Angela van Bengale, SM/PROG

Is your surname van Bengale?

Research the van Bengale family

Angela van Bengale, SM/PROG's Geni Profile

Records for Angela van Bengale

1,637 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Angela van Bengale, SM/PROG

Nicknames: "Angela van Bengale", "Ansela"
Birthdate:
Birthplace: Ganges Delta, Bengal (India), Bangladesh
Death: Died in Kaapstad
Immediate Family:

Wife of Domingo van Bengale and Arnoldus Basson, SV/PROG
Mother of Jan van Bengale; Thomas van Bengale; claesje van Bengale; Anna de Koning, SM; Johannes Basson, b3 and 7 others

Occupation: freed slave of Abraham Gabbema and widow of Domingo, came on "Amersfoort", Indian slave from Bengal, Slave
Managed by: Private User
Last Updated:

About Angela van Bengale, SM/PROG

Angela/Ansela van Bengale

Arrived at the Cape on board the Amerfoort by Pieter Kemp in 1656/7.

She was born about 1648 in Bengal, India.

She was bapt. on 29 April 1668 at Nederduitsch Gereformeerde Kerk, (Cape Town)

Relationships and Children

  • Anna de Coningh born. c 1661??  Anna de Koningh, b. Abt. 1657, Batavia, East Indies; d. Abt. 1733, Kaapstad, Kaap Koloni
  • Jan van Assen
  • Jacobùs van As born c.1661 - 1665
  • Johannes van As born c.1665, d. 23 Jan 1688

  • Domingo. He was born Abt. 1640 - Domingo of Bengal was sent to Robben Island on 17 July 1658.
  • Jan Domingo
  • Thomas Domingo
  • Claesje Domingo
  • married Arnoldus WIillemsz Basson 14 Dec 1669 in NG Church, Kaapstad, son of Willem Baesom and Elksen Boespinck. He was born 1647 in Wessel, Rhinland, Prussia, and died Abt. 1689.
  • Willem Basson Bapt. 31 Aug 1670, d. c Jun 1713
  • Gerrit Basson Bapt. 9 Feb 1673
  • Johannes Basson Bapt. 14 Jul 1675, d. 1706
  • Elsie Basson2 Bapt. 29 Aug 1677, d. b 29 Jun 1681
  • Michiel Basson Bapt. 21 Jun 1679, d. c 1719
  • Elsie Basson Bapt. 29 Jun 1681, d. b 1717
  • Maria Basson Bapt. 16 May 1683, d. c Nov 1713
  • NN Father of Pieter NN 3 Jun 1668

Slave Transactions involving Angela van Bengale.

  • sold by Pieter Kemp, to Johan Anthoniszoon van Riebeeck between 21 February 1657 and 18 September 1659
  • sold by Johan Anthoniszoon van Riebeeck, to Abraham Gabbema on 19 April 1662 when van Riebeeck left the Cape.
  • emancipated by Abraham Gabbema, on 13 April 1666 - Anna de Coningh, Jacobùs van As and Johannes van As were most likely her children who were emancipated with her. She had to serve 6 months to Thomas Christoffel Muller before she was freed. She was the 3rd Slave to be freed at the Cape.
 

Angela also owned slaves. She bought the 22 year old slave Pieter van Malabar in 1698. At the time she already owned Scipio Aficanus. In 1700, She bought Arend van Bengale.

Her Inventory (MOOC MOOC8/4.15 attached to this profile) dated 18 Jul 1720 lists the following slaves -

  • 1 slave jongen gen:t van Jan Swart van Mallebaar
  • 1 slave jongen gen:t Louis van de Kust
  • 1 slave jongen gen:t Augustus van Bengalen
  • 1 slavin gen:t Martha met haer kind
  • 1 slavin gen:t Susanna met haer kind

Reference The First Fifty Years Project

At the time of her death she owned the farms Hondswijk in Drakenstein and Kronendal in Houtbay.

----------------------------

Akfrikaans

In 1655 koop Jan van Riebeeck die slavin Angela van Bengale(n) by Pieter Kemp. Toe Van Riebeeck se kleindogter, Johanna Maria, die Kaap in 1710 besoek, skryf sy in ’n brief van “Ansiela”, die vrou wat haar vader en sy broers en susters (d.w.s. die Van Riebeeck-kinders) opgepas het. Sy skryf verder dat Ansiela later met ’n Hollander getroud is en dat haar dogter die vrou van kaptein “B.” was. Dit is inderdaad so dat “Maai” Ansiela, ná haar vrystelling met Arnoldus Basson getroud is en die stammoeder van die Basson-familie in Suid-Afrika geword het. (Maai is blykbaar afgelei uit moei ‘tante’ [1e keer gedokumenteer 1201-1250] wat eintlik die vleinaam is vir moeder. WNT).

Terwyl Angela nog ’n slavin was, is haar dogter, Anna de Koning, uit ’n buite-egtelike verhouding met ’n Europeër gebore. Anna was nie net mooi van aansien met fynbesnede gelaatstrekke nie, maar was ook geletterd en het met ’n vaste hand dokumente onderteken. Sy was met kaptein Oloff Bergh getroud en het op haar beurt die stammoeder van die Bergh-familie in Suid-Afrika geword.

Soos soveel ander inwoners van Cabo gedoen het, het Angela waarskynlik ook vendusies bygewoon, hoewel sy self min aangeskaf het te oordeel aan die min kere wat haar naam in die vendurolle voorkom. Op 15 Maart 1719 koop sy as Maij Ansla “1 zadel met 1 kruithoorn” vir 1 riksdaalder op die vendusie van wyle die vermoënde Engela Breda (MOOC10/2.19). Haar naam verskyn weer in haar oorlede seun Michiel Basson se vendurol gedateer 21 November 1719, aangesien die goedere “ten huijse van Ansla van Bengalen zijn verkogt”. Al wat sy toe gekoop het, was “1 mantje met poppe goet” teen 4:5 riksdaalders – dalk om iets daarvan vir die kleinkinders te maak? (MOOC10/2.17)


Ansla van Bengalen se boedelinventaris is gedateer 18 Julie 1720 (MOOC8/4.15). Ek het probeer bepaal hoe oud sy ten tyde van haar dood kon wees. Veronderstel dat sy 15 was in 1655, dan was sy 80 in 1720, wat werklik ’n hoë en soos ons sê ’n geseënde ouderdom vir daardie tyd was.


Die erfgename tot hierdie boedel behorende was die volgende:


“Anna de Koning, huisvrouw van den edle capitijn Olof Bergh

Catarina van der Sanden getrouwe met Gijsbert la Febre

Arnoldus Maasdorp

Jan van As, Matthijs van As, Willem van As – kinderen van Jacobus van As

Arnoldus Basson, Matthijs Basson – kinderen van Willem Basson

Arnoldus Basson, Michiel Basson, Jan Basson – kinderen van Michiel Basson”


[Sowel Anna de Koning as Jacobus van As was voorkinders van Angela van Bengalen.]


Angela het volgens haar inventaris ’n “thuijn” in die Tafelvalleij besit. Die volgende vertrekke word in die dokument genoem: ’n kamertjie aan die regterhand waar o.a. gelys word “1 paar silvere gespen toebehorende Arnoldus Willemse Basson”, haar oorlede man, “1 schilderij van Willem Basson”, haar oorlede seun. Dan was daar nog “5 hemden, 1 lakens, 7 kussen slopen by juff:r Bergh” (Anna de Koning). Die volgende vertrekke of plekke is ook gelys, naamlik die “combuis, voorhuijs, solder, afdakje, thuijnhuis” (met tuin- en ander gereedskap), “kelder” en “bottelary”. Volgens die inventaris het sy ook 5 slawe, 39 stuks bokke en ’n buiteplaas genaamd Hondswyk besit. Die slawe in Cabo was Jan Swart van Mallebaar, Louis van de Kust, Augustus van Bengalen, Martha met haar kind en Susanna met haar kind.


Op 23 Augustus word Ansla van Bengalen se besittings in die Tafelvallei verkoop. Die Bassons het niks gekoop nie, maar Oloff Bergh het wel ’n paar items gekoop, o.a. “1 vrouw zadel” “1 silver snuifsdoos weegt 2 loot”, “1 bett met een peuluw”, 2 goue ringe elk met ’n steentjie, “1 kist met cooper beslag” en “1 jonge genaamt Jan Swart van Malle Baaren”. Die twee slavinne is ook verkoop: “1 meijd met een kindt genaamt Marta” aan Hendrik Ewersdeijk (die name het hier ’n bietjie verkeerd geloop), en “1 meijd Sussanna met haer kind” aan m:r Richter. (MOOC10/2.13). By dieselfde vendusie is “een meijd genaamt Petronella van de Caab met haer kind” teen 141 riksdaalders aan Tomas Verrijn verkoop vir die rekening van die erfgename van wyle Michiel Basson. (MOOC10/2.17 1/2)


Die vendurol van 14 September 1720 bevat die verkoopte goedere op Angela se plaas genaamd Hondswijk. Dit is ook heeltemal ander persone wat na die veiling gekom en goed gekoop het, omdat die plaas op die platteland geleë was. Vanne soos Viljoen, Roux, Marais, Lombart, De Plaisij, Zeenekal, Van Wijk, Meijboom, Roos, Prinslo, Pinar en De Venter kom voor – geen Basson of Bergh nie. Daar was slegs 3 slawe op die plaas, naamlik Pieter, Trompetter en Claas, al drie van Madagaskar wat deur onderskeidelik Hendrik Mholl, Wouter de Vos en Pieter Willemsse van Heerden gekoop is.

Source: http://www.taaloord.co.za/geskiedenis.htm#Grepe%20uit%20die%20geskiedenis%20van%20die%20Kaap%20die%20Goeie%20Hoop%20aan%20die%20hand%20van%20die%20VOC%20se%20Resolusies%20van%20die%20Politieke%20Raad%20%281651-1795%29

-------------------- "Toe Van Riebeeck se kleindogter, Johanna Maria, die Kaap in 1710 besoek, skryf sy in ’n brief van “Ansiela”, die vrou wat haar vader en sy broers en susters (d.w.s. die Van Riebeeck-kinders) opgepas het. Sy skryf verder dat Ansiela later met ’n Hollander getroud is en dat haar dogter die vrou van kaptein “B.” was. Dit is inderdaad so dat “Maai” Ansiela, ná haar vrystelling met Arnoldus Basson getroud is en die stammoeder van die Basson-familie in Suid-Afrika geword het. (Maai is blykbaar afgelei uit moei ‘tante’ [1e keer gedokumenteer 1201-1250] wat eintlik die vleinaam is vir moeder. WNT). Uittreksel uit http://www.jessehaye.com/Haye%20Family%20Tree/Descendants%20of%20%20Maaij%20Ansela.pdf

view all 20

Angela van Bengale, SM/PROG's Timeline

1635
1635
Cape of Good Hope, South Africa
1648
1648
Bengal (India), Bangladesh
1659
1659
Age 11
Cape
1661
1661
Age 13
Cape of Good Hope, South Africa
1665
May 5, 1665
Age 17
1668
April 29, 1668
Age 20
1669
December 13, 1669
Age 21
Kaapstad,Kaapkolonie,Suid Afrika
1670
1670
Age 22
Cape Town, WC, South Africa
1671
1671
Age 23
Nederland,Europa
1673
1673
Age 25