Casper Peter Hoogenhout

Is your surname Hoogenhout?

Research the Hoogenhout family

Casper Peter Hoogenhout's Geni Profile

Records for Casper Peter Hoogenhout

750 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Casper Peter Hoogenhout

Also Known As: "CP Hoogenhout"
Birthdate:
Birthplace: Amsterdam, Government of Amsterdam, North Holland, The Netherlands
Death: Died in Wellington, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Klaas Hoogenhout and Wijnanda Elisabeth Imker
Husband of Catharina Maria Marais
Father of Nicolaas Marais Hoogenhout; Francois Paul Hoogenhout; Petrus Imker Hoogenhout; Daniel Marais Hoogenhout and Wynanda Elizabeth Hoogenhout

Managed by: Louis Scholtz, j4
Last Updated:

About Casper Peter Hoogenhout

Casper Peter (CP) Hoogenhout, 11 Mar 1843 Amsterdam - 13 Jan 1922 Optenhorst, Boven Vallei

Oor C.P. Hoogenhout se lewe weet ons heel weinig, want in sy beskeidenheid het hy nooit oor homself of van sy eie werk gepraat nie. Hoe jammer is dit nie, want sonder dat ek dit met dokumente kan bewys, glo ek dat ons 'n ander beeld van die aandeel van die leiers van die G.R.A. sou gehad het, wis ons meer van wat C.P. Hoogenhout in stilte gedoen het. As ds S.J. du Toit die ‘siel’ van die Eerste Taalbeweging genoem word, dan sou ek C.P. Hoogenhout graag die ‘besieler’ wil noem, die man wie se persoonlikheid die G.R.A. beheers het, die man wat met kalme oorweging die rigting aangewys het, of die briek aangedraai het waar dit nodig was. Dit kom my voor asof hy die planne beraam het en sy vriend, ds S.J. du Toit, hierdie planne met sy bekende skranderheid en deurdrywingsvermoë uitgevoer het. Hiermee wil ek natuurlik niks afding van ds Du Toit se eie oorspronklikheid en sy leierskap nie, maar 'n feit is dit dat C.P. Hoogenhout al te veel deur sy eertydse vriend oorskadu word.

Oor homself was Hoogenhout nooit te spreke nie: sy eie kinders het feitlik niks geweet van sy jongelingsjare nie en in sy ouderdom het hy en sy vriend Oom Lokomotief 'n verbond gemaak dat hulle mekaar in geskrif nooit sal prys nie, veral as die een voor die ander te sterwe kom. So skryf hy in Augustus 1917 aan mnr G.R. von Wielligh na aanleiding van sy artikels in Die Brandwag oor die Eerste Skrywers: ‘Ik het bereids uw art. in Die Brandwag gelees en wens in die eerste plaas te sê, dat ik spyt het, dat u my daarin te veel geprys het, hoewel ik weet, dat u dit met 'n liefdevolle hart gedaan het. “Lokomotief” en ik het al lank 'n afspraak, dat wie van ons twee die eerste uit die droewe wereld geroep word, die ander hom na sy dood nie sal prys nie. En dit bring my meteen in gedagte, wat ons vrind Pannevis eendag vir my gesê het. My boekie, “Uw en mijn Cyferboekje” werd deur die pers gunstig beoordeel en het by duisende verkoop. Ek was bly en laat ik maar sê 'n bietjie hoogmoedig ook. Ik vertel dit vir Pannevis en hy sê toen: “Pas tog op, dat jy jou loon in die wereld nie weg het nie.” Ik het die woorde nooit vergeet nie. U verstaat dus, waarom ik sê dat ik nie wens geprys te word nie. Die aanmerking van ons brawe, vrome P. en die afspraak met “Loko” sit te diep in my hart.’*)

'n Laaste bewys van Hoogenhout se beskeidenheid vind ons in sy antwoord aan dr J.D. du Toit toe hy hom enige lewensbesonderhede gevra het: hy herinner hom aan die verbond met ‘Loko’ dat hulle mekaar nie sal prys nie: ‘En nu bent u, vrees ik, bezig om 't in uw boek te doen. Daarom was u brief mij minder welkom. Ik had gaarne gezien, dat mijn naam er maar helemaal uitgebleven was. Doch aangezien zulks nu blijkbaar niet goedschiks meer kan, schrijf ik u net het volgende:...’ Dan volg 'n paar dingetjies en nóg vra hy in 'n naskrif: ‘Maak 't s.v.p. zo kort mogelik. Ik meen dat de eerste 2 lijnen al genoeg zijn’, naamlik dat hy gebore is en 40 jaar lank onderwys gegee het!

Waar ons dus 'n oorsig van die lewe van C.P. Hoogenhout wil gee, vind ons dat daar heel weinig omtrent hom bekend is. Gelukkig het mnr P. Imker Hoogenhout vir ons sy herinnerings aan sy vader opgeteken, en dit sal altyd die waardevolste bron oor C.P. Hoogenhout bly (sien Gedenkboek ter ere van die G.R.A., 1926, bl. 97 e.v.). Oor sy afkoms het C.P. Hoogenhout aan sy seun, dr N.M. Hoogenhout, op 27 Augustus 1916 die volgende geskryf: ‘Wat ik weet is, dat mijn overgrootouders van grootmoeder Hoogenhout's kant van Henten heetten. Zie hier: Ruth Hendrikz van Henten en Joosje Janz. Timmer hadden een dochter, Alida of Aaltje van Henten, geb. in 1783 te 's Gravenland, gemeente Loosdrecht. Zij huwde zeer jong, nog geen 17 jaar (in 1799) met mijn grootvader Pieter Hoogenhout. In 1817 werd mijn vader Klaas Hoogenhout geboren en ik in 1843, zooals gij weet. Mijn moeder (in 1823 geboren) heette Wynanda Elizabet Imker en was het enige kind van Casper Imker en Elizabet Smit.

Die grootvader en grootmoeder heb ik gekend, de andere grootouders niet. Wie de overgrootouders van de Imkers zijn weet ik ook niet. Ik dacht, dat ge er misschien belang in zoudt stellen, en daarom schrijf ik u dit briefje.’

Op 11 Maart 1843 is Casper Peter Hoogenhout dan gebore in Amsterdam. Terwyl sy vader tot die burgerlike stand behoort het, was sy moeder van goeie geboorte, ‘en diegenes’, sê mnr P.I. Hoogenhout, ‘wat die voorreg gehad het om met Casper intiem om te gaan, kon in die seun die adel van die moeder herken.’ Casper was die oudste van die kinders en die liefling van sy moeder, maar op dertienjarige leeftyd het hy haar verloor en nou het moeilike dae vir die seun gevolg, want sy vader is spoedig weer met 'n weduwee getroud en sy het die wêreld vir die seun baie warm gemaak, terwyl sy haar eie spruit voorgetrek het. In 1860 het hy in Kaapstad aan wal gestap om vir hom 'n nuwe vaderland te vind wat hom waarlik nie as 'n stiefkind sou behandel nie. Die jaar daarop het 'n ander Hollander, dié keer 'n Jood, ook in Kaapstad aangekom, en iemand wat saam met Hoogenhout 'n groot rol in die Afrikaanse Taalbeweging sou speel, naamlik Jan Lion Cachet. Ses jaar later (1866) sit Arnoldus Pannevis sy voet aan wal in Kaapstad, en hy sou die Afrikaners kom vertel dat hulle 'n eie taal het, en hy sou rigting gee aan die lewe van C.P. Hoogenhout.

Van die eerste jare in Kaapstad weet ons niks meer nie as dat Hoogenhout klerk was op die kantoor van die Nederlandse consul.

Spoedig na Pannevis se aankoms in Julie 1866 moes hulle bevriend geraak het, en 'n inniger en trouer vriendskap is selde gesluit, want dit het voortbestaan tot aan Pannevis se dood toe, en selfs daarna het Hoogenhout sy vriend se sterfdag met die grootste eerbied herdenk. In sy briewe aan Oom Lokomotief en sy seun Klaas het hy dikwels van ‘vrind Pannevis’ melding gemaak. Op 11 Oktober 1917 skryf C.P. Hoogenhout aan sy seun Klaas in verband met Pannevis: ‘Van wege zijn zielelijden had hij eigenaardigheden, waarmee dikwels gespot werd; maar mij was hij een van die dierbaarste vrienden, die ik ooit gehad heb.’ Pannevis was ook doopgetuie oor Hoogenhout se oudste seun Klaas. In een van Hoogenhout se geskrifte lees ons ook hierdie woorde: ‘Op 14 Augustus, zijnde de negende verjaardag van het Genootschap van Regte Afrikaners is ontslapen mijn dierbaarste vriend en broeder, Arnoldus Pannevis, aan wien ik zulke verplichting heb als de eeuwigheid eens zal openbaren. Wij hebben hem begraven in den familiekelder van Ds. van der Lingen van de Paarl. Zacht ruste zijn assche tot Jezus komt en wij elkander zullen weervinden. Amen.’

Hoogenhout het naamlik onder Pannevis se invloed tot bekering gekom, en voortaan sou hy 'n streng godsdienstige lewe voer. Sy studies wat in Holland onderbreek is, het hy nou ook by Pannevis voltooi, sodat hy hom kort voor 1870 aan die onderwys kon gaan wy, en meer as veertig jaar lank ‘mog hy leiding en rigting gee aan die jeug van Groenberg in 'n buiteskool wat sowat ses myl van Wellington geleë is.’ Hier is hy getroud met mej. Catharina Maria Marais en uit die huwelik is ses kinders gebore. Twee van die seuns het die werk van hul vader voortgesit in belang van die Afrikanervolk - ek dink hier veral aan wyle dr N.M. Hoogenhout en mnr P. Imker Hoogenhout.

In 1908 het C.P. Hoogenhout met pensioen afgetree en tot sy dood (13 Januarie 1922) bly woon op Optenhorst, Boven Vallei, naby Wellington. Stil het hy heengegaan, en byna onopgemerk deur die publiek. In dieselfde jaar is hy gevolg deur sy boesemvriend, Oom Lokomotief, en sy digter-vriend, J.D. Cilliers. Die koerante en tydskrifte het slegs met 'n aankondiging volstaan, of 'n kort oorsig van sy lewe. Só het Hoogenhout dit in sy minlike beskeidenheid seker gewens, maar hy het anders verdien. Sover my bekend, is sy dood slegs in die kersmisnommer van Ons Land (1922) in 'n kreupele gedig beween:

‘Huil, denne huil, 'n seder is geval!

Beween u Dode, Groenberg, - dankbaar - stil.

Wek nie die Slaper; wie tog die hem min

Sou hem die soete Doodslaap tans misgun?

Lang was sy Dag: hy rus nie teen sy wil;

Die Dag was lang - die Awenduur is kil!

Suid-Afrik', met ontblote hoof buig neer!

Hier rus geen vreemdling, maar 'n Soon u dier:

'n Vreemde wat so diep sy wortels stuur

In Suideraard', wie sou sy as nie eer?

Vir sulk een, dank Suid-Afrika die Heer!’

C.M. MARAIS.

Bron : Geskiedenis van Josef en Catharina, die dogter van die advokaat, C.P. Hoogenhout editie P.J. Nienaber

view all

Casper Peter Hoogenhout's Timeline

1843
May 11, 1843
Amsterdam, Government of Amsterdam, North Holland, The Netherlands
1922
January 13, 1922
Age 78
Wellington, Breede River DC, Western Cape, South Africa
????
????
????
????
????
????