Follow Us
Be a Fan
| Birthdate: | |
| Birthplace: | Middelburg, MP, South Africa |
| Death: | Died in Graaff-Reinet, EC, South Africa |
| Cause of death: | Gefussileer deur Britse vuurpeleton |
| Managed by: | Maria Francina Botha |
| Last Updated: | |
http://nuwegeskiedenis.co.za/boere-held-gideon-scheepers-herdenk/
Kommandant Gideon Jacobus Scheepers (1878 - 1902), Boere militêre leier tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Gideon Scheepers is gebore op 4 April 1878 op Middelburg in die Zuid-Afrikaanse Republiek. Op die ouderdom van 16 jaar word hy heliografis by die ZAR-artillerie, maar in 1898 gaan hy die Oranje-Vrystaat Republiek om 'n veldtelegrafiediens te help vestig. Met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog word hy as heliografis vir die ZAR na Natal gestuur. Later is Scheepers betrokke by die Slag van Magersfontein. Met genl. Piet Cronje se oorgawe by Paardeberg, ontsnap Scheepers. Op 22 word Scheepers kommandant van ‘n 150-man-eenheid wat die Britse troepe die stryd in die Kaapkolonie moet aansê. Die klein kommando het veral sukses om Britse spoor- en telegraafverbindings in die Kaap te saboteer, terwyl hinderlae die Britse troepe verliese toedien. In hierdie skermutselinge word Scheepers se heldhaftigheid ten toon gestel. Dit lei daartoe dat Scheepers se teenwoordigheid in die Kaapkolonie meebring dat baie Kapenaars by die Boere magte aansluit teen Brittanje. Op 10 Oktober 1901 word Scheepers ernstig siek naby Prince Albert en vra om agtergelaat te word. Die Britte neem hom gevange op Koppieskraal naby Prins Albert en stuur hom na ‘n tronk op Graaff-Reinet. ‘n Krygsraad misken sy aanspraak as offisier van die Boere republieke se magte en aanvaar onbetroubare getuienis dat hy oorlogsmisdade gepleeg het. Hy word skuldig bevind aan oorlogswandade, waarna hy in 1902 deur 'n vuurpeleton gefusilleer word. Die Britte weier om sy stoflike oorskot te oorhandig, en hy word in ‘n onbekende graf begawe. Scheepers verwerf martelaarstatus deur die Britse krygshof se optrede en hy word as een van die helde van die Boeremagte gereken.
-------------------- Boerekommandant was teenwoordig by Slag van Magersfontein op 11 Desember 1899. Gevange geneem op 10/10/1901 te "Koppieskraal" distrik Prins Albert, terwyl hy ernstig siek was aan longontsteking en word na die tronk op Graaff - Reinet oorgeplaas. Is skuldig bevind en gefusileer te Graaff - Reinet op 08/01/1902. Was nooit getroud nie maar wel verloof aan Johanna Scheepers.
Suid - Afrikaanse Geslagregisters: Lombard en Heese