 'n paar koppies koffie saamdrink terwyl hulle saamwerk om die dinge reg te stel. Wat van 'n Skype vergadering as 'n tweede beste oplossing. Dan werk julle so praat-praat saam :-)

6/25/2011 at 6:28 AM

Chris - ja, ons sal 'n plan moet maak, maar ek wonder of ek alles nie maar so 'verkeerd' moet los soos dit is, wat my eie moederlinie betref nie - daar is te veel mense (21) wie se saamgevoegde stambome andersins geaffekteer kan wees. My eie regte moederlinie loop so: Piet V. geb. 31/8/46, s/v Gerria Gey van Pittius geb. 10/9/1925, d/v Gerria vd Walt geb. 12/11/1896, d/v Hester Cornelia Venter geb. ca. 1866, d/v Martha Maria Jacoba Kruger geb. 2/8/1843, d/v Martha Jacoba Maria Pelser geb. 29/8/1818, d/v Anna Catharina Jacomina van Aswegen ged. 31/7/1796, d/v Martha Maria Griezel ged. 30/4/1776, d/v Anna Maria Jacoba Pelser ged.13/6/1745, d/v Engela Catharina Zaaijman ged. 11/5/1721, d/v Anna Maria Koopman ged. 20/8/1690, d/v Engeltje Cornelisse van der Bout, geb. ca. 1668, afkomstig van Rotterdam.

6/29/2011 at 9:24 AM

Moenie moed opgee nie Piet, nou dat so baie van ons saamwerk met die SA Stamvaders projek is daar al baie sake reggestel. Groot verbetering van die saak. Baie bly en dankbaar vir almal wat saamwerk.

6/30/2011 at 11:10 PM

Piet, ek het so langs jou stamboom opgegaan aan die moederskant. Lyk my hy loop goed tot by Anna Catharina Jacomina VAN ASWEGEN. En dan skielik het sy 'n Pa met die van KRUGER. Dink dis daar wat die eerste probleem is. Jy kan by haar profiel ingaan en haar loskoppel van Gerrit KRUGER en van Martha Maria GRIESEL deur aan te gee dat hulle nie haar ouers is nie. My eerste teorie is dat hierdie Martha Maria GRIESEL nie die korrekte Martha Maria is nie. Wat dink jy?
Groete,
Chris

<private> Preller
9/12/2011 at 12:25 PM

Piet Retief Venter - Chris Steyn julle hier reggekom?

9/12/2011 at 9:13 PM

Ek sien nou eers Chris se boodskap waarin hy vir my raad gee. Ek sal probeer om te doen wat hy voorstel.

Showing all 9 posts

Create a free account or login to participate in this discussion