Generaal Christiaan Rudolf de Wet

Is your surname de Wet?

Research the de Wet family

Generaal Christiaan Rudolf de Wet's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

About Generaal Christiaan Rudolf de Wet

http://en.wikipedia.org/wiki/Christiaan_de_Wet

Christiaan R. de Wet was een van die mees befaamde en heroiëse van die Boeregeneraals. Sy ontsnappings en oorwinnings het die wêreld aan sy voete gehad.

Volgens navorsing was hy die sesde kind van veertien kinders (daar kan alleen twaalf opgespoor word, twee mag ongedoop klein gesterf het). Hy is gebore op die plaas Leeukop in die Smithfield-distrik.

Sy onderwysonderrig was maar elementêr deur onderwysers wat die plaas so dan en wan besoek het.

Met sy moeder se afsterwe op 18.05.1870 was hy nog nie sestien jaar oud nie en was tesame met sy drie ouer broers vir sy pa behulpsaam gewees met die behartiging van die boerdery op Nuwejaarsfontein, digby die huidige Dewetsdorp. (Sy vader gaan ‘n tweede huwelik met Lasija Christina Kruger op 22.08.1870 aan.)

Op elf-jarige ouderdom neem hy deel aan die Basoetoe-oorlog deur wag te staan.

Sy rustelose geaardheid kom na sy huwelik in 1873 na vore. Hy ry transport op die diamantvelde van Kimberley. Hy verhuis eers na Weltevrede (huidige Koppies), daarna na die plaas Rietfontein in die distrik Heidelberg (Transvaal.)

Op 27 jaar word hy waarnemende kommandant van Heidelberg (Transvaal) Kommando en neem in dié hoedanigheid in 1881 aan die Eerste Vryheidsoorlog deel. Hy word na die Natalgrens gestuur en onderskei hom in die gevegte van Laingsnek, Ingogo en Amajuba. In laasgenoemde geveg was hy een van dié wat Amajubaberg met groot dapperheid bestorm het. Na die oorlog word hy as veldkornet vir die wyk Rooikoppies, Heidelberg verkies.

Hy verhuis in 1882 na Suikerboskop, distrik Lydenburg, waar hy in 1885 tot Volksraadslid verkies word. Sy verkiesing was meer die gevolg van populêre aandrang van die kiesers as van sy eie vrye wil. Hy was nie baie aangetrokke tot politiek nie.

Hy woon net een sitting van die Volksraadslid by en besluit toe om sy pa se plaas, Nuwejaarsfontein te koop en trek terug na die OVS waar hy kort daarna as Volsraadslid vir die wyk Bo-Modderrivier verkies word. In die Volksraad was hy vir daardie tyd as progressief en selfs liberaal beskou.

In 1896 koop hy die plaas Roodepoort, distrik Heilbron. (Hy was nie ‘n suksesvolle boer nie, en wend hom soms tot spekulasie. Hy probeer bv. om al die aartappels van die Johannesburg mark op te koop ten einde die prys daarvan te kan bepaal. Ongelukkig vir hom kom die nuwe oes op die mark voordat sy opgekoopte voorraad aartappels verkoop is, wat sy skema verongeluk, met noodlottige finansiële gevolge vir hom.)

Christiaan R. voorsien dat oorlog sal uitbreek en skaf ‘n wit Arabiese perd genaamd “Fleur” aan wat hom deur die oorlog bystaan en uit gevaarlike situasies bring.

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog gaan hy en sy drie seuns Kotie (22) (Jacobus Ignatius *08.07.1877), Izak (20) (Izak Johannes Christiaan *18.09.1879) en Christiaan (17) (Christiaan Rudolf *05.01.1882) na die Natalfront as gewone burgers van die Heilbron Kommando. Kmdt Lucas Steenkamp, hul bevelvoerder, raak ongesteld en Christiaan R. word as waarnemende kommandant gekies.

Hy wys sy staal toe hy met 300 burgers by Nicholson’s Nek die Britte uit hul posisies verdryf en 800 gevangenes neem (30.10.1899). Hierdie sukses vestig die aandag van President Steyn op hom. Hy word op 9 Desember 1899 aangestel as veggeneraal onder Genl.. P.A. Cronje aan die Wesfront. ‘n Spesiale trein neem hom en sy lyfwag na Viljoensdrif en per gewone trein na Bloemfontein. Hy kom op 16.12.1899 te Magersfontein aan, nie ver van die front af nie.

Hy en Genl. de la Rey was nie geneë met Genl. Cronje se statiese oorlogvoering nie, en wou Lord Roberts se toevoerlyne ontwrig. Genl. Cronje was nie daarvoor te vinde nie, maar stuur hom vir ander sendings; een wat hy dan ook briljant uitvoer deur by Watervaldrif met 350 man ‘n Britse konvooi voor te lê en oorrompel met ‘n buit van o.m. 1600 osse, 200 waens met proviand en rum (15.02.1900.)

By Christiaan R. se terugkeer ses myl van die hooflaer by Paardeberg, vind hy dit omsingel en onderwerp aan ‘n geweldige bombardement. In die volgende paar dae skiet hy ‘n pad oop vir Genl. Cronje om te ontsnap. Dié wil of kan nie ontsnap nie, weens die waens wat hy nie wou agterlaat en die perde wat doodgeskiet was. Kmdte Potgieter (van Wolmaransstad), Froneman en 20 man jaag egter uit en word gered.

Op 27.02.1900 (Majubadag) word Genl. Cronje met 4000 man gedwing om oor te gee.

Christiaan R. word nou aangestel as hoofkommandant van die Vrystaatse magte aan die Wesgrens. Hy probeer dapper, met die ondersteuning van Genl. De la Rey, by Abrahamskraal en Rietfontein om die vyand te keer, maar tevergeefs, en Bloemfontein word op 13.03.1900 ingeneem, sonder dat ‘n skoot geskiet is.

Christiaan R. besef dat, soos dit aan Kmdt-Genl. Joubert gestel word, “hy kan nie ‘n haas met onwillige honde vang nie”.

Hy ontbind die kommandos en beveel hul om op 25.03.1900 by die spoorbrug oor die Sandrivier bymekaar te kom. Daar word besluit om van die walaers ontslae te raak en dat die oorlog voortaan met perdekommandos gevoer sal word. (Dit was makliker gesê as gedaan en Christiaan R. het nog lank na die besluit geneem is, moeilikheid met die burgers en hul waens, wat baie swaar van afskeid geneem word).

Christiaan R. besluit om Bloemfontein se watertoevoer by Sannaspos waterwerke af te sny. Spoed was van belang aangesien Britse versterkings 17-myl vêr weg was. Sy broer Piet jaag die Britse Brig Broadwood se kolonne in ’n hinderlaag aan die wal van die Koringspruit waar Christiaan R. met 400 man vir hulle inwag. Hy vang 400 man en 170 sneuwel. Hy buit 7 kanonne en 117 waens. Die watertoevoer word onderbreek met die wete dat die ingewandskoorsepidemie in Bloemfontein sou vererger.

Hy raak op 03.04.1900 slaags met Genl. Sir William Gatacre van die Royal Irish Rifles and Mounted Infantry by Mosterthoek en neem 470 gevangenes en 100 sneuwel. Sy poging om die Cape Mounted Rifles en Brabant’s Horse (Kolonialers in diens van die Britse Leër) te beleër en tot oorgawe te dwing by Jammersbergdrif, misluk. Sy broer Piet laat weet dat ‘n sterk ontsettingsmag op pad was en dat ‘n verdere beleg nutteloos sou wees (7-23.04.1900).

Een van Christiaan R. se mees suksesvolle strooptogte van die oorlog was te Roodewalstasie, tussen Kroonstad en Vereeniging op 07.06.1900. Hy verdeel sy magte in 3 en doen gelyktydige aanvalle op die garnisoene langs die spoorlyn uit Kroonstad en hy val Roodewalstasie direk aan. Binne ‘n paar uur was alle teenstand oorkom en ‘n ontsaglike buit word geneem (gewaardeer tussen £100,000 en £250,000). Alle goedere wat nie weggeneem kon word nie, word verbrand.

Lord Roberts was toe vasbeslote om Christiaan R. te vang. Met 15000 man probeer hy om hom teen die Drakensberge vas te druk. Pres. Steyn en die OVS Regering was te Bethlehem gesetel en moes noodgedwonge nadat genoemde dorp ingeneem word, saam met Christiaan R. op kommando gaan. Hy slaag daarin om op 15.07. 1900 deur een van die onbewaakte passe te ontsnap. ‘n Dubbele slag tref hom nou. Genl. Marthinus Prinsloo saam met 3000 man gee aan die vyand oor en Christiaan R. se broer, Genl. Pieter Daniel, gee oor aan die Engelse.

‘n Mag van 50,000 man word deur die vyand gemonster om Christiaan R. uit te skakel. Hy slaag egter daarin om hulle deur die Vaalrivier na Transvaal te ontwyk. Hy word verplig om die Magaliesberge oor te steek en gee sodoende sy uitgeputte kommandos ‘n blaaskans van ‘n paar weke.

Hierdie bomenslike trek deur baie moeilike terrein het Christiaan R. se prestige in die buitewêreld en onder sy eie mense ontsaglik verhoog. Sommige hooggeroemde Britse aanvoerders se reputasies het, as gevolg daarvan, in skerwe gelê.

Daarna gaan hy weer terug na die Vrystaat waar hy deur vinnige slae die vyand gedurig in onsekerheid hou en hul kommunikasies ontwrig.

Op 06.11.1900 word Christiaan R. en 800 man, wat Pres. Steyn en gevolg insluit, in die vroeë oggendure, te Bothaville, toe die meeste burgers nog onder die komberse was, deur Kol Le Gallais se kolonne oorval. Alleen die spoed van die vlug en die dapperheid van die agterhoede - wat later almal gevang word - en die stadigheid van Genl. Knox se hoof troepemag, red Christiaan en sy mag van uitwissing. Hy verloor benewens gesneuweldes, gewondes en gevangenes al sy grofgeskut (6 Krupp kanonne).

Om druk op die Oostelike Vrystaat te verlig, word die Kaapkolonie in Desember 1900 binnegeval. Die poging word egter in die wiele gery deur aanhoudende reëns en die volgehoue agtervolging van Genl. Knox en sy troepe.

Op 14.12.1900 slaag hy en sy kommando om op ‘n slim manier by Springkaansnek deur te breek en Genl. Knox weer te ontkom. Op 10.02.1901 gaan Christiaan R. en sy kommando by Sanddrif die Kaapkolonie binne. Die tog van 800 myl wat hy onderneem was epies, maar militêr nie geslaag nie. Hy word voortdurend deur Genl. Knox en ander Britse bevelvoerders agtervolg en kon nie eintlik groot skade aanrig nie - wat hy wel reggekry het, was om ‘n groot mag besig te hou wat nie elders aangewend kon word nie.

Die Engelse bring nou hul blokhuiskrale (drives) in werking om Christiaan R. vas te trek. Hy breek deur die versperrings met vindingryke vernuf en kom deur waar minste verwag word. Kersfeesmôre om 2vm. 1901 val Christiaan R. Maj. Williams, in bevel van 400 Yeomanry-soldate, gestasioneer te Groenkop (Krismiskop), aan. Dit was chaos by die vyand wat die aanval nie verwag het nie, en hy kom omtrent ongedeerd deur die halfvoltooide linie (die Yeomanry moes die blokhuislinie bewaak). By Kalkkrans aan die Holspruit merk hy weer ‘n swak skakel in die “Kraal” en ontsnap met minimale verliese (23.02.1902). Die skrif was egter aan die muur en die Britte se verskroeide aarde, konsentrasiekamp en blokhuismetodes het begin vrugte afwerp.

Op 31.05.1902 word die Vredesverdrag van Vereeniging geteken, o.m. deur Christiaan R. as agerende President van die OVS (Pres. Steyn was ongesteld). Hy was in die begin teen die sluit van die verdrag maar word later oorreed om dit te teken.

Na die oorlog (Julie 1902) vertrek hy saam met Genl.s Botha en De la Rey na Europa om noodlenigingsfondse in te samel. Die huldebetoon wat hulle oral te beurt val, staan hom nie juis aan nie en hy keer spoedig terug. Hy skryf gedurende die bootreis met die hulp van Ds. J.G. Kestell die boek, “De stryd tusschen Boer en Brit”. Dit is in verskeie tale o.m. Engels, Frans, Sweeds, Duits ens. vertaal. Daar was dadelik ‘n groot aanvraag daarvoor.

Hy neem aan die politiek deel en word in die eerste parlement van die “Orange River Colony”, as lid van Vredefort, en as Minister van Landbou aangestel (1907). By Uniewording (1910) tree hy egter uit die politiek en vestig hom die jaar op die plaas Allanvale, naby Memel. Hy aanvaar die benoeming as lid van die Unie se verdedigingsraad (1912), maar bedank in 1913 daaruit na die breuk tussen Genl.s. Hertzog en Botha. In 1914 sluit Christiaan R. by Genl. Hertzog se Nasionale Party aan.

Die uitbreek van die die Eerste Wêreldoorlog bring mee dat daar ‘n skeuring tussen Genls Botha en Smuts aan die eenkant, en Genls Hertzog en De Wet aan die anderkant kom.

Genls Botha en Smuts, as regering van die dag, was voorneme om die Britse regering te ondersteun deur Duits-Wes-Afrika namens hulle te verower. Hertzog en De Wet aan die anderkant was nie geneë om mee te help nie. Die rebellie wat hierna ontstaan, was spontaan en heeltemal ongekoordineerd of vooraf deurdag, en het geen kans op sukses gehad nie. Christiaan R. en sy ses seuns neem daaraan deel. Sy een seun, Danie (24) (Daniel Rudolf *18.09.1890) sneuwel by Doornberg te Allemanskraal op 08.11.1914.

Christiaan R. en sy swak gewapende magte kon nie stand hou teen die Regeringsmagte wat gemeganiseerd en met moderne wapens toegerus was nie.

Op 30.11.1914 word hy te Waterbury, naby Vryburg, saam met sy metgeselle gevang deur Kol. Jorrie Jordaan van die Regeringsmagte. Hy word in die fort in Johannesburg aangehou. Op 15.06.1915 word hy op aanklag van hoogverraad skuldig gevind en tot 6 jaar gevangenisstraf en ‘n boete van £2,000 veroordeel. Die boete word binne maande ingesamel en die grootste deel van sy tronkstraf word na verskeie vertoë hom vrygeskeld.

Sy gesondheid het ‘n kwaai knou gekry en hy kon nie weer enige openbare ampte aanvaar nie.

Na sy vrylating verkoop hy sy plaas Allanvale en verhuis na Puntjiesfontein, Edenburg. Sy laaste verhuising was na Klipfontein, Dewetsdorp, waar hy op 03.02. 1922, na ‘n lang siekbed in armoede sterf. Hy word aan die voet van die Vrouemonument in Bloemfontein begrawe.

Daar bestaan verskeie stand-en borsbeelde van hom, die bekendste is die Ruiterstandbeeld in Bloemfontein.

Christiaan R. se beskrywing van sy ondervindinge in die Anglo-Boereoorlog soos opgeteken in sy boek, gee ‘n aanduiding waarom hy nooit gevang is nie. Hy het die land soos die palm van sy hand geken. So beskryf Christiaan R. hoe die Engelse gepoog het om hom teen die Oranjerivier wat in vloed was, vas te druk. Al manier om uit die dilemma te kom, was om die nag geluidloos (gelukkig was dit baie donker) op sy eie spoor terug te gaan, verby die vyand te sluip en so te ontsnap. (Februarie 1901). Sy energie was verbasend en sy gesondheid goed. Hy was ‘n swak verloorder en na elke terugslag het hy teruggekom om sy nederlaag te probeer wreek.

Op 06.11.1900 is sy kommando by Bothaville oorval en word hy ‘n gevoelige slag toegedien. Dit kon hom egter nie onderkry nie - op 11 November blaas hy alweer die spoorweg en brûe op, en op 21 November val hy Dewetsdorp aan, en neem dit op die 23ste in. Sy oogmerk was, soos hy dit stel, “...Bothaville was een groote doorn in’t oog... wij moest... met de Engelschen afrekenen”.

Christiaan R. was besonder oplettend en het ‘n goeie voorgevoel gehad. So vertel hy van ‘n geval waar ‘n swartman sy dienste aangebied het as agterryer. Hy was egter besig en vra hom om later terug te kom, dan sal daaroor besluit word.

Die nag 11-uur, voor hy gaan slaap, val die voorval hom by. Daar word na die swartman gesoek maar dié was skoonveld.

Onraad word vermoed en hy besluit om kamp op te breek en pad te gee. Net so goed, want dagbreek die volgende môre word Christiaan R. se posisie deur ‘n Engelse mag bestorm - gelukkig was hy weg!

Hy het besondere mensekennis besit en kies die beste verkenners, wat hom die korrekte en goeie inligting bring. Sy baasverkenners was Kmdt Danie Theron en Kapt Gideon Scheepers, op wie se verslae baie van sy besluite berus het.

Christiaan R. verhaal in sy boek van inligting wat hy ontvang het wat aandui dat sy posisie nie te goed was nie. Hy steur hom egter nie aan die berig nie, maar wag op Theron en Scheepers se verslae. Dié se rapporte was heel anders as die eerste berig en dit stel hom in staat om sonder moeite die vyand te ontkom (Julie 1900). Hy hou al sy bewegings geheim, wat verraad uitskakel. Die ongedissiplineerdheid van die burgers probeer hy met ‘n sambok regslaan.

Hy het ‘n gesonde humorsin gehad en kon die koddigheid van ‘n situasie insien. So beskryf hy hoe ‘n Jood ‘n boer se veilige posisie agter ‘n klip gedurende ‘n geveg wou koop - vir geen geld wou dié sy veilige hawe prysgee nie! Hy sien die snaaksheid in toe ‘n burger wat Pres. Steyn nie ken nie, hom beskryf as’n groot konstabel met ‘n rooi baard wat almal belet om in die dorp in te gaan. Toe hy van “Honingkopjes” moes retireer, merk hy wrang op, “daar was trouens geen smaak van honing” by die koppies nie.

By Van Vuurenskloof aan die Vaalrivier word Christiaan R. een môre vroeg voor ontbyt verras deur die vyand, en hy beskryf dit “op de nuchtere maag geen kleinigheid” te wees.

Pres. Steyn was saam met Christiaan R. op kommando en hulle word voortdurend deur die Engelse agtervolg. Hy som die situasie op dat “de Engelschen waren op Pres. Steyn en mij toch al te verlief. Ik werd...twee dagen lang.... van hunne liefkoozingen verschoond”. Daar was die geleentheid toe hulle niks te ete gehad het sedert die vorige môre nie, en so honger was dat hulle “een spijker den kop konden afbijten”.

Christiaan R. se kinderlike geloof in die regverdigheid van sy saak en dat die Here aan sy kant was en hom in alle gevaarlike situasies beskerm, het baie bygedra tot sy selfvertroue en vertroue wat ander in hom gestel het. Deurdat Christiaan R. ‘n populêre persoon, hier en in die buiteland was, was daar heelwat van sy gesegdes in omloop. Verskeie gedigte in Afrikaans en Engels is aan hom opgedra.

Daar word vertel dat na die oorlog sommiges van mening was dat die Engelse vergewe moet word vir wat hulle die Afrikaners aangedoen het. Sy reaksie hierop was - “Die Engelse vergewe? ...ja met rottegif!”

Met die drie boeregeneraals se reis na Europa, het Christiaan R, o.m. die Britse Eerste Minister, Joseph Chamberlain, besoek. Nadat laasgenoemde hom ‘n halfuur laat wag het, kom hy te voorskyn en spreek hom as “Mr. de Wet” aan. Op sy beurt noem hy die Eerste Minister “General Chamberlain”. Daarna was die lug gesuiwer en die gesprek gemoedelik.

‘n Gedig deur Jan F. Cilliers opgedra aan Christiaan R. sluit as volg af:

“En hierdie pure man

Jou kind, Suid-Afrika!

Wat vrees ons dan? ...

In ons De Wet se gees

Voorwaarts,

Suid-Afrika.”

Bertrand Shandwell, ‘n bewonderaar, sê onder andere die volgende van hom:

“His home is the velds open face

His roof is the azure of endless space

He sleeps where he loosens his saddle girth

And his only bed is the good red earth.

Such a leader of men we ne’er have met

And he fights for freedom, De Wet, De Wet”

More info @ http://www.anglo-boer.co.za/role-players/gen-cr-de-wet.php[]

About Generaal Christiaan Rudolf de Wet (Afrikaans)

view all 19

Generaal Christiaan Rudolf de Wet's Timeline

1854
October 7, 1854
Smithfield, FS, South Africa
1873
June 23, 1873
Age 18
Bloemfontein, Free Sate, South Afria
June 23, 1873
Age 18
Bloemfontein, FS, South Africa
1876
March 17, 1876
Age 21
Smithfield, Free State, South Africa
1877
July 8, 1877
Age 22
Kroonstad, Free State, South Africa
1879
September 18, 1879
Age 24
Heilbron, Free State, South Africa
1882
January 5, 1882
Age 27
Frankfort, Northern Free State, Free State, South Africa
1884
February 26, 1884
Age 29
Lichtenburg, North West, South Africa
1886
1886
Age 31
Dewetsdorp, Free State, South Africa
1888
1888
Age 33
Dewetsdorp, Free State, South Africa