David du Buisson, SV/PROG (b. - c.1722)

‹ Back to du Buisson surname

Is your surname du Buisson?

Research the du Buisson family

David du Buisson, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Birthplace: La Rochelle, Poitou-Charentes, Charente-Maritime, France
Death: Died in Franschoek, Western Cape, South Africa
Managed by: Judith Susanna Hendrika Marais, i12j2
Last Updated:

About David du Buisson, SV/PROG

Sy naam beteken: iemand wat afkomstig is van 'n plek met baie struikgewas of Kreupelhout (Cor Pama). Hy was 'n Franse Hugenoot blykbaar van Rochelle. Hy was die skoolmeester/onderwyser van Pierre Joubert se kinders (deVP). In Die Hugenote van SA bl 96 word gemeld dat David in die jare 1705 tot 1707, saam mt Nicolaas Labat, volgens die monsterrolle die tromslaners van die Drakensteinse Infanterie was. Ook volgens die Hugenote in SA (Bl 106) word die skoolmeester op Pierre Joubert se plaas, ene David du Buisson, beskryf as 'een jongling van een los ongebonden leven...'. Die selfde redes is gegee deur Ds Henricus Beck in 'n brief aan die Klassis van Amsterdam waarom die kerkraad van Drakenstein geweier om David du Buisson te aanvaar as 'n lidmaat (GC de Wet Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse nedersetting 1657- 1707 bl 141) David du BUISSON het getrou op 14 Augustus 1707 met Claudine LOMBARD , die oudste dogter van die Franse vlugteling Pierre Lombard (deVP).

Hulle het vyf kinders gehad.

In 1716 woon hulle in Hottentots-Holland. Ook in 1716 word die plaas Vlootjesbaai, waar die huidige sentrale sakegebied van die Strand tans is, aan hom toegeken.

Volgens navorsing deur Alet Malan van die Hugenote museum het sy vrou in 1722 by die Oos Indiese Kompanjie aansoek gedoen om aan haar die plaas waarop sy gewoon het, te skenk, aangesien sy en haar vier weeskinders sonder enige sorg agtergelaat is. Die kind wat oorlede is, was waarskynlik Maria, want nadat Claudine op 15 Aug 1728 hertrou met Gerrit VAN HOETING, doop hulle weer 'n Maria in 1732 (DeVP).

In Mei 1717 is David, sy vrou en kinders deur vlugteling-slawe oorval, en was hy gelukkig om met sewe of agt steekwonde, aan die dood te ontkom (bl 127, The Huguenots in SA deur Manfred Nathan, K C, LLD 1939). David sterf ongeveer 1722 en is oorlede en begrawe te La Terra de Luc, Olifantshoek, vandag die huidige Franschhoek (Alet Malan, Hugenote museum).

Bron : http://wc.rootsweb.ancestry.com/cgi-bin/igm.cgi?op=GET&db=erikkriel&id=I21589#s2

David du BUISSON Uittreksel uit die boek: "Driehonderd jaar later - die nageslag van David du Buisson in Suid-Afrika" deur Alta Roux David du Buisson X Claudine Lombard Streng gesproke, was David du Buisson nie 'n Hugenoot nie. Sy datum van aankoms kon nie vasgestel word nie - sy naam verskyn nie op die monsterrolle van 1692, 1695, 1696, 1697 of 1700 nie, maar vir die eerste keer op die monsterrol van 1703, toe hy as inwoner van die distrik Drakenstein aangeteken word. Hy was dus nie een van die eerste vlugtelinge van 1688 of 1689 nie, maar het waarskynlik in 1702 of 1703 hier aangekom. Hy kom in Suid-Afrika aan vanaf La Rochelle, op 'n onbekende skip. (KAB VC 49, bl 47 en 51)( In 1704 word hy opgeteken in Drakenstein, in 1707 word hy en Claudine Lombard op bl 135 aangeteken en in 1708 op bl 153 - steeds in Drakenstein.) Die van beteken 'Iemand wat afkomstig is van 'n plek met baie struikgewas of kreupelhout'. (C Pama)In die lig van latere gebeure, is dit te betwyfel of hy 'n vlugteling vir sy geloof was - moontlik 'n avontuurlustige jongman? Dit is ook duidelik dat hy baie goed geletterd was - sy handtekening, wanneer dit vergelyk word met die van sy mede-Franse, is opvallend sierlik, groot, netjies en vol selfvertroue. Om te skryf, was nie vir hom vreemd nie. Hy teken D D Buisson, en laat die 'u' uit, waarskynlik om sy handtekening 'mooier' te maak. (C G Botha, Die Kaapse Hugenote, ingevoeg by bl 68.) Vanaf 1705 tot 1707 was hy volgens die monsterrolle een van die tromslaners van die Drakensteinse Infanterie, saam met Nicolaas Labat. (Op bl 96 van Pieter Coertzen se Hugenote van Suid-Afrika word vertel van die geleentheid op 18 September 1706 toe 'n 'sterke Troup manschap' voor die huis van Hans Conterman in Stellenbosch saamgetrek het. Onder 'een trommel marsch en alarm slaan' het hulle aangekom en toe die landdros Jan Starrenburg versoek dat die tromslae moet ophou, was die Franse tromslaner se antwoord 'dat hij niet duits verstond.' - moontlik was dit David wat so astrant was?) Hy was vanaf 1703 tot 1713 'n inwoner van die distrik Drakenstein - vermoedelik was hy in die tyd of huismeester vir die kinders van Pierre Joubert, of hy het geboer - of op 'n leningsplaas, of vir iemand anders - hierdie is bespiegeling uit die Hugenote Stamboekreeks no 21. Daar word aangeteken dat hy In 1707 skoolmeester was (oftewel huismeester) van die kinders van Pierre Joubert, op die plaas La Provence, te Franschhoek. Onderwysers is destyds baie swak betaal - volgens "Pierre Jaubert en sy gesin, Hugenote Gedenkmuseum", bl 40: Die beloning wat huismeesters vir hul dienste ontvang het, en die voorwaardes waaronder hulle in diens geneem is, verskil nie veel van die van ander knegte nie. Hulle vergoeding het bestaan uit 8-14 gulden per maand, een tot twee pond tabak, voedsel, drank, goeie huisvesting en soms klere aan die einde van die jaar. Sommige huismeesters het hulle dienste gratis aangebied en slegs voedsel, drank en huisvesting van hulle werkgewers verlang. (Einde van aanhaling.) Blykbaar was David 'n lojale werknemer: Uit Pieter Coertzen se Huguenots of SA blyk dit dat David en Pierre Joubert 'n petisie teen Ds Hendricus Beck opgetrek het, omdat hy geweier het om die normale huweliksformulier te lees by die huwelik van Elizabeth (*1692), dogter van Isabeau Richard en Pierre Joubert, en Guilliaume Loret. Daar is beweer dat Loret en Isabeau Richard 'n onbetaamlike verhouding gehad het voor sy huwelik met haar vyftienjarige dogter op 23 Januarie 1707 (bl 106). Hier word David beskryf as 'n jongman wat 'n losse en ongebonde lewe lei. Dit is ook die rede wat die kerkraad van Drakenstein aanvoer wanneer hulle telkens weier om hom toe te laat om nagmaal te gebruik. (Ds Henricus Beck in 'n brief aan die Klassis van Amsterdam - G C de Wet: Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting 1657-1707 bl 141) Teen die einde van 1706 stel Adam Tas sy beroemde petisie teen Goewerneur W A van der Stel op. Interessant genoeg, verskyn David du Buisson se naam nie op die petisie nie. Hy teken ook nie die daaropvolgende getuigskrif vir van der Stel nie. Mens sou nogal verwag dat David du Buisson die petisie van Adam Tas sou onderteken, want David was goed bevriend met sommige van die voorbokke: toe David in 1708 sy oudste seun, Ferdinandus, doop, is een doopgetuie Ferdinand Appel, wat een van die ondertekenaars was. Die ander doopgetuie was Elizabeth van Brakel, eggenote van Adam Tas. Toe hy sy tweede seun, Jan, doop, is die doopgetuies Jan Elberts, wat ook oor sy aandeel in die petisie voor die Raad van Justisie moes verskyn (en geweier het) en Sophia Appel. Tas is daarop gevange geneem en in die tronk gegooi. Alhoewel David du Buisson nie die petisie teen W A van der Stel geteken het nie, wys hy nou waar sy lojaliteit le, en op die oggend van 16 Maart 1707 oorhandig Etienne Nel, David du Buisson en Gilles Sollier, 'n smeekskrif aan die fiskaal Blessius: "Tas en Louw sit nog altyd gevange op die Kasteel; Guillaume du Toit het hulle ook soontoe gevat. Kort daarop kom Jan Rotterdam met die Retoervloot uit Batavia terug. Aangemoedig deur die gunstige berigte wat hy saambring, rig 45 burgers (38 was Franse) 'n versoek aan fiskaal Blessius om 'amptshalwe, en uit krachte van zijnen lastbrief den landrost, of wie hy ook zoude mogen wezen, te keer te gaan; hem te gelasten, dat hy alle verdere doorzoeking zou hebben staken, de gevangene medeburgers aanstonds te slaken, de zaken in statu quo te laten berusten, en hen smekelingen en hunne medeburgers te vergunnen, dat ze gerust en onbekommert tot hunnent mochten woonen, en hunne zaken zo binnen als buiten s'huis waarnemen, ten tijde en wijle toe, dat hunne Heeren en Meesteren in alles zouden voorsien hebben." (Aanhaling uit J L M Franken se boek "Die Hugenote aan die Kaap" bl 71, 72 en 73, Staatsdrukker, Pretoria 1978. Franken se bron is Abraham Bogaert (1662-1727) se "Historische reizen door d'oostersche deelen van Asia" (Amsterdam, ten Hoorn 1711. Hy was die skeepsdokter aan wie die burgers hul 1706 petisie toevertrou het om in Nederland te oorhandig. In Augustus 1707 trou hy met Claudine Lombard en tot in 1713 woon hulle in Drakenstein. Dit is onseker wat David tussen 1708 en 1713 gedoen het. (Sien ook bo.) In 1714 is die leningsplaas Vlooibaai (Vlootjesbaai, Vlooitjiesbaai) aan hom toegestaan, min of meer waar die Strand se sentrale sakegebied vandag is. (In die Strand is ook 'n Du Buissonstraat.). In 1716 sterf sy skoonpa, Pierre Lombard. Toe woon David in die Hottentots Holland, distrik Stellenbosch. Die landdros en heemrade van Stellenbosch en Drakenstein het op 8 Julie 1715 'n klag gele deur die landbouers Philip Morkel, Hans Conterman en Jacob Malan ondersoek. Hulle het gekla dat Johannes Wessels, David du Buisson en Dirk Coetzee se leningsplase in Hottentots Holland te na aan hulle plase gele het en dat hulle daardeur benadeel word. Hulle het beweer dat hulle hul plase teen hoe pryse aangekoop het met die verwagting dat hulle 'n goeie bestaan sou kon maak, maar hulle is benadeel deur die boere (soos du Buisson) wat die poste vir ses maande van die Kompanjie gehuur het. Hulle kon dit nie waag om die paar stuks vee wat hulle besit, snags te laat wei nie. Hulle het ook gekla dat David du Buisson en Dirk Coetzee se plase te na aan hulle gelee was. Die landdroste en heemrade het egter bevind dat hul klagtes ongegrond was. (KAB 1/STB 18/158 - inligting uit Hugenote Stamboekreeks no 21) Die lewe op die afgelee Vlooibaai verloop egter nie altyd rustig nie, en uit The Huguenots in S A deur Manfred Nathan K.C.LLD (bladsy 127) kom die volgende aanhaling: " In May 1717 a Huguenot farmer, David du Buisson was attacked in his house by fugitive slaves, and barely escaped with his wife and children, after receiving seven or eight severe wounds." Kos, ammunisie en vuurwapens is gesteel en die huis geplunder. (Dit word opgeteken in die Kompanjie se Joernaal, 9 Mei 1717) Ten tye van hierdie voorval word dit steeds aangeteken dat hy in die Hottentotsholland woon. Op 1 April 1718 sterf sy skoonma, Marie Couteau. David du Buisson het nie net met vee geboer nie, want op 5 Desember 1719 getuig die landbouer Cornelis Cortze op versoek van Jan Bronkhorst, dat hy 'n paar keer op die plaas van David du Buisson koring gesny en gebind het. Meer omtrent hierdie voorval verskyn op bl 102 in Ad Biewenga se boek De Kaap de Goede Hoop: een Nederlandse vestingingskolonie 1680-1730. "In 1719 hielp Jan Bronkhorst de boer David du Buisson 'coorn snijden en binden.' Volgens een getuige had Bronkhorst 'behoorlik zijnen arbeid aldaer waargenomen.' Du Buisson dacht er anders over. Voor het gerecht van Landdrost en Heemraden antwoordde hij op Bronkhorsts eis van 21 1/2 rijkdaalder voor 43 dagen arbeid dat Bronkhorst bijna niet gewerkt had en meest ziek lag, terwij; hij toch kost had gekregen. Landdrost en Heemraden waren niet van Du Buissons betoog onder de indruk en veroordeelden hem Bronkhorst een gulden per werkdag uit te betalen, bij elkaar 43 gulden." Cornelis Boshouwer het ook altesaam 43 dae vir du Buisson koring gesny, op 'n plaas wat ongelukkig nie genoem word nie. (KAB 1/STB 18/157 - inligting uit Hugenote Stamboekreeks no 21) Miskien het die aanval van twee jaar vantevore en die sand van Vlooibaai David se moed gebreek, want op 28 Mei 1719 verhuur hy Vlooibaai vir vyf jaar aan Jurgen Radyn. (Inligting van Jean le Roux, Drakensteinse Heemkring). Dit lyk nie of hy juis vooruit geboer het nie, want volgens die opgaafrolle het hy in 1719 'n vrou, drie seuns, (hul oudste seuntjie het klein gesterf), een dogter, 'n perd, 20 beeste, een snaphaan (vuurwapen) en een degen besit, en woon steeds in die distrik Stellenbosch. Kort hierna verhuis die gesin na Franschhoek. Kortlikste inligting oor David se sterfplek, La Terra de Luc, net noord van Franschhoek, soos verskaf deur die Hugenote Gedenkmuseum, uit dokumente uit die Kaapse Argiefbewaarplek: La Terra de Luc is op 18.10.1694 aan die Hugenoot, Matthieu Amiel toegeken. Hy was afkomstig van die dorpie Le Luc tussen Draguignon en Toulon in die destydse Franse provinsie Provence. Hy, sy vrou Suzanne Aubanelle en seun Francois Amiel het in Januarie 1689 aan die Kaap aangekom. Suzanne Aubanelle is kort na haar aankoms aan die Kaap oorlede en Matthieu Amiel is met Jeanne Mille, die weduwee van Andre Roi hertroud. Francois Amiel is ook voor sy vader oorlede en Matthieu Amiel het die plaas aan sy stiefseun, Jean Roi bemaak. Matthieu is in 1719 oorlede en Jean Roi is kort daarna, in 1720 oorlede. Na Jean Roi en Matthieu Amiel se dood het die 87-jarige weduwee Jeanne Mille besluit om 'n plaasbestuurder aan te stel om haar met die boerdery te help. 'n Kontrak is op 20.11.1720 opgestel tussen haar en David du Buisson. Dit het bepaal dat Du Buisson by Jeanne Mille op La Terra de Luc in "de franse hoek" sal woon en vir die volgende ses jaar toesig sal hou dat die boerdery behoorlik waargeneem word. Hy sou die gebruik van 3 slawe, 2 slavinne, 8 osse, 1 ossewa, 1 ploeg, 1 eg, 1 distilleerketel en 10 leggers vaatwerk, bygedra deur Jeanne Mille he. David sou een wa, 12 trekosse, een ploeg en een eg bydra. Die kontrak is op La Provence opgestel en Pierre Joubert het as getuie geteken. David du Buisson het nie die volle ses jaar vir Jeanne Mille gehelp nie, aangesien hy in 1722 oorlede is. Op 21.2.1724 het Jeanne Mille die plaas op haar seun Jean Roi se stiefseun, Pierre le Roux se naam laat registreer. Jeanne Mille is uiteindelik op 17 Maart 1731 op 98-jarige ouderdom oorlede. (Hugenote Stamboekreeks no 21) Die tydperk tussen 1719 en 1724 was dus 'n tussentydperk op La Terra de Luc, en volgens onbevestigde berigte was die plaas die plek vir onwettige ruilhandeltransaksies tussen Vryburgers en die Koina. (Inligting - Jean le Roux) Hier sterf David du Buisson brandarm. Volgens sy boedelinventaris gedateer 3 Desember 1722, wat op versoek van Claudine in die 'versterfhuys' opgestel is, laat hy na: 9 beesten, groot en klein, een ouw wagen, een ouw ploeg, een pot en een pan, 3 tinne comme, 6 leepels, 3 taafel borden, 1 emmer, 2 kisten, een ouw veeren bulsak, en 2 leggerswijn, wat arbeidsloon, verskuldig deur Jeanne Mille was, alles ter waarde van 152 Rijksdaalders. Jean Gardiol, Josia Joubert, Andre Huibeaux en Francois Louis Migault teken as getuies, te Franschhoek. Opvallend dat daar geen meubels genoem word nie. (Vergelyk die inventaris met die kontrak tussen hom en Jeanne Mille.) (KAB MOOC 8/4 ref 34) Na die dood van David gaan dit finansieel noustrop met Claudine: sy en haar kinders kan nie op Franschhoek aanbly nie en albei haar ouers is reeds oorlede. Leibrandt se Precis van Requesten bl 665 gedateer 1722 se: "His (David's) death has left this widow and her four children in sorrowful circumstances, and therefore she asks that the place (die leningsplaas Vlooibaai, groot 56 morge 132 roede) may be given to her in freehold. Annexed is a document, written and signed by Philip Morkel, stating that the ground adjoins his property, and that he has no objection to the widow getting it." (Verwysing: Lorna Newcombe). Agt jaar lank het haar man die plaas in lening gehad, daarop gebou en jaarliks die huurgeld betaal, en die plaas word aan haar toegestaan. (KAB C29 no 72 Requesten) Op 20 September 1722 teken Philip Morkel, 'n buurman van die plaas Onverwacht, hierdie dokument waarin hy verklaar dat die huurplaas Vlootjesbaai nie vir hom hinderlik of skadelik is nie, en dat hy dus geen beswaar het dat die plaas aan die weduwee du Buisson as eiendom toegeken word nie. (Philip William Morkel: Family history and family tree, Kaapstad 15 Aug 1961) Vlootjesbaai is aan die noordekant begrens deur deur die Lourensrivier, aan die oostekant deur Onverwacht, die plaas van Morkel, en aan die suidekant deur die see. (Alhoewel die grensbeskrywing van Vlooitjiesbaai duidelik genoeg is, verskyn dit nie meer op kaarte van 1850 nie. In daardie stadium verskyn daar ook nie in die Cape Goverment Gazette 'n eienaar vir die plaas nie en is dit onseker of die plaas nog 'n afsonderlike eenheid was - Inligting: Jean le Roux - Bewaarders van ons Erfenis.) Vlootjesbaai is later gekoop deur Olof de Wet, en in 1748 het Philip Morkel se weduwee dit gekoop en saam met Onverwacht en Voorburg aan haar seun Willem nagelaat. (Peggy Heap - The Story of Hottentotsholland, Balkema 1970.) Na David se dood is Claudine Lombard met haar jongste vier weeskinders agtergelaat. Hulle het vyf kinders gehad: 1. Ferdinandus ~ 3 Jun 1708 - Klein oorlede 2. Jean/Jan ~ 22 Sep 1709 x 14 Jun 1733 Maria Cronje - Hy is oorlede ca 1757 3. Maria ~ 1 Jul 1714 - Jonk oorlede - waarskynlik voor 1732, maar beslis voor haar ma 4. David - *1716 - Ongetroud oorlede Sept 1786 5. Daniel ~ 20 Nov 1718 - Oorlede tussen 1722 en 1750 - Ongetroud Waarskynlik is Maria ook jonk dood, aangesien Claudina na haar huwelik met Gerrit van Hoeting weer 'n kind met die naam van Maria gedoop het. David sterf eers in 1786, maar is nooit getroud nie. (In Claudine se likwidasie en distribusierekening is 'n verwysing na 163 rijksdaalders wat volgens 'n 'Acte van Uytkoop' op 21 Februarie 1722 van die Weeskamer verkry is vir Maria en Daniel.) Vir 'n honderd jaar lank het die voortbestaan van die du Buisson-van in die weegskaal gehang, want telkens was daar net een seun wat getrou en die naam voortgedra het: David (stamvader) - Jean - David - David Izaac. David Izaac het drie seuns gehad wat getrou het en kinders gehad het. Om David se ouderdom te bepaal, is natuurlik onmoontlik, maar indien daarop gelet word dat hy omstreeks 1702 in die Kaap aangekom het en dat hy 'n paar jaar later beskryf word as 'n 'jong man wat 'n losse lewe lei', kan geskat word dat hy teen 1680 gebore is, en dus in sy vroee veertigs was toe hy in 1722 oorlede is. Dit is opvallend dat baie du Buisson-mans jonk gesterf het, en dat stiefpa's uit die aard van die saak 'n groot invloed op die weeskinders se lewens moes gehad het - Gerrit van Hoeting,die welopgevoede man wat met David se weduwee getroud is, is 'n goeie voorbeeld. Die van du Buisson word in vele verskillende vorms aangetref in argiefstukke: Du Boisson, teen 1750, asook du Busson (Jean het o.a. die vorm gebruik). Alle kinders wat tussen 1838 en 1890 in Riversdal gedoop is, is du Buson gedoop, voor 'n nuwe dominee (volgens oorlewering) die familie daarop gewys het dat die vorm foutief is. Alle kinders wat tussen 1850 en 1880 in die Vrystaat gedoop is, is ook du Buson gedoop. Opvallend is die feit dat die korrekte vorm, du Buisson, skielik vanaf die 1880's in Senekal gebruik word, tesame met 'n nuwe handskrif in die doopregister. Ander vorme wat aangetref is, is du Buijson (Tulbagh doopregister) Dibison (Wilhelmina Catharina), du Bason, du Basson (Jacob Daniel en Johannes Petrus), de Buson (Maria Susanna), Buson (Maria Susanna), Biason, du Bizon (Anna Elizabeth se sterfkennis) en selfs du Buzzon - wanneer Clara Johanna as doopgetuie optree by die doop van Jacobus Edward van den Heever (seuntjie van haar gewese swaer Philippus Petrus van den Heever) in Senekal. (Senekal doopregister 1879-1894) In 1716 is daar nog 'n du Buisson aan die Kaap - Esther du Buisson, weduwee van Jan Hendrik Carnak en eggenote van die soldaat Godfried Stoltz. Hulle het saam 'n kind gehad. Verdere navorsing is egter nodig om te bepaal of daar moontlik 'n familieverband tussen haar en David kon gewees het. Tans is daar geen inligting nie. Dis wel opvallend dat die naam Esther nooit onder die eerste du Buissons voorkom nie. Claudine Lombard (1690 - 1748) Die van beteken: 'Iemand uit Noord-Italie afkomstig.' (C Pama) Haar pa, Pierre, was die stamvader van die Lombard-familie in Suid-Afrika. Hy en sy vrou, Marie Couteau, vlug uit Frankryk na Nederland, waar hulle oudste baba sterf. Vertrek op 5 Januarie 1688 met die 'Borssenburg' uit Texel na Tafelbaai, waar hulle op 12 Mei 1688 aankom. Hy word beskryf as ' 'n siek man met vrou en een kind.' Claudine was waarskynlik die derde oudste kind. Op 15 Mei 1707 is sy en Pierre Jaubert doopgetuies wanneer Jacques Malan en Elisabeth Long hulle dogter Catherina te Drakenstein doop. Sy trou op sewentien met David du Buisson. Na sy dood in 1722 gaan dit finansieel bitter sleg met Claudine: sy is 'n weduwee met vier klein kindertjies en sy vra dat die plaas Vlooibaai, wat reeds in 1714 aan haar oorlede man toegestaan is, maar wat hulle waarskynlik reeds in 1719 verlaat het, nou aan haar toegestaan word. Volgens Resolusies van die Politieke Raad C 61 (17 November 1722): "Vervolgens ter vergaderinge geleesen sijnde ’t requeste door Claudina Lombaart, wed. David du Buisson, in d’ volgende bewoordinge overgegeven: Aan den Wel Edele Gestre. Heere Maurits Pasques de Chavonnes - - - benevens den E. Agtbe. Raad van Politie. Wel Ede. Gestre. Heere en E. Agtb. Heeren, Geeft met behoorlijke eerbied te kennen Uwe Wel Edele Gestre. en E. Agtbe. ootmoedige dienaresse, Claudina Lombaart, wede. wijlen den landbouwer David du Buisson, hoe haar opgeme. man nu al over de agt jaaren met permissie in leening heeft beseeten seeker stuk land gelegen in Hottentots Holland aan Lourens Rivier bij de Mostert Bhaij, en waar voor de behoorlijke recognitie penningen ook is betaalt geworden en ten aansien sij supplte. met het afsterven van voorn. haaren man in een bedroefde staad is blijven sitten met vier kleijne kinderen, zoo neemt sij de vreijheit Uwe Wel Edele Gestre. en E. Agtbe. onderdaniglijk te bidden dat haar het bovengeme. stuk land ter groote van 56 morgen en 132 roeden, gelijk het g’annexeerde caartje komt aan te toonen, in eijgendom mogte gegeven werden, om daar door haar en haare kinderen op een eerlijke wijse te kunnen alimenteeren. (Onderstond) ’t Welk doende Soo is, reflexie genomen sijnde dat de voorme. wede. ’t versogte stuk lands al ruijm agt jaaren ter beede beseten en bebouwt heeft sonder dat ijmand van haare omleggende buuren sig daar door eenigsints benadeelt hebben betoont, dat den selve van een eerlijk en arbeijdsaam leven sijnde, beladen met een swaare last van kinderen, sij dierhalven bij bekoming van dien eijgendom des te beeter in staad soude weesen om deselve met eere te onderhouden en groot te brengen, dierhalven goedgevonden en geresolveerd aan de supplte. het versogte stuk lands bij deesen in eijgendom te verleenen op approbatie van d’ Hooge Indische Regeringe, weshalven het selve door den landmeeter sal werden gemeeten en ter Secretarije behoorlijke grondbrief opgemaakt en g’expedieert werden." (Haar versoekskrif kan gevind word in C229 Requesten 1722 no 72.) Volgens die opgaafrolle van 1723 is sy 'n weduwee met drie seuns en een dogter en woon in die distrik Drakenstein. Erens begin dinge egter beter lyk vir haar (moontlik word haar seuns nou groot en help hulle fluks met die boerdery?), want op 5 Maart 1727 koop sy die aangrensende plase Languedoc en Rhone in Groot Drakenstein uit die boedel van Pierre Jordaan. Op 15 Augustus 1728 trou sy met Gerrit van Hoeting, 'n welgestelde man wat elf jaar jonger as sy self is. Hulle het vyf dogters, nl Johanna Maria (dood voor 1749), Claudine, Maria, Magdalena en Johanna Margaretha (later meer oor die kinders). Op 24 November 1728 word Arnhem en nog 'n ongenoemde plaas, waarskynlik die buurplaas Nimwegen, ook in Drakenstein ('district Drakensteijn onder de Bergh van't Roode Sant.') op van Hoeting se naam oorgedra. Vlooibaai word later verkoop aan Olof de Wet. Wanneer Claudine in 1748 sterf, is sy 'n welaf vrou: (vergelyk haar inventaris van nege bladsye met die inventaris wat opgestel is na die dood van haar eerste man, David, in 1722!) Sy woon te Languedoc in 'n huis met 'n binnekamer aan die regterhand; 'n kamer aan die regterhand; 'n kamer aan die linkerhand; 'n kombuis; voorhuis; kelder; 'meulehuis' en 'n waenhuis. Op die werf word oa 3 ossewaens, 2 perde en 39 beeste aangeteken. Op Arnhem loop 650 skape. Die gesin besit die volgende slawe: Marcus van Samboa, wat op Arnhem woon; Fortuyn van Rio de la Goa; Fortuyn van Bengale (albei aangekoop van Jan Jurrian Schreuder vir 333 en 133 ryksdaalders onderskeidelik); Pieter van Ceylon; September van de Kaap en July van Boegies. Aan Jan Marais is 'n knegsloon van 32 ryksdaalders verskuldig, aan Cornelis Saaiman 11 en Jochem die Hottentot 12 ryksdaalders knegsloon. Ten tye van haar afsterwe leef Jean en David du Buisson nog, en die vier jongste van Hoeting dogters. Gerrit van Hoeting maak 'n moeisame merk op die inventaris; hy is ongeletterd. (Inventaris gedateer 7 November 1749 te Languedoc KAB MOOC 8/7 ref 59 van 1749) Op 15 Junie 1751 word Languedoc en Rhone deur Gerrit van Hoeting oorgedra aan sy en Claudine se skoonseun, Pieter Joubert wat getroud was met Magdalena van Hoeting. (Van Hoeting was 'n welgestelde man wat die plase Arnhem en Nimwegen langs die Klein Bergrivier naby die huidige Gouda tot en met sy dood in 1752 besit het. Sy ouers het reeds 'n veel meer gesofistikeerde lewensstyl as hulle bure gehandhaaf - The Secluded Valley, Margaret Cairns.) Na Claudina se dood in 1748 trou Gerrit van Hoeting weer op 27 Sept 1749 met Johanna Sophia Burger. Waarskynlik het van Hoeting 'n groot rol gespeel in die du Buisson-seuns se opvoeding. Volgens haar L & D rekening het Hendrik de Haan haar doodskis gemaak teen ses riksdaalders. Haar seun Jan eis 115 riksdaalders vir 'rouwkleeden,' so-ook die weduwee Groenewalt: 17 riksdaalders vir 'rouwkleederen.' Jean, David, Pieter Joubert (skoonseun), Claudine, Maria en Johanna Margaretha van Hoeting erf elk 305.33 Ryksdaalders na Claudine se dood. (KAB MOOC 13/1/3 ref 84 gedateer 23 Okt 1750) (Plaasinligting deur Jean le Roux) Kortliks behoort daar iets oor Claudina Lombard se kinders uit haar tweede huwelik gese word. 'n Kenmerk was die hoeveelheid kinders wat klein oorlede is. Gerrit van Hoeting en Claudine Lombard trou te Drakenstein op 15 Aug 1728. Hulle vyf dogters was: 1. Johanna Maria *1729 Ongetroud oorlede. 2. Claudina (1730-1786) x 1750 Gabriel du Toit (1729-1793). 14 kinders, waarvan 4 klein oorlede. Besit Onder-la Motte, Franschhoek, by die La Motte begraafplaas, van 1779-1793. 3. Maria (1732-1780) Drie keer getroud, haar derde man, die Kaapstadse bakker Christian Ludolph (later Loedolf), met wie sy trou in 1766, gehad. 4. Magdalena (1735-1802) x 1749 Pieter Joubert (1724-1758). 4 kinders, 3 klein oorlede. Enigste oorlewende kind, Susanna Claudina *1755 x 1778 haar neef, Andries Stephanus du Toit (1752-1798) Magdalena xx 1760 Gerrit Victor *1732. Magdalena en haar 2 mans besit Lanquedoc en Rhone Groot Drakenstein van 1751 tot 1803 5. Johanna Margaretha (1738-1761) x 1556 Jan le Roux (1738-1765). Jan en Johanna Margaretha besit Opperherfst, Bovlei. (Inligting oor die kinders deur J G le Roux)

view all

David du Buisson, SV/PROG's Timeline

1707
August 14, 1707
1708
1708
Suid Afrika, Kaap
1709
September 22, 1709
Hottentots Holland, Suid Afrika, Kaap
1714
1714
1718
1718
1722
1722
Franschoek, Western Cape, South Africa
????
La Rochelle, Poitou-Charentes, Charente-Maritime, France
????
????
Franschoek, Western Cape, South Africa