Carel Pieter Landman, c10 (1796 - 1875)

‹ Back to Landman surname

Is your surname Landman?

Research the Landman family

Carel Pieter Landman's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Nicknames: "Karel"
Birthplace: Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
Death: Died
Occupation: Famous Voortrekker leader, Kommandant, Voortrekkerleier, tweede in bevel: Slag van Bloedrivier
Managed by: Mornay Duplessis
Last Updated:

About Carel Pieter Landman, c10

Karel Landman was a Boer farmer who left the Cape with the Voortrekkers who moved northwards, and founded the old Transvaal and the Free State as part of the Great Trek. Landman was the second in command of the Boer forces at the Battle of Blood River.

see discussion about parents.

Monument http://fireflyafrica.blogspot.com/2010/03/karel-landman-monument.html

KAREL PIETER LANDMAN

Biografiese besonderhede Karel Pieter Landman (gebore dist. Uitenhage, Kaap Kolonie, 5.3.1796 - oorlede te Uithoek, Wasbank, Natal, 2.4.1875). Karel Landman, Voortrekkerleier, was die vierde en jongste seun van elf kinders van Johannes Abraham Landman en sy vrou, Martha Maria Rog. Landman is vermoedelik gebore op òf De Staderivier, òf Jammersfontein (Olifantshoek), twee plase wat sy vader kort na die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795 verkry het.

Landman as boer en kommandolid Hy ontvang min formele onderwys en moet in die moeilike en gevaarlike tye waarin hy aan die oosgrens opgroei, reeds vroeg in sy lewe op kommando gaan. Soos sy vader, begin hy op jeugdige leeftyd selfstandig met beeste boer en hy tree voor sy mondigwording, in die huwelik. Vermoedelik woon hy aanvanklik op De Staderivier, maar koop in 1823 die plaas Melkhouteboom in Olifantshoek saam met sy broer, Johannes Abraham, teen £375. Hy woon digby die mond van die Boesmansrivier wat die distrik Uitenhage van Albanie skei. Hier boer hy met ywer en volharding vooruit tot 'n gegoede beesboer, ten spyte van moeilike en voortdurende onrustige omstandighede. Jarelank probeer hy tevergeefs om meer grond by te kry, maar slaag eers in Desember 1834, op die vooraand van die Groot Trek, daarin om 'n aangrensende stuk weiveld teen £18.17.0 aan te koop. Veertien dae daarna koop hy ook sy broer se helfte van Melkhouteboom. Enkele weke later ly hy swaar verliese in die Sesde Grensoorlog (1834-35) en word verplig om saam met heelparty oosgrensboere weswaarts te vlug.

Ondertussen tref P. L. Uys en 'n groepie manne, hoofsaaklik persone uit die kontrei waar Landman woon, voorbereidings om die binneland met die oog op verhuising te gaan verken. Ofskoon Landman in die digbeboste Olifantshoek, waar talle rondlopers periodiek skuil, baie probleme met sy boerdery ondervind as gevolg van kapitaalverliese, tekort aan arbeiders en grondgebrek, bly hy hoop dat 'n verbetering in die toestande op die grens sal intree. Hy is trouens veldkornet C. V. Buchner behulpsaam om die boere in die vrugbare Onder-Boesmansrivierwyk van die distrik Uitenhage met behulp van regeringslenings weer stewig gevestig te kry.

Landman se trek Vroeg in 1856 begin die eerste Olifantshoekers voorbereidings tref om die Kolonie te verlaat. Landman se broer, Johannes Abraham, is een van die leiers van 'n Trekgeselskap en in April 1837 volg die Uys-trek onder leiding van J. J. Uys en sy seun Petrus. Landman wat op die tydstip reeds 'n vername rol in kerklike sake speel en bouwerk onderneem het, verkoop sy plaas op 10.6.1837 en begin met sy eie trekvoorbereidings. Eind Oktober van dieselfde jaar volg hy, sy vrou en ses kinders, vergesel van 'n aantal ingeboekte slawe min of meer in die waspore van die Uyse. Saam met hom trek nege-en-dertig gesinne (ongeveer 180 Blankes), feitlik almal bloedverwante en veeboere, onder wie die families Vermaak, Scheepers, Las, Van Niekerk, Van Rooyen, Nel, Booysen en Rudolph.

Landman volg die tradisionele binnelandse roete deur die Transoranje en oor die Drakensberge en word onder andere goed bygestaan deur die penvaardige J. B. Rudolph en sy eie oudste seun, Johannes Abraham. Op pad sluit nog groepies Trekkers hulle by hom aan.

Toe Landman die Drakensbergpasse in Februarie 1838 nader, ontvang hy die ontstellende berigte van Piet Retief* se dood en die moorde in die Voortrekkerlaers. Hy stoot vinnig aan en bereik Gert Maritz* se groot laer digby Doornkop in Maart 1838, waar hy die Trekkers - in die woorde van Aletta Rudolph - 'in diepe rou en verslagenheid' aantref.

Landman as leier en vegter In hierdie krisistyd begin Landman as leier op die voorgrond tree. As tipiese oosgrensboer beskik hy oor die nodige geloofsmoed en krygservaring om die moeilike omstandighede van bedreiging en verdeeldheid waarin die Trekkers verkeer, die hoof te bied. Hy neem onder meer as veldkornet deel aan die sogenaamde Vlugkommando van Uys en A. H. Potgieter* in April 1838 en beskerm die agterhoede op 'n voortreflike wyse. In Mei van dieselfde jaar neem hy Port Natal namens die Voortrekkers in besit en reël die plaaslike administrasie aldaar. Hy vestig die beesboere van sy Trek in 'n versterkte laer digby die mond van die Umgenirivier, net noord van Port Natal totdat rustiger tye aanbreek en sy volgelinge plase op die Natalse kusvlakte kan betrek. Onder sy leiding word voorrade wat van oorsee vir die Voortrekkers aankom, aan die mense besorg.

Voor die koms van A. W. J. Pretorius speel Landman 'n belangrike rol in die vestiging van die Trekkers in Natal. Hy tree op as aanvoerder van die Natalse kontingent na die Wenkommando (Desember 1838) en is by Bloedrivier (16.12,1835) tweede in bevel onder Pretorius. Na die verwonding van laasgenoemde, sit hy die agtervolging van die Zoeloes na Dingane se hoofstat voort. In die slag by die Wit Umfolozi (27.12.1838) word hy en sy kommando in 'n hinderlaag gelok; danksy die dinamiese optrede van Hans Dons de Lange wat uit die Zoeloe-hinderlaag jaag. word voorkom dat die kommando nog swaarder verliese ly.

Vroeg in 1839 voer Landman belangrike onderhandelings met maj. S. Charters, die Britse bevelvoerder in Port Natal. Hy dring sterk daarop aan dat die regte van die Voortrekkers eerbiedig sal word, maar slaag nie daarin om die ammunisie waarop Charters beslag gelê het, terug te kry nie.

Volksraadslid

As Volksraadslid van die Republiek Natalia speel Landman 'n vername rol. Hy dien as tydelike voorsitter (Augustus 1840 en Januarie 1841) en ook in verskeie belangrike komitees.

Met die aankoms van kaptein T. C. Smith en sy troepemag en die daaropvolgende botsing met Andries Pretorius in 1842, kom daar 'n radikale wending in Landman se loopbaan as Voortrekkerleier. Hy weier om die wapens teen Smith op te neem en trek hom 'n ent van die hawe af terug, waardeur by in onguns raak by baie Voortrekkers, wat hulle kragdadig teen Britse inmenging wil verset. Hy verlaat later die distrik Port Natal om in die Pietermaritzburgse distrik te gaan boer, waarna hy hom uiteindelik saam met familielede en vriende op die plaas Uithoek, suidwes van die huldige Glencoe, vestig. Toe hy in sy tagtigste lewensjaar sterf en aldaar begrawe word, is hy die laaste Voortrekkerleier van betekenis wat wegval.

Vir die onstuimige en gevaarlike tye waarin hy geleef het, was Landman as leier versigtig. Hy het nie maklik tot drastiese aksie oorgegaan nie. Aan moed het dit hom egter nie ontbreek nie. Wanneer hy van sy saak oortuig was, het hy nie gestuit nie, soos sy optrede teenoor ds. J. M. Carter getuig toe hy laasgenoemde met die woorde die les oor sy pligte as predikant gelees het: 'Wagt u voor pragt en hoogmoet en eerzug, wees opregt en voorzegteg, hout u aan de eenvoudige en nederige leer van Jesus Christus'.

Landman is op 14.2.1817 getroud met Agatha Jacomina Meijer, die vyfde kind van Izsak Meijer. Daar is ten minste ses kinders uit die huwelik gebore. C. F. J. MULLER

C. F. J. MULLER, 'Veertig jaar uit die lewe van die Voortrekkerleier Karel Landman', Historiese Studies, Mrt. 1943; 'Karel Landman se trekgeselskap', Historia, 10.10.1956;

'Karel Landman op trek', Mededelings van Unisa. C. 13. Pta., 1959;

H. B. THOM, Die lewe van Gert Maritz. Kstd., 1956. Teks van http://www.groottrek.co.za/landman_01.htm besoek October 24, 2010

view all

Carel Pieter Landman's Timeline

1796
March 5, 1796
Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
1817
September 12, 1817
Age 21
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1819
December 26, 1819
Age 23
1822
March 12, 1822
Age 26
Cape of Good Hope, South Africa
1824
October 6, 1824
Age 28
1828
October 13, 1828
Age 32
Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
1832
1832
Age 35
1839
June 1, 1839
Age 43
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
1875
April 2, 1875
Age 79
????