Kmdt. Koos Grootvoet Potgieter

Is your surname Potgieter?

Research the Potgieter family

Kmdt. Koos Grootvoet Potgieter's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

About Jacobus Christoffel Potgieter, Kmdt.

(Potgieter: b7c8d6e4/1.7.8.6.4) : Potgieter, Jacobus Christoffel (Koos Grootvoet) - b7c8d6e4 = 22.3.1801, Veldkornet van die wyk Tarka in die Kaapkolonie ca. 1831-1834, Voortrekkerleier en Voortrekkerkommandant. Woon "Beestekraal", Tarka, Somerset, vertrek in die tweede helfte van 1839 as leiers van sy eie trekgeselskap. Hy vestig hom in Natal waar hy 'n groot rol in die Voortrekkergemeenskap gespeel het. JC Potgieter se laer en ook ander laers is by Wagendriftdam naby Escourt op 13 en 14 Augustus 1838 deur die Zulu-krygers aangeval. Bron: Voortrekkerstamouers 1835-1845, Jan C Visagie, p 367

-=-=-=-=-=-=- Inligting van Dr Jordaan Potgieter -=-=-=-=-=-=-=-=-=-=

1.7.8.6.4. Jacobus Christoffel POTGIETER, gedoop 22 Mrt 1801 in Kaap de Goede Hoop,15 verw. nr. b6c8d6e4. (Koos Grootvoet).

Provisionele veldkornet van Tarka en voortrekkerleier en kommandant. Hy woon op Beestekraal, Tarka voordat hy laat in 1837 sy eie trek lei na Natal. Hy het in die geveg by veglaer deelgeneem en veg in die slag van Bloedrivier as kommandant, en neem later ook deel aan die Beeshaal kommando. Toe die Engelse Natal inval het hy op 'n tog gegaan om buskryt te gaan haal in die Kaap. Nadat die Engelse Natal geanekseer het velaat hy Natal (1843) om in die Oos-Transvaal in die Piet Retief omgewing te gaan vestig.

Hy trou Geertruida Maria STEENKAMP, trou 7 Des 1817 in Graaff-Reinet,18 (dogter van Jan Harmse STEENKAMP en Johanna Helena DU PLESSIS) gedoop 25 Nov 1801,1 verw. nr. b7c2d9.

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-Inligting van Louw du Plessis =-=-=-=-=-=-=-=-=-=-

b7c8d6e4 1 JACOBUS CHRISTOFFEL POTGIETER (Koos Grootvoet) ≈ 22.3.1801 Kaap De Goede Hoop † Apiesrivier Dist Pretoria x 7.12.1817 te Graaff Reinet met GERTRUIDA MARIA STEENKAMP ≈ 25.11.1801 (dogter van Jan Harmse Steenkamp en Johanna Helena du Plessis) Koos was Provinsiale Veldkornet van Tarka (Cradock) en Voortrekkerleier en Kommandant. Hy woon op Beestekraal Tarka. Laat 1837 lei hy en Jan du Plessis ≈ Graaff Reinet 28.10.1804 †Harrismith x Susanna Geertruyda Jordaan sv d10 Barend Christoffel du Plessis ≈1782 x Anna Elizabeth Steenkamp ≈1785 (kleinseun van ab7c1 Jan du Plessis ≈7.9.1732 x 3.12.1758 Vrou 1. Johanna Helena BEKKER ≈18.3.1742 xx 27.10.1771 Catharina BOTHA 16 kinders) die sogenaamde Dubbel Trek uit die Tarka na Natal. Hy (Koos) het in die geveg by Veglaer deelgeneem en veg toe in die slag van Bloedrivier as Kommandant, en neem later ook deel aan die beeshaal-kommando.Gedurende 1840 was hy ‘n lid van Volksraad te Pieterrmaritzburg.Toe die Engelse Natal inval het hy op ‘n tog gegaan (1842) om buskruit by Colesberg te gaan haal. Nadat die Engelse Natal geannekseer (Junie 1843) het, verlaat hy Natal om in die Oos Transvaal in die Piet Retief/Utrecht omgewing te gaan vestig. Hy het vermoedelik later teen die Apies rivier Dist Pretoria gaan woon, waar hy ook oorlede is. (Koos Grootvoet-hulle se dogter f3 Maria Margaretha Pot *29.8.1821 x 19.10.1838 tydens die Groot Trek met Jan Harm Steenkamp *11.6.1817 Cradock. Daarna trou Jan H en Maria M se tweede dogter Gertruida (Truia) Maria Margaretha* 27.6.1843 met Lourens Marthinus Du PLESSIS *11.6.1840 Leier van die Tweede Dorsland Trek)

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=- WikiTree Profile : http://www.wikitree.com/wiki/Potgieter-472

view all 16

Kmdt. Koos Grootvoet Potgieter's Timeline

1801
March 22, 1801
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
March 22, 1801
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1817
December 1, 1817
Age 16
Graaff-Reinet
1818
1818
Age 16
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1819
March 30, 1819
Age 18
1821
August 29, 1821
Age 20
1824
1824
Age 22
1826
March 15, 1826
Age 24
1828
June 2, 1828
Age 27
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1831
June 13, 1831
Age 30
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa