Nicolaas Frans Alberts [Kleinseun van Hendrik Elberts en Aletta Ter Mollen]

Started by Alexander Armenis on Friday, June 17, 2011
Showing all 1 post
6/17/2011 at 1:53 PM

Dit blyk dat Nicolaas Frans Alberts nie die seun van Hendrik en Aletta is nie, maar eerder hul kleinseun kan wees. Twee redes hiervoor, Nicolaas Frans was kronologies omtrent 'n hele generasie na die periode van Hendrik en Aletta se kinders (c.1710) gewees. Tweedens, Hendrik en Aletta het 'n kind gehad met die naam Nicolaas wat met Margareta Pasman getroud was.

Die tekens wys daarna dat Nicolaas Frans Alberts die enigste oorlewende kleinseun van Hendrik en Aletta was, en die familie name en ander familie verbintenisse verwys na Willem Alberts en Susanna du Toit as moontlike ouers van Nicolaas Frans. Byvoorbeeld, Nicolaas Frans se eerste seun is Hendrik Willem genoem wat met Willem s.v. Hendrik en Aletta kan verbind word. Tweedens is Nicolaas Frans se tweede naam 'Frans' moontlik sy oupa se naam, Francois du Toit, pa van Susanna du Toit.

Showing all 1 post

Create a free account or login to participate in this discussion