Hendrik Matthijs van Zijl, b3c2d13e8(e9?)

Is your surname van Zijl?

Research the van Zijl family

Hendrik Matthijs van Zijl, b3c2d13e8(e9?)'s Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

About Hendrik Matthijs van Zijl, b3c2d13e8(e9?)

Hendrik Matthys Van Zijl se doen en late word deur J von Moltke in die sy boek "Jagkonings" wat in 1943 geskryf is, redelik volledig beskryf. Sy verblyf in Transvaal voor sy trek, kon ek weer deeglik navors en het enkele artikels, oa in "Restorica" nr 20 (Oktober 1986) vir Stigting Simon van der Stel [geskryf]. Van Zijl het ogeveer in 1855 van Colesberg na die Wes-Transvaal verhuis en die plaas wat hy sou noem, "Gestopten Fonteyn" (die Korannas het sy waterput met klippe toegegooi) in die gebied Korannafontein (vandag Ottosdal-distrik), bekom. Dit is in 1859 aan hom getransporteer. Van Zijl het sy vrou en een dogter in Colesberg agtergelaat en hy en sy vyf kinders met hulle goewernante, Chrissie van Antwerpen, sy minnares, Transvaal toe getrek. Sy seuns was Pieter, Marthinus, Andrew en John en sy dogters Sannie en Annie (Anne). Annie is later getroud met Nicolas Gey von Pittius wat aanvanklik lid van Van Zijl se jagters was maar later sy eie koers gekry het. Hy sal onthou word as die man wat president van die republiek Stelland geword het. Hendrik van Zijl is later wel wettig getroud met Chrissie en hulle het een dogter, Blanche, gehad wat getroud was met 'n Strauss van Bloemhof.

...

Op ou kaarte van Betsjoeanaland word die plek waar Van Zijl gewoon het in die Ghanzi aangedui as "Van Zyl's cutting". Van Zijl was in die eerste plek 'n olifantjagter en het vyf professionele jagters in sy diens gehad wat op 'n kommissiebasis vir hom gejag het. Sy jaggebied was die Ghanzi, Ovamboland en Angola. Hy was gewoonlik 6 maande van die jaar in die jagveld. Vanaf Gestoptefontein (toevallig vandag my buurplaas) het hy en sy jaggeselskap met hulle waens in April vertrek tot langs die Kurumanrivier. Dit was hulle basis en staan vandag nog bekend as Van Zylsrust. Hulle het gewoonlik einde September terug gekom via Van Zylsrust en vandaar na Gestoptefontein. Hier is die velle verwerk en wanneer alles gereed is, is sy transportwaens met die ivoor en velle Durban toe waar hulle verskeep is Kaapstad toe vir die veiling. Van Zijl is gewoonlik saam. Hy was 'n baie ryk man. Op Gestoptefontein het hy 'n huis gebou wat deur kundiges beskou word as die grootste huis wat ooit in Transvaal gebou was. Dit was soos 'n fort ingerig en hy en sy vyf jagters met hulle gesinne het daar gewoon. Van Zijl was een van die twee volksraadslede van die kiesafdeling van Potchefstroom (waaronder die hele Wes-Transvaal geval het) vanaf 1871 tot 1873 toe hy besluit het om te trek. Van Zijl was 'n Engelsgesinde Boer en het min simpatie gehad het met die beweegredes van ander wat die Transvaal verlaat het. So was al sy kinders byvoorbeeld in Kaapstad in skole en hy 'n persoonlik vriend van die Kaapse goewerneur, sir Bartle Frere. Die enigste rede waarom hy getrek het was om nader aan sy eintlike jagveld, die Tebra, in Ovamboland, te wees en om te verhoed dat die toenemende getal Afrikaners wat besig is om Transvaal te verlaat, daar gaan vestig en sy jaggebied bedreig. Om 'n langstorie kort te maak: Von Moltke vertel in detail van sy jagekspedisies en dat hy op een dag 103 olifante vasgekeer en geskiet het in 1877. Dit staan bekend as die berugte "Van Zijl-slag"! Die aanhoudende onmin tussen hom en die swartvolke het gelei tot sy ondergang. Hy verloor uiteindelik al sy besittings en word deur die Gobabis-Hottentotte ter doodveroordeel maar ontstap deur die toedoen van die Duitse sendeling Judt. Die Damarakaptein, Jan Afrikaner, ontferm hom oor hom en hy gaan woon in sy gebied. Voor sy vertrek op sy laaste jagtog skryf hy in Mei 1880 aan sy seun Marthinus 'n brief (wat behoue gebly het), van sy voorneme en vra hom om al die kinders namens hom te groet, want: "Ik geloof niet dat ik hun ooit wederom zal zien...Ik beveel u onder de bescherming van ons Hemelsche Vader. Zoo blyft ik u nooit vergetende vader. HM van Zijl." Hy is een nag op verraderlike wyse in Junie 1880 in Ukuambi in Ovamboland deur sy eie agterryer, Geduld, wat hy as kind grootgemaak het, wakker gemaak en net toe hy van sy ossewa afklim, doodgeskiet. Een van sy jagters, Flip Scheepers, wat saam was, het dit bevestig. Van Zijl se seun Andrew wou dit nie glo nie en het steeds Geduld in diens gehou. 'n Paar maande daarna het dieselfde Geduld ook vir Andrew op ewe verraderlike, op sy perd eers gewond, en toe hy val, op die grond doodgeskiet! Dit is in baie kort die geskiedenis van hierdie merkwaardige man wat saam met Jan Robbertse van die Marico deur Von Moltke beskryf word as:"...dié twee jagkonings van die Afrikanernasie - die grootste onder die grotes!" - Pieter de Jager on http://www.reocities.com/Athens/Atlantis/4364/ (Thirstland Trek and Van Rensburg Family, A.M. van Rensburg)

view all 14

Hendrik Matthijs van Zijl, b3c2d13e8(e9?)'s Timeline

1828
October 19, 1828
Gamka
1829
February 8, 1829
George
1848
April 30, 1848
Age 19
Cradock
1849
June 18, 1849
Age 20
Brakrivier
1851
February 23, 1851
Age 22
Brakrivier
1852
May 7, 1852
Age 23
Brakrivier
1853
December 20, 1853
Age 25
1855
May 22, 1855
Age 26
1857
July 6, 1857
Age 28
1859
1859
Age 30