Jacoba Magdalena Aletta Rossouw

Is your surname Botes?

Research the Botes family

Jacoba Magdalena Aletta Rossouw's Geni Profile

Records for Jacoba Magdalena Aletta Botes

2,179,109 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Jacoba Magdalena Aletta Botes (Rossouw)

Nicknames: "Kowie"
Birthdate:
Birthplace: Tydens doop Jakkalsfontein, Fraserburg, Saaiplaas(Saaifontein?)
Death: Died in Kakamas, Northern Cape, South Africa
Place of Burial: Kakamas
Immediate Family:

Daughter of Daniel Petrus Jacobus Rossouw, b9c1d4e11f9 and Maria Magdalena Esterhuyse
Wife of Wietsie Botes
Mother of Emanuel Hendrik Botes, SWASV; Daniel Petrus Jacobus Botes, SWASV; Maria Magdalena Botes, i; Catharina Margaretha Botes; Wietsie Botes and 7 others
Sister of Jacobus Petrus Johannes Rossouw
Half sister of Abraham Jooste; Jacobus (Kootjie) F. Jooste; Johannes Jacobus Jooste; Gawie Jooste; Miemie Jooste, I and 3 others

Managed by: Daniel Jacobus Botes, g2h3
Last Updated:
view all 29

Immediate Family

About Jacoba Magdalena Aletta Botes (Rossouw)

Fraserburg Doopregiser GISA

Ouers Daniel Jacobus Botes (Overleden) Maria Magdalena Esterhuysen - Jakkalsfontein

Getuies Jacobus Johannes Esterhuysen Jacoba Magdalena Aletta Swart Johannes Marthinus Rossouw Anna Susanna van Wyk

=======================================

Jacoba Magdalena Aletta Rossouw

Tant Kowie is op die plaas Sandfontein in die Beaufort-Wes distrik op 23 Maart 1892 gebore waar haar vader skoolgehou het . Na haar vader se dood het hulle na Hondefontein in die Fraserburg distrik getrek. Met die ontberings en swaarkry na die Anglo-Boere oorlog het hulle met ‘n donkiewaentjie na Kakamas gereis en Neus in Julie 1908 bereik. Die wa is uitmekaargehaal en die familie is per skuit na die noordekant van die Oranjerivier toe. Die Lutzburg skooltjie, ‘n aanmekaargerygde goingsak-konstruksie, is waar sy vir die eerste keer skool toe is. Sy was egter vir ‘n kort tydjie in die skool toe sy uitgehaal is omdat baie vakke in Engels was. Dit was ‘n nasleep uit verbittering teen die Engelse oor die Anglo-Boereoorlog. Tannie Kowie het later met Wietsie Botes in die huwelik getree. Hulle het twaalf kinders gehad. Tannie Kowie was ‘n kleurryke figuur wat altyd ‘n helpende hand na haar medemens uitgereik het. Sy was ook baie behulpsaam met bevallings,, by siekbeddens en sommer so in die algemeen met advies rakende medisyne. Sy het na aan die Here geleef en was lid van die Vrouesendingbond en die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging. Tannie Kowie het haar skoonmoeder te voet vergesel het om by die susters te kollekteer. Haar skoonpa het hulle weggeneem Marchand toe, aangesien die gemeente gestrek het van Soetap tot Marchand. In Paardeneiland het hulle van huis tot huis gestap. Dit kon tot twee dae geneem het. ‘n Sterk sendingbewustheid was daar nog nie en soms het hulle maar ook die wind van voor gekry, soveel so dat hulle beurte gemaak het om die kollektelys te wys. By Paardeneiland het hulle die twee aande by oom Jan Reitz -hulle oornag. Die Woensdag vaar hulle met ‘n skuit oor na Marchand om daar twee nagte te oornag aan huis van oom Paul du Toit. Die kuiertjies van huis tot huis was aangenaam en het gesellig verloop as die inwoners die saak goedgesind was. By Alheit het hulle by Ernst Botes en sy gesin oornag. Eers die Saterdagmiddag het tannie Kowie saam met haar skoonmoeder teruggekeer met leë hande. Kontant was nooit geskenk nie, want geld het in die armoede van daardie tyd ontbreek. Hulle het egter baie skenkings in koring, mielies, ertjies, kaffebome, pampoen, hoenders en eiers ontvang. Nader aan die tyd van die Vrouesendingbond se bazaar, het tannie Kowie se man, oom Wietsie, met die wa die skenkings van die lys opgevolg en afgehaal. Lekker dae om te onthou. Tannie Kowie het haar liefde vir die jeug en haar Meester ingeweef in agtien jaar se getroue diens in Sondagskoolonderrig. In 1972, in die ouderdom van 80, is ‘n lewensideaal van haar vervul deurdat sy die sendingveld in die Transkei kon besoek. Drie jaar later in 1975 het die eer haar te beurt geval om as oudste inwoner van Kakamas met die Taalfees die hooffakkel aan die burgemeester te oorhandig. Vanaf Kakamas is die fakkel na die Taalmonument in die Paarl gedra. Sy het haar laaste jare by haar dogter Lenie deurgebring waar daar goed na haar omgesien is. Tannie Kowie is in 1985 in die ouderdom van 93 oorlede. Sy word oorleef deur 10 kinders, 47 kleinkinders en 75 agterkleinkinders. Voorwaar ‘n volksmoeder om te onthou.

Kommentaar deur Daan Botes. Ek meen die man wat hulle weggeneem het Marchand toe, was eerder Catharina se tweede man omdat sy geskei was van haar eerste man wat ook nie naby Kakamas meer gewoon het nie.

Oupa Wietz se broer Jan was haar vorige vryer. Omdat hy wat 'n netjiese man was se skoene nie gereed was nie en hy nie met Vellies wou gaan kuier nie, is die afspraak uitgestel. Oupa Wietz wat die boodskap moes gaan oordra, het die yster gesmee terwyl dit nog warm was.

view all 18

Jacoba Magdalena Aletta Rossouw's Timeline

1892
March 23, 1892
Fraserburg, Saaiplaas(Saaifontein?)
June 28, 1892
Frasersburg, Northern Cape, South Africa
1911
March 7, 1911
Age 18
Kakamas, Schroeder
1914
October 10, 1914
Age 22
Kakamas, Benede Oranje, Northern Cape, South Africa
1916
July 8, 1916
Age 24
Kakamas
1918
March 2, 1918
Age 25
Kakamas
1919
November 7, 1919
Age 27
Kakamas, South Africa
1922
January 1, 1922
Age 29
Kakamas