Jan Coenraadsz Visser, SV/PROG

Is your surname Visser?

Research the Visser family

Jan Coenraadsz Visser, SV/PROG's Geni Profile

Records for Jan Visser

423,173 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Jan Coenraadsz Visser, SV/PROG

Nicknames: "Jan Groff", "Jan Grof", "Jan Visscher", "Coenraadszn."
Birthdate:
Birthplace: Ommen, Overijssel, Netherlands
Death: Died in Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Coenraad Visscher and Akke Jans Visscher
Husband of Alida Gerrits, SM/PROG and Margaretha (Geertjen) Gerrits, SM/PROG
Partner of Lysbeth van Bengale, SM/PROG and Maria van Negapatnam, SM/PROG
Father of Margaritha Jans van de Caep, b7 SM; Antoinetta Anna Visser; Maria Jansz Visser, b1 SM; Geesje Jansz Visser, b3 SM; Zacharia (Sacharias) Visser, b5 SM and 8 others
Brother of Hylke Visscher

Occupation: 1657: Soldier VOC, Hunter
Managed by: Brian
Last Updated:

About Jan Coenraadsz Visser, SV/PROG

See outstanding article by Mansell Upham in http://www.e-family.co.za/remarkablewriting/HelEnParadijs-DeHoopOpConstantia.pdf (posted by Peter)

Date of Death not established The First Fifty Years project suggests by 1700

In 1692 Jan Coenraet Visscher is listed without a wife (wives were listed in this year), VC39 page 111, and he is again single in the roll for 1692 and 1695 but does not appear after that date (next roll 1696). - Richard Ball

http://visser-families.synthasite.com/

http://www.stamouers.com/visser.htm

Jan Coenraad VISSER * C1633 Ommen, Nederlands, (volgens FHC Fiches en RootsWeb.com) bereik ged 1657 Kaap de Goede Hoop, Suid-Afrika, as soldaat en pastoor aan boord van die "Dort"/Dordrecht" wat vanaf Delft in Nederland geseil het.Op 30 September 1659 verkry Jan sy Vryheidsbrief wat hom instaat stel om hom as burger in Rondebosch te vestig. Ook verkry hy grond langs die Liesbeeck rivier en gaan 'n ooreenkoms met Jan van Riebeeck aan dat hy plaas sal bewerk en dat hy vars graan en vleis sal verskaf aan die HOIK skepe wat aandoen by die Kaap. Jan se vrou, Geertjen (Margaretha) GERRITS en hulle kinders wat in Nederland gebore is, arriveer gedurende 1662 aan die Kaap. Geertjen word op 'n Vrydag-aand gedurende Maart 1692 deur 'n slaaf Klaas van Mallebar vermoor. Jan Coenraad Visser sterf C1707

b1 Gezina (Geesje, Jansz) VISSER * C 1654, Hardenbergh, Overijssel, Nederland X 12 Jul 1671 Kaap, met Hendrik Gysbert VERSCHUUR vanaf Amesfoort, Nederland. Hulle het 4 kinders gehad. Die een dogter, Hilletje VERSCHUUR, trou 13 Jan 1715 met Jan Hendrik HOP * 1685, Vilsen (Hanover), vanaf 1711 'n smid aan die Kaap, en word 'n Vryburger gedurende 1714. Hy was die seun van Jan HOP en Anna Margaretha HELMERS (Sien MOOC 7/20, testamenten, 1722-1775, No 54; testamenten 1772-1775, no 54; MOOC 8/14; inventarissen 1771-1773 no 61) Geesje XX 26 Des 1694 Dirk Gysbert VERWEY

b2 Maria Jansz VISSER ~ C1655 Nederland, + 7 Jun 1718, Kaap X 1671 Kaapstad met Willem WILLEMSE (van Deventer) * 1643, Gelderland, Nederland. Maria het twee buite-egtelike kinders by Ockert Cornelisz OLIVIER gehad, by name Dina en Cornelis. Hulle word grootgemaak deur hulle oupa en ouma aan moederskant, Jan Coenraad en Geertjen VISSER. Maria XX C1691 met Lambert Simonsz STAM. Vir volledige storie, verwys na my webblad,

b3 Coenraad Johannes VISSER * C1656 Overijssel, Nederland, kom saam met moeder by die Kaap aan in 1662. Hy was gedoop op 8 April 1663, Kaap X 5 Aug 1685 Rondebosch met Catharina EVERTS van der Zee, gebore op die skip Europa in C1671, d/v Cornelis Everts van der Zee. (Geboorte geregistreer te Rotterdam, Nederland.) Coenraad en Catharina stel hulle testament op 15 Nov 1710. Coenraad het 10 kinders gehad.

b4 Gerrit Jansz VISSER * C1657 Ommen, Overijssel, Nederland, ~ 1660, + Brakkefontein aan die Bergrivier,+ 1714, X 4 Aug 1675 met Jannetjie (Janetta) Thielemans HENDRIKS,* 18 Aug 1660, ~ 1662, van Ultrecht, Nederland, d/v Thielemans HENDRIKS (X1660) en Mayken Hendriks van den BERG, van Diest in Brabant, Belgie. (Mayken was die weduwee van Jacob THEUNIS. Sy was ook die eerste Kaapse meisie wat met 'n Vryburger in die huwelik getree het.) Volgens die oorspronklike trouboek was die huwelikspaar se name ingeskryf as Gerrit Jansz VISSER en Jannetje THIELEMANS, gebore te Cabe De Boa Esperancs. Hulle het 12 kinders gehad. ( In die geskiedenis boeke van De Villiers en Pama word beweer dat Gerrit Jansz VISSER die stamvader van die meeste van die Visser Families in Suid-Afrika is. Sy vader, Jan Coenraad VISSER, is die werklike stamvader, so ons kan se dat Gerrit Jansz VISSER die voorvader van die meeste van die Visser families in SA is.)

Gerrit Jansz word Vryburger te Stellenbosch, Blauwklippe. Hy is in 1690 weg vanaf "Blaauklip" Aan Gerrit word die veepos aan die Bergrivier, later bekend as "de Brakke Fontein" gedurende 1708 toegeken. Hy sterf in 1714 en sy gesin ontruim die plaas, Brakkefontein. Sy derde seun Johannes, het gaan boer in die Sandveld, Clanwilliam/Piketberg omgewing. Plase wat aan Gerrit behoort het, is Grote Fontein, Dorre Boom en Longkuil. (Sandveldse Vissers, Coetzee Boek, Geslagregisters der oude Kaapsche Families C.C de Villiers, 1894, Vissers van Leeupan)

  (Die inventaris van Gerrit Jansz VISSER se goedere is gedatteer 17 Okt 1713) 

b5 Zachariaz Jansz VISSER * C1658, Nederlands, + 1721, arriveer ook saam met haar moeder in 1662 aan die Kaap. Gedoop te Kaapstad 23 Aug 1665. Sy was drie keer getroud: X 29 Okt 1679 Stellenbosch Diederick PUTTER (Dietrich POTTER) + 1699 Kaapstad, Stamvader van die Putter Familie in Suid-Afrika, ar. voor 1676 vanaf Zierenberg in Hesse-Kassel, Duitsland. (Hij was een vrije wildjagter voor 1676 aan het Kaap de Goede Hoop) 9 kinders. Zacharias XX C1701 Johannes BASSON ~ 14 Jul 1661, XXX 5 Jul 1706 Andries KRUGEL.(SA Argiefstukke Kaap No 7 Resolusies van die Politieke Raad: Bl 169.221: Andries Krugel is in 1675 in Tennenlohe (Duitsland) gebore. Hy het in 1703 as soldaat na die Kaap gekom, en was vanaf 1713 'n vryburger. Op 5 Jul 1706 is hy getroud met Zacharia Jansz VISSER (1665 - 1722), die dogter van Coenraad VISSER en Margaretha GERRITS. na Zachariaz se dood het hy hertrou met Maria Ras, die dogter van Nicolaas Ras en Maria van Staden. Hulle is albei in 1734 oorlede. (sien MOOC 8/4, invewntarissen, 1720-1727, No 37, MOOC 8/5 Inventarissen 1727 - 1737,No 117 en 117.5: MOOC 7/3 Testamenten, 1721 - 1725, No 29: MOOC 10/4, Vendu Rollen, 1731 - 1738, No 124) Zachariaz en Andries Krugel stel hulle gesamentlike testament op 24 Junie 1713, en was beskrywe as "Zacharia Jansz Visser Siekelijk te bedde leggende oud ses en veertigh jaaren gebooren aan Cabo de Goede Hoop"

(Die testament was opgestel gedurende 1713, 48 jaar nadat Zachariaz gedoop is in die Kaap) (SAGG Vol 1)

b6 Antoinetta (Anna) VISSER, * ong 1662 X 15 Sep 1686 met Christoffel HENNING ar 1686 v. Berlin, Fehrleben, Duitsland.

b7 Johannes (Jan) VISSER, ~16 Jan 1667 X 8 Mei 1689 met Catharina Jansz van der Zee, weesmeisie van Rotterdam. (Catharina is een van die 10 weesmeisies wat in 1687 met die skip "Berg China" vanaf die Rotterdamse Gereformeerde Weeshuis na die Kaap gestuur is in opdrag van Simon van der Stel, om die ongetroude vryburgers van vroue te voorsien. Catharina se geboorte is in Rotterdam, Nederland geregistreer, as d/v Cornelis Everts VAN DER ZEE.

b8 Antonie VISSER * 20 Apr 1692 ~ 24 Mar 1696 X 28 Aug 1720, Anna Maria BRONS ~ 26 Apr 1702, d/v Jan Albert BRONS en Maria COOPMANS Anna was die wed. van Jan van der WESTHUIZEN, + C1718, wat die plaas Diemersdal aan sy weduwee nagelaat het.

Antonie kry opdrag vanaf die Kasteel in Kaapstad om 'n tydelike tente-hospitaal op te rig vir die siek matrose wat per boot die "Pallas" by Simonsbaai op 2 Aug 1737 arriveer met 37 mans dood aan skeurbuik en 75 siek. Slegs 17 van die matrose was nog gesond. Op 27 Mei 1753 ontvang hy as erkenning landbougrond en bou Admiralty House, wat nog vandag bestaan en as historiese monument besigtig kan word in Simonstad. Antonie VISSER word beskou as die vader van Simonstad. (See on Internet: Admiralty House Simon's Town) (Ref Familia CD p 29 & 30: Farm: Diemersdal.)

Van der Westhuizen died, leaving the farm to his widow. Two years later she married Anthoni VISSER, who according to Historical Simon's Town, was the first European to settle permanently in that area, and who played an important part in its early development. Considering his activities in the Southern Peninsula and in Table Valley, it is very unlikely that he lived on his farm, Diemersdal, but he definitely controlled it from afar. On 2 Oct 1732 he was granted an erfpacht of 32 morgan 413 sq rds. "by syn plaats Diemersdal, thus confirming him as owner of that property through his marriage with Anna Maria BRONS. This is the only evidence that has come to light on his ownership.

Antoni and Anna Maria produced one child, Elizabeth Theresia ~ 26 10 1717 Cape Town, and she became the sole heir of her parents by a will executed in 1742. It seems likely that this will was made owing to the increasing age or ill health of Antoni and that he had died by 1745. This seems likely as although his wife, Anna Maria, was a witness to the baptisms of two of Elizabeth's children, born in 1745 and 1747 respectively. His name appears in neither case. We assume that both he and Anna Maria were dead by 1750, according to a transfer deed of that year. On 16 Feb 1744 Elizabeth married "Luitenant ter See, Christian Everhard Philip von Jungheim" of the warship, Die Hersteller. Christiaan Eberhart von Jungheim se van word verkort na EBERHARD, later EUVRARD. Elizabeth xx 8 Nov 1750 met Abraham Thomas IMMENS Elizabeth + 1755. (Ref CD Familia p. 30).

b9 Susanna VISSER, gedoop as Sara, *30 Okt 1695, ~ 24 Mar 1696, Stellenbosch, sy sterwe Junie 1779, X 6 Nov 1716 Stellenbosch met Hans Hendrik (Johann Heinrich) HATTINGH, (wewenaar van Maria De Lanoi) Hy ar. 1691 v. (Spiers) Speyer, Duitsland, Hans word die eienaar van die plaas "Speyer" naby Stellenbosch en later "La Motte", Franschhoek. Hans sterf voor 1732 en Susanna XX 10 Feb 1732 met Willem RUBEEK van Wezel, Duitsland. (Ref: Du Plessis Boek en Hattingh Navorsing) (11 kinders)

b10 Jacob (Jacobus) VISSER *12 Jan 1695, ~ 24 Mar 1696

b11 Pieter VISSER ~ 24 Apr 1697 (G1, 8/1 p. 5)

b12 Maria VISSER ~ 28 Jun 1699 Stellenbosch, X Frederik BRAND *C1695 Stellenbosch

 

-------------------- Vanaf verwysing: http://www.stamouers.com/visser.htm Jan Coenraad VISSER gebore c 1633 trou c 1653 met Geertjen GERRITS. Hy land in 28 April 1658 met die skip Dordrecht aan die Kaap. Jan Coenraad word 'n vrykneg twee jaar nadat hy by die Kaap aangekom het. Hy versoek dat sy vrou na die Kaap kan kom en sy arriveer aan die Kaap met vyf kinders in 1662. Lorna Newcombe wys na die volgende verwysing van Leibbrandt se Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Letters and documents Received 1649-1662' Deel 11: Letter from Delft dated 30.11.1660 p.164: "From our ships' books we found that the two following persons have become free men at the Cape, who, when they left, had incurred considerable debt for their outfit, which, however, they had not communicated to their creditors, viz., Jan Coenraadt Visscher of Eemnes (?), [Nota- dit is Leibbrandt se vraagteken] soldier from the Dort, who left Patria in 1657, was on the 8th May, 1658 drafted on shore as hunter, and made freeman on the 30th September, 1659. Lorna gee ook die volgende baie waardevolle inligting: Uit Letters and Documents Received (from Amsterdam dated 19 September, 1661) p.183 (eerste verwysing): "Ät your request we have granted a passage to one or two wives whose husbands are at the Cape, subject to the usual condition to remain there fifteen years. The wife of Jan Coenraetsz we have given f25 for her outfit which you may recover there.' P.S. These three vessels (Malacca &c.) take back to you three stowaways whom you are to treat according to the sentence passed on them by the court here." Die Malacca het Vlie 3 Oktober 1661 verlaat en het die Kaap 4 Februarie 1662 bereik. (Sien Van Riebeeck se Joernaal vir laaste datum). Die ander twee skepe was die Amersfoort en Wapen van Amsterdam. Monsterrolle vir 1664 gee Jan en Grietje aan met 3 kinders. ?Gerrit, Geesje en Coenraad. Maria was waarskynlik reeds getroud. Monsterrolle vir 1666/7 is daar 5 kinders (Gerrit, Geesje, Coenraad, Zacharia en Johannes?) Lorna se afleiding is dat daar net 3 kinders met haar na die Kaap gevaar het. Hy was ook bekend as Jan Groff, 'n mens wonder watter einskappe hy gehad het om hierdie bynaam te gekry het? In die Resolusies van die Kaap is daar die volgende verwysing - http://tanap.amtex.nl/_xml/ Dingsdagh den 28e December 1717, voormiddagh. Huijden 24e December 1717 compareerde voor mij, Willem van Taack, eerste geswoore clercq ter Polliticque Secretarije alhier aan Cabo de Goede Hoop, in presentje van de naer te noemene getuijgen, den vrijburger Hendrik Coster, [2] van competenten ouderdom, dewelke verklaarde ter requisitie van Maria van Brakel, wede. wijlen Jacob Louw, hoe waar ende waaragtigh is dat hij in den jaare 1668 bij den burger Jan Pietersz. Louw, [3] in de wandelingh Broertjen gent., als knegt sigh verhuurt hebbende, in de tijd dat aldaar heeft gewoont hem door sijn baas is aangewesen geworden seker stuk lands, groot sestigh morgen, door den selven van Jan Coenraadsz. Visscher gecogt, strekkende van zijn eijgen plaats langs de Liesbeeks Rivier opwaarts aan, het welke als doen ook geheel beploegt is geweest, dat voorne. Broertje hem compt. mede heeft gesegt de fontain die tegenwoordigh in ’t land van Hans Casper Geringer gemeten is, ook de zijne te wesen, met bijvoegingh dat wel wenste deselve nader aan zijn oude land mogte leggen, soo dat den compt. volgens bovengesegde aanwijsingh voor seker betuijgt dat alle ’t geene sedert na die kant van Jan Dirksz. de Beer [4] is toegevoegt, zijnen gewesen baas Jan Pietersz. Louw opgem. heeft toebehoort, verklarende den compt. wijders niet meer, gevende voor redenen van wetenschap als in den text, met belofte om zijne depositie, des noods zijnde, met solemneele ede nader te willen gestand doen. KINDERS:

b1 MARIA VISSER - sy was gebore 1655 en oorlede 7 Junie 1718, X Willem Willemse (van Deventer). Maria het twee buite egtelike kinders by Ockert Cornelisz Olivier gehad. Daarna trou sy c 1691 met Lambert Simonsz Stam. Maria Visser en Ockert Olivier se kinders was Dina en Cornelis, hulle was gebore tussen 1672 en 1675. Hierdie twee kinders was opgevoed deur Maria se vader Jan Coenraad Visser. Maria is oorlede omtrent 7 Junie 1718. b2 GEESJE VISSER*c 1654 X 12 Jul 1671 Hendrik Gysbertz Verschuur, XX 26 Des 1694 Dirk Gysbert Verwey b3 GERRIT JANSZ VISSER *c 1657 X 4 Aug 1675 Jannetje Hendriks THIELEMANS en hulle het 12 kinders gehad. c1 Thieleman ~7.2.1677 (heelwaarskynlik jonk oorlede, word nie genoem in vader se boedel van 1715 nie) c2 Hendrik ~23.10.1678 (heelwaarskynlik jonk oorlede, word nie genoem in vader se boedel van 1715 nie) c3 Alida / Aeltje ~2.6.1680 X Jacob Petrus Bodenstein is uit die Kaap verban as gevolg van haar onsedelike verhouding met Jasper Gommer. Die dogter van Maria van Guinea, Brijnette van de Caep word 50 gulders betaal om vir haar 6 kinders te sorg vir 2 maande c4 Johannes ~20.9.1682 c5 Jacomina ~9.7.1684 X Jan Hendrik Munnik c6 Gesina / Geesje ~1.9.1686 X Jan Steenkamp c7 Gysbert ~27.8.1688 (heelwaarskynlik jonk oorlede, word nie genoem in vader se boedel van 1715 nie) c8 Gertruida ~20.7.1692 (heelwaarskynlik jonk oorlede, word nie genoem in vader se boedel van 1715 nie) c9 Femmetje / Femma ~21.11.1694 X Christiaan Rasp c10 Maria ~30 1 1697, X Burgert van Dyk c11 Johanna ~7.2.1699, X Hans Roos c12 Gerrit *21.8.1701 (IETS IS VERKEERD MET DIE KINDERS HIERBO WANT VOLGENS MANSELL UPHAM WAS EEN VAN DIE 12 KINDERS Anna Visser getroud met Jan Arend Roodewald)

b4 COENRAAD VISSER- gebore c 1660, Nederland, kom saam met moeder by die Kaap in 1662. In die gepubliseerde Dagregister van Zacharia Wagenaar 8 April 1663 "Sondagh, 8den do. (dws. April): Des voormiddaghs zijn na gedane predicatie door den predicant De Meter verscheijde kinderen (die hier aan de Caep gebooren zijn gedoopt is. In die voetnota word beweer dat "Dit was die kind van Abraham Gabbema en sy vrou Petronella Does, asook Albert Dircx Diemer se dogtertjie Christina, Jan Coenraat Visser se seun Coenraet en Louwijs, die kind van 'n slavin."

Hy trou 5 Augustus 1685 met Catherina Everts van der Zee, gebore op die skip Europa in 1673.

Coenraad het 10 kinders gehad: c1 Jacomyntje word ook genoem Jacomina = 23 Mei 1688 X Jan Beukes c2 Aeltjie, ook Alida = 23 Apr 1690 X 24 Jul 1712 Nicolaas Swart c3 Evert = 29 Jul 1691 c4 Geetie, ook Geertruy = 20 Jul 1694 x c1715 Augustus Meihuizen c5 Catryn, ook Catharina = 21 Okt 1695 x 13 Feb 1717 Johannes Jurgen Beyers c6 Johannes, = November 1697 c7 Susanna Visser, * 1698-1700 (die ekstra kind) c8 Katrina, ook Catharina (soms Maria Visser) c9 Jannetje, ook Johanna = 1 Feb 1711 X 28 Nov 1734 Dirk Maartens XX 17 Sep 1752 Johan Chrisiaan Volkman c10 Martha = 11 Feb 1713 X c 1739 Lourens Maartens c11 Geesje, ook Gesina = 24 Nov 1715 x 2 Aug 1743 Jurgen Hendriks

b5 ZACHARIA VISSER - het ook met haar moeder in 1662 by die Kaap aangekom, gedoop Aug 23/28, 1665 in Kaapstad. Sy sterwe 1721. Sy was drie keer getrou:X 29 Okt 1679 Dietrich PUTTER, sy het ook 'n kind met Johannes BASSON gehad en XX 5 Jul 1706 Andries KRUGEL. Richard Ball meld dat sy heelmoontlik aan die Kaap gebore was, want toe sy en Andries Krugel hulle gemeentlike testament op 24 Junie 1713 opgestel het, word sy so beskrywe: "Zacharia Jansz Visser Siekelijk te bedde leggende oud ses en veertigh jaaren gebooren aan Cabo de Goede Hoop". Verder volgens Richard Ball, toe Zacharia met Andries Krugel op Stellenbosch trou, is die inskrywing: "1706, Jul 05 Andries Kryger van Nurenberg jongm. met Zacharia Janse Visser wede. Diederik Putter". Die afleiding wat Richard maak is dat Zacharia dus nie met Johannes Basson getroud was nie, al het hulle 'n kind, Arnoldus Basson gedoop.

b6 JAN (Johannes) VISSER gedoop 16 Jan 1667, X 8 Mei 1689 Catharina (Jansz) van der Zee (weesmeisie) van Rotterdam. Kinders: c1 Johanna = 5 Maart 1690 X 19 Mei 1715 Johannes Roos XX 9 Des 1746 Lucas Visagie; c2 Saertie = 1 Apr 1691; c3 Johannes = 29 Nov 1693; c4 Willem = 26 Aug 1696; c5 Katrina = 20 Aug 1702; c6 Willem 17 Jul 1705 Geertjen Gerrits word deur 'n slaaf in Maart 1692 vermoor, Jan Coenraad Visser was omtrent 60 jaar oud. Volgens Heese, p. 184 was Geertjen 82 jaar oud toe sy vermoor was. (Ek wonder of die korrek is? Was sy dan 22 jaar ouer as haar man?) Geertjen Gerrits was vermoor {Hof verwysing: AR VOC 4030 (14 Maart 1692) fol 328.} Maria/Marie van Negapatnam was 'n slavin van Geertjen en Jan Coenraad Visser. 'n Vrydag aand in Maart 1692 het Geertjen en Maria in die kombuis gewerk, toe die slaaf Claas van Mallebar deur die kombuis geloop het om hout te gaan kap, Geertjen het met hom geraas omdat hy nie betyds gereed gekry het vir haar om te bak nie. Geertjen het ook nie Claas se verskoning aanvaar dat hy vir die koeie gaan soek het in die berge nie. Claas sê toe: "Jou oud hond, Jij moogste den selvs gaan haalen" - Geertjen probeer toe om Claas te slaan met 'n stuk hout, maar Claas vat die byl in slaan die byl reg in haar nek, dit was noodlotig en haar kop was amper afgekap. Hierdie het plaas gevind voor Maria van Negapatnam (Robert Shell Children of Bondag p 219). Maria hardloop toe na Jag Visser en skreeu: "Baas, Baas! Moeder is dood! Moeder is dood!". Shell verduidelik dat aan die Kaap was die huisvrou beskou as beide nonna en moeder en die baas as vader. In hierdie geval kon Geertjen wel Maria se de facto skoonmoeder gewees het want die seun Coenraad Visser het met haar gehad. Coenraad het 'n paar kinders met die slavin Maria van Negapatnam ook bekend as Maria van Bengale gehad. Maria was gebore c1669, en sy word gedoop as 'n volwassene c 1722 te Stellenbosch toe sy 53 jaar oud was. Jan Coenraad Visser doop die volgende kinders, die moeder was Maria van NEGAPATNAM / Maria van Bengale / van de Cust Coromandel: b7 ANTHONIE gedoop 20 April 1692 b8 SUSANNA (Gedoop as Sara) 30 Okt 1695, sy sterwe Junie 1779, X 6 Nov 1716 Hans Hattingh, XX Wilhelm Rubeck b9 JACOB gedoop 12 Jan 1696 b10 PIETER gedoop 24 April 1697 b11 MARIA gedoop 28 Junie 1699

Böeseken in Slaves and Free Blacks at the Cape 1658-1700, p. 172, Jan Coenraad het 24 Maart 'n kontrak opgeskrywe, hy het verseker dat Maria VAN BENGALE 27/28 jarige en haar drie kinders (Anthony vier jaar oud, Susanna, twee jaar oud, Jacobus een jaar oud) vrygestel moet word nadat hy gesterwe het: Maria van Negapatnam doop 'n ander dogtertjie in Okt/Nov 1708 met die naam Geertruij, die vader word gegee as Gerrit Elders. Maria van Negapatnam word self gedoop as 'n bejaarde persoon op 8 Junie 1721 Volgens W H J Hattingh het Maria van Bengale en Hendrik Willemse 'n seun met die naam Willem in die Paarl gedoop op 7 November 1711

Verwysings: Resolusies van die Politieke Raad van die Kaap http://tanap.amtex.nl/_xml/ W Hattingh, "Die Familie Hattingh in Suid-Afrika" Familia XV, 1978, no 1, 2 HF Heese, Reg en Ongereg: Kaapse regspraak in die agtiende eeu Robert Shell, Children of Bondage Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap: Die Wêreld van 'n slavin 1652 - 1733 Ekstra inligting verskaf deur Charlie Els Ekstra inligting verskaf deur Richard Ball Mansell Upham, SAGenealogie, no 481, boodskap 481

Saamgestel deur: AM van Rensburg

-------------------- Arrived in the Cape on 28 Apr 1658 on the "Dordrecht". -------------------- Jan Coenraad VISSER * C1633 Ommen, Nederlands, (volgens FHC Fiches en RootsWeb.com) bereik ged 1657 Kaap de Goede Hoop, Suid-Afrika, as soldaat en pastoor aan boord van die "Dort"/Dordrecht" wat vanaf Delft in Nederland geseil het.Op 30 September 1659 verkry Jan sy Vryheidsbrief wat hom instaat stel om hom as burger in Rondebosch te vestig. Ook verkry hy grond langs die Liesbeeck rivier en gaan 'n ooreenkoms met Jan van Riebeeck aan dat hy plaas sal bewerk en dat hy vars graan en vleis sal verskaf aan die HOIK skepe wat aandoen by die Kaap. Jan se vrou, Geertjen (Margaretha) GERRITS en hulle kinders wat in Nederland gebore is, arriveer gedurende 1662 aan die Kaap. Geertjen word op 'n Vrydag-aand gedurende Maart 1692 deur 'n slaaf Klaas van Mallebar vermoor. Jan Coenraad Visser sterf C1707

view all 22

Jan Coenraadsz Visser, SV/PROG's Timeline

1633
1633
Ommen, Overijssel, Netherlands
1649
1649
Age 16
Ommen, Overijssel
1649
Age 16
The Netherlands
1650
March 1650
Age 17
Ommen, Overijssel, Friesland, Netherlands
1654
1654
Age 21
Ommen, Overijssel, Netherlands
1657
December 17, 1657
Age 24
Goeree, Zuid-Holland, Netherlands
1658
April 28, 1658
Age 25
Cape
1658
Age 25
1662
1662
Age 29
1662
Age 29