Jacob Coenraad Breed, b3 (1769 - 1844)

‹ Back to Breed surname

29

Matches

0 0 29
Adds birth place, more complete death place, sibling(s) and child(ren).

View Jacob Coenraad Breed, b3's complete profile:

  • See if you are related to Jacob Coenraad Breed, b3
  • Request to view Jacob Coenraad Breed, b3's family tree

Share

Death: Died in George, Cape Province, South Africa
Managed by: Willem Breet
Last Updated:

About Jacob Coenraad Breed, b3

Jacob en Maria (stamouers) het net drie kinders gehad, naamlik

    b1 Anna Jacoba Margaretha gedoop 5.2.1764
    b2 Johannes Augustus gedoop 1.3.1767 en
   b3 Jacobus Coenraad gedoop 5.3.1769

bl is nog in Stellenbosch gedoop, maar die laaste twee, b2 en b3 is gedoop in die nuutgestigte Swartlandgemeente. Dit op sigself dui alreeds die neiging aan van 'n verskuiwing van die mense noordwaarts na die binneland. Aldrie hierdie tweedegeslag¬Breedts is ook nog gebore op die plek waar Jacob vir Cloete gewerk het.

b3 Jacobus Coenraad is op 2 Augustus 1789 getroud met Susanna Knoetzen, weduwee van Willem Grobler, en daarna weer in 1829 met Catharine Margaretha Carelse, weduwee van Johannes Bakker, maar in beide huwelike is geen Breedt¬kinders gebore nie (dit alles kom uit sy sterfkennis). Hy sterf as 75 jarige vermoende boer op sy plaas Wilgenhoutrivier in die huidige George-distrik. Die sterfkennis gee sy ma as Maria Gewerse aan, vandaar die raaiskoot dat Maria 'n derde keer met 'n Gewerse getroud was.

Nietemin, dit betaken dat b2 Johannes Augustus of later Augustinus, die enigste tweedegeslag Breedt met'n Breed(t) nageslag was, en dit is ook die rede waarom die Breed(t)s aanvanklik nie so vinnig gegroei en so talryk as die ander families was nie.

Die oudste, b1 Anna Jacoba Margaretha is getroud met Pieter Van Zyl, wat ook weer wys op 'n noue band tussen hierdie twee families. Dit blyk ook dat die voorgeslagte in die algemeen maar daar in hulle onmiddellike omgewing getrou het. Pieter is gedoop op 24 April 1773, en volgens Pama het hulle twee mettertyd 'n gesin van 10 kinders gehad. Wat ook insiggewend is, is dat hulle later getuies was by die doop van b2-hulle se eerste kinders, dus moet ons aanneem dat hulle ook saam is met die beweging en trek na die Oos-Kaap.

Omdat b3 soos vermeld, geen kinders gehad het nie, is b2- hulle dan die enigste tweedegeslagvoorouers van ons familie, wat nog verder die familieaanwas beperk het

view all

Jacob Coenraad Breed, b3's Timeline

1769
March 5, 1769
March 5, 1769
Stellenbosch, Western Cape, South Africa
1789
August 2, 1789
Age 20
1829
January 4, 1829
Age 59
1844
June 10, 1844
Age 75
George, Cape Province, South Africa