Elizabeth Johanna Catharina Henning

Is your surname Kruger?

Research the Kruger family

Elizabeth Johanna Catharina Henning's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

About Elizabeth Johanna Catharina Henning

b5. JACOBUS CORNELIS *Achter de Sneeuwberg, Graaff-Reinet (Cradock), ≈Land van Waveren (Tulbach) 3-2-1782, †Oorkant die Oranjerivier (OVS) 10-7-1838, χ13-9-1801 CORNELIA JOHANNA MULLER *Kaapdistrik 1783, †“Over de koloniale grens” (Colesbergdistrik) 29-7-1839, D/v Jan Andries Muller. Jan Andries se vader, Andreas Muller, het gedurende 1714 vanaf Leipzig gekom en in 1718 met Susanna van Dyk getrou.)

Gedurende 1798, toe Jacobus Cornelis Henning slegs 16 jaar oud was, het die belastinggaarder van die Kaapkolonie hom al as ’n onafhanklike boer beskou, want in die Opgaafrolle (belastingopgawes) van daardie jaar word hy reeds apart van sy ouers aangedui, ten spyte van die feit dat hy nog onge­troud was en by sy ouers ingewoon het1. Volgens die Opgaafrolle het hy op daardie stadium 15 hoenders en 59 skape besit. Twee jaar later, gedurende 1800 het sy bates darem al tot twee perde, 25 beeste en 98 skape aangegroei2.

Hierna het Jacobus Cornelis en sy gesin se lewe as trekboere begin. Kort na die geboorte van sy tweede kind, Pieter Hendrik, gedurende 1804, moes Jacobus Cornelis en sy vrou die gebied Achter de Sneeuwberg verlaat het. Die Opgaafrolle van 18053 dui aan dat hulle op daardie stadium in die wyk Achter Rhenosterberg gewoon het. Dit val vandag in die Middelburg, Kaap distrik. Sy boerdery het intussen tot die volgende uitgebrei: vier perde, 12 trekosse, 23 aanteelbeeste, 314 skape, 119 bokke en een wa.

Teen 1807 woon hulle in die wyk Grootrivier (die latere Albert — Burgersdorp — distrik). Hy besit die volgende: vier perde, 19 trekosse, 17 aanteel­beeste, 609 skape, 88 bokke en een wa4. Hulle derde kind, Elizabeth Johanna Catharina word hier gebore.

Drie jaar later, gedurende 1810, bevind Jacobus Cornelis en sy gesin hulle in die wyk Zeekoeirivier — skynbaar op ’n plaas met die naam Geel­beks­fon­tein, 12 kilometers oos van die huidige Noupoort. Jacobus Cornelis se vrou, Cornelia Johanna, het hierdie plaas met haar afsterwe in haar boedel nagelaat. Hulle seun Jacobus Cornelis Stephanus (c4) is op die plaas Jakkalsfontein, ’n buurplaas van Geelbeksfontein oorlede. Gedurende 1810 besit Jacobus Cornelis die volgende: 11 perde, 10 trekosse, 25 aanteelbeeste, 945 skape, 66 bokke en een wa5.

Sy naam kom in geen opgaafrol na 1810 voor nie. Aangesien hy en sy eggenote se sterfkennisgewings aandui dat hulle aan die Vrystaatkant van die Oranjerivier oorlede is, word afgelei dat hulle kort na 1810 reeds oor die Oranjerivier moes getrek het, waar hulle buite die jurisdiksie van die Kaapse owerhede gewoon het. Hulle sterftes is wel in die kolonie geregistreer.

b5.c3. ELIZABETH JOHANNA CATHARINA *Wyk Grootrivier, (latere Albert — Burgersdorp — distrik 1807, †Rietfontein, Achter de Zuurberg 29-12-1850, χGraaff-Reinet 4-5-1828 GERT (of GERRIT) KRUGER *19-9-1802, †Rietfontein, Albert24-2-1872, S/v Gert Hendrik Jacobus Kruger *12-11-1780 en Hester Jacoba van der Walt *7-12-1785

Hulle het 10 kinders gehad — 6 seuns en 4 dogters. Sy sterf 'n dag na die geboorte van hul 10 de kind.

op http://www.henning.org/CD/keuselys/default.htm

view all

Elizabeth Johanna Catharina Henning's Timeline

1807
January 1, 1807
1828
May 4, 1828
Age 21
Graaff-Reinet
1829
June 26, 1829
Age 22
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1831
June 25, 1831
Age 24
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1833
July 25, 1833
Age 26
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1836
December 20, 1836
Age 29
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1839
September 18, 1839
Age 32
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1845
May 19, 1845
Age 38
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1850
December 29, 1850
Age 43
Rietfontein, Achter de Zuurberg