Daniël François Malherbe (1881 - 1969) MP

‹ Back to Malherbe surname

Is your surname Malherbe?

Research the Malherbe family

Daniël François Malherbe's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Related Projects

Nicknames: "DF Malherbe"
Birthplace: Kleinbosch, Dal Josafat, Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Death: Died in Bloemfontein, Motheo, Free State, South Africa
Managed by: Charlene Irene Viljoen
Last Updated:

About Daniël François Malherbe

Daniël François Malherbe, Daljosafat 28 mei 1881 - Bloemfontein 12 april 1969

Daniël François Malherbe is op 28 mei 1881 op die plaas Kleinbosch in Daljosafat, distrik Paarl gebore, as seun van P.J. Malherbe, 'n Paarlse wynboer, 'n susterskind van S.J. du Toit en een van die stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners.

Die seun se eerste kinderjare was enigsins eensaam, want hy was aanvanklik 'n alleenlopertjie. Uit die herinneringsbeelde van sy jeug het hom veral lewendig bygebly enersyds die arbeidsvreugde van die boerderybedrywighede op sy vader se wynplaas, en andersyds die angsgevoel vir die nagtelike flikkervuurtjies van Kleurling-drosters teen die hange van die Drakensteinberg, en die vreesaanjaende verhale van A. Somers, Skaduwee van kinderjare. Op negejarige leeftyd is hy skool toe, na die Hugenotegedenkskool, S.J. du Toit se stigting, waar hy op dieselfde skoolbanke as A.G. Visser en Totius gesit het en saam met hulle en ander o.a. van die stigter die onvergeetlike les geleer het dat godsdiens en nasieskap tot in hulle diepste vesels met mekaar verweef is. In die omgang met sy skoolmaats, in hulle debatsverenigings en krieketspel, en in hulle geesdriftige vooruitsien na die gesamentlike lees van Ons Klyntji, het die lewe vir hom ruimer as in die plaaswerk begin opgaan en in die kring van sy kennisse sou dit hom al verder en verder voer. In die naburige skool op Wellington waar hy met A.I. Perold bevriend geraak het, het hy gematrikuleer. In 1902 het hy aan die ou Victoria-kollege op Stellenbosch die Baccalaureusgraad behaal, nadat hy sy graadstudie onderbreek het om 'n paar jaar skool te hou. Intussen het prof. W.J. Viljoen reeds in hom die lus tot taalstudie gewek en gevolglik het hy van Stellenbosch vir verdere studie na Duitsland vertrek om hom daar (1902-1906), eers in Halle en later in Freiburg o.a. onder professor Kluge en Woerner aan die studie van die Duitse taal en lettere (met Frans en Engels as byvakke) te wy, en in 1906 magna cum laude te promoveer op 'n proefskrif oor Das Fremdwort im Reformationszeitalter. Onmiddellik daarna is hy na sy vaderland terug waar die Tweede Taalbeweging toe juis die eerste lewenstekens begin openbaar het. Hy het 'n leidende aandeel geneem in die stryd om die erkenning van Afrikaans as skryftaal en op Wellington het hy sy beroemde lesing gelere: Is Afrikaans 'n dialek?

Voor en ná sy bekleding van die hoofskap van die skool op Carnavon (1907-1909) het hy nog tydelike akademiese poste aan die hoër onderwysinrigtings op Wellington en Stellenbosch onderskeidelik waargeneem, en in 1910 is hy as professor in moderne tale, nl. Nederlands, Duits en Frans, aan die Grey-Universiteitskollege Bloemfontein benoem, waar hy in 1918 professor in Afrikaans geword het: Die eerste in Suid-Afrika om so' n betrekking te beklee, hoewel hy nog tot 1928 Nederlands, Afrikaans en Duits en van toe af eers uitsluitlik Afrikaans gedoseer het. Van hierdie inrigting was hy van 1929 tot 1934 rektor, maar hy het voor en ná hierdie tydperk ook in hierdie bevoegdheid waargeneem. In 1941 het prof. Malherbe afgetree en vervolgens sy lewe hoofsaaklik aan skryfwerk gewy. By geleentheid van sy sestigste verjaarsdag het 'n aantal letterkundiges, almal vroeëre studente van Malherbe, 'n huldigingswerk aan hulle geliefde professor gewy en vir hom 'n prageksemplaar daarvan aangebied, nl. D.F. Malherbe, die mens en sy kuns.

Aan sy voete het met die loop van jare 'n groot aantal vooraanstaande Afrikaners gesit en van hom inspirasie ontvang vir hulle lewenstake. Daar het 'n groot besieling van sy lesings uitgegaan en hy was een van die grootste redenaars in sy land. Toe prof. dr. P.J. Nienaber in 1929 'n matriekleerling op Boshof was, het prof. Malherbe die skool kom toespreek, soos hy met baie skole gedoen het, om studente vir die G.U.K. te werf. So gee eersgenoemde sy eerste indrukke weer van Malherbe as persoon: ‘Toe hy begin praat oor ‘Die Jeug van ons Volk’, was sy stem soos die wind deur 'n koringland, eers sag, en dan styg dit geleidelik, hoër en hoër en voller. En daar was stilte in die saal. Die staalgrys oë het gevonk. So mooi het die Afrikaanse taal nog nooit in my ore geklink nie. Deur die jare heen kon ek my altyd verluister na die wyse waarop hy die Afrikaanse taal gebruik het: met digterlike woorde het hy die oor gestreel. Sy gelyke as redenaar het ek nie geken nie, veral as hy die jeug toegespreek het om die vaandeldraers van hul volk te wees.’ (1)

Jaar ná jaar nadat hy afgetree het, is sy verjaardae met groot luister deur sy familie en sy studente gevier. Huis Malherbe, die koshuis wat na hom vernoem is, het hom altyd op gepaste wyse vereer. Hier is ook 'n borsbeeld deur die beeldhoudster Daniella Geldenhuys, van hom onthul op sy 82ste verjaarsdag. 'Bars en venynig, koppig en eiesinnig' Só kon prof. Malherbe wel soms gelyk het vir mense wat hom slegs van ver geken het. Maar vra maar sy oud-studente en vriende oor hom uit. Dan hoor jy van 'n man met 'n groot hart, 'n man wat hom nagte lank kon lê en bekommer dat hy iemand dalk kon verontreg het, 'n man wat jou in 'n oomblik kon afjak en dan 'n dag lank daarna kon bestee om te vergoed vir die optrede.(2)

Die Hertzogprys is drie keer aan hom toegeken en in 1968 het die afgetrede Staatspresident, mnr. C.R. Swart, die F.A.K. se erepenning vir volksdiens aan hom oorhandig, 'n hoë onderskeiding wat nog slegs ses ander persone te beurt geval het.

Malherbe was drie maal getroud. Sy eerste vrou was Mynie Mostert wat hom baie jare bygestaan het; die tweede Louisa Blignaut wat eers getroud was met Willie Mostert, 'n broer van die eerste vrou. Die tweede huwelikslewe het weinig meer as 'n jaar geduur, toe hierdie vrou hom ook deur die dood ontval is. Die derde keer is hy getroud met die weduwee Lubbe, wat hom oorleef het.

Prof. Malherbe is op 12 april 1969 op die rype leeftyd van 87 jaar in Bloemfontein aan 'n koronêre trombose oorlede en onder groot eerbewyse daar te ruste gelê. Sy groot verdienste lê in sy letterkundige arbeid en hy word beskou as een van die vernaamste Afrikaanse prosaskrywers. Al sy manuskripte is in sy netjiese handskrif geskryf.

Vanaf sy reedsgenoemde propagandistiese lesing oor Afrikaans in 1906 het Malherbe 'n gedugte kampvegter vir sy taal geword en moes hy sy ou leermeester W.J. Viljoen, wat nog Nederlandsgesind was, beveg. In 1917 het sy Afrikaanse taalboek verskyn, om taalkundige leiding in Afrikaans aan studente en onderwysers te gee. Op letterkundige gebied het hy hulp by die onderwys verstrek met sy bloemlesings: Afrikaanse letterkunde (1922), Afrikaanse verse I (1935) en Afrikaanse verse II (1938), terwyl sy Afrikaanse spreekwoorde en verwante vorme (1925; die Voorwoord is van desember 1924) lank 'n gesaghebbende taalkundige werk sal bly.

Malherbe was jarelank lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns en het as lid van hierdie liggaam se Taalkommissie die Afrikaanse spelreëls help opstel. Hy het as redakteur van die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns (1922-1939) opgetree en die Bybelvertalers en die Kommissie vir die Beryming van die Gesange van raad bedien, asook aan laasgenoemde deur eie Gesangberyming (sien Brood op die weg) regstreekse hulp verleen. Vir die Tydskrif, asook vir Die Brandwag, Die Nuwe Brandwag, Die Huisgenoot en verskillende dagblaaie, het hy waardevolle en in-siggewende boekbesprekings en ander taal- en letterkundige artikels gelewer. Met studente het hy toneelreise onderneem en by Afrikaanse volksfeeste en kultuurdae het hy gereeld as feesredenaar opgetree. Ter waardering van sy aktiewe propaganda vir die Afrikaanse taal, letterkunde en kultuur, asook om sy kunstenaarskap en wetenskaplike prestasies, het verskeie buitelandse genootskappe van geleerdes hom hulle lidmaatskap aangebied, terwyl die Universiteit van Suid-Afrika aan hom 'n eredoktersgraad toegeken het. Malherbe se mees geslaagde propaganda vir sy taal en kultuur lê egter in sy kunswerke self opgestuit.

Literêr het D.F. Malherbe op die drie gebiede van die poësie, die romankuns en die drama gepresteer. Hier kan slegs enkele van sy werke aangedui word.

Digwerke: Nie alles wat Malherbe gedig het kan as hoogstaande poësie beskou word nie, maar in sommige werke, veral in spesifieke gedigte het hy besondere hoogtepunte bereik. Liriek: Die verskyning van eerste digbundels deur Celliers en Totius het vir Malherbe tot spoorslag gedien om hom te voorskyn te laat kom met sy bundel, Karroo blommetjies. Soos die titel aandui, was dit hoofsaaklik natuurverse, met te veel bespieëling en redenering en te min uitbeelding van dinamiese natuurverskynsels. Dit moet in 'n groot mate beskou word as jeugwerk en digproewe. Klokgrassies (1914), 'n tweede bundel, openbaar nog dieselfde kenmerke met die uitsondering van twee treffende gedigte. In ‘Die See is vol van eeuwigheid’, met rymende jambiese versreëls, word die musikale maatgang van die golwedeining van die see meesterlik vertolk. ‘Slaap’, 'n wiegelied in die oktaaf en 'n gebed in die sekstet, bly nie alleen sy mooiste sonnet nie, maar sy beste enkele gedig. Die tere uitbeelding groei tot simboliek. Die kindjie wat slaapbevange in die veiligheid van haar vader se arms rus in die oktaaf en die, in die sekstet, die digter se bede dat die doodslaap vir hom ook so rustig en veilig moet wees:

Sluit so my oë, God, wanneer vir my

U Engel wenk tot laatse, lange rus

en ek van wilde woeling hier moet skei;

dat my dan stille drome huis toe sus,

en Sterke Hand deur duisternisse lei.

Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

In rivier en veld (1922) kom verskeie proefnemings in verskillende versmate en verssoorte voor en hier word tekens aangetref van die temas wat later in sy romans en dramas tot rypheid kom: Bybelse insidente, plaaslewe, gehegtheid aan die grond, onstuimige natuurkragte en liefde vir die arbeid. Somerdae (1928) dra 'n ondergrond van weemoed maar is veral vol van arbeids- en lewensvreugde, vol vreugde ook oor die arbeid van die digterskap:

Dis glansies in die land van my arbeid,

dis glimpies wat af en toe kom,

plesiertjies soos kindergesiggies

wat lag en nie weet waarom -

verliefdheidjies skielik gebore,

wat skuiwe oor my eensame pad,

skimme en drome van gister,

in vandag se gedaante vervat.

In hierdie bundel kom 'n drietal ballades voor, met huiweringwekkende inhoud, suggestiwiteit en dramatiese spanning, nl. ‘Antjie Somers’, ‘Jakob Ontong’ en ‘Die Wolfhuis’. Hulle hoort tot die beste ballades in die Afrikaanse letterkunde.

Brood op die weg het in die oorlogsjaar (1939) verskyn en toon 'n versombering van stemming en 'n elegiese en satiriese inhoud. Hier openbaar hy deernis met die lyding van sy volk, maar hy kla oor verdeeldheid en verafsku die ontrou wat onder sy mense voorkom. Hier sien hy sy digterstaak anders:

Digterswerk is pêrels rye

uit 'n see van vroom gedagte,

wat oorval van medelye

ruis deur diep, diep middernagte.

Epiek: Vir vryheid (1916) behandel 'n aantal episodes uit die Groot Trek wat deur 'n liefdesgeskiedenis onderling verbind word, maar dit bereik nie groot hoogtes nie. In ‘Die timmerman’ kom die verheerliking van die arbeid sterk na vore en hierdie bundel toon 'n styging in die digter se kuns. ‘Die skaduwee van 'n vrou’ toon weer 'n daling.

Van al sy letterkundige werk was Malherbe (3) met sy digwerk die minste tevrede en hierin toon hy gesonde selfkritiek. Sy beoefening van die digkuns was egter 'n uitstekende vooroefening, afgesien van werklik geslaagde verse, vir sy latere prosa waarin hy groot hoogtepunte bereik het.

Romankuns: Vergeet nie (1913) is Malherbe se eerste roman. Die verhaal speel hom af gedurende die Engelse Oorlog (1899-1902) en ontleen sy stof aan die opstand van Kaapse burgers wat hulle lot inwerp met dié van hulle strydende broers in die noorde. Ten spyte van opsetlike didaktiek en oordrewe romantiek, bly dit baanbrekerswerk met 'n groot vernuwing in taal en styl. In hierdie beeldende ritmiese prosa straal die skrywer se gloeiende volksgevoel en vaderlandsliefde uit.

Die meulenaar (1926) kan beskou word as die eerste werklike plaasroman in Afrikaans. Dit is 'n herinneringsbeeld van sy kinderjare op 'n tipiese Bolandse wynplaas. Dit gee 'n kleurryke intieme beskrywing van die wingerde, suikerbosblomme, die meul en die plaasvolk soos hy dit geken het. Hier kom sy liries-idealistiese stylaard tot skone uitdrukking. Die leser word meegesleur met Faans, die meulenaar in sy liefdestyd, arbeidsdrang en verbondenheid met die meul en die paalwoning.

Hans-die-Skipper (1929) toon 'n hegter samestelling en is seker Malherbe se beste roman. Die hoofhandeling ontwikkel uit 'n botsing tussen vader en seun; die ou visser Hans wat met hart en siel aan die see verknog is en sy seun Johan wat die visserslewe verafsku en 'n ander rigting wil inslaan, en sodoende sy vader se lewensdroom vernietig. Die roman is werklik 'n himne aan die arbeid; lewensgeluk kan alleen gevind word in toegewyde arbeid in 'n lewenstaak. Ten spyte van die romantiese atmosfeer, word die hoofkarakter as 'n lewende mens uitgebeeld.

Loutervure (1931). Hier is die grondgedagte dat volk en godstiens 'n eenheid moet vorm en dat die Boerevolk in Suid-Afrika 'n Godgegewe roeping het om te vervul, maar die tendens is te oorheersend en die uitbeelding nie oortuigend nie.

In die Bybelromans behandel Malherbe gedeeltes uit die geskiedenis van Israel om as spieël te dien vir die Afrikanervolk: Hart van Moab (1933) die eer, wilskrag en doelgerigtheid van 'n volk; Saul die worstelheld (1935) stryd teen afvalligheid, ambisie en aanbidding van die vreemde; Die profeet (1947) stryd teen morele insinking en politieke bedrieëry.

In die Trekkertriologie, nl. Die bergstroom ruis (1940), Vlam van die suurveld (1943) en En die wawiele rol (1945), keer Malherbe terug tot sy eie vaderlandse geskiedenis in die tyd van verowering, uitbreiding en opbou. August Fenting word voorgestel as die pionier wat met sy wa en osse die onbekende binnetrek, om trots die gevare wat hom omring, 'n gebied vir sy afhanklikes bewoonbaar te maak. Hy werk met lus en liefde om die grond te behou vir die blankes. Die witmansgedagte word verpersoonlik in 'n afstammeling van die Fentings, nl. Rooi Willem van der Merwe wat die hele Suurveld inspireer om deel te neem aan die stryd teen die nieblankes. Hy wil die grensgebied langs die Visrivier vir die witman bewoonbaar maak. In die laaste werk word die begin van die Groot Trek geskilder. Groot Gert verlaat die familieplaas en trek oor die Grootrivier om hom as Voortrekker in die land van die Griekwas te vestig. Alleen handhaaf hy hier die witmansgesag en sluit dan later by die Groot Trek aan. Hierdie werke bevat 'n voortsetting van Malherbe se arbeidsepiek.

Romans wat gevolg het, soos Spore van Vlieland (1947) en Die skeur van Vaalspruit (1952) openbaar 'n daling in sy kuns. Malherbe word soms gekritiseer oor sy gebrek aan werklikheidsbeelding, want hy was hoofsaaklik romantikus.

Drama: Met sy dramakuns het Malherbe nie besonder groot hoogtes bereik nie, deur te veel oppervlakkige romantiek, wanaangepaste taal en onoortuigende sielkundige uitbeelding. Baie van hierdie werke het hy geskryf om in die behoefte wat daar aan opvoerbare stukke bestaan het, te voorsien. Sy dramatiese werk bestaan uit vertalings, verwerkings van 'n paar van sy romans, en oorspronklike werke. Uit die Frans van Augier en Jules Sandeau het hy die sosiaal-realistiese blyspel Die skoonseun van meneer Poirier (1919) vertaal. Dan volg drie oorspronklike dramas, Koringboere (1921), Die mense van Groenkloof (1925) en Op die trekpad (1931). As agtergrond behandel hy die plaas- en volkslewe, maar bring dit, wat die verhaal betref, nie verder as gewone intrige-skeppinge nie. Sielkundige indringing in die karakterlewens ontbreek. Die neiging tot romantiek oorheers in so 'n mate dat hy nie tot objektiewe vergestalting in staat is nie. Meester (1917) is beter geslaag omdat hy hier 'n suiwerder beeld gee van menseverhoudings onderling. Werklik dramaties uitgebeeld is die konflik in die siel van Meester, die Hollandse swerwer, wanneer hy moet besluit of hy die jong liefde, hom aangebied, durf aanvaar of nie. Die verloop van die handeling is egter te onverwikkeld om tot iets groots uit te groei. Al die karakters is egter so simpatiek uitgebeeld dat hulle ook die meegevoel van die toeskouer verdien, en daarom word dit as die dramaturg se beste drama gereken.

Die seeman (1933) en Die meul dreun (1943) is verwerkings van sy bekende arbeidsromans, Hans-die-Skipper en Die meulenaar. Bybelse motiewe word behandel in Amrach, die tollenaar (1935), Moeder en seun (1945) en Abimelech (1948). Hulle sluit aan by sy Bybelromans waarin die probleem van volkswording behandel word. Die karakterweergawe is egter onoortuigend en die dramatiese word verdring deur die romanties-liriese stylaard. 'n Aantal eenbedrywe is versamel in die bundel, Die uur van die rooi maan en ander eenbedrywe (1950). Die beste uit die bundel, is Macherus en Krom stompe, wat die stryd uitbeeld van die mens geslinger tussen liggaamlike begeerte en geestelike selfverloëning. Hulle het 'n boom afgekap (1953), 'n drama in vier bedrywe, behandel weer die probleem van die Afrikaner se worsteling. Wilhelm Tell (Schiller; 1944) en die Koopman van Venesië (Shakespeare; 1949) is geslaagde vertalings. Sy jongere werk Sisera (1958) is weer eens 'n Bybelse drama in vyf bedrywe. Hy behandel die stryd tussen die Filistyne en die Israeliete om die grondgebied by Safed. Onregstreeks word dit ook 'n stryd tussen die heidense God Baäl en die God van Israel soos verteenwoordig deur Barak. Net soos in die Bybelse romans benadruk hy weer die eenheid van godsdiens en volk en hou dit voor as spieëlbeeld vir sy eie nasie. Dit gaan egter mank aan meeste van die gebreke wat al sy latere dramas aankleef.

‘Malherbe was een van ons vrugbaarste en veelsydigste woordkunstenaars - veelsydig in die verskeidenheid letterkundige vorme wat hy beoefen het, maar eensydig in die gebrek aan verskeidenheid van uiting en lewensuitbeelding binne daardie vorme. In sy romankuns het hy die hoogste bereik, terwyl sy dramaturgie verdiensteliker as sy digkuns is. Hy is in sy wese simbolies-liriese ekspressionis en moet in laaste instansie van homself sing, van wat hy tot sy eie gemaak het en van wat so met hom vergroei het dat daar tussen die subjektiewe en objektiewe nie meer skerp te skei is nie. Maar hy is 'n grootse profetefiguur wat in magistrale prosasange van sy eie innerlike lewe getuig het en hom in sy beste werke na sy eie liriese stylaard uitgeleef het en die Afrikaanse prosa met 'n skat van woorde en beelde verryk het, hoewel hy vanweë die wese van sy stylaard nie altyd aan die gevaar van retoriek ontkom het nie.’

A.T. RAUBENHEIMER

(1) Die Volksblad, 17 Apr. 1969.

(2) Die Beeld, 20 Apr. 1969.

(3) S.P.E. Boshoff, Daniël François Malherbe in Perspektief en profiel (ed. P.J. Nienaber).

Bron : Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde te Leiden 1970-1971

--------------

Malherbe, Daniël Francois

  • Born: 28 May 1881, Dal Josafat, Cape Colony
  • Died: 12 April 1969, Bloemfontein, Free State

In summary: Novelist, poet, dramatist and scholar who helped establish Afrikaans as a cultural language in South Africa


He was born on 28 May 1881 in Dal Josafat in the Cape Colony, to P. J. Malherbe, a founder of the Genootskap vir Regte Afrikaners (Society for Real Afrikaners).

Malherbe attended the Gedenkschool der Hugenoten in the Dal, or Valley, and the Boy’s High School in Wellington. After completing school he studied at Victoria College in Stellenbosch and became a teacher in Montagu for two and a half years. He returned to Stellenbosch to further his studies and soon left for the Universities of Halle and Freiburg in Germany where he completed a doctorate.

On his return to South Africa Malherbe resumed teaching and played an important role in establishing Afrikaans as a recognised written language. On 12 October 1906 he delivered a keynote address at the Huguenot Seminary in Wellington titled “Is Afrikaans a dialect?” He presented philological proof that Afrikaans was not a dialect, but a separate language and should be used as a written language.

Malherbe also helped to found the Afrikaanse Taalvereniging (Afrikaans Language Society) and became its first chairman in 1907. Dedicated to the language, he traveled to many towns in the Cape Colony, establishing branches of the society, but remaining a teacher. From 1907 to 1909 he served as the principal of the school at Carnarvon and was hired as lecturer at the University of Stellenbosch under Professor W. J. Viljoen. Malherbe was an excellent student and became a Professor of Modern Languages at Grey University College in Bloemfontein in 1910. Here he advised the Afrikaanse Studente-Taalvereniging (Afrikaans Students Language Society) and assisted the drafting of the 1914 government ordinance in which the Provincial Council agreed to allow children in Orange Free State schools to be taught in Afrikaans.

In 1918 Malherbe became the first Professor of Afrikaans at Grey University College, now the University of the Free State, where he continued to inspire students and also assisted translators in translating the Bible from Dutch to Afrikaans. When the Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (South African Academy for Science and Art) came into being, he served on its language commission as well as founded and edited its official journal, Tydskrif vir Wetenskap en Kuns (Magazine for Science and Art). His contribution to philology was also notable through his articles in this magazine, his 1917 Afrikaanse Taalboek (Afrikaans Language Book) and a standard work on idioms ad proverbs called Afrikaanse spreekwoorde en verwante vorme (Afrikaans proverbs and related forms).

From 1929 to 1934, and in 1941, he was Rector of Grey University College and was awarded the Hertzog Prize for Prose several times, as well as the Stals Prize for Philology in 1959. As further reward for his many accomplishments the Universities of Stellenbosch, the Witwatersrand and the Orange Free State gave him honorary doctorates in Literature, while in 1968 the Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (Federation of Afrikaans Cultural Societies) awarded him a medal of honour.

Malherbe’s passion for and support of Afrikaans made him a charismatic and popular speaker at festivals and national events, but his most influential role in the promotion of the language was as poet, novelist and dramatist. He was a most productive and creative writer, with an enormous influence in elevating Afrikaans prose from the mundane to poetic and powerful beauty.

At his core he was a lyricist and romantic symbolist. He did not strive to portray his characters realistically in their immediate environment, but rather communicated his philosophy and ideals, which were largely rooted in his intense sympathy for the Afrikaner nation in their battle for nationhood. He drew from his own youth, Biblical and national history and tended to represent reality only vaguely in order to blend it with his ideal. Through this technique he created an idealised world where he developed his own views on life and faith-based prophesies of nationalistic self-actualisation. His characters are heroic, dedicated to hard work, vigorous and presented, along with his elevated concepts, in richly metaphorical, lyrical and rhythmic sentences.

Malherbe was an Afrikaans literature pioneer, and his Vergeet niet (Do not forget), published in 1913, is recognised as the first artistic Afrikaans novel. The story was a historical romance set in the time of the Second Anglo-Boer War. Although he adhered to the basic principles of the genre, he produced the first Afrikaans novel filled with strong rhythm, accent, personal inspiration, beauty and a transfer from the inner lives of the characters. This milestone as followed by a second novel in 1926, Die meulenaar (The miller), which followed a theme of love for, and attachment to, the land. This book brought greater depth to the Afrikaans novel and was set on a wine-farm in the Western Cape. It was vivid, again drawing from Malherbe’s own youth, with a compelling aspect of tragedy in the burden carried by Faans, the miller.

In 1928 another book, Hans-die-skipper (Hans the skipper) represented the romanticised life of a small community of fishermen in a coastal Western Cape village. The story centres on the inner life of old Hans, who loves the fishing in the ocean and treasures his son, Johan. Hans’ friendship with the town’s schoolmaster is turned into a poetic tribute to hard work. 1931 saw the publication on Loutervure (Torture fires), where Malherbe’s idealised style was not cohesive, with the direct rendering of the Afrikaner nation’s struggle during the 1930’s. In his next effort, a neo-romantic Biblical trilogy written from 1933 to 1945, this approach was more successful as the book echoes the heartbreak of a national struggle against outside control. The volumes were called Die hart van Moab (The heart of Moab), Saul die worstelheld (Saul the struggle hero) and Die Profeet (The Prophet), and covered themes like the failure of nationalistic revolt through disloyalty, a leader’s failure in his duty as a result of foreign corruption, and the complete disorder caused by a leaderless nation’s damaging alliance with outside elements, as opposed to adhering to, and preserving, their own divine destiny.

At the end of the first trilogy there is a return to faith, which is succeeded by another trilogy about pioneer life that praises the efforts of a young nation striving for self-realisation. Die bergstroom ruis (The mountain stream rumbles), Vlam van die Suurveld (Flame of the Sour-grass plain) and En die wawiele rol (And the wagon wheels roll) celebrate the birth of a nation, awaken awareness of independent cultural existence as a result of conflict with Black people, and the merger of separate cultural lives. In 1948 Malherbe wrote Spore van Vleiland (Tracks of the Marshland), which marked the beginning of his creative decline visible in later novels.

Malherbe remained a romantic symbolist in his poetry with his penchant for pure lyricism. Initially he used nature as his muse, and produced Karoo blommetjies (Karoo flowers) in 1909, and Klokgrassies (Bell grasses) in 1914. Another edition of the second volume was published in later years and contains his best lyrical effort, a sonnet called Slaap (Sleep), demonstrating his talent for lengthy narrative poems.

In Vir Vryheid (For Freedom), published in 1919, he denotes ideal freedom by referring to the Great Trek, but his most successful poem is Die timmerman (The handyman), written in 1921. He was a prolific poet and published another collection of poems called Rivier en Veld (River and plain) in 1922, with Somerdae (Summer days) in 1928. The latter was his most mature selection and included possibly one of the best Afrikaans ballads: Jakob Ontong. Further volumes like Brood op die weg (Bread on the way) in 1939 and Kruis en kraai (Crucifix and crow) in 1957 clearly present the poet’s growing faith in and sympathy for his people. Malherbe also did much translation of hymns from Dutch to Afrikaans.

Spontaneous expression of intense emotion produced his best natural, image-rich verse, but when not emotionally stimulated he turned his skills to communicating philosophical truths, often becoming stilted, over-intellectualised and devoid of imagination.

Malherbe was at the forefront of Afrikaans drama and published 19 plays between 1921 and 1959. Afrikaans speaking South Africans, especially students, had long had a need for plays in their own language, and for this purpose he produced Koringboere (Wheat farmers) in 1921, Die mense van Groenkloof (The people of Groenkloof) in 1925 and Meester (Master) in 1927.

Some of his novels were also dramatised. Hans-die-skipper was performed as Die seeman (The seaman) in 1933 and Die meulenaar became Die meul dreun (The mill rumbles) in 1943. One-act plays like Die uur van die rooi maan (The hour of the red moon) from 1950 also originated in his novels.

The biblical themes visible in his novels were also carried through to his dramatic works like Moeder en seun (Mother and son) in 1945, Abimelech in 1948, Fariseër (Pharisee) in 1956 and Sisera in 1958. These plays do not contain strong dramatic action, development or forceful portrayal of characters and are better read, than performed. He also translated works like Shakespeare’s Merchant of Venice and Schiller’s Wilhelm Tell into suitable productions.

Malherbe died on 12 April 1969 in Bloemfontein in the Free State.

References

  • Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human en Rousseau.
  • Potgieter, D. J. (ed)(1970). Standard Encyclopaedia of Southern Africa Vol 7, Cape Town: Nasou.
  • Joyce, P. (1999). A Concise Dictionary of South African Biography, Cape Town: Francolin.
  • http://www.britannica.com/eb/article?eu=51549

http://www.sahistory.org.za/people/daniampeumll-francois-malherbe

view all

Daniël François Malherbe's Timeline

1881
May 28, 1881
Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1960
June 23, 1960
Age 79
Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1969
April 12, 1969
Age 87
Bloemfontein, Motheo, Free State, South Africa
????