David du Buisson, SV/PROG Citation_note (b. - c.1722) Icn_world

‹ Back to du Buisson surname

View David du Buisson, SV/PROG's complete profile:

  • See if you are related to David du Buisson, SV/PROG
  • Request to view David du Buisson, SV/PROG's family tree

Share

Birthdate:
Birthplace: La Rochelle, Poitou-Charentes, Charente-Maritime, France
Death: Died in Franschoek, Western Cape, South Africa
Managed by: Judith Susanna Hendrika 5 Marais b2c1d6e5f2g7h7i12j2
Last Updated:

About David du Buisson, SV/PROG

Sy naam beteken: iemand wat afkomstig is van 'n plek met baie struikgewas of Kreupelhout (Cor Pama). Hy was 'n Franse Hugenoot blykbaar van Rochelle. Hy was die skoolmeester/onderwyser van Pierre Joubert se kinders (deVP). In Die Hugenote van SA bl 96 word gemeld dat David in die jare 1705 tot 1707, saam mt Nicolaas Labat, volgens die monsterrolle die tromslaners van die Drakensteinse Infanterie was. Ook volgens die Hugenote in SA (Bl 106) word die skoolmeester op Pierre Joubert se plaas, ene David du Buisson, beskryf as 'een jongling van een los ongebonden leven...'. Die selfde redes is gegee deur Ds Henricus Beck in 'n brief aan die Klassis van Amsterdam waarom die kerkraad van Drakenstein geweier om David du Buisson te aanvaar as 'n lidmaat (GC de Wet Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse nedersetting 1657- 1707 bl 141) David du BUISSON het getrou op 14 Augustus 1707 met Claudine LOMBARD , die oudste dogter van die Franse vlugteling Pierre Lombard (deVP).

Hulle het vyf kinders gehad.

In 1716 woon hulle in Hottentots-Holland. Ook in 1716 word die plaas Vlootjesbaai, waar die huidige sentrale sakegebied van die Strand tans is, aan hom toegeken.

Volgens navorsing deur Alet Malan van die Hugenote museum het sy vrou in 1722 by die Oos Indiese Kompanjie aansoek gedoen om aan haar die plaas waarop sy gewoon het, te skenk, aangesien sy en haar vier weeskinders sonder enige sorg agtergelaat is. Die kind wat oorlede is, was waarskynlik Maria, want nadat Claudine op 15 Aug 1728 hertrou met Gerrit VAN HOETING, doop hulle weer 'n Maria in 1732 (DeVP).

In Mei 1717 is David, sy vrou en kinders deur vlugteling-slawe oorval, en was hy gelukkig om met sewe of agt steekwonde, aan die dood te ontkom (bl 127, The Huguenots in SA deur Manfred Nathan, K C, LLD 1939). David sterf ongeveer 1722 en is oorlede en begrawe te La Terra de Luc, Olifantshoek, vandag die huidige Franschhoek (Alet Malan, Hugenote museum).

Bron : http://wc.rootsweb.ancestry.com/cgi-bin/igm.cgi?op=GET&db=erikkriel&id=I21589#s2

view all

David du Buisson, SV/PROG's Timeline

1707
August 14, 1707
1708
1708
Suid Afrika, Kaap
1709
September 22, 1709
Hottentots Holland, Suid Afrika, Kaap
1714
1714
1718
1718
1722
1722
Franschoek, Western Cape, South Africa
????
La Rochelle, Poitou-Charentes, Charente-Maritime, France
????
????
Franschoek, Western Cape, South Africa