Francois Ranier Duminy, SV/PROG

Is your surname Duminy?

Research the Duminy family

Francois Ranier Duminy, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Francois Ranier Duminy, SV/PROG

Also Known As: "du Miny"
Birthdate:
Birthplace: Lorient, Morbihan, Brittany, France
Death: Died in South Africa
Immediate Family:

Son of Antoine Lebre-Duminy and <private> Duminy (Le Goff)
Husband of Johanna Margaretha Nothling, SM
Father of Jeanne Francoise Duminy, b1; Francois Benjamin Anthonie Duminy, b2; Margaretha Arnoldina Victoire Duminy; Reinette Wilhelmina Duminy, b4 SM and Benjamin Jacob Wilhelm Duminy, b5

Managed by: Private User
Last Updated:

About Francois Ranier Duminy, SV/PROG

DUMINY SV/PROG Francois Ranier Duminy ­Lorient (Bretagne), in Frankryk, 4.10.1747, †26.5.1811. Hy was 'n offisier in die Franse Vloot en het as sodanig dikwels die Kaap aangedoen. Tydens een van daardie besoeke trou hy 2.2.1777 Johanna Margaretha Nöthling, ­29.6.1757, †25.2.1807. Hy bly daarna eers nog in Franse diens maar gaan in 1783 oor na die H.O.I.K. In 1786 aangestel as “equipagemeester”, ontslaan weens sy geloof, later weer in diens geneem en in 1793 hawemeester van Valsbaai (Simonstad). Hy was ook 'n bekende vrymesselaar.

--------------------

François René, aka. François Renier Duminy, was born a foundling in Lorient, Bretagne on 4 October 1747. He is speculated as having been the son out of wedlock of Antoine Lebre Duminy by one Anne le Goff.

It is thought likely that the surname Duminy is a nom de guerre after a patron in the French army.

The founder of Duminy family in South Africa, François Renier Duminy first visited the Cape of Good Hope in 1771. Later, he married one Johanna Margaretha Nöthlingh in Dutch Reformed Church, Cape Town on 2 February 1777. She was born 29 June 1757, baptised 7 July 1757 and died 25 February 1807, the daughter of Benjamin Nöthling and Johanna Lombard.

He served as an officer in the French East Indian Company (De Compagnie des Indies) before entering private service and later the Dutch East India Company as a sea captain. He was Equipage Master for the entire DEIC administration (March 1786-July 1787) and Capetain du Port for Simonstown (1803-1806). He was a slaver, entrepreneur, cartographer of note , farmer, public commissioner and an eminent, decorated freemason both in Lorient, France and the Cape of Good Hope Lodge.

His later years were marred by ill-health and financial distress as his privileged rank and highly remunerative employment was withdrawn. Duminy died at 19 Graave Street, Cape Town aged 64 years on 26 May 1811.

KAB CJ 2632.41 MOOC 7/1/53.32 --------------------

Die stamvader van die twee J.P.’s was die flambojante Fransman Francois Renier Duminy. Hy is in 1747 in Lorient in Frankryk, die hoofkwartier van die Frans Oos-Indiese Kompanjie (FOIK), gebore.

Dié het met die Franse handelsposte in die Ooste handel gedryf en in die pakstore op die kaai van Lorient het Europa se beste produkte gewag om na Indië en China verskeep te word: vaatjies met bordeaux-wyne en cognac, metale, wol en goud. Die terug- kerende bote was gelaai met eksotiese produkte soos porselein, sy, tee, koffie en speserye. Die opwinding op die kaai, die bollende seile en die geroep van seemanne moes na ’n ontsnapping gelyk het, ’n ontsnapping uit ’n Frankryk wat vasgevang was in die beperkings van die ancien régime met sy bevoorregting van die hoër klasse en die minagting vir die minderes.

Francois Renier was nege toe hy as kadet by die FOIK aangesluit het – sy pa, Antoine Lebre Duminy, was bevelvoerder van die garnisoen en het vermoedelik soveel invloed gehad dat sy seun tot die offisiersklas toegelaat is.

Die offisierskorps was ’n elite van intelligensie en talent. Offisiere moes belese wees, ander tale aanleer, studeer en vakke soos navigasie en seemanskap slaag. Hulle moes kennis hê van windpatrone, verdediging en handel dryf.

Duminy was op 18 reeds die stuurman van die Comte d’Argenson, wat na Pondicherry in Indië gevaar het. Met die ineenstorting van die FOIK in 1769 het hy vir private Franse handelskepe begin werk. Hy was 27 toe hy tot die rang van kaptein bevorder is.

In 1771 het Duminy, toe tweede luitenant van die Gerion, die eerste keer in die gastehuis van Benjamin en Johanna Nöthling in die Heerengracht aan die Kaap gebly. Die Nöthlings was ’n gasvrye familie, en daar was op die koop toe twee hubare dogters, Johanna Margaretha en Johanna Jacoba. Die Fransman en Johanna Margaretha is in 1777 getroud.

Die twee het in 1790 in hul droomhuis, Le Jardin, aan die hange van Tafelberg ingetrek. Dié pragwoning is deur die Kaapse argtitek Louis Thibault ontwerp. Die Duminys het ’n indrukwekkende leefstyl gehandhaaf: Hulle het ’n uitgebreide boekery met die werke van Voltaire en Montesquieu gehad, en waardevolle kunswerke en juwelierware besit. Hulle was gereeld in die teater en het musiekkonserte bygewoon.

Dié leefstyl is onderhou deur Francois Duminy se aanvoering van privaat skepe wat handel gedryf het met die Franse kolonies in Oos-Indië en eilande soos Réunion, Mauritius en Seychelle. Hy het slawe in Oos-Afrika gekoop en hulle weer aan die Kaap verkoop.

Toe oorlog in 1780 tussen Brittanje en Holland uitbreek, is daar gevrees Brittanje sou die Kaap oorneem. ’n Britse skip wat in Tafelbaaihawe voor anker gelê het, is summier gekaap en tot die Postillon herdoop, en Francois Duminy is in bevel geplaas. Op dié manier het Duminy in diens van die Verenigde Oos-Indiese Compagnie (VOC) getree.

In Desember 1782 het twee skepe van die Nederlandse oorlogsvloot en agt skepe van die VOC in die Kaap aangekom. Die toestand van die bemanning was skokkend: 916 van hulle was aan skeurbuik dood en 756 was ernstig siek.

Duminy moes dadelik met die Postillon na Holland vaar om die owerhede in te lig. Hy het verslae oor die stranding van die Engelse skip die Grosvenor met hom saamgeneem, en sou later hiermee die hoofnuus haal ...

Op pad na Europa het die Postillon Britse skepe teëgekom en die Britte het die skip weer in hul besit geneem. Duminy is gevange geneem en na Sint Lucia gepos.

Toe hy eindelik vrygelaat word, het hy in Londen die nuus oor die stranding van die Grosvenor aan die Morning Herald en Daily Advertiser vertel. Sy storie dat die vroue-skipbreukelinge deur inboorlinge weggevoer is en dat ’n aantal mans vermoor is nadat die Grosvenor aan die Pondolandse kus op die rotse geloop het, het die Britse publiek geskok.

Omdat hy die amptelike verslae oorboord gegooi het toe hy gevange geneem is, is sy vertelling as die waarheid aanvaar. Die storie was egter onwaar en was moontlik die oorsprong van die ongegronde gerugte oor die lot van die oorlewendes van die Grosvenor, wat vandag nog geglo word.

Duminy het die Kommandeurskruis van die Orde van Sint Phillipe en die Groot Kruis ontvang en toe hy na die Kaap terugkeer, het hy as die chevalier, of die ridder, Duminy bekend- gestaan. Hy is in 1786 hier as ekwipasiemeester aangestel, maar moes ’n jaar later hoor sy aanstelling is nie deur die Here XVII bekragtig nie. Vermoedelik is sy aanstelling afgekeur omdat hy ’n Fransman was, maar dit is ook moontlik dat sy aanstelling afgekeur is omdat hy ’n Vrymesselaar was. Hy het as skeeps- en hawekaptein aangebly.

Duminy het belangrike kommissies aangevoer: Hy het die graanbedryf in die omgewing van Mosselbaai op die been gebring, die kus rondom Sint Helenabaai en die Bergriviermonding ondersoek vir die moontlike bou van ’n hawe, en die verskeping van hout van Plettenbergbaai na die Kaap op die been gebring. Hy het reeds in 1789 gepleit dat die inheemse woude van die streek as kosbare bron bestuur moet word.

Die reeks kaarte van die Suid- en Weskus wat hy met sy dood nagelaat het, was baie meer akkuraat as dié van sy tydgenote en daar is in 1950 oor hom gesê: “Aan Duminy kom?.?.?.?die eer toe van die bes geslaagde kartering van Afrika se Suidkus.”

Toe Duminy uit die diens van die VOC getree het, het hy ’n aantal plase gekoop: Compagniesdam naby Bloubergstrand en Bokkerivier en Blaauweklip in die Overberg.

Die Duminys het vyf kinders gehad, en die familie het gesiene boere geword. Francois Renier Duminy se oudste seun, Francois Antoine Benjamin, is met sy kleinniggie Elsie Lombard getroud en het in die Overberg geboer. Uit ’n verhouding met Lenetta Klink is daar twee kinders, Frederik en Andreas, gebore. Frederik se seun, Frederik Wilhelm, was die vader van Petrus Josias, die oupagrootjie van vandag se Protea-kolwer J.P. Duminy.

-------------------- http://familieprojeknothling.webs.com/familiegeskiedenis.htm

view all

Francois Ranier Duminy, SV/PROG's Timeline

1747
October 4, 1747
Lorient, Morbihan, Brittany, France
1777
February 2, 1777
Age 29
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1779
1779
Age 31
1785
October 4, 1785
Age 38
Caledon, Overberg DC, Western Cape, South Africa
1787
May 21, 1787
Age 39
1789
September 22, 1789
Age 41
South Africa
1793
June 10, 1793
Age 45
Cape, South Africa
1811
May 26, 1811
Age 63
South Africa