Adriaan Erasmus Coetzee (1867 - 1924)

‹ Back to Coetzee surname

Is your surname Coetzee?

Research the Coetzee family

Adriaan Erasmus Coetzee's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Birthplace: Hoopsad
Death: Died in Soutpan, Bloemhof
Occupation: Farmer
Managed by: At Coetzee
Last Updated:
view all 16

Immediate Family

About Adriaan Erasmus Coetzee

Adriaan Erasmus Coetzee 1867-1923

Adriaan Erasmus Coetzee is gebore in Hoopstad distrik op 20 Setember 1867. Hy tree in die huwelik op Ventersburg met Anna Maria Steyn gebore 12 Desember 1867.

Verhuis saam met sy vader Theunis Gert na Zoutpan in die Bloemhof distrik in 1890, wat die suidelike deel van die plaas Zoutpan, gelee langs die Vaalrivier, op 5 Desember 1890 aankoop. Die gedeelte blyk later in 1896 tydens die opmeting 2943 morge groot te wees. Die aankoop prys is 1200 pond en word geregistreer onder akte no. 732/1891. Hy woon suid van die pan op n gedeelte [752 morge maar later in 1914 na opmeting 749 morge] wat hy by sy vader aankoop op 13 Julie 1899 vir 334 pond.

Tydens die Anglo Boereoorlog dien hy in die Bloemhof kommando. Hy dien op die Kerkraad van die NG Gemeente Bloemhof in 1904 as diaken. Hy is lid van die Skoolraad van die Hoerskool Christiana en ry met die trein vanaf Grasslands, wat nie ver van die plaas af is nie, na Christiana en terug om vergaderings by te woon.

Hy koop verder verskeie gedeeltes van sy vader se plaas aan tussen 1903 en 1910. Na die oorlog ry hy die poskoets tussen Veertien strome en Klerksdorp. Hy word na bewering in goue ponde betaal wat hy gebruik om 2 gedeeltes van die noordelike deel van die plaas Zoutpan wat aan Margeret Walsh behoort het aan te koop te wete:

 gedeelte 'x' - 518 morge groot wat later aan sy seun Theuns geskenk en oorgedra word
 gedeelte 'y' - 546 morge groot wat later aan sy seun Nicolaas geskenk en oorgedra word

Hy en sy eggenete se gesamentlike testament word op 29 Junie 1923 op Zoutpan opgestel en onderteken en n kodisel word tot die testament aangebring op 11 Mei 1924. Hy is op Zoutpan oorlede op 11 Junie 1924 en daar begrawe op 13 Junie 1924. Die vendusie in terme van die testament word op 23 Julie 1924 op Zoutpan gehou.

Anna Maria Steyn is op 12 Desember 1946 in Standerton oorlede en begrawe

view all 11

Adriaan Erasmus Coetzee's Timeline

1867
September 20, 1867
Hoopsad
1887
April 26, 1887
Age 19
Ventersburg, Vrystaat, Suid Afrika
1924
June 11, 1924
Age 56
Soutpan, Bloemhof
June 13, 1924
Age 56
Soutpan, Boemhof