Frans Johannes van Aardt

Is your surname van Aardt?

Research the van Aardt family

Frans Johannes van Aardt's Geni Profile

Records for Frans Johannes van Aardt

487,852 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Frans Johannes van Aardt

Birthdate:
Birthplace: Somerset East, Western District, Eastern Cape, South Africa
Death: Died in Lindley, Free State, South Africa
Cause of death: Gesneuwel / Killed
Place of Burial: Lindley, Free State, South Africa
Immediate Family:

Son of Hendrik Francois Van Aardt and Margaretha Aletta Wessels
Husband of Elsje Magdalena Joubert
Father of Hendrik Francois Van Aardt and Margaretha Aletta Van Aardt
Brother of Elizabeth Susanna van Aarde; Jacobus Gustavus van Aardt and Hendrik Francois van Aarde

Managed by: Pieter Johannes Taljaard
Last Updated:

About Frans Johannes van Aardt

Kommandant van die Kroonstad Kommando,ABO

Death Date on Grave: 24 Sept 1901 ?

http://vanaardtfam.co.za/the_anglo_boer_war_7.html

WIE WAS KOMMANDANT FRANS JOHANNES VAN AARDT?

Erkenning aan Pieter van Aardt.

Alhoewel ek wyd oor die Anglo-Boereoorlog gelees het,het ek die naam van kmdt.Frans van Aardt,boer van die plaas Aboukir,dist.Lindley,burger van die Oranje Vrystaat en kommandant van die Kroonstad Kommando gedurende die ABO,in slegs 'n handjievol boeke raakgeloop. Wie was hierdie man,waar en hoe het hy gesterf en waar is hy begrawe? Gedurende 1902 is genl.Christiaan de Wet se oorlogsherinneringe gepubliseer.In hierdie werk 'De Stryd tusschen Boer en Brit' word daar slegs op 'n paar plekke na kmdt.Van Aardt verwys.So meld De Wet op bl.162: 'In de duisternis gingen wij tot ons lagertje zuid van Slootkraal en staken ons daar den volgenden dag weg.Hier bedankte Com.Nel en werd de heer Frans van Aardt als commandant door de Kroonstadsche burgers gekozen.' Drie maande na hierdie gebeurtenis,het De Wet en sy kommando's hulle in die omgewing van Lindley bevind.Op bl.213 meld De Wet soos volg: 'Den volgenden dag gaf ik aan Com.Van Aardt order om naar zijn wijk,midden Valschrivier,te gaan.............Com.Van Aardt ging,en helaas! eenige dagen daarna,hoorde ik dat hij -- de alombeminde -- in een gevecht gesneuveld was in de nabijheid van zijn plaats tusschen Kroonstad en Lindley.Hij werd op zijn eigen grond ter aarde besteld.' Nadat ek hierdie gedeeltes in De Wet se boek gelees het,was die uitdaging reeds glashelder:ek moes uitvind wie hierdie man was,meer van hom te wete kom,hom leer ken. Dit was die begin van een van die interessantse stukkies navorsing wat ek ooit aangepak het,wat my na die Vrystaatse hartland sou neem en waartydens dit my voorreg sou wees om die innemende ds.Liebenberg van Steynsrus te ontmoet. Waar begin 'n mens 'n soektog na 'n persoon van wie daar so min bekend is en wat al vyf en tagtig jaar gelede gesterf het? My eerste aanknoping het ek by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein gesoek.Hulle antwoord op my navrae was ontmoedigend,die eerste van die talle doodloopstrate waarin ek my mettertyd sou bevind: die Museum het oor geen inligting oor kmdt.Van Aardt beskik nie.Gelukkig was die deur nie heeltemal toe.Hulle het my aangeraai om met die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede se komitee oor burgergrafte in aanraking te kom,wat ek sonder versuim gedoen het.Die Komitee se antwoord,wat my binne drie dae bereik het,was positief.Vir my was dit 'n ligpuntjie voor in die tonnel. 'Wat kmdt.Frans van Aardt betref,beskik ons oor die volgende inligting: Hy het op 56 jarige ouderdom op 24 September 1901 op die plaas Olyvenhoutfontein in die distrik Lindley gesneuwel.Sy naam kom ook voor op die gedenkteken by die kerk te Lindley.Tot dusver is sy graf nog nie opgespoor nie.Volgens ons lys plaasname in die Lindleydistrik,is daar slegs 'n plaas Olivenfontein naby Steynsrus.' Ek het nou oor die volgende 'feite' beskik: Kmdt.Van Aardt het gesneuwel op die plaas Olyvenhoutfontein of Olivenfontein,distrik Lindley,naby Steynsrus. Hy het naby sy eie plaas gesneuwel en is op sy eie grond begrawe. Hy het op 24 September 1901 gesneuwel en was toe 56 jaar oud. Sy graf kon nog nie opgespoor word nie. Die vraag wat nou outomaties ontstaan het was: wat was die naam van die kommandant se plaas? As ek dit kon vasstel,kon ek daar na sy graf gaan soek. Die rigting van my verdere navorsing het nou duidelik na vore gekom.Ek moes sy boedelstukke probeer opspoor en daaruit die naam van sy plaas bekom en die ligging van die plaas Oliven(hout)fontein vasstel. Dus Bloemfontein toe vir besoeke aan die Argief,die Aktekantoor en miskien die kantoor van die Landmeter-Generaal. Kroonstad,aangelê op die walle van die Valsrivier,is die ideale halfwegpunt tussen Pretoria en Bloemfontein.Op 'n pragtige herfsdag in 1986 het ek hier aangedoen en 'n koppie tee saam met 'n vriend geniet.Ek was op pad Bloemfontein toe op soek na kmdt.Frans van Aardt van die Kroonstad kommando,'n skim uit die verlede.Teenaan die hoofstraat van Kroonstad staan die imposante kerkgebou van die Moedergemeente,gebou van sandsteenblokke,die boumateriaal van die Vrystaatse vlaktes,met die Sarel Cilliers gedenkteken voor die kerk.Voor die ingang na die kerk is 'n gedenknaald opgerig vir die burgers wat tydens die Engelse oorlog hulle lewe vir hulle land afgelê het.Die name van die gesneuweldes verskyn op 'n ererol op die gedenkteken en boaan die lys......................Frans Johannes van Aardt! My eerste navrae in Bloemfontein was by die Aktekantoor waar ek kon vasstel dat die plaas Olivenfontein tydens die Engelse oorlog in die naam van ene J.J.Wolmarans geregistreer was.Dit het geklop met die inligting waaroor ek reeds beskik het,nl.dat die kommandant nie op sy eie grond gesneuwel het nie maar in die nabyheid daarvan. Maar wie was J.J.Wolmarans? Nou Argief toe.Daar was groot twyfel in my gemoed want die kommandant het gesneuwel in 'n tydvak toe daar groot ontwrigting geheers het.Indien sy boedel wel destyds gerapporteer is,sou dit eerder die uitsondering as die reël gewees het. My twyfel is bewaarheid toe ek geen boedel van 'n Frans Johannes van Aardt wat in 1901 gesterf het kon opspoor nie.Daar was wel 'n boedel van Frans Johannes van Aardt in 1903 gerapporteer,maar die boedelnommer het op die komperindeks ontbreek en hoe graag die argivaris my wou help,hy was net so magteloos soos ek.Om 600 km. te ry en dan onverrigtersake om te draai,was vir my net onaanvaarbaar.Ek moes eenvoudig alle beskikbare inligting deurwerk totdat ek 'n leidraad kon vind.Ek moes figuurlik gesproke alles op die dorsvloer uitsif op soek na een koringkorrel. Die eerste deurbraak wat vir my aangedui het dat ek op die regte spoor was,het gouer gekom as wat ek verwag het.Boedel nr.209 aangemeld in 1899 het die volgende inligting bevat: Hendrik Francois van Aardt Oorlede op die plaas Makawaanstat,distrik Lindley op 18.03.1899 Getroud met Margaretha Aletta Wessels oorlede in 1893 en daarna getroud met Johanna Margaretha Odendaal,weduwee Wolmarans. Die lys van agtergelate kinders bring aan die lig dat die oudste seun Frans Johannes was.Hy was ook aangestel as eksekuteur in sy pa se boedel en sy adres word as Aboukir,distrik Lindley aangedui. Die stukkies het nou begin om in die legkaart in te pas. My volgende stap was om die boedel van Johanna Margaretha Odendaal/Wolmarans/Van Aardt te trek wat sonder moeite geskied het.Daarin vind ek toe dat haar eerste man,Josephus Johannes Wolmarans,die eienaar van Olivenhoutfontein,Makawaanstat en Aboukir was. Al wat nou oorgebly het was om Frans Johannes van Aardt se boedel te vind.Dit was makliker gesê as gedoen. Die waarskynlikste weg om te volg sou wees om die boedel wat in 1903 gerapporteer is te vind, maar hoe soek mens na 'n boedel as jy nie die nommer het nie? Daar was net een uitweg,nl.om weer die argivaris se hulp in te roep.Al wat hy kon voorstel was dat hy al die invoerdokumente wat tydens die rekenarisering van die boedels ingevul is tot my beskikking sou stel en dat ek dan almal moes deurwerk op soek na die 'verdwene' boedel.Hy het verduidelik dat die feit dat 'n spesifieke boedel wel in die indeks opgeneem is,alhoewel sonder vermelding van die boedelnommer,daarop dui dat daar wel so 'n boedel bestaan en dat daar 'n invoerdokument daarvoor moet wees. Met groot waardering vir die strooihalm wat my aangebied is,het ek begin om die berg dokumente wat voor my gelê het,deur te werk.Uiteindelik het ek die gesogte boedel gevind:boedel nr.421 van Frans Johannes van Aardt,gerapporteer in 1903.Maar volgens my inligting het die kommandant in 1901 gesneuwel,sou dit dus die regte boedel wees? By die oopslaan van die stowwerige boedellêer het die skim uit die verlede skielik voor my gestalte begin aanneem. Frans Johannes van Aardt oorlede op 24 September 1900 op die plaas Olivenhoutfontein distrik Lindley. Getroud met Elsje Magdalena Joubert Ouers:Hendrik Francois van Aardt en Margaretha Aletta Wessels Twee feite het egter nie geklop nie:die sterfdatum is gemeld as 1900 in plaas van 1901 soos deur die Burgergraftekomitee gemeld en die plaasnaam waar hy gesterf het,het met die plaasnaam in die Aktekantoor verskil. Later kon ek wel sekerheid kry oor die korrekte sterfdatum nl.24.09.1900 asook die plaasnaam nl.Olivenfontein kry.Blykbaar was die naam Olivenhoutfontein die populêre noemnaam van die plaas. Frans van Aardt se boedel is deur sy dogter Margaretha Aletta van Aardt aangemeld.Hoe sal ons ooit begryp onder watter tragiese omstandighede dit gedoen is? In die lêer is 'n hartroerende brief wat sy in 1904 aan die Weesheer geskryf het waarin sy pleit dat die 50 pond wat haar vader as sekuriteit moes deponeer toe hy as eksekuteur in sy vader se boedel opgetree het,aan die familie terugbetaal moes word aangesien hulle niks uit hulle stiefouma,J.M.Wolmarans,se boedel geërf het nie en hulle nie meer geld gehad het om van te leef nie.In die kommandant se boedel was daar geen bates nie wat die bewering dat hy op sy eie grond gewoon het,weerspreek.Hoogstens kon die plaas Aboukir dus net sy woonplaas gewees het aangesien dit aan J.J.Wolmarans behoort het. Nou moes ek na Aboukir,Makawaanstat en Olivenfontein gaan soek en ek moes gaan kyk wat ek daar kon raakloop.Gedurende die Paasnaweek van 1986 het ek daarheen gereis,oortuig daarvan dat ek die vergete graf van kmdt.Frans Johannes van Aardt maklik sou vind. My eerste besoekpunt was Olivenfontein,die plaas waar kmdt.Van Aardt gesneuwel het,wat ek ook maklik gekry het.Hier het ek die vervalle,verwaarloosde plaaskerkhof besoek en elke grafsteen noukeurig ondersoek.Dit was duidelik dat dit die Odendaals se familiekerkhof was,dus Hannie Wolmarans,gebore Odendaal,se mense. Nou het Aboukir en Makawaanstat nog oorgebly.Ek het by die Polisiekantoor om hulp gaan aanklop en met die uiterste hulp en vriendelikheid is ek deur die Polisie van rigtingwysers voorsien.Albei plase wat ek wou besoek,was volgens die Polisie onbewoon.Hulle het my egter aangeraai om eers ds.Liebenberg,emeritus predikant van Steynsrus,wat die distrik haarfyn ken,te gaan besoek.So gesê,so gedaan.Nadat ek die doel van my besoek aan hom verduidelik het,het hy die saak letterlik uit my hande geneem.Vir die res van daardie onvergeetlike dag,het ek skaars weer 'n woord kon praat.Met ywer wat selfs myne oortref,en met die onbaatsugtige opoffering van sy eie tyd,het hy my na Aboukir en Makawaanstat geneem. Die statige hoogwaardigheid van die legendaries Hannie Wolmarans word weerspieël deur die grafhuis wat sy vir haar en haar twee eggenote laat bou het.Op 'n koppie wat oor Makawaanstat uitkyk,staan die stewig uit klip geboude struktuur waarin die opgemesselde grafte van Hannie Wolmarans,Josephus Wolmarans en Hendrik van Aardt hulle inhoud bewaar.Van hier,waar daar 'n uitsig oor die hele plaas is,regeer die 'ongekroonde Victoria' steeds oor haar koninkryk van weleer.Sy rus hier tussen Hendrik van Aardt links van haar en Josephus Wolmarans regs van haar.En oor die stoflike oorskot van hierdie Vrystaatse ystervrou waak 'n wit marmer suil.Wat interessant is,is die feit dat sy onder die van van haar eerste eggenoot, Wolmarans,begrawe is.Sou die van van haar tweede eggenoot,Van Aardt,vir haar onaanvaarbar gewees het? Dat Hannie Wolmarans 'n formidabele persoon was,is seker.Verskeie verhale oor haar doen en late,almal baie interessant,is deur Dot Serfontein saamgevat in die bundel 'Systap onder die Juk'. Maar daar het weer teleurstelling op my gewag.Alhoewel ek die kommandant se vader se graf gekry het,kon ek die graf waarna ek eintlik gesoek het,nog nie kry nie.Makawaanstat was vir my net nog 'n doodloopstraat. Nou na Aboukir,vol moed,want dit was mos die kommandant se woonplaas en volgens genl.De Wet se boek sou hy daar begrawe gewees het.

'n Leë sandsteenhuisie wat nou deur die huurder van die plaas as 'n bergplek vir veevoer gebruik word,is die enigste aanduiding dat die plaas ooit bewoon was.Geen aanduiding van 'n kerkhof nie. My soektog was vrugteloos.Ek het ds.Liebenberg bedank,gegroet en weer die lang pad huis toe aangedurf.Die inligting waarmee ek gehoop het om die Burgergraftekomitee te verras,was steeds nie beskikbaar nie. 'n Week na my terugkeer na Pretoria,het ek die volgende brief van ds.Liebenberg ontvang: 'U is seker geruime tyd terug van u toertjie in die Riemland.Na u vertrek,het ek met die tante hier regoor die straat gaan gesels.Sy is tant Bessie van Zijl,reeds 82 gewees.Geheue is nog wel goed.Sy was 'n nooi Bam.Haar moeder was 'n nooi Odendaal,tant Sannie,en dit was my voorreg om haar te begrawe toe sy byna 90 jaar oud was.Die tant Sannie se ouers (dus tant Bessie se grootouers) was oom Koos en tant Elizabeth Odendaal wat tydens die Anglo-Boereoorlog op die plaas Olivenfontein geboer het.Toe u die ou kerkhof daar besoek het,moes u op hulle grafte afgekom het. Ons tant Bessie se moeder,Sannie,was destyds 'n jong meisie.Tant Bessie het nog haar ouma Elizabeth ook gesien en kan baie van haar vertel.Tant Bessie vertel dat kmdt.Van Aardt op Aboukir woonagtig was.Sy het my beduie van 'n dammetjie in 'n leegte,die woonhuis 'n entjie daarvandaan na die rantjie toe en drie grafte tussen woonhuis en die rantjie.Een van die kommandant se seuns sou op 'n aand gaan hase skiet het en nadat hy by die deur uit is en 'n tyd verloop het,is 'n skoot gehoor en het hy homself doodgeskiet.Daar was gerugte dat dit as gevolg van 'n liefdesteleurstelling was.Die kommandant se vrou is ook oorlede en hulle twee se grafte is van die drie wat tussen die huis en die rantjie sou wees en is nog deur tant Bessie as kind waargeneem. 'n Dogter van die kommandant sou tydens die oorlog,terwyl haar vader op kommando was,by tant Bessie se oupa en ouma op Olivenfontein gewees het.Sy en tant Bessie se moeder was min of meer portuurs.'n Boerekommando het naby Olivenfontein in die rigting van Lindley verbygetrek.Die kommandant het weggebreek om sy dogter te gaan groet op Olivenfontein en na die welstand van sy mense te verneem.Met sy vertrek het sy dogter en van die Odendaals saamgestap.Toe hulle kyk sien hulle Kakies kom van die plaas Zuurfontein oor die rantjie na Olivenfontein Die kommandant het op sy perd gespring,geskree die vroumense moet skuiling soek en weggejaag.Hy is egter deur 'n tommiekoeël getref en het dood van sy perd geval.Tant Bessie se ouma en die ander vrouens het die lyk van die kommandant op 'n kombers na die skuur op Olivenfontein gedra.Die kommandant is op Aboukir begrawe by sy seun en vrou. Tant Bessie het my die plek waar die kommandant doodgeskiet is,'n doringboom,en ook waar die grafte is,gaan wys.Daar is klippe,maar moeilik te bepaal of daar 'n kerkhof,of liewer drie grafte,was.' So het my soektog ten einde geloop.Onwillekeurig het ek aan Cilliers se gedig gedink:

Dis 'n graf in die gras dis 'n vallende traan. Dis al.

Pieter van Aardt Pretoria,7 Julie 1986

view all

Frans Johannes van Aardt's Timeline

1845
September 23, 1845
Somerset East, Western District, Eastern Cape, South Africa
1857
November 28, 1857
Age 12
Ladybrand, Motheo, Free State, South Africa
1900
September 24, 1900
Age 55
Lindley, Free State, South Africa
????
????
????
Lindley, Free State, South Africa