Potgieter

‹ Back to SurnamesPotgieterDocuments

5 Okt 2002 Gesinsblad Bladsy 1
Man: Harmen Jansz POTGIETER
Gebore: 1635 in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland 1,2
Sterf: 1706 3
Verw. nr.: Stamvader 1
Beroep: Boukneg / Smit 2
Vader: Jan POTGIETER
Moeder: Schwerne LODDEN
Die POTGIETER voorouers is deur Patrick van Griethuisen en Dr Ludwich Edel nagevors en terug gevolg
tot by Bernd POTGEITER wat trou met 'n dogter van Heinrich KETELER. Hy kom van Essen, op die Ruhr,
na Nordhorn wat in die Graafskap van Bentheim, Duitsland geleë is. In 1546 is sy naam in die Burgerboek
daar ingeskryf en in 1577 word hy nog daar in 'n akte genoem. Sy skoonpa, Hynrich Keteler, of ook Kettel
Hinrik genoem, woon omstreeks 1500 tot 1537 in Ossenhoek.
Dr Jordaan Potgieter volg die Potgieter naam selfs verder terug in sy navorsing tot by Hermann (1463), sy
seun Gerhard (1493) en kleinseun Diederik (1541). Diederik sou dan ook die vader van Berndt hierbo wees.
Essen (in Duitsland) is tot vandag toe nog beroemd vir die Ysterwerke en was daardie tyd ook reeds baie
bekend vir die pot- en ketelgieters wat daarvandaan kom. Dit gee waarskynlik vir ons 'n goeie leidraad na die
oorsprong van die van POTGIETER.
Berndt het sover bekend 3 kinders gehad. Kettel Hinrich POTGETER, of ook Kettelhinrich genoem, wat trou
met Fenne HILLERINCK wat van Hesepe kom. Na wat bekend is het hulle geen nageslag nagelaat nie. Sy
tweede seun was Kettel Hermann POTGETER. Hulle enigste bekende dogter was Kettel Grete POTGETER
wat getrou het met Albert ROLOWES.
Kettel Hermann POTGETER, of ook Kettelhermann genoem, was getroud met Agnese SCHOLTEN, 'n
dogter van Scholten VON BIMOLTEN, wat van Bimolten afkomstig is. Hulle woon op Ossenhoek, maar in
die oorlogtyd woon hulle by sy stiefouers op die Scholten boerdery. Agnese was ook Nese of Gese genoem.
Slegs een kind van hierdie huwelik Nesen Hermann POTTGETER wat ongeveer in 1590 gebore is, is
bekend.
Hermann POTTGETER, ook genoem Nesen Hermann, waarskynlik so vernoem na sy moeder, Nese
(Agnese). Hermann is ongeveer 1590 gebore en in 1667 word sy naam in Nordhorn aangetref as Hermann
Pottgeter, burgermeester van Nordhorn. Hy het reeds voor die dertigjarige oorlog getrou met Tryne, die
stiefdogter van Gerdt Arents. Hermann was ook lid van die Nordhorn skoenmakersgulde. Hulle het vier
kinders gehad; Nesen Lambert POTGIETER die eienaar van 'n stuk grond in Pottkamp, Adeldorf, Gert
POTGETER wat die eienaar van die "Faberhaus" in Schuttorf was, Hermann POTTGEITER wat in 1648
trou met 'n dogter van Swenne VON LODDEN, en Jan POTGIETER.
Jan (of Johannes) POTGIETER was gebore in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland en trou in 1634 met
Schwerne LODDEN, die dogter van Swenne VON LODDEN van Frensdorf . Sy was ook in Nordhorn
gebore, in die jaar 1610. Jan was ook genoem Ossenjan of Kettel Johan.
Ons stamvader Harmen Jansz POTGIETER wat in 1635 in Nordhorn gebore is was die enigste seun uit
hierdie huwelik.
Harmen Jansz was die seun van Jan Potgieter (gebore 1605) van Nordhorn, Duitsland, en Schwerne
LODDEN (gebore 1610), van Frensdorf, Duitsland. In 1670 verhuis Harmen na Amsterdam, en tree daar in
diens van die VOC as soldaat en kom na die Kaap van Goeie Hoop, waar hy met Isabella Fredericks (of
Beeltjie), weduwee van Claas Vechtman trou. Hulle het 9 kinders gehad, wat een seun van Isabella se vorige
huwelik insluit. Later verlaat hy die diens van die VOC en word vry-smit.
Noordhoorn is geleë in die Groningen provinsie, suid-wes van die stad Groningen. Die Potgieterfamilie het
5 Okt 2002 Gesin van Harmen Jansz POTGIETER – vervolg Bladsy 2
daar op 'n plaas gewoon met die families Steyn en Prinsloo as bure. Harmen was dan ook 'n lewenslange
vriend van Douw Gerbrand Steyn. Sy dogter, Maria, het later met Jacobus Steyn, die aangenome seun van
Douw getrou en so die stammoeder van die Steyns in Suid-Afrika geword.
Hy was een van die eerste bewoners van die nuwe nedersetting by die Eersterivier (Stellebosch), waar hy sy
ambag as smit beoefen. Hy word deur de Wet gelys as smit 1674-1705. (de Wet GC, Die vryliede en
vryswartes in die Kaapse nedersetting, p68). In 1688 het hy sy smitswinkel aan Lourens Verbrugge oorgedra
vir die helfte van die wins (p107, verw 1STB 18/152 kontrak 1.12.1687).
De Wet meld dat Harmen in 1663 'n vryburger geword het, in 1670 weer tot die Kompanjie in diens getree
en in 1674 weer uitgetree en 'n vryburger gebly tot sy dood in 1706. (p 197, verw Boesken AJ, Resolusies vd
politieke raad, II 4.2.1671, p56; VC 49 Monsterrolle van vryliede 31.12.1706, p107)
Hy het in 1679 na die Eersterivier verhuis, waar hy gevestig het op die laer terrasse langs die Eersterivier,
wat aan hom belowe is in 1680, maar dit was eers baie later (1712) aan sy weduwee se boedel amptelik
toegeken. Die plaas is uit die boedel aan Aletta Beck verkoop, wie dit "Voorgelegen" gedoop het. Die grond
het bestaan uit twee dele – die oostelike deel strek van die huidige kerk van Stellenbosch tot by Mostertsdrift.
Die veel groter westelike deel strek van erens tussen die huidige Andringa en Herte strate en sluit in die
gebied waar die huidige stadsaal gebou is. Sy opstal was op hierdie groter deel, ongeveer waar Bird straat
vir Dorp straat kruis. Die huis het 'n netjiese front, wat die indruk skep dat Harmen 'n ryk man moes gewees
het. In 1693 verkoop hy deel van die grond aan Linnes.
Op 8 November 1679 is die stad Stellenbosch gestig. Minder as drie weke nadat Simon van der Stel in
1679 by Kaap aangekom het as kommandeur van die nedersetting, het hy en 'n paar amptenare te perd 'n
inspeksietog na Hottentots-Holland onderneem waar 'n paar vryburgers reeds gevestig het (vandag
Somerset-Wes en omgewing). Nadat van der Stel se werk daar afgehandel was het hulle met 'n ompad
teruggegaan. Op 8 November het hulle by 'n asemrowende landstreek uitgekom waar Harmen en 'n paar
ander vryburgers gevestig was. Hulle het daardie aand op 'n eiland in die Eersterivier oornag. Op die eiland
was daar baie pragtige hoë bome. Omdat geen kommandeur of goewerneur voorheen daar was nie, het
Simon van der Stel die eilandjie Stellenbosch genoem.
Die plek het hom onmidelik, uit die oogpunt van sy opdragte as kommandeur, geinteresseer omdat dit as
voortreflik vir landbou beskou is. Onmiddellik nadat hy terug was by die Kasteel aan die Kaap, het hy
aangekondig dat daar vir mense wat hulle langs die oewers van die Eersterivier wil vestig, grond beskikbaar
is in die vorm van eiendomsplase. Baie gunstige voorwaardes is vir voornemende boere aangebied en die
reaksie was goed.
Potgieter het ook aktief deelgeneem aan die openbare lewe van die klein gemeenskap as "wagmeester" van
die artillerie. Kommissaris H.W van Reede het hom aangestel as 'n lid van die heemraad in 1685 (saam met
Gert van der Bijl, Henning Husing en Jan Cornelis Mostert). Van Reede verwys na hom nie by sy van nie,
maar verwys eerder na hom by wyse van sy aambag, Harmen Jansz Smit, soos wat wel dikwels die geval
was in daardie tye. Hy het sy ambag by Stellenbosch voortgesit, en later sy stief-seun, Nicolaas Vechtman in
die ambag opgelei. Hierdie stief-seun was 'n groot vriend van Adam Tas, wat na hom verwys het as die
"kreupel vulkaan" – 'n verwysing na die kreupel Romaanse smit-god, Volcanus.
JA Hofmeyer verwys na die boek "Slagtersnek en sy mense" deur Dr J.A. Heese, waar daar vermeld word
dat Harmen Jansz vermoor was in 1702. Heese het later dit reg gestel. Hofmeyer noem ook dat Harmen
Jansz 'n permit toegestaan was in 1705 om 6 waens hout te versamel by die Vier-en-twintig-riviere en maak
daarvan die aanname dat Harmen Jansz tussen 1 Sep 1705 and 1708 moes gesterf het. Sy weduwee hertrou
met Lourens Verbrugge in 1708.
In die indeks van hofsake in Uit die Raad van Justisie, 1652-1672 (Staatsdrukker, Pretoria 1986) verskyn
daar verskeie sake waarin "Harmen Jansz" betrokke sou wees:
338, 30.7.1670, Harmen Jansz vs. Willem Willemsz van Deventer; skuld; saak geskik (CJ1, p583)
341, 30.7.1670, Harmen Jansz; hout sonder toestemming gekap (CJ1, p592)
5 Okt 2002 Gesin van Harmen Jansz POTGIETER – vervolg Bladsy 3
396, 1.6.1671 & 6.1.1672, Fiskal vs. Harmen Jansz van Noordhoorn; Kompanjie se tyd en werktuie vir eie
gewin gebruik; ses maande ad opus publicum en ses maande gasie pro fisco. (CJ 2952, p406-408, CJ 1,
p672-672,739)
Bronne:
Patrick van Griethuysen
Stellenbosch – Drie eeue, geredigeer en saamgestel deur F Smith, Stadsraad van Stellenbosch (1979), ISBN 0
620 03910-8. Artikel deur AM Hofmeyer.
Hugo AM, Die Kerk van Stellenbosch 1686-1963 (Tafelberg 1963)
Dr Carl Potgieter, Kommandant-general AH Potgieter
Die Swardt Joernaal No 2, 30 Junie 1999 (Eric Swardt familiebond)
Vrou: Isabella FREDERIKS
Trou: 8 Mei 1672 in Swellendam 4,2
Gebore: 8 Mei 1652 in Amsterdam, Nld
Sterf: 1711 5
Vader:
Moeder:
wed Nikolaus Vechtman. Na Harmen se afsterwe trou sy met Lourens Verbrugge.
M Kind 1: Johannes (Jan Harmensz) POTGIETER
Gedoop: 23 Sep 1674 1
Sterf: 1733
Verw. nr.: b1 1
Gade: Clara HERBST g. 1687 s. cir 1714
Trou: 24 Jul 1712 in Stellenbosch 6
Gade: Maria Catharina VAN EEDEN
Trou: 18 Feb 1714 in Stellenbosch 1
Johannes, ook bekend as Jan Harmensz Potgieter, was eerstens getroud met Clara Herbst, dogter van
Johannes Herbst van Bremen. Hulle het 3 dogters gehad, waarvan die eerste waarskynlik voor 1714 oorlede
is. In 1714, na die dood van Clara, trek hy verder na die binneland na Stellenbosh met sy twee dogters,
Elizabeth en Sibella. Vanaf 1717 woon hy by Rhebokskloof, Kliprivier ("Cliprivier") in Wellington later die
eiendom van Charl Cillie.
Jan se naam kom voor in die weilisensies wat tussen 1703 en 1707 uitgereik is. (de Wet GC, Die vryliede en
vryswartes in die Kaapse nedersetting, p39 verw. RLR Oude Wildschutte Boek: weilisensies. 27.12.1703 en
5.3.1705 pp 134-135, 138-9)
'n Keerpunt was bereik aan die Kaap in 1715, toe die veiligheid van die vry-burgers sodanig verswak het dat
die VOC nie meer in staat was om hulle te beskerm nie. Na die soveelste aanval, waartydens die huis van
Pieter Rossouw afgebrand was en die vry-burgers se beeste gesteel is, pleit die boere by die politieke raad vir
toestemming om 'n vergeldingskommando bymekaar te maak. Op Woensdag, 20 November 1715, word 'n
kommando van 30 vrywillegers onder die bevel van "burgervaandrig" Schalk Willemsz van der Merwe en
"wagtmeester" Jan Harmensz Potgieter opdrag gegee om die boesmans wat die aanval gedoen het te gaan
soek en die gesteelde beeste terug te bring. Gedurende hierdie ekspidiesie wond Jan Harmensz 'n
boesmanvrou noodlottig. In die notules van die Politieke Raad van Dinsdag, 7 January 1716, gee Jan
Harmensz, wat beskryf word as 'n vry-burger van Stellenbosch, sy verslag oor die ekspidisie.
Jan was aangekla voor die Krygsraad en baie jare daarna, na baie oorweging en verdere getuinisse voor die
Krygsraad, is Jan uiteindelik op 14 October 1727 ontslaan uit die weermag op grond van "gevorderde
ouderdom en onbehoorlike gedrag".
5 Okt 2002 Gesin van Harmen Jansz POTGIETER – vervolg Bladsy 4
Hierdie ekspediesie merk die begin van die kommandostelsel in Suid Afrika, waarvolgens die beskerming
van die plattelandse mense in die hande van vrywillige burgers gelaat word. Later is die kommandostelsel
met wette gereguleer, met die kommandant en die veldkornet as verkose leiers van die kommandoes.
In 1732 word daar in die de la Fonteine verslag gemeld dat hy 'n bestaan maak van sy vee en landerye.
Jan Harmensz sterf waarskynlik in 1733, aangesien die opgaafrolle van 1734 sy vrou aandui as "weduwee
Jan Harmensz".
Bronne:
F Smith, Stellenbosch – Drie eeue (Stadsraad van Stellenbosch, 1979)
Ters Van Huysteen, Hugenoteland (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad, 1985)
Resolusies van die Politieke Raad, Deel IV, 1707-1717
Resolusies van die Politieke Raad, Deel V, 1716-1719
Resolusies van die Politieke Raad, Deel VII
Verwys ook na:
Stellenbosch 18/4: N0 11; MOOC 8/2:
Inventarissen, 1705-1714, 22 Februarie 1714, No 102; MOOC 7/4: Testamenten, 1726-1735, No 147
MOOC 7/4: Testamenten 1726-1735 nos. 130 & 147.
M Kind 2: Frederik POTGIETER
Gedoop: 28 Feb 1677 6
V Kind 3: Catharina POTGIETER
Gedoop: 26 Nov 1679 in Stellenbosch 1
Verw. nr.: b2 1
Gade: Pieter HUBNER g. 1662
Trou: 1695 7,2
Gade: Jacob POTJE
Trou: 4 Jan 1705 in Swellendam 8
V Kind 4: Elizabeth POTGIETER
Gedoop: 28 Jun 1682 in Stellenbosch
Verw. nr.: b3
V Kind 5: Amerentia POTGIETER
Gedoop: 17 Sep 1684 in Stellenbosch 1
Verw. nr.: b4
V Kind 6: Maria POTGIETER
Gedoop: 31 Aug 1687 in Kaapstad 9
Verw. nr.: b5
Gade: Jacobus STEYN g. 1683
Trou: 4 Okt 1706 in Stellenbosch
M Kind 7: Hans Jurgen POTGIETER
Gedoop: 16 Jul 1690 1
Sterf: 1736 in Drakenstein 10
Verw. nr.: b6 1
Gade: Cornelia BOTHA
Trou: 31 Mrt 1720 in Stellenbosch 11
Hans was 'n burger van Drakenstein. Op 17 Nov 1722 word hy vrygestel van militere diens op gronde van 'n
fisiese gebrek. (Resolusies van die Politieke raad Deel VI 1720-1723). Op 13 Maart 1731 word daar 'n geval
bespreek in die politieke raad waarby Hans betrokke was. Tien Boesmans (seuns van Grebenau) het vee by
landbouer Hans Jurgen Potgieter geroof, waarna hulle deur 12 burgers agtervolg en opgespoor is. Die
Boesmans het met pyle op die burgers begin skiet (Resolusies van die Politieke raad Deel VI 1729-1734).
5 Okt 2002 Gesin van Harmen Jansz POTGIETER – vervolg Bladsy 5
In die de la Fonteine verslag word die kommentaar gegee dat hy van sy vee en plaas 'n bestaan kan maak,
maar nie sonder skuld nie (1732). Daar word ook gemeld dat Frederik Huppenaar (sy susters-kind) by hom
inwoon as kneg.
Jurie Potgieter skryf oor die oorsprong van die naam Hans Jurgen dat daar as
getuienis van die doop onder andere Hans Jurgen Grimpe was. Hy het in 1677 in die land aangekom het en is
1647 in Duitsland gebore is. Die naam Hans Jurgen gaan dan weer verder in die Grimpens terug. Sy
tweede vrou, Elizabeth van Brakel is later met Adam Tas
getroud.
V Kind 8: Beatrix POTGIETER
Gedoop: 17 Mrt 1693 1
Verw. nr.: b7
Gade: Dirk VROONHOF g. cir 1687
Trou: 4 Feb 1714
Gade: Elias KIEN g. cir 1689
Trou: 1726 12
Keer in 1730 terug na Amsterdam saam met Elias en 2 kinders. Bly op die Reguliersgracht in Amsterdam op
18 Des 1732.
1 De Villiers, CC / Pama C, Geslagsregisters van die Ou Kaapse families, (1981).
2 C Pama, Die Groot Afrikaanse Familienaamboek, (contentlot.com).
3 Vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting, GC De Wet.
4 Kommandant-generaal Hendrik Potgieter, Dr C Potgieter (1938, Akrikaanse pers).
5 Dagboek van Adam Tas, 1705-1706 (Van Riebeek-vereeniging, Kaapstad 1970).
6 Dr J Hoge, Bydraes tot die genealogie van ou Afrikaanse families.
7 Patrick van Griethuisen, Potgieter Album, (1991).
8 Nolene Lossou (nolene@mweb.co.za).
9 Janet Melville .
10 Opgaafrolle.
11 Conrod Mercer www.geocities.com/Heartland/Acres/6302.
12 Resolusies vd Politieke Raad Deel VII.
5 Okt 2002 Gesinsblad Bladsy 1
Man: Andries Hendrik POTGIETER
Gebore: 19 Des 1792 in Graaff-Reinet 1
Gedoop: 6 Jan 1793 in Graaff-Reinet 2
Sterf: 16 Des 1852 in Schoemansdal, Soutpansberg 1
Begrawe: in Schoemansdal, Soutpansberg 3
Verw. nr.: b6c8d7e2 4
Beroep: Kommandant Generaal
Vader: Hermanus (Philippus) POTGIETER
Moeder: Petronella Margaretha KRUGEL
Andries Hendrik Potgieter was 'n Voortrekkerleier, baanbreker en as pionier van die noorde die stigter van
die dorpe Potchefstroom, Ohrig-stad, en medestigter van die Boere—Republieke noord van die Oranjerivier.
Niemand kan dit betwyvel dat hy wel 'n blywende indruk op die geskiedenis van die land gemaak het nie.
Hendrik, soos almal hom geken het was 'n diep godsdienstige mens en baie hardkoppig. Hy kon baie
nukkerig raak as mense met hom verskil, maar tof baie saggeaard teenoor kinders. Onder die kinders het hy
ook die bynaam "ou Bloue" gekry oor sy voorliefde om blou klere te dra, saam met 'n strooihoed met 'n
groen lint in die breë rand wat hy altyd gedra het. By amptelike geleenthede sou hy 'n grys hoed dra. Hy was
beskryf as 'n gespierde en baie beweeglike man, 6 voet 2 duim lank, met groot hande en voete. Sy hare en
baard was donker bruin van kleur, met 'n effe rooi skynsel, en blou oë. Hendrik het matig gerook en was 'n
man van min woorde en 'n fyn sin van humor.
Hendrik het geglo in die idiaal van 'n volkstaat. In soeke na hierdie idiaal het hy sy mense uit die
Kaapkolonie gely na 'n onbekende binneland. Hy het sy bes probeer om se ver moontlik van die Britse mag
weg te kom en het geglo dat 'n land sonder kus die antwoord sou wees en word ook aangehaal "Waar see is,
is Engelse"
Sy militêre loopbaan het begin toe hy in 1811 opgekommandeer was om deel te neem aan die grensoorlog
teen die Xhosa. Verskye oorloë is teen die Xhosa geveg en baie probleme het op die oos-grens geheers,
maar die grootste probleem het gekom toe die Britte die Kaap in 1795 annekseer. Die kolonie is in 1802
terug aan Naderland gegee, mar die Britte het dit in 1806 weereens geannekseer, hierdie keer met die
bedoeling om dit te hou. Hulle het hard geprobeer om die Britse stelsel en leefwyse op die Boere af te dwing.
Britse regters het op die oos-grens opgedaag met die hoop om reg en geregtigheid daar in te stel – op die
Britse manier. Dit het egter nie goed met die Boere afgegaan nie en het tot 'n uitbarsting gekom toe 'n
Engelse patrollie 'n Boer doodskiet. 'n Rebellie het uitgebreek en uiteindelik geëindig in die teregstellig van
vyf Boere by Slagtersnek.
Die Potgieter familie het reeds tussen 1801 en 1802 aan die trek gegaan saam met die Venters en andere. In
1812 vestig hulle in die Tarka gebied op die plaas Kommandodrift.
Die Britte het aangehou om enige vorm van vrye politieke aktiwiteit onder die Boere te onderdruk.
Ongelukkig onder die druk van die Britse regering en met die toestand op die oos-grens met die plundertogte
van die Xhosa trek al hoe meer boere na die Tarka gebied. Die kusgebied was later so verlate dat die Britte
in 1820 groot getalle setlaars van Britanië moes invoer om as buffer op die grens te dien.
Tussen 1820 en 1830 het die Britte geprobeer om hul kultuur op die Cradock, Tarka gebied af te dwing en
Hollands as amptelike taal afgeskaf. Gedurende die 1830's gaan die Boere weer eens op trek. Eers was dit
enkele groeppies wat die grens oorsteek, maar later raak dit 'n grootskaalse georganiseerde trek, wat later
bekend sou staan as die Groot Trek.
In 1809 word hy as burger in Graaff-Reinet aangetek. Voor die Groot trek het hy verskeie plase besit. In
1816 was hy eienaar van die plaas Klipkraal en in 1817 word hy mede-eienaar van Kommandodrift (1825
volle eienaar) en mede-eienaar van die plaas Zeekoegat.
Trek na Vetrivier:
5 Okt 2002 Gesin van Andries Hendrik POTGIETER – vervolg Bladsy 2
Aan die einde van 1835 verlaat Hendrik Potgieter die Kaapkolonie. Aanvanklik het sy geselskap uit meesal
familielede en nabye vriende vanuit die Tarke en Colesberg gebied bestaan. Daar was slegs 35 weerbare
mans in die aanvanklike trek. Mettertyd het baie ander hulle egter by hom aangesluit.
Saam met Hendrik was sy broers, Jacobus Johannes en Nicolaas Johannes, hul vader Hermanus Potgieter.
Ander families het Hermanus Steyn, Jan Robbertse, Daniel Kruger, 'n paar Liebenberg families, en Botha
(vader van Jan Valentyn) ingesluit.
Die trek het stadig beweeg en ander trekke het gou met hulle opgevang en verby gesteek, terwyl sommiges
by hulle aangesluit het. Naby die teenswoordige Smithfield het Sarel Cilliers was hom by Potgieter se trek
gevoeg, saam met sy volgelinge, Jan Botha, Jacobus Hamman, Jan du Toit, agt Liebenberg families, vier
Broekhuizen families, drie Van Rensburg families, Stephanus, en Gert en Casper Kruger (vader van Paul
Kruger). Die trek het naderhand 200 siele getel. Met 'n stemming is Hendrik Potgieter as kommandant van
hierdie trek bevestig.
Die trek het aanbeweeg tot by Thaba Nchu, waar hulle die Baralong kaptein bevriend het en aan hulle hulp
teen Silikaats (M'Zilikazi) beloof het. Daarvandan het hulle voort getrek tot by Vetriver, waar hulle
hergroepeer het by die huidige Winburg. Hier het hulle by Makwana van die Bataong stam 'n stuk grond
tussen die Vet- en die Vaalrivier veruil vir 49 beeste en beskerming teen Silikaats, 'n belofte wat Potgieter
getrou nagekom het. By Vetriver het nog ander kleiner trekke by Potgieter aangesluit. Die Boere het hul al
langs die suide van die Vaalriver uitgesprei, met enkele Boere aan die noordekant. Byna sewe maande lank
het die Potgieter-trek 'n vreedsame bestaan gevoer, maar dit sou eensklaps op 'n wrede wyse beëindig word.
Besoek aan Soutpansberg:
Nadat Potgieter se trekkers hulle ge-vestig het tussen die Vet- en die Vaalrivier het hy die wereld na die
noorde verken tot binne 'n dagreis van die Zimbabwebouvalle . Op 24 Mei 1836 vertrek hy na Soutpansberg
met 10 man (Sarel Cilliers ingesluit) om vir Louis Trichard te gaan besoek en 'n pad na Lourenco Marques te
vind. Hendrik se broer, Hermanus, was in sy afwesigheid as waarnemende Kommandant-generaal aangestel.
Hulle het Trichard se trek op 30 Junie bereik. Potgieter het van die gebied gehou. Hy het die gebied noord
van die Limpoporivier verder gaan verken terwyl Trichard na Van Rensburg gaan soek het.
Sedert die trek by die Vaalrivier aangekom het word hulle met agterdog deur Silkaats dopgehou. In Potgieter
se afwesigheid neem hy sy kans waar en stuur ongeveer 1,000 krygers uit om die trekkers aan te val. Hulle
het eers die Erasmus familie aan die noorde-kant van die Vaalrivier aangeval en daarna die Liebenbergs
uitgemoor. Erasmus en sy seun het gelukkig daarin geslaag om te ontsnap en die ander trekkers gewaarsku.
Die aanslag op Potgieter se laer is afgeweer, maar die Matebele het baie van hul vee gesteel. Om hul posisie
te versterk het hulle dadelik terug getrek tot aan die Renoster- en Valsrivier, waar Hendrik Potgieter hulle
aangetref het by sy terugkeer vanaf Soutpansberg.
Slag van Vegkop:
By sy terugkeer vanaf Soutpansberg verneem Hendrik dat die Matebeles verspreide groepies Voortrekkers
aangeval en vermoor het. Sonder versuim neem hulle toe die nodige maatreëls om 'n volgende aanval af te
weer.
Hendrik het al die trekkers in die omgewing geroep om by Vegkop te 'n gesamentlike laer te trek. Al die
kleiner groepe wat in die omgewing was het hulle by Potgieter se trek aangesluit toe die nuus van die
naderende gevaar hulle bereik. Silikaats (M'Zilikazi) het ongeveer 6,000 soldate onder die bevel van Kalipi
gestuur om die Boere te gaan verdryf. Op 15 Oktober word de Boere deur die Bataongs gewaarsku dat die
groot oormag aankom. Spioene was uitgestuur onder die bevel van Nicolaas Potgieter, Jan Cilliers en
Joachim Botha. Hulle het daardie nag terug gekeer en die waarskuwing bevestig. Die oggend van 16 Oktober
gaan Hendrik met 25 manne, waaronder sy broers, Jacobus en Hermanus Potgieter om Silikaats se oormag
tegemoet te gaan. Hendrik het 'n poging om vrede te maak aangewend, maar Kalipi het geantwoord deur die
5 Okt 2002 Gesin van Andries Hendrik POTGIETER – vervolg Bladsy 3
groep aan te val, waarop Hendrik se kommando terug na die laager vlug.
Toe die nuus die laager bereik dat die aanbod om vrede ongeslaagd was maak die laager gereed vir oorlog.
Sarel Cilliers het 'n gebed gelei terwyl Silikaats se soldate die laager omsingel en begin om die beeste aan te
keer en te slag. Die Boere het vir verskeie ure gewag vir die vyand om aan te val en het later ongeduldig
geraak. Toe Koos Potgieter ongeduldig raak en 'n aanval wou begin het Hendrik om kalmte gemaan. Toe
Hendrik 'n rooi vlag in die lug waai val die Matabele aan.
Die Boere het gewag totdat Andries Hendrik die bevel gee om te vuur. Hulle was maar slegs 35 man,
bygestaan deur 'n paar jong seuns, teen die oormag van 6,000. Eke man het 3 gewere gehad. Nadat 'n geweer
gevuur is die geweer herlaai deur 'n seun, vrou. Of self 'n dogter, terwyl die man die volgende geweer gryp
om af te vuur. Die Matabele het tevergeefs geprobeer om by die laager in te breek deur die waens weg te
sleep. Die Boere het egter die waens aan mekaar vasgemaak met kettings en doringbome tuusen in gesleep
om die vyand uit te hou.
Na 'n ruk trek die Matabele terug en gaan sit buite bereik van die geweervuur. Potgieter het saam met 'n
klein groepie mans die Matabele aangeval om hulle te lok tot 'n aanval op die laager. Elke keer wat die
Matabele die aanval gedoen het, het Potgieter na die laager terug gevlug, waarop al die mans in die laager
op die vyand losgebrand het.
Die Matabele het twee verdere aanvalle op die laager gedoen. Die vrouens en kinders moes later ook help
om die laager te beskerm waneer vyandige soldate probeer om deur die doringtakke te breek of oor die
wanes te klim.
Na 'n uur het Kalipi opdrag aan sy mense gegee om terug te trek. Met hul terugtog neem hulle al die beeste
saam. 'n Boere patrollie het geprobeer om agter hulle aan te gaan, maar kon nie die beeste terugwin nie.
Hendrik se broer, Nicolaas Potgieter en swaer, Pieter Botha het in die geveg gesneuwel. Veertien was
gewond, 100 perde, 5,000 beeste en 50,000 skape was gesteel. Van die vyand was meer as 500 gedood.
Na die geveg lei Sarel Cilliers 'n gebed om God te dank.
Die Boere was nou in die moeilikheid. Hulle het geen medisyne gehad nie en daar was geen osse om die
waens te sleep nie. Voedsel en melk was skaars. Die mans het die waens sowat een myl verder gesleep nader
aan die rivier en vir Hermanus Potgieter na Thaba Nchu (Blesberg) gestuur om hulp van die ander burgers te
gaan vra.
Die Barolongs het tot hul redding gekom deur kos te stuur en die ander burgers het osse gestuur sodat hulle
die waens terug kon bring. Die Potgieter trek het middel November weer by Thaba Nchu aangekom.
Slag van Mosega:
Terwyl Potgieter se trek nog in die moeilikheid was kom Gert Maritz in Oktober 1836 by Thaba Nchu aan
met 'n veel groter trek. In 'n verkiesing op 2 Desember 1836 word sewe mans tot 'n beheerraad verkies, met
Maritz as Regter- President en Andries Hendrik Potgieter as laager-kommandant. Alhoewel hierdie eerste
Voortrekker bestuur beperkte wetgewende magte gehad het, het dit ook uitvoerende gesag gedra en selfs
regspraak beoefen.
Dit het die Boere nie lank geneem om weer tot verhaal te kom nie en Andries Hendrik Potgieter maak 'n
kommando bymekaar op 2 Januarie 1837, gevolg deur Maritz se kommando om Silkaats te gaan aanval en
die gesteelde vee terug te win. Die Kommando het bestaan uit 107 Boere, 40 Grikwas en Korannas en 60
Barolongs.
Hulle het 'n verrassingsaanval op Silikaats se hoofstad, Mosega (Suid van die huidige Zeerust) op 17
Januarie 1837 uitgevoer. Die Boere het die stad te perd bestorm en meer as 500 Matabele doodgemaak. Daar
5 Okt 2002 Gesin van Andries Hendrik POTGIETER – vervolg Bladsy 4
was geen ongevalle aan die Boere se kant. Die gevegte het 'n paar dae geduur. Toe die Matabele uiteindelik
op vlug slaan brand die Boere die stad af en keer na Thaba Nchu terug met hul vee. 'n Groep Amerikaanse
sendelinge het ook saam met die kommando na Thaba Nchu teruggekeer. Die vee is onder die burgers wat
vroeër verliese gelei het uitgedeel.
Na die oorwinning neem Potgieter sy trek na Vetriver en stig die dorp Winburg, so vernoem na die
oorwinning wat behaal is.
Die drama in Natal:
Winburg: Nadat Potgieter suksesvol vir Silkaats oorwin het, keer hy terug na Winburg. Piet Retief het kort
darna ook daar aangekom op 12 April 1837 met 'n groot groep mense.. Die totale bevolking van die kolonie
het toe al reeds meer as 5,000 getel. Na nog 'n byeenkoms is die nuwe republiek van Winburg gestig en 'n
Volksraad verkies op 17 April. Retief was verkies as Kommandant-generaal en Maritz as hoof-regter en
voorsitter van die Volksraad. Andries Hendrik Potgieter het nie genoeg stemme gelok om dit tot die
Volksraad te maak nie. Evert Frederik Potgieter, 'n agterkleinneef van Hendrik, is hier wel tot die Volksraad
verkies.
Die trekkers het beraadslag om die finale bestemming vir die Groot Trek te bespreek. Piet Retief wou na
Natal trek, terwyl Potgieter oorkant die Vaalrivier wou gaan woon, waar hy die gebied bevry het van
Silkaats en die gebied as Akrikaner-grongebied wou verklaar.
Trek na Natal: Piet Retief en Piet Uys het in twee afsonderlike trekke oor die berge na Natal getrek. Potgieter
het aanvanklik saam gegaan om sy voorraad ammunisie weer aan te vul. Toe Potgieter verkies is om by die
kommisie aan te sluit wat met Dingaan om grongebied moes onderhandel, het hy die aanstelling geweier. Hy
het nie geglo in die Natal trek nie en het boonop nie vir Dingaan vertrou nie.
Op 5 Februarie 1838 het Retief 'n ooreenkoms met Dingaan geteken om grondgebied by hom te koop. Dit
was egter maar net 'n slenter aan Dingaan se kant en Retief is met sy hele geselskap vermoor.
Bloukrans: Onmiddelik na die moord op Retief het Dingaan sy impi's uitgestuur om die Boere wat langs die
Tugela gevestig het te gaan vermoor. Die verassingsaanval op die niksvermoedende Boere het op 17
Februarie begin. Daar was 41 mans, 56 vroue, 185 kinders en 250 bediendes vermoor by die Boukrans- en
Boesmansrivier. Slegs enkeles ontsnap en die ander waarsku. Toe hy die nuus hoor het Hendrik Potgieter
onmiddelik opgesaal en tot die hulp van die mense gehaas. Die vrouens en kinders moes in die berge gaan
wegkruip tot hy die gebied weer kon beveilig.
Italeni: Op 14 April 1838 het die Trekkers vir die eerste keer werklik verenig by Doornkop. Na die moord
op Piet Retief en sy kommando en die daaropvolgende slagting onder die Trekkers , het Gert
Maritz die klein laertjies , wat oor 'n groot gebied versprei was, na Doornkop verskuif. Piet Uys en Hendrik
Potgieter het hulle kort daarna, op versoek van Maritz, by die res van die Trekkers kom voeg.
Hendrik Potgieter en Piet Uys het 'n kommando van 347 mans bymekaar geroep op 7 April om die Zoeloes
te verdryf. Hierdie kommando het ook vir Jacobus Potgieter, 'n kleinneef van Hendrik en Koos Potgieter
ingesluit. Potgieter en Uys het

uploaded by Johannes Gysbertus Marthinus Richter, VIII on February 10, 2011

Profiles

0 facts
Projects

Share