Jan Herman Pottgeter

Is your surname Pottgeter?

Research the Pottgeter family

Jan Herman Pottgeter's Geni Profile

Records for Jan Pottgeter

564 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Related Projects

Jan Herman Pottgeter

Nicknames: "Johannes"
Birthdate:
Birthplace: Nordhorn, Nordrhein-Westfalen, Germany
Death: Died in Nordhorn, Lower Saxony, Germany
Immediate Family:

Son of 'Nesen' Hermann Pottgeter and Tryne NN
Husband of Schwerne Lodden
Father of Harmen Jansz Janz Potgieter, SV/PROG
Brother of Hermann Pottgeiter; Gert Potgeter and Nessen Lambert Potgeter

Managed by: Casper Francois Calitz (Frans)
Last Updated:

About Jan Herman Pottgeter

Die POTGIETER voorouers is deur Patrick van Griethuisen en Dr Ludwich Edel nagevors en terug gevolg tot by Bernd POTGEITER wat trou met 'n dogter van Heinrich KETELER. Hy kom van Essen, op die Ruhr, na Nordhorn wat in die Graafskap van Bentheim, Duitsland geleë is. In 1546 is sy naam in die Burgerboek daar ingeskryf en in 1577 word hy nog daar in 'n akte genoem. Sy skoonpa, Hynrich Keteler, of ook Kettel Hinrik genoem, woon omstreeks 1500 tot 1537 in Ossenhoek.

Dr Jordaan Potgieter volg die Potgieter naam selfs verder terug in sy navorsing tot by Hermann (1463), sy seun Gerhard (1493) en kleinseun Diederik (1541). Diederik sou dan ook die vader van Berndt hierbo wees.

Essen (in Duitsland) is tot vandag toe nog beroemd vir die Ysterwerke en was daardie tyd ook reeds baie bekend vir die pot- en ketelgieters wat daarvandaan kom. Dit gee waarskynlik vir ons 'n goeie leidraad na die oorsprong van die van POTGIETER.

Barend het sover bekend 3 kinders gehad. Kettel Hinrich POTGETER, of ook Kettelhinrich genoem, wat trou met Fenne HILLERINCK wat van Hesepe kom. Na wat bekend is het hulle het geen nageslag nagelaat nie. Sy tweede seun was Kettel Hermann POTGETER. Hulle enigste bekende dogter was Kettel Grete POTGETER wat getrou het met Albert ROLOWES.

Kettel Hermann POTGETER, of ook Kettelhermann genoem, was getroud met Agnese SCHOLTEN, 'n dogter van Scholten VON BIMOLTEN, wat van Bimolten afkomstig is. Hulle woon op Ossenhoek, maar in die oorlogtyd woon hulle by sy stiefouers op die Scholten boerdery. Agnese was ook Nese of Gese genoem. Slegs een kind van hierdie huwelik Nesen Hermann POTTGETER wat ongeveer in 1590 gebore is, is bekend.

Hermann POTTGETER, hy word ook genoem Nesen Hermann, waarskynlik so vernoem na sy moeder, Nese (Agnese). Hermann is ongeveer 1590 gebore en in 1667 word sy naam in Nordhorn aangetref as Hermann Pottgeter, burgermeester van Nordhorn. Hy het reeds voor die dertigjarige oorlog getrou met Tryne, die stiefdogter van Gerdt Arents. Hermann was ook lid van die Nordhorn skoenmakersgulde. Hulle het vier kinders gehad; Nesen Lambert POTGIETER wat die eienaar van 'n stuk grond in Pottkamp, Adeldorf was, Gert POTGETER wat die eienaar van die "Faberhaus" in Schuttorf was, Hermann POTTGEITER wat in 1648 trou met 'n dogter van Swenne VON LODDEN, en Jan POTGIETER.

Jan (of Johannes) POTGIETER was gebore in Nordhorn, Wesfalen, Duitsland en trou in 1634 met Schwerne LODDEN, die dogter van Swenne VON LODDEN van Frensdorf . Sy was ook in Nordhorn gebore, in die jaar 1610. Jan was ook genoem Ossenjan of Kettel Johan.

Ons stamvader Harmen Jansz POTGIETER wat in 1635 in Nordhorn gebore is was die enigste seun uit hierdie huwelik. - http://www.stamouers.com/potgieter.htm

Petrie Coetzee (2014-08-06): Dit wil voorkom of die geboorteplek van Jan Herman verkeerd is, dat dit, soos die plek van oorlye, die stad Nordhorn, Lower Saxony, Germany moet wees, omdat laasgenoemde ook ooreenkom met die verwysing hierbo na die Graafskap Bentheim (sien Google Earth) en omdat Nordhorn, by Gutersloh naby Bielefeld in Nordrhein-Westfalen ver van die Graafskap Bentheim is. Daar is ook 'n gebied genaamd Frensdorf wat (volgens Google Earth) in dieselfde stad Nordhorn is. Sy pa is buitendien ook in daardie Nordhorn gebore.

view all

Jan Herman Pottgeter's Timeline

1610
1610
Nordhorn, Nordrhein-Westfalen, Germany
1634
1634
Age 24
1635
1635
Age 25
Nordhorn, Lower Saxony, Germany
1635
Age 25
Nordhorn, Lower Saxony, Germany