Hermanus Bosman, SV/PROG

Is your surname Bosman?

Research the Bosman family

Hermanus Bosman, SV/PROG's Geni Profile

Records for Hermanus Bosman

1,277,692 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Hermanus Bosman, SV/PROG

Nicknames: "Lambertus", "He emigrated to South Africa estimated 1702"
Birthdate:
Birthplace: Amsterdam
Death: Died in Paarl
Place of Burial: Paarl, Western Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Lambertus* Bosman and Maria France Fransz
Husband of Elisabeth de Villiers, b1 SM
Father of Susanna de Vries, b2; Maria Mei Bosman, b3; Abraham Bosman, b4; Petrus Johannes Bosman, b5; Elisabeth Bosman, b6 and 6 others

Occupation: Sick-comforter, "Voorleser, Sieketrooster (dokter), founder and owner De Nieuwe Plantatie, Paarl
Managed by: Private User
Last Updated:

About Hermanus Bosman, SV/PROG

Hermanus Bosman * Amsterdam 19.4.1682 s.v. Lambertus Bosman v. Aurik in Oos-Friesland wat op 6.9.1681 getroud is met Maria Fransz v. Amsterdam. Hermanus gaan in 1705 na Batavia as sieketrooster, maar in 1707 a. aan die Kaap op die Overryp. Hier word hy aangestel as sieketrooster en voorleser vir die gemeente Drakenstein. Hy tree in 1748 uit VOC-diens en woon op “De oude Plantage” † 26.7.1769 (sien verder Die Bosmans in Suid-Afrika deur Sita de Kock) x 4.3.1708 Elisabeth DE VILLIERS * c. 1690 † c. 1765 d.v. Abraham de Villiers en Susanna Gardiol

b1 Hermanus * 16.2.1709 ≈ Stellenbosch 7.4.1709 † 22.8.1713

b2 Susanna ≈ 17.1.1712 x 3.8.1732 Izak DE VRIES

b3 Maria Mei * 29.3.1714

b4 Abraham * 14.2.1716 ≈ 23.2.1716 † c. 1806 (90.-)

b5 Petrus Johannes * 24.6.1718 ≈ 17.7.1718 x 12.5.1743 Maria MARAIS

b6 Elizabeth * 6.10.1720 ≈ 12.10.1720

b7 Hermanus * 24.9.1722 ≈ 4.10.1722 † 19.3.1814 (91.5.25) x 21.3.1751 Maria MARAIS

b8 Jacobus ≈ 29.6.1726 x 13.9.1760 Anna Christina GROENEWALD

b9 Ester ≈ 13.3.1729 x Bartholomeus DE KONING

b10 Izak ≈ 6.4.1732 x 28.9.1756 Susanna DE VILLIERS

b11 Jan Christoffel ≈ 24.4.1734

sic. Cor Pama, "Groot Afrikaaanse Familienaamboek" , Hermanus Bosman, born 19.4.1682 in Amsterdam(Netherland), son of Lambertus and Maria Fransz were send to Batavia in 1705 as medical practitioner, but in 1707 he boarded the "Overryp, and stayed behind in the Cape where he was appointed as medical practitioner(sieketrooster) and "voorleser" in the congregation Drakenstein, Paarl and Wagenmakersvallei(Wellington) and Francshoek. He retired in 1748 and died on his farm "De Oude Platage" in the Paarl. This farm stayed the property of the De Villiers' , for many years.

He had 10 children.

--------------------

Hermanus Lambertus Bosman Ancestors of the Bosman family, son of Lambertus Bosman from Aurik East Friesland and Maria Franz from Amsterdam. The parents were married on 6/9/1681

sic: Geslagregisters van Vroeë Kaapse families.

Hermanus Bosman, gebore Amsterdam,19/4/1682 s.v. Lambertus Bosman v Aurik in Oos - Friesland wat op 6/9/1681 trou met Maria Franz, van Amsterdam. Hermanus is in 1705 na Batavia gestuur as Krankebesoeker maar het in 1707 met "De Overryp" teruggekeer en aan die Kaap agtergebly waar hy aangestel is as Krankebesoeker en Voorleser in die Gemeente Drakenstein, Paarl, Wagenmakersvallei(Wellington) en Franschoek. In 1748 het hy weens hoë ouderdom uit die diens getree en sterf op 26.7.1769. Sy woonplaas "De Oude Plantage" in Paarl was vir baie geslagte in besit van die familie. Trou op 4.3.1708 met Elisabeth de Villiers, gebore 1690 oorlede 1765, d.v. Abraham de V en Susanna Gardiol.

Vir die oudste genereasies van die familie vgl. D F Bosman. "Bosman of Drakenstein, some notes" in Familie 1.1964/5, nr. 2 en 3.

Vir die verdere nageslag vgl. M W J Bosman "Geslagregister van drie takke van die Bosman familie in SA." (1952) en "Geslagregister van nog twee takke van die Bosman familie in SA(1955)

===================================================

--------------------

visitor of the sick, in the service of the VOC 2

of De Nieuwe Plantagie, Drakenstein 3

born circa 1683, Amsterdam 4

died circa 1769, (based on will filing date) 5

will dated 5 November 1757

and filed 7 August 1769 6

Notes:

The inventory of his father-in-law, Abraham de Villiers, drawn up in 1721,

notes that he had already received 100 guilders as a marriage gift, and

was now receiving 500 guilders as the balanance due of Elizabeth's

portion of her father's estate.

In 1748 he petitioned the Council of Justice, stating that 'during a period

of fully 40 years, he had held the offices of Sick Visitor, "Voorlezer" and

"Voorzanger" in the Drakenstein Congregation, as far as he is aware,

to the satisfaction of his superiors:

he has, however, now attained to such old age that he can no longer

discharge his duties properly and therefore humbly prays the Governor

and the Council to relieve him of his duties and to permit him to remain

here "onder afgescherven gage" (unsalaried) and, should he obtain this

favour, he further begs that the Council may ... appoint his son Abraham

... [to] the post'.

(quoted from: Leibbrandt, H.C.V. - Requesten (Memorials) 1715-1806,

page 79e)

.....................................................

www.stamouers.com

Hermanus BOSMAN, die stamvader van die Bosmans in SA, vertrek op 20 Jan 1706 van Texel, Nederland na Batavia, was egter nie tuis in die verre Ooste nie en vertrek op die skip De Ooverryp na SA en kom aan in die "Cabo de Goede Hoop" op 18 Apr 1707, sy 25ste verjaardag. Hy het 'n attestaat ontvang van die dienaren en ouderlinge van "de gemeente Jesu Christi binne Amsterdam", wat getuig dat hy 'n lidmaat is van "de ware Gereformeerde Christelijke Kerke".

Aanvanklik was hy kranke besoeker, voorleser en voorsanger in Drakenstein saam met Paul Roux, wat die voorlesings in Frans vir die Hugenote gedoen het, hulle is aangespreek as dominee. Hy skryf aan sy suster Hester in Nederland dat die eerste kerkie, waar Simondium vandag is, "een slecht hutje" is.

Op 31 Julie 1718 word Hermanus aangstel as opsigter en gesaghebber van al die kerkwerk van Drakenstein. Op 1 Aug 1718 slaan hy die eerste pik in die grond vir die fondament van die nuwe kerkgebou, aan die voet van die Paarlberg (waar die Strooidakkerk vandag nog staan). Op 6 Sep 1718 het die Goewerneur die eerste steen gelê. Hierdie kerk het die gemeente 77 jaar gedien. Beide Piet Retief en Louis Trichardt is hier gedoop.

Om sy karige inkomste aan te vul het hy skoolgehou. So het hy in die huis van Abraham de Villiers, 'n ouderling en heemraad en sy toekomstige skoonvader beland. Abraham was een van drie broers wat stamvaders van die de Villierse in SA geword het.

Hermanus het op 17 Mei 1715 'n stuk grond van 2 morg van die goewerneur en Politieke Raad gekry, 'n ruim huis daarop gebou, 'n wingerd en vrugteboord aangelê en wyn gemaak wat hy oa vir nagmaal voorsien het. Die huis is in 1876 verbou deur Jan Daniel Bosman, toe was dit bekend as "De Nieuwe Plantatie".

Sy attestaat bestaan nog in die N G Kerkargief in Kaapstad en sy preekbundel was tot onlangs nog in die N G Kerkargief in Pretoria.

Hy trou 4 Maart 1708 met Elisabeth de VILLIERS (gebore Drakenstein 5 November 1690), dogter van Abraham de Villiers (hy en sy twee broers Jacob en Pierre was die De Villiersstamvaders) en Susanna Gardiol.

KINDERS:

b1 Hermanus gebore 16 Feb 1709, gedoop Stellenbosch 7 Apr 1709, sterwe 22 Aug 1713

b2 Susanna gebore 22 Des 1710, gedoop 17 Januarie 1712, X 3 Aug 1732 Izak de Vries

b3 Maria Mei gebore 29 Maart 1714, sy sterwe ongetroud op hoë ouderdom

b4 Abraham gebore 14 Feb 1716, gedoop 23 Feb 1716, sterwe ongetroud 1806

b5 Petrus Johannes gebore 24 Jun 1718, gedoop 17 Jul 1718, X 12 May 1743 Maria Marais

b6 Elizabeth gebore 6 Okt 1720, gedoop 12 Okt 1720, sy sterwe ongetroud

b7 Hermanus gebore 24 Sep 1722, gedoop 4 Okt 1722, X 21 Maart 1751 Maria Marais

b8 Jacobus gebore 24 Jun 1726, gedoop 29 Jun 1726, X 13 Sep 1760 Anna Christina Groenewald

b9 (H)Ester gebore 20 Feb 1729, gedoop 13 Maart 1729, X Bartholomeus de Koning

b10 Izak / Isaak gebore 29 Maart 1732, gedoop 6 Apr 1732, X 28 Sep 1756 Susanna de Villiers. Hulle was die stigters van die ou familieplaas Welgelegen, Bottelary, Stellenbosch

b11 Jan Christoffel gebore 15 Apr 1734 gedoop 24 Apr 1734. Hy sterwe ongetroud

Op 4 Maart 1758 het hy en Elisabeth hul goue bruilof gevier en vir die geleentheid het ds P van der Spuy vir hulle 'n gedig geskryf (sien Malherbe en

Malan p 291).

Van sy 11 kinders het net 2 die van Bosman voortgeplant, Hermanus b7 en Izak b10.

Bronne:

"DIE BOSMANS VAN SUID-AFRIKA 1707 - 1965" Saamgestel deur Sita de Kock (*Bosman) en bygestaan prof FCL Bosman en Paul D Bosman. Uitgegee deur JL van Schaik Bpk.

DF Bosman "Bosman of Drakenstein: Some Notes" Familia, 1964 no 3

Heese and Lombard

Saamgestel deur:

Paul Bosman pbosman@kleinfontein.net

--------------------

­BOSMAN

a1 Hermanus Bosman

­Amsterdam 19.4.1682, s.v. Lambertus B., v. Aurik in Oos-Friesland wat 6.9.1681 trou met Maria Fransz., v. Amsterdam. Hermanus is in 1705 na Batavia gestuur as Krankebesoeker maar het in 1707 met “De Overryp” teruggekeer en aan die Kaap agtergebly waar hy aangestel is as Krankebesoeker en Voorleser in die gemeente Drakenstein, Paarl, Wagenmakersvallei (Wellington) en Franschhoek . In 1748 het hy weans hoë ouderdom uit die diens getree en †26.7.1769. Sy woonplaas “De Oude Plantage” in Paarl was vir baie geslagte in besit van die familie. x 4.3.1708 Elisabeth de Villiers, ­1690, †1765, d.v. Abraham de V. en Susanna Gardiol. Vir die oudste generasies van die familie vgl. D.F. Bosman. “Bosman of Drakenstein, some notes” in Familia I, 1964/65, nr.2 en 3. Vir die verdere nageslag vgl. M.W.J. Bosman: “Geslagsregister van drie takke van die Bosman familie van S.A.” (1952) en “Geslagsregister van nog twee takke van die Bosman familie in S.A.” (1955).

Geslagregister van Vroeë Afrikaanse families C C de Villiers.

Groot Familienaamboek Cor Pama

Judi Marais-Meyer register.

===========================

Uittreksel uit Bolander Artikel: (Volledige teks kan afgelaai word by: www.bosmansa.co.za/wp.../bolander-artikel.doc )

"Die een wat egter die grootste nageslag van die sewe het en van wie die meeste Bosmans in Suid-Afrika afstam, is die Nederlander, Hermanus Bosman, wat in 1707 op die skip Overrijp in die Kaap aangekom en as sieketrooster in die Drakenstein-gemeente (Paarl) gaan werk het. Hy was onder andere ‘n voorsanger aan die begin van die 1700’s en moesop hoogte vandie sangkuns wees. Hermanus het ‘n groot bydrae gelewer tot die gebruik van musek in die Kaapse Kolonie. Hermanus het die plaas De Nieuwe Plantatie in die Paarl in 1715 bekom wat vandag die eiendom van die internasionaal bekende vyfster Grande Roche Hotel is. Hy het hom in 1718 beywer vir die oprigting van ‘n eerste volwaardige kerkgebou vir die Drakenstein-gemeente in die Paarl wat die voorganger van die Strooidakkerk van 1805 was. Van die wingerd op sy plaas het Hermanus die nagmaalwyn aan die Drakenstein-gemeente gelewer wat gehou is in ‘n vat wat hy van Batavia af saamgebring het. Hierdie vat word as een van die oudstes in Suid-Afrika gereken en is tot in die 1980’s vir die Strooidakkerk se nagmaalwyn gebruik totdat die KWV in die Paarl dit gerestoureer het. Hermanus het 11 kinders gehad, maar net twee seuns, Hermanus en Isaak, het die familienaam voortgedra. Uit hierdie nageslag stam al minstens 12 nuwe geslagte met meer as 7000 Bosmans wat op menige terreine hul plek in Suid-Afrika volstaan en waarvan die meeste in die Wes-Kaap en Gauteng woon. Daar is onder andere eenmaal gesê dat die Bosmans ‘n natuurlike aanvoeling het vir sake soos kuns, godsdiens, sang en onderwys.

view all 16

Hermanus Bosman, SV/PROG's Timeline

1682
April 19, 1682
Amsterdam
1707
March 4, 1707
Age 24
1709
February 16, 1709
Age 26
Drakenstein
1711
December 22, 1711
Age 29
Stellenbosch,Kaapkolonie,Suid Afrika
1714
March 29, 1714
Age 31
Cape of Good Hope, South Africa
1716
February 14, 1716
Age 33
Cape of Good Hope, South Africa
1718
June 24, 1718
Age 36
Drakenstein, Cape, South Africa
1720
October 6, 1720
Age 38
Cape of Good Hope, South Africa
1722
September 24, 1722
Age 40
Drakenstein, Cape of Good Hope, South Africa
1726
June 24, 1726
Age 44
Drakenstein, Cape, South Africa