Henry Allan Fagan (1889 - 1963)

‹ Back to Fagan surname

3

Matches

0 0 3
Adds occupation and sibling(s).

View Henry Allan Fagan's complete profile:

  • See if you are related to Henry Allan Fagan
  • Request to view Henry Allan Fagan's family tree

Share

Related Projects

Birthplace: Tulbagh, Kaapkolonie, Tulbagh, Western Cape, South Africa
Death: Died in Cape Town, Western Cape, South Africa
Managed by: Louis Scholtz, j4
Last Updated:
view all

Immediate Family

About Henry Allan Fagan

Henry Allen Fagan

(Tulbagh, 4 april 1889-Kaapstad, 6 december 1963) Een van Suid-Afrika se veelsydigste figure, oud-hoofregter Henry Allen Fagan, is op 6 Desember 1963 oorlede. Veelsydig: hy was in die lewe advokaat, joernalis, hoogleraar in die regte, digter, dramaturg, regter, minister, politikus en skaakkampioen.

‘Ek voel dankbaar dat ek lank genoeg gelewe het om die Afrikaner in sy stryd om erkenning en gelykberegtiging van homself, sy taal, sy kultuur, en sy tradisies te sien seëvier. Nou bly my nog die een bede oor: mag hy hom in die oorwinning net so groot en edel toon as in die stryd’.

Fagan is op 4 April 1889 op Tulbagh gebore, en het vroeg reeds uitgeblink as student. Aanvanklik studeer hy in die lettere, en neem selfs waar as lektor in Hollands vir prof. W.J. Viljoen aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy was 'n tydlank teologiese student, maar besluit dan om 'n regsloopbaan te volg. In 1910 is hy in Londen, en behaal daar die graad L.L.B. in 1914. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog was hy terug in Suid-Afrika en neem deel aan die Afrikaanse herlewing. Hy was sekretaris van die komitee wat die oprigting van die Nasionale Pers en die koerant De Burger bewerkstellig het. Hy word assistentredakteur van De Burger onder wyle dr. D.F. Malan.

In 1919 is 'n regsfakulteit op Stellenbosch in die lewe geroep en Fagan is aangestel as die eerste professor in Romeins-Hollandse Reg. Hy bedank egter aan die end van 1920 om in Kaapstad as advokaat te praktiseer. Twee jaar later is hy getroud met mej. Queenie Theron.

In 1925 word Afrikaans verhef tot amptelike taal in die plek van Nederlands langs Engels. Ook hier het Fagan sy bydrae gelewer - 'n bydrae wat deurslaggewend was om die wysiging in die verskanste artikel 137 van die Uniegrondwet teweeg te bring.

Sy sukses aan die Kaapse balie was so opvallend dat hy in 1932 aangestel is as waarnemende regter in Kimberley. Maar sy belangstelling in die politiek en die begeerte om sy volk te dien volgens die lig wat hy gehad het, was so onweerstaanbaar, dat hy in 1933 Lid van die Volksraad vir Swellendam geword het. Die jaar daarop is die samesmelting van die Nasionale Party van genl. J.B.M. Hertzog en die Suid-Afrikaanse Party van genl. J.C. Smuts. Dit was vir hom moeilik om te kies tussen dr. D.F. Malan met die ‘gesuiwerde’ Nasionale Party en die nuwe Verenigde Party van genl. Hertzog; hy het hom by laasgenoemde geskaar. In 1938 word hy L.V. vir Stellenbosch en genl. Hertzog het hom in die kabinet aangestel as Minister van Naturellesake, Onderwys en Volkswelsyn. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het hy genl. Hertzog na die opposisiebanke gevolg.

Fagan het teruggekeer na die Balie, en aanvaar in Maart 1943 'n setel op die regbank van die Kaapse Hooggeregshof. Een van sy grootste take verrig hy in 1946 as voorsitter van die Kommissie van Ondersoek na Naturellewette. Hieruit het voortgekom die Fagan-verslag wat beskou kan word as die wegspringplek van die Suid-Afrikaanse naoorlogse Bantoepolitiek. ‘Want dit het die mate van ekonomiese integrasie van die Bantoe geopenbaar en die land gedwing tot die prinsipiële keuse wat vandag die vernaamste skeiding in die blanke politiek vorm: berusting in en aanpassing by die feite en tendensies soos die Faganverslag dit aangetoon het, of onwrikbare verset teen kruipende swart verowering, en wel deur middel van 'n radikale beleid van aparte territoriale vryheid’. (Die Burger, 9 Desember 1963).

Fagan se bevinding was dat ‘totale segregasie’ onuitvoerbaar is; gelykstelling het hy verwerp. In 1950 het Fagan appélregter geword, en in Januarie 1957 is hy aangestel as hoofregter tot by sy aftrede in April 1959 toe hy die leeftydgrens van 70 jaar bereik het. 'n Tydlank het hy ook waargeneem as staatshoof. Hy het weer teruggekeer tot die politiek en in 1961 leier geword van die Nasionale Unie, wat egter swak gevaar het in verkiesings. In 1961 was hy die Opposisiekandidaat vir die presidentskap; in 1962 het die Verenigde Party hom tot senator gekies wat hy gebly het tot aan sy dood.

Sy politieke beskouing van sy laaste jare is saamgevat in twee boeke Our Responsibility (wat ook in Afrikaans en Duits vertaal is), en Co-Existence. Oorleg van die rasse was sy kernbeskouing. Fagan was lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, en ook van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Daarom wil ons kortliks stil staan by sy letterkundige werk. In 1917 verskyn 'n Eerste Digbundel, en dan swyg hy meer as dertig jaar; in 1949 volg Soos die windjie wat suis en ander gedigte, wat 'n styging in sy poësie aandui.

Uit sy eerste bundel is daar die treffende gedig Op Knysnastrand waarin die dramatiese element op die voorgrond tree, en waarin tegelyk 'n mooi beeld te waardeer is. In sy jongste bundels is Fagan 'n gerypte mens, het hy reeds helderheid gekry oor lewensprobleme, het hy geleer om die lewe te aanvaar in die wete ‘berusting is so soet’: hy is die gelowige wat weet dat God die roeispaan van sy bootjie rig, en daarom vrees hy die Dood nie. Nkosi Sikelel' i-Afrika verwoord sy houding oor die verhouding tussen blank en gekleurd in Suid-Afrika:


Uit duisend monde word die lied gedra.


Ek sluit my oë; soos 'n serafskoor


val daardie stemme strelend op my oor:


'Nkosi sikelel' i-Afrika' -


ons vra u seën, o Heer, vir Afrika.


Ek kyk, en sien die skare voor my staan:


Zoeloe en Kosa, Soeto en Sjangaan, en ek,


'n Blanke - vele volkre, ja -


almal verenigd om Gods seën tevra


op net een tuiste, net een vaderland,


want die Alwyse het ons saam geplant


en saam laat worstel in Suid-Afrika.


'Nkosi Sikelel' i-Afrika' -


seën Heer, die land wat vele volke dra’.

Fagan het die vertelkuns ook beoefen met 'n bundel sketse: Uit 'n Studente-album (1917). Dit is egter op die gebied van die drama waar hy die hoogste prestasies behaal het, en ook in 1936 met die belangrikste Afrikaanse letterkundige prys bekroon is, nl. Die Hertzogprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en wel vir Die Ouderling en ander Toneelstukke (1934). Saam met Leipoldt en Grossopf word hy dan ook allerweë erken as een van die grondleggers van die Afrikaanse drama Lenie. Na sy eerste drama, (1924) vertoon sy kuns 'n voortdurend stygende lyn, hoewel hy nog meermale struikel oor die klippe van onoortuigende karaktertekening en onaanneemlike verwikkeling. In Op sand gebou (1932), Die Ouderling en ander toneelstukke (1934), Twee Blyspele (1945) en Die nuwe wêreld (1947) raak hy allerlei persoonlike en maatskaplike probleme aan. Ousus, die tragedie van 'n swak goeiigerd wat deur oormaat van inskiklikheid haar ware lewensgeluk misloop, is inderdaad onder Fagan se groter stukke sy meesterwerk, 'n tegnies voortreflik geslaagde stuk. Ruwe Erts en Rooibruin Blare is twee pragwerkies; veral in laasgenoemde toon Fagan hom op sy beste en dis 'n juweel in sy soort.


P.J. NIENABER

Bron:

Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1966 (1966)

Aanvullende Bronne

From: "Karin Losch" <Karinlosch@mweb.co.za>

Subject: Re: [ZA] Missing ancestors - FAGAN

Date: Tue, 6 Dec 2005 18:45:18 +0200

References: <20051115121626.757E65115@ctb-mesg1.saix.net>

I have found the following on the Fagan name in my database. I also know of

Fagans still living here in Cape Town, and with their permission, I will forward their contact details off list to those interested.

Karin

Henry Allan Fagan was born in Cork., Ireland. He died in Cape, South Africa. Henry married Mary Daniels . Mary was born in Wales. She died in Cape,South Africa.

They had the following children:

Henry Allan Fagan was born on 27 Oct 1837. He died on 9 Mar 1891. Henry married Sophia Rachel J. Bedeker daughter of Paul Hermanus Bedeker and Johanna Hendrina A. van der Kolff about 1860 in Cape,South Africa. Sophia was born on 15 Nov 1837 in Tulbach,Cape,South Africa. She died in 1911 in Cape,South Africa.

They had the following children:

Henry Allen Fagan was born on 20 Mar 1865. He died on 6 Jul 1931. Henry married Catharina Susanna Smith daughter of Lourens Johannes Smith and Hester Jacoba Smit on 22 Mar 1887 in Tulbach,Cape,South Africa. Catharina was born on 16 Feb 1864 in Wellington,Cape,South Africa. She died on 12 July 1937 in South Africa.

They had the following children:

Henry Allan Fagan was born on 4 Apr 1889 in Tulbach, Cape, South Africa. He died in South Africa. Henry married Queenie Theron on 3 Oct 1922 in Transvaal, South Africa. Queenie was born in South Africa. She died in South Africa.

From: "Ron" <ronsmit@intekom.co.za>

Subject: RE: [ZA] Missing ancestors - FAGAN

Date: Tue, 15 Nov 2005 20:05:57 +0200

In-Reply-To: <20051115121626.757E65115@ctb-mesg1.saix.net>

Hi Janis,

This appears in Familia, by JA Heese:

Henry Allan FAGAN = Queenie THERON Married 03 October 1922, Tulbach, Cape

Henry Allan:

Born 04 April 1889, Tulbach, Cape Christened 02 June 1889, Tulbach, Cape Chief Justice and Governor General of the Union of South Africa

His father and grandfather, also carried the name Henry Allan, however, grandfather was born in Cape Town 27 Oct 1837, died 9 Mar 1891.

I found the relative birth dates interesting - I don't know how many Fagan's were around at the time, so maybe a sibling?

Perhaps delving into a high profile character could yield some results?

There are also some Fagan's in the CDNI database on our web site - these and many others have not found their way to the archives, as far as I know.

Hope some of this helps,

Ron www.e-family.co.za

view all

Henry Fagan's Timeline

1889
April 4, 1889
Tulbagh, Western Cape, South Africa
1927
1927
Age 37
1963
June, 1963
Age 74
Cape Town, Western Cape, South Africa
????