Gerhardus Daniel Daniël Potgieter, b1c8d1e5f13g2h1 (1870 - 1939)

‹ Back to Potgieter surname

Is your surname Potgieter?

Research the Potgieter family

Gerhardus (Gert) Daniël Potgieter's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Nicknames: "(1870 - 1939) Gert (b1c8d1e5f13g2h1)", "Gert"
Birthplace: Plaas : Trianon, Smithfield, Oos-Vrystaat, Vrystaat, South Africa
Death: Died in Heilbron, Northern Free State, Free State, South Africa
Cause of death: Natural : coming of age
Occupation: Boer / Farmer
Managed by: Dries Potgieter b1c8d1e5f9g7h4i9
Last Updated:
view all 28

Immediate Family

About Gerhardus Daniel Daniël Potgieter, b1c8d1e5f13g2h1

Gerhardus Daniel POTGIETER,

Genoem/Called : Gert

Parents: Johannes Theodorus Potgieter en Johanna Susanna Petronella Wilhelmina Potgieter (gebore Mentz)

Siblings: Hendrik Potgieter, Johannes Frans Potgieter, Johanna Magdalena Potgieter, Wessel Johannes Jacobus Potgieter, Joachim Frederik Potgieter, Elizabeth Anna Maria Potgieter, Nicolaas Phillipus Potgieter, Frans Engelbertus Potgieter, ******* Potgieter, Johanna Susanna Potgieter, Matheus Hendricus Potgieter, Anna Susanna Potgieter, Geertruida Margaretha Potgieter, Maria Elizabeth Potgieter

Wife1: Jacoba Elizabeth (Kotie) Potgieter (gebore Janse van Rensburg) (died) Wife2: Louisa May Potgieter (Coetzee) (gebore Froneman)

Children: Cornelia Susanna Groenewald (gebore Potgieter), Johannes Theodorus (Jan) Potgieter, Johanna Susanna Potgieter, Jacoba Elizabeth (Kotie) Van Heerden (gebore Potgieter), Phillipus Rudolph (Phlip) Potgieter

Gebore/Born 6 May 1870 op die plaas: Trianon te Smithfield, OVS

Sterf/Died 29 Des 1939 in sy huis op Heilbron OVS

Begrawe 31 Des 1939 in Demilander, Heilbron/Petrus Steyn, OVS.

Gert Potgieter was 'n stil en kwaai person wat besonders fisies sterk was. Gert was gesiene inwoner en 'n ryk grondbaron van die Petrus Steyn/Heilbron distrik - Riemland in deVrystaat. Gert het vele plase besit, waarvan Demilander en Gelderland steeds (1995) aan sy nasate behoort. Van sy ander plase was Potgieter, Ongegund en Kaalfontein. Dit is duidelik dat hy welgesteld was volgens sy en Kotie se trou foto waar hulle voor 'n spieëL staan.

Voor die Anglo-Boereoorlog is hy gereeld op werksbesoeke na Europa.

Gedurende die Anglo-Boereoorlog word hy as krygsgevangene op Ceylon (vandag Sri Lanka) aangehou. Hier bemeester hy die kuns om uit metaal allerhande ware te maak. Sy agterkleinseun, Andries besit so 'n beker wat hy in Ceylon gemaak het. Hy het ook minature mauser uit hout gekerf, waarvan een in sy klein seun, Leon, se kinders se besit is.


Gert maak die Vrede van Vereniging (1902) en Uniewording (1910) mee. Die stigting van die dorp Petrus Steyn in 1912 word ook deur hom beleef, maar hy het egter nog steeds by Heilbron ingeskakel. Op sy oudag bly Gert op dié dorp gaan. Hy is wel op die plaas Demilander begrawe.


Wrywing tussen sy twee seuns, Jan en Flip het gely tot die vervreemding van hul nageslagte. Daar was nooit goeie kommunikasie tussen Gert en sy seuns gewees nie. Konflik wat tussen hulle ontstaan het, is nie uitgepraat nie. Die Potgieters is maar bekend vir hul kopigheid, maar goeie harte. Beide sy seuns, Jan en Flip pleeg selfmoord, 'n paar jaar uitmekaar. Jan se oudste seun Gerrie se dogter en Jan se seun Jan, pleeg ook later jare selfmoord.

Die nageslagte van Gert se kinders (agter-kleinkinders) soek mekaar en vind mekaar weer sedert 1994/5.

Hy trou met (1) Jacoba Elizabeth (Kotie) Janse VAN RENSBURG (dogter van Philippus Rudolf JANSE VAN RENSBURG en Cornelia Susanna DE MILANDER) op 5 Mei 1891 deur ds EHH Albertyn; te Lindley, Kotie sterf op 18 Des 1918 in Demilander, Petrus Steyn, Riemland OVS, en is begrawe 20 Des 1918 op die plaas: Demilander, Petrus Steyn, Riemland OVS.

Die plaas Demilander is na Kotie se moeder vernoem. Dit was eers genoem DeMilander en later verander na Demilander. Die plaas is in besig van Gert se seun, Flip se klein kinders, Jorrie en Andries Potgieter.

(2) Louise MAY. Die vier dogters van Louise May word in familie rekords aangedui as stiefkinders van Gerhardus. Louise kom van die Lindley omgewing. Sy was bekend as : Louisa May Potgieter (Coetzee) (gebore Froneman) Gebore: 22 Junie 1879 en sterf op 17 Maart 1969 (89). Louise is in Boksburg, Oos Rand, Gauteng, South Africa begrawe Geen verdere inligting is omtrent haar bekend nie.

Weergegee deur Willa (potgieter) Truter, soos saam gevat in die document van Dr Jordaan Potgieter. Willa Google op Gert se vrou se grafsteen foto af, dis nou haar profiel foto, vandaar Louise se geborte en sterfte kennis. Inligting is ook verkry vanaf MyHeratige : http://www.myheritage.com/person-1500010_210924681_210924681/gerhardus-daniel-gert-potgieter +nhttp://www.myheritage.com/person-2000280_204641641_204641641/gerhardus-daniel-gert-potgieter en op WikiTree : http://www.wikitree.com/wiki/Potgieter-439 asook op GENi : http://www.geni.com/people/Gert-Potgieter/6000000018772194076

view all 14

Gerhardus (Gert) Daniël Potgieter's Timeline

1870
May 6, 1870
Smithfield, Oos-Vrystaat, Vrystaat, South Africa
1891
May 5, 1891
Age 20
Lindley, Riemland, Free State, South Africa
1920
October 5, 1920
Age 50
Steynsrus, Riemland, Vrystaat, South Africa
1939
December 29, 1939
Age 69
Heilbron, Northern Free State, Free State, South Africa