Barthold Pieterse, SV/PROG (c.1722 - 1787)

‹ Back to Pieterse surname

Is your surname Pieterse?

Research the Pieterse family

Barthold Pieterse -SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Nicknames: "Bartel Pedersen Randers"
Birthplace: Randers, Denmark
Death: Died in Swellendam, Cape, South Africa
Occupation: Sailor And Farmer
Managed by: Jaco Pieterse
Last Updated:

About Barthold Pieterse, SV/PROG

Bertel Pedersen Randers

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Spring na: navigasie, soek


'n Aantieke klokhorlosie was aanland gebring deur Bertel Pedersen Randers toe Kroonprinses van Denemarke in 1752 in Mosselbaai gestrand hetBertel Pedersen Randers is die Deense stamvader van die Pieterse Afrikanerfamilie.

Inhoud [versteek]

1 Herkoms

2 Agtergrond

3 Alternatiewe name

4 Bertel se handtekening

5 Bertel se ervarings op die see

6 Bertel as Bootsman

7 Aankoms in Suid-Afrika

8 Huwelik en kinders

9 Bertel se nageslag

10 Sterftes

11 Verwysings


[wysig] Herkoms

Weinig is bekend oor Bertel se herkoms. Na skatting is hy gebore in ongeveer 1722 en was hy afkomstig van die stad/ of gebied Randers, in Denemarke.

Daar is 'n paar kandidate wat aanspraak maak om Bertel Pedersen van Randers te wees:

Sommige bronne beweer dat Bertel in 6 Januarie 1738 gebore is as die seun van Peder Nielsson in die Karlby gemeente in die Djurs Nørre gebied van die Randersgraafskap. Hierdie inskrywing kan gevind word in die aanlynweergawe van die Kopenhagen argiewe. Nog 'n kandidaat was 'n Bertel seun van Peder Knudsen wat in 1736 by die Sankt Morten gemeente in die Støvring gebied van die Randersgraafskap gebore is.

Hierdie aansprake word egter bevraagteken omdat Bertel in 1743 aan boord van die skip Doquen gewerk het as 'n matroos. Aangesien hy onmoonlik jonger as 10 jaar oud kon gewees het op daardie stadium beteken dit dat Bertel voor 1727 gebore moes gewees het. 'n Veilige aaname is dat Bertel tussen 1720 en 1727 gebore is.

Daar is tans geen bevestigbare feite wat Bertel se herkoms bo alle twyfel vaspen nie.

Kandidate wat moontlik Bertel Pedersen Randers kon gewees het is:

Bertel Pedersen, seun van Peder Sorensen en Maren Bertelsen, wat gedoop is op 25 Maart 1727 in Farstrup, Aalborg, Denemarke

Bertel Pedersen, seun van Peder Bertelsen en Anne Pedersdatter, wat gedoop is op 27 Desember 1721 in Vor Frue, Aalborg, Denemarke

Bertel Pedersen, seun van Peder Bertelson en Maren Nielsdatter, wat gedoop is op 10 November 1720 in Jerslev, Hjorring, Denemarke

Bertel Pedersen, seun van Peder Nielson en Karen Christensdatter, wat gedoop is op 19 Januarie 1721 in Oster Bronderslev, Hjorring, Denemarke

Bertel Pedersen, seun van Peder Bech en Karen Bertelsdatter, wat gedoop is op 19 Maart 1724 in Hirsholmene, Hjorring, Denemarke

Bertel Pedersen, seun van Peder Bertelsen en Maren Christensdatter, wat gedoop is op 5 Desember 1723 in Jerslev, Hjorring, Denemarke

Bertel Pedersen, seun van Peder Moller, wat gedoop is op 23 Maart 1721 in Aarslev, Svendborg, Denemarke

Bertel Pedersen, seun van Peder Hansen, wat gedoop is op 9 Julie 1723 in Maribo, Maribo, Denemarke

[wysig] Agtergrond

Bartel was gebore in Denemarke net nadat die Deens-Sweedse oorlog tot 'n einde gekom het, in 1720. 'n Lang tydperk van vrede was ingelei, wat eers verbreek sou word in 1807 toe 'n oorlog teen Engeland uitgebreek het. Die eerste paar jaar na 1720 is gekenmerk as 'n periode waartydens oorlogskuld betaal moes word asook 'n ernstige lanbou krisis. Frederik IV het, met die Eed van Getrouheid in 1721, dele van Gottorp onder Deense heerskappy gebring na 'n lang, intensiewe diplomatieke en politieke poging.

Tydens die tydperk het Frederik IV individueel geregeer soos 'n landbaron. Die politieke mag het langsamerhand verskuif vanaf die koning na 'n raad van ministers. Die Koningkryk se populasie het stewig gegroei van 700,000 in 1720 tot 978,000 in 1807.

Tydens Bartel se vroeë jare was Denemarke in 'n proses van ekonomiese modernisering wat 'n basis sou vorm vir ernstige hervorming van die landboubedryf. In die vroeë 1720's het die plaaslike inwoners nie veel verder beweeg as hul tuisdorpe nie.

'n Landbou krisis in 1730 het daartoe gelei dat die koning grondeienaars bevoordeel het ten koste van die werkende boere op die plase. 'n Arbeidswet het in werking getree in 1733 wat plaaswerkers verbied het om landgoed te verlaat sonder die toestemming van hul grondeienaars. Alhoewel militêre redes aangevoer was vir die wet, het dit tot gevolg gehad dat grondeienaars toegang gehad het tot goedkoop arbeid. Verskeie instansies is ingestel ten einde beter beheer te verkry oor die ekonomie van Denemarke: die Raad van Handel in 1735, die eerste bank wat note vrygestel het in 1736 en die Handelsgulde in 1742.

Teen 1740 het die opkomende middelklas se jong mans hulself begin vereenselwig met 'n nasionale identiteit gebasseer op 'n gemeenskaplike taal en geskiedenis. Hierdie nasionale besef het ontwikkel as gevolg van 'n teenreaksie op die invloed van buitelanders en veral omdat die Deense adel openlik Denemarke as kultureel onderontwikkeld bestempel het.

Bertel het sy eerste skip betree in die hawe van Kopenhagen in 1743. Hy moes sekerlik bewus gewees het van die stad se tragiese geskiedenis. In 1711 is die hooftad deur builepes getref wat een derde van die populasie uitewis het. In 1728 het verskeie brande 'n groot deel van Kopenhagen uitgewis to 'n brand uitgebreek het in 'n kersmaker se winkel in Norregard. Ongeveer 1700 huise, die stadsaal en die Universteit is afgebrand. Die stad is herbou en die bouwerk is in 1737 voltooi, slegs ses jaar voordat Bertel op die Donquen geklim het as matroos. Tydens die herbou van die stad is die uitleg van die stad aansienlik verander. Die ou Kopenhagen kasteel is gesloop en in sy plek is die Christiansborg palleis gebou en wat in 1740 deur Christian IV in gebruik geneem is.

Voordat Bertel op sy tweede skeepsreis vertrek het was hy heel waarskynlik in Kopenhagen toe die Koninklike Deense Teater geopen is in 1748 met 8 akteurs en 4 aktrieses wat 'n Franse komedie opgevoer het. Die teater was gelee by die Kongens Nytorv in die hart van Kopenhagen.

[wysig] Alternatiewe name

Uit bronne bleik dit dat Bartel se naam oor tyd verander het.

Tussen 1743 en 1748 word sy naam aangegee as Bertel Pedersen Randers op die twee skepe Donquen en Christiansborg Slot

Tussen 1748 en 1752 word sy naam aangegee as Baadsman Bertel Randers en hy teken sy naam as B.P. Randers

Die 'Storm round the Cape, Dangerous Danish Voyages' verwys na Bertel Randers

Die sertifikaat wat aan hom uitgereik is in 1753 deur die Kaptein van die skip "Kroonprinses van Denemarke" verwys na Bertel Randers

Die goedkeuring om burgerskap wat in 1956 deur Goeweneur Rijk Tulbach uitgereik is verwys na hom as: Bertel Pieters van Randers

Die inventaris van die Kamer van Weeskinders toon aan dat Bartel met sy dood bekend gestaan het as Bartel Pietersz van Randers en as Bartel Pitters van Randers

Die naam Barthold kom nie voor in dokumentasie van Bertel se tyd nie. Die naam verskyn die eerste ker in die werk van CC de Villiers "geslachtsregistersvan Zuid Afrikaansche Familien" en die naam mag dus 'n verkeerdelike interpretasie van die outeur gewees het.

Met sy afsterwe word na hom verwys as Bartel Pieterse asook Barthel Pietersz

Bartel se kinders word almal aangegee met die van Pieterse(n) in die Suid Afrika Genealogie.

Uit al die name is dit duidelik dat Bertel 'n sterk verbintenis gehad het met die Randersgraafskap en dat Bertel Pedersen van Randers sy oorspronklike benaming was.

[wysig] Bertel se handtekening


Handtekening van BertelBertel se handtekening soos weergegee in die opgaaf van die tweede reis van Kroonprinses van Denemarke. Ons aanvaar dat die handtekening Bertel se eie handskrif is. Die handtekening vir die rit van Kopenhagen na Tranquebar en handtekening van die terugtog van Tranquebar na Kopenhagen dieselfde was terwyl verskillende persone verantwoordelik was vir die opstel van die opgaaf met die twee geleenthede.

[wysig] Bertel se ervarings op die see

Bertel het op vier skeepsreise gedien:

Op 21 Januarie 1743 is Bertel aangeteken as matroos op die skip Donquen. Hy verskyn in die skip se protokol as nommer 25 in die lys van matrose. Die Donquen het van Kopenhagen vertrek na Tranquebar op 30 Januarie 1743 en in Tranquebar gearriveer op 26 September 1734. Die skip het terug vertrek na Kopenhagen op 6 Februarie 1744. Die skeepsjoernaal van die rit is in Kopenhagen se argiewe en is bygehou vanaf 19 Desember 1742 tot 21 Julie 1743 deur Stuurman Jens Madsen Knie.

Op 26 November 1744 is Bertel aangeteken as matroos op die skip Kroonprins van Denemarke na Kanton in China. Sy naam word aangedui as Matroos nommer 42. Die skip het aangedoen by Ierland en daar is nie 'n aanduiding of die tog na Sjina voltooi is nie. Die skeepsjoernaal verloop vanaf 17 November 1744 tot 2 September 1745.

Op 4 Desember 1745 is Bertel opgeteken as nommer 39 van die bemaning met die amp as Kwartiermeester vir 'n seereis op die skip Christiansborg Slot. Christiansborg Slot was bestem om na Kanton in Sjina te reis. Die skeepsjoernaal is opgeteken vanaf 10 Desember 1745 tot 21 Julie 1747 soos bygehou deur Poul Kock.

Op 26 Oktober 1748 is Bertel se naam aangeteken onder die offisiere as Bootsman Bertel Randers op die skip Kroonprinses van Denemarke. Hy verskyn as inskrywing nommer 15 in die offisierslys. Die Kroonprinses van Denemarke het op 7 November 1748 vertrek vanaf Kopenhagen en op 18 Mei 1749 gearriveer in Tranquebar. Die skip het weer op 5 November 1749 vertrek vanaf Tranquebar en in Mei 1750 geanker in Kopenhagen. Die skeepsjoernaal van die rit handel vanaf 15 Oktober 1748 tot 16 Mei 1750 deur stuurman jens Knie.

Op 7 Oktober 1750 is Bertel se naam aangeteken as Bootsman Bertel Randers op die skip Kroonprinses van Denemarke. In die skip se protokol word hy as nommer 18 onder die offisiere gelys. Die Kroonprinses het op 3 November 1750 vertrek uit Kopenhagen en in Tranquebar gearriveer op 29 Mei 1751. Op 2 November 1751 het Kroonprinses van Denemarke uit Tranquebar gevaar maar het nooit Kopenhagen bereik nie. Die skip was erg beskadig tydens 'n storm en moes op 10 Junie 1752 gestrand word by Mosselbaai aan die Suid-Afrikaanse kus.

Bertel het dus ongeveer 9.5 jaar ervaring gehad as seevaarder toe hy in Suid Afrika aan wal gestap het.

[wysig] Bertel as Bootsman


Bertel se naam verskyn as nommer 15 in die opgaaf van die tweede reis van Kroonprinses van Denemarke 1748-1750 (Geneem deur Palle Kvist; Argiewe van Kopenhagen)Bertel, was reeds aangeteken as bootsman onder die offisiere, tydens die tweede reis van Kroonprinses van Denemarke. die skeepsjoernaal het die volgende verwysings in wat na Bertel verwys:

25 Oktober 1748: Verwysing in die instruksies dat boodsman Bertel Randers in die kaptein se kajuit eet aan die tweede tafel as persoon nommer agt.

26 Oktober 1748: Baadsman Bertel Randers word geleis as persoon nommer vyftien tussen die offisiere. Sy maandelikse salaris is 8 riksdaalders, dieselfde as 'n skeeps assistent, , 3de stuurman, 2de timmerman en seilmaker en dubbel die van 'n normale matroos.

5 November 1748: Bertel verlaat Kopenhagen met die skip Kroonprinses van Denemarke

18 November 1748: Boodsman Bertel Randers koop velt, twee hemde en wit en blou kledingstukke

9 Desember 1748: Die skeepsraad word byeengeroep omdat die Soldaat Peder Nielsen Lind gearresteer is vir diefstal. Baadsman Bertel Randers stel voor dat hy oor 'n periode van drie dae 100 sweepslae per dag ontvang as straf. Daar is ooreengekom om die straf so te aanvaar.

16 Desember 1748: Boodsman Bertel Randers koop tabak

12 Januarie 1749: Bertel Randers, tesame met ander offisiere, teken 'n rekening vir die aankope van voedsel ens. by die Cap Verdic island Porto Praj.

4 Februarie 1749: Die skeepsraad word byeengeroep omdat die "boutellier" nie sy werk behoorlik gedoen het om die noodsaaklike dokumente in te vul ten opsigte van wat se kos nie gebruik is nie. Die skeepsraad gee hom geleentheid om sy sake in orde te kry. Ook geteken deur B.P. Randers.

26 Februarie 1749: Baadsman Randers koop naalwerkgare en tabak

18 Maart 1749: Die skeepsraad word byeengeroep om te besluit of Korporaal Christan Schultz gearresteer moet word tot by Traquebar. Geteken deur B.P. Randers

8 April 1749: Baadsman Bertel Randers skenk op Paasfees 1 riksdaalder, 2Mk aan die leraar aan boord en 4Mk aan die armes

5 Mei 1749: Die eiendom van die afgestorwe timmerman, Albrecht Madsen, word opgeveil. Baadsman Bertel Randers koop twee gordyne vir 3Mk en 'n "salvet" vir 2Mk

18 Mei 1749: Bertel arriveer in Tranquebar saam met Kroonprinses van Denemarke

27 Junie 1749: 'n Hof word saamgestel by Tranquebar se Huis van Justisie. Die lede was: Kaptein Emanuel Sporing,Casper Fenger, Ole Søemod Bertel Randers

5 November 1794: Bertel verlaat Tranquebar met Kroonprinses van Denemarke

7 November 1749: Die skeepsraad word byeengeroep weens klagtes oor die kok hans Hendrich Gotherg. Die skeepsraad bestaan uit Kaptein Sporing, Casper Fenger, Ole Søemod en Bertel Randers. Boodsman Bertel Randers is aangewys om die kok te gaan haal sodat die aanklagte aan hom voorgelees kan work. Boodsman Bertel Randers getuig dat hy gereeld die kok se gevloek en swak taalgebruik waareneem het asook die onhigiëniese hantering van kos, potte en panne. Hy stel voor dat die kok 'n maand se salaris moet verloor en beboet word met 50 sweepslae. Die straf was te veel vir die kok en hy het oorboord gespring.

14 November 1749: Die skeepsraad word byeengeroep om getuienis van die voorval van die kok aan te hoor toe die kok verdrink het. Boodsman Bertel Randers stem saam met die ander dat hulle nie kan vasstel waarom die kok oorboord gespring het nie.

17 November 1749: Boodsman Bertel Randers koop tabak

28 Maart 1750: Boodsman Bertel Randers gee die skeepsassistent 'n geskrif names die hele bemanning van die skip. Die geskrif is onderteken deur die boodsman self, Niels madse, M. Hans Christian Tersløf, Johan Christian Møller en die matrose Ole Iversen, Rasmus Anthony, Ole Pedersen, Peder Sørensen, Lars Tidemand, Peder Børrensen Ørbeck, Peder Nielsen Bierreby en Stille Jørgensen. Die geskrif het gehandel oor jensknie wat op 2 November 1749, toe dit baie winderig was by die kus van Tranquebar beloof het dat, op die veilige terugkeer in Kopenhagen, die bemanning 'n bykomende betalling van 400 rijksdaalders sal ontvang. Die skeepsassistent het aan hulle vertel dat die saak verwys sal word na die bestuur in Kopenhagen.

9 Maart 1750: Die Kaptein roep die skeepsberaad bymekaar (Die kaptein, Casper Finger, Jens Knie, Ole Søemond en Bertel Randers) Hulle moes die saak aanhoor tussen matrose Peder Andersen Scendske en Tømmermand Mogens Pedersen Schouw. Die een het die ander daarvan beskuldig dat hy sy geld gesteel het in Kopenhagen nog voordat die skip vertrek het. Boodsman Bertel Randers beklemtoon dat matroos Peder Andersen Svenske moes gekla het net na die vertrek uit Kopenhagen deur Tømmermand van diefstal beskuldig was. Tømmermand moes in die openbaar verklaar dat Peder Andersen nie skuldig was nie.

11 Maart 1750: Die skeepsberaad kom byeen (Die kaptein, Casper Fenger, Jensknie, Ole Søemond en Bertel Randers) om uitslag te gee in die saak tussen Peder Andersen Svendske en Tømmermand Mons Pedersen Schouw.

1 April 1750: Boodsman Bertel Randers koop 'n ou sak vir 6Sk by die veiling van die goedere van Grey Larsen Bager, na sy dood.

8 Mei 1750: Die skeepsberaad (die kaptein, Casper Fenger, Jens knie, Ole Søemond Bertel Randers en konstabel Morten Jensen Hillerød) Die kwartiermeester Johan Christian is gevang dat hy gesteel het van verskeie bemanningslede. Hy het onder andere 'n kompas gesteel by Boodsman Bertel Randers. Boodsman Bertel Randers stel voor dat hy oor 'n periode van 3 dae elke dag 50 sweepslae ontvang en dat hy vasgeketting bly totdat hulle in Kopenhagen arriveer.

11 Mei 1750: 6:00 voormiddag het die Kaptein besluit dat Johan Christian skuldig is en het hy besluit: Johan Christian sal die gesteelde goedere op die dek in die openbaar alles wat hy gesteel het aan die oorspronklike eienaars terugbesorg. Oor 3 dae sal hy 50 sweepslae per dag ontvang. Hy sal geklassifiseer word as gewone seeman sonder enige betaling vanaf die 6de Mei. Hy sal vasgeketting bly totdat hulle in Kopenhagen arriveer. Die straf is geteken deur E Sporing, M. Knie, Ole Søemond, BP Randers en MJ Hillerød.

15 Mei 1750: Die kaptein roep die skeepsraad bymekaar om hulle opinie te hoor of hulle in die donker verby 'n gevaarlike deel gaan vaar, in die rigting van Kopenhagen, en of hulle gaan wag tot die volgende oggend. Boodsman Bertel stel voor dat hulle die seile span en so ver as moontlik vaar totdat hulle 'n gids aanboord kan neem. Daardie dag arriveer Bertel terug in Kopenhagen.

In die "Storms om die Kaap. Gevaarlike Deense reise" word 'n klein bietjie van Bartel se persoonlikheid weergegee tydens die derde reis van Kroonprinses van Denemarke. Op 23 Mei 1752 toe die skip in 'n benarde posisie was, het Konstabel Tonnes Tollesen, Bartel en die jongste offisier, Michael Hansen Lindegaard (tydens 'n skeepsberaad) aanbeveel dat hulle 'n bootjie na die land sal stuur sodat hulle kan uitvind waar hulle min of meer is. Sodoende kon hulle bepaal hoe vêr hulle nog van Mosselbaai is.

[wysig] Aankoms in Suid-Afrika

Bartel het op stormagtige wyse by die Kaap aangekom.

Hy was bootsman in diens van die Deense Oos Indiese Kompanjie, toe sy skip, bekend as Kroonprinses van Denemarke , 'n Oosindiëvaarder, op 9 Junie 1752 deur 'n storm in Mosselbaai verwoes is. Van sy kaptein, Svend Finger, kry 'Randers', soos wat hy aan boord bekend gestaan het, op 25 Augustus 1753,deur middel van 'n sertifitikaat, toestemming om sy heil aan land te soek, waar hy dit ookal kan vind.

Bartel het in 1756 toestemming van die goewerneur van die Kaap de Goede Hoop Rijk Tulbach ontvang, met sy ambag as timmerman, om by die Kaap (waar hy burgerregte ontvang het) aan te bly.

Bronne verskil oor wie van 'Kroonprinses' saam met Bartel in die Kaap agtergebly het. Die boek van G Nørregaard vertel dat slegs Olle Mortenson in die Kaap agtergebly het. Volgens die Kaapse argiewe was daar egter vyf persone wat op die 'Kroonprinses' was wat toestemming gerky het om in die Kaap agter te bly.


Die sertifitikaat waarvolgens Bertel toestemming gegee is deur Svend Finger om sy eie heil te gaan soek in suid AfrikaBertel Pieterse van Randers

Marcus Jacob Croese

Johannes Thomas Roodewald van Kopenhagen

Jurgen Stamp van Flensburg, as slagter

Sivert Jacobsen Wiid, as Kuiper

[wysig] Huwelik en kinders

Op 29 Maart 1761 trou hy met Anna Christina MINNIE, dogter van Dirk Minnie en Christina Scheepers, te Swellendam. Dirk Minnie was die stamvader van die Minnie-familie.

Barthold het sewe kinders gehad:

Maria Magdalena Pieterse gedoop in 1764

Johannes Theodorus Pieterse gedoop in 1765

Pieter Pieterse gedoop in 1768

Jacobus David Pieterse gedoop in 1771

Ferdinandus Albertus Pieterse gedoop in 1773

Frederik Pieterse gedoop in 1773

Christina Pieterse gedoop in 1775

Bertel het as veeboer 'n bestaan gemaak op die leenplaas Drie Vanteyn tussen die Kauga en Langkloof in die omgewing van George in die Ooskaap.

[wysig] Bertel se nageslag

Bertel Pedersen se kleinseun Nicolaas Theodorus Pieterse het deelgeneem aan die Slag van Bloedrivier in April 1838, toe die Zoeloes deur die Boere verslaan is.

Bertel Pedersen se kleinseuns David Johannes Pieterse, Ferdinandus Petrus Pieterse, Frederik Pieterse, Nicolaas Theodorus Pieterse en Hendrik Josephus het almal tussen 1838 en 1844, aan die groot trek deelgeneem.

Bertel Pedersen se kleinseun Petrus Jacobus Pieterse se vrou Adriana Aletta van der Merwe is tydens die Anglo Boere oorlog in 'n Engelse konsentrasiekamp dood, op 23 Mei 1902.

Bertel Pedersen se agterkleinkind Frederik Pieterse is dood in die Slag van Derdepoort, geveg op 15 November 1899, tydens die Anglo Boere oorlog.

[wysig] Sterftes

Anna Christina sterf in 1776 en laat Bertel met sewe minderjarige kinders agter.

Hulle besittings met haar afsterwe word soos volg weergegee:

Besittings: 1 ou wa, 1 ploeg met gereedskap, 4 grawe, 1 houtbyl, 1 ou handbyl, 3 "avegaars", 2 bore, 1 handsaag met 2 lemme, 1 snaphaan, 1 ou saal met houers, 'n pistool, draagband ens., 1 groot pot, 3 Kklein potjies, 1 koekpan, 3 blikke, 4 gebedsboeke, 3 ou blikke, 6 blikborde, 1 soplepel, 16 vurke, 6 tafelmesse, 1 staal kamerpot, 1 ou blikketel, 3 blik trekpotte, 1 koper koffiekan, 1 klein keteltjie, 2 strykysters, 4 "aade commen", 22 porselyn tafelborde, 1 "partiporc theegoed", 8 bottels, 2 wynglase, 2 anker vaatjies, 2 ou watervate, 2 bottervate, 2 botter "carns", 2 klein botter vaatjies, 4 melk emmers, 2 ou emmers, 3 klein 'balijs", 3 waterkanne, 2 plat potte, 1 meelsif, 6 ou "manden", 5 kiste van verskillende groote, 1 bakkis, 1 kinderwieg, 1 skuifdoos, 2 lepelrakke, 2 kinderbedjies, 12 ou sakke, 1 bedsak, 2 beddens, 2 houtkanelare met 2 snuiters, 10 "cronzikels", 2 "ree scheven met harebijtles", 3 "sligt scheven", 5 "roffel scheven", 12 skawe met bytels, 5 skawe songe bytels, 1 kloubytel, 1 deurslag, 1 "croos", 1 kruishout, 1 houtpasser, 2 omslae met 8 "knegts", 1 ou "dissel", 1 knyptang, 1 klein coper passer, 2 vyle, 1 buigtang, 8 bytels 3 stukke yster, 2 hammers, 1 out stuk yster, 2 tafels, 3 stoele, 1 ou plank, 1 passer, 1 groot skaar,

Vee: 98 beeste van verskillende soorte, 1013 skape van verskeie soorte 4 perde 93 bokke

Laste: 10 maande agterstallige rente op die leenplaas. Geld word geskuld aan: Jacob Helbek, Jacobus de Buijs, Pieter Jourdaan, Anthon Nortje, Gert van Nimwegen, Andries du Preez, Theodorus Minne, Gert van Roijen, Abraham Viveje en Barkhouser

Bates was gereken op 831 Rd:s en die laste was gereken op 731 Rd:s

Bertel sterf in 1787 volgens die MOOC8/50.27 dokument.

1 kis vol gereedskap 2 kiste 1 bed met 'n 1 bulsak, 4 kussings en 2 komberse 1 "peuling" 4 "elle jas" laken 2 stukke "Snihase" linne 1 "kooij goet zak" 2 "mudde zakke" 1 tafelblad 1 stoel

Tydens sy afterwe was Bertel woonagtig by Stephanus Feraire onder de Langen Cloof.

[wysig] Verwysings

Die Groot Afrikaanse familienaamboek - Cornelius Pama

Stamvader Bartel Pieterse - Navorsing deur Gerda Pieterse

Precis of the Archives of the Cape of Good Hope deur HCV Leibrandt te vinde by die Kaapse Argiewe

Storms round the Cape. Dangerous Danish voyages. Die dokument is 'n engelse vertaling (wat gereel is deur M Hanley) van 'n Deense boek met dieselfde naam wat geskryf is deur die Deense geskiedkundige G. Nørregaard.

Inventories of the Orphan Chamber - Cape Town Archives repository, South Africa MOOC 8/16a

Die verhaal van Hans Henrich Gotberg deur Palle Kvist

Uitreksels oor Bertel vanuit die protokol (in die Kopenhagen Internasionale argiewe) van die 2de rit van Kroonprinses van Denemarke soos weergegee deur Palle Kvist.

e-Family Home

Erkenning word gegee aan Jurgens Pieterse en Palle Kvist vir die navorsing wat gedoen oor die geskiedenis van Bertel Pedersen Randers

Ontsluit van "http://af.wikipedia.org/wiki/Bertel_Pedersen_Randers"

Kategorieë: Deense stamvaders • Suid-Afrikaanse stamvaders

Extract from SAG :Barthold (Bartel) Pietersen (of Randers) a. 1753 skrynwerker op “De Kroon-Princes van Denemarken” wat op 9.6.1752 te Mosselbaai gestrand het, word burger Swellendam nadat hy op 25.8.1753, te Mosselbaai, deur die kaptein v.d. gestrande Deense skip, wettig, by wyse v. ‘n sertifikaat, uit diens ontslaan word en volle toestemming verkry, om sy eie weg te gaan x Swellendam 29.3.1761 Anna Christina MINNIE ≈ Paarl 2.7.1743 d.v. Dirk Mennen (stamvader) en Christina Scheepers Erkenning: Gerda Pieterse, Richardsbaai (inligting verkry uit: Leibrandt: Journaal van die Kaap)

view all 11

Barthold Pieterse -SV/PROG's Timeline

1722
1722
Randers, Denmark
1761
March 29, 1761
Age 39
Swellendam, South Africa
1764
1764
Age 42
1765
March 3, 1765
Age 43
George
1768
December 11, 1768
Age 46
1771
March 24, 1771
Age 49
Brede River DC, Western Cape, South Africa
1773
April 25, 1773
Age 51
Swellendam
1773
Age 51
Swellendam
1775
1775
Age 53
1787
1787
Age 65
Swellendam, Cape, South Africa