Johannes Wessels, SV/PROG

Is your surname Wessels?

Research the Wessels family

Johannes Wessels, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Johannes Wessels, SV/PROG

Birthdate:
Birthplace: Hamburg, Hamburg, Germany
Death: Died in Cape of Good Hope, South Africa
Place of Burial: ou Groenpunt begraafplaas
Immediate Family:

Husband of Rebekka van Baelbergen and Helena Bezuidenhout, b1 SM
Father of Johanna Wessels; Johannes Wessels, b2; Maria Wessels, b3; Hendrik Wessels, b4; Coenraad Wessels, b5 and 2 others
Brother of Dirk Wessels

Occupation: Boer, Burger/Boer
Managed by: Petrus Johannes Wessels {b2c2d4e...
Last Updated:

About Johannes Wessels, SV/PROG

  • Birth Date c. 1642 /1660 (TFFYP)
  • Death Date after 19 4 1711
  • First Name Jan/ Johannes
  • Last Name Wessels
  • Suffix SV/PROG
  • Gender Male
  • Birth Location Harpstedt, Lower Saxony, Germany

a. 15/.11/1660 aan boord van "Witte Olifant" as soldaat, beesslagter, burger 1665, boer "Meer-en-Dal' en "Westerdal', distr. Durbanville sterf voor 68jarige ouderdom, begrawe ou Groenpunt begraafplaas.

x Kaapstad 16/5/1683 Rebekka VAN BAELBERGEN (wed. v. Ds Petrus HULSENAAR), sterf kort na huwelik.

xx Kaapstad 10/9/1684 Helena Wynands BEZUIDENHOUT

http://www.e-family.co.za/ffy/g6/p6859.htm

P8-001: SA stamvader Johannes (Jan/Johann) WESSELS {a}

  • c 1642 in Duitsland.
  • Sedert die aankoms van Jan van Riebeeck in 1652 is alle pogings aangewend deur die Vereenigde Oosindiese Kompanie (VOC) om blanke burgers na die Kaap te lok. Hierdie pogings was nie baie geslaagd nie, vanweë die ekonomiese bloeitydperk in Nederland self. Die 30-jarige oorlog het egter vir die Duitsers groot ekonomiese probleme en armoede gebring. Baie van hierdie werklose Duitsers het hulle toe as “soldate” by die VOC aangesluit. Dit is dus te verstane dat van die 420 soldate aan die Kaap in 1761 was 398 Duitsers.

  • Johannes (Jan/Johann) Wessels of Wessel van ‘t Ampt ter Harpstede (gemeente/gemeenskap Harpstede), Duitsland. Die huidige naam van Harpstede is Harpstedt en is naby Bremen geleë. Jan het toe van Hamburg, die hawestad van Duitsland na Nederland vertrek waar hy by die VOC as “soldaat” aangesluit het. Hy vertrek op 27-6-1660 met die Witten Olifant, wat van Nederland na Batavia gevaar het, na die Kaap. Die Olifant het op 15-11-1660 aan die Kaap gekom.
 

Meer inligting oor die skip “Die Witten Olifant”.


Die Witten Olifant is soms net die Olifant genoem. Die volgende oor die Olifant kom uit die publikasie “Duch-Asiatic Shipping in the 17th and 18th Centuries , R.D.P Vol 2” : Die kaptein van die skip was Filips de Bakker. Op die skip was 212 matrose, 150 soldate en 2 passasiers. Tydens die seereis na die Kaap het 6 mense ter see gesterf en 16 het die skip in die Kaap verlaat. Daar kan dus afgelei word dat Jan op 15-11-1660 van Duitsland as “soldaat” aan die Kaap gekom het.

Jan se eggenote.

  • Jan trou op 16-5-1683 met Rebekka VAN BAELBERGEN, weduwee van Ds. Petrus Hulsenaar, maar sy is kort na die huwelik oorlede.
  • Jan hertrou in Kaapstad op 10-9-1684 met Helena Wynands BEZUIDENHOUT, ~ 23-6-1669, ? 1713, d.v. die stamvader Wynand Leenderts Bezuidenhout en Jannetjie Gerrits.
  • Met verwysing na Argiefbewaarstukke - Resolusies van die Politieke Raad Deel 1 1651 – 1669 p.315, kry ons : “Jan Wessels van ’t ampt te Harpstede soldaet soo daningh (sig) met ’et schip den Eliphant ano. 1660, en 9 gl. ter maent alhier aengelant wort mits desen, voor landtbouwer aengenomen en omdat dien atbeijt wat moeijelijck valt op zijn versoeck toegeleijt een beloningh van elf guldens ter maent, heden ingaende mits daer voor sijn verbonden tijt alhier sal hebben uijt te dienen”.Aanvanklik het daar gestaan : “Jan Wessels van Haeffkesbeeck”. Die woord “Haeffkesbeeck” is egeter deurgehaal en vervang met ” ’t ampt te Harpstede”. In die resolusie van 10 April 1665 vind ons ’n verwysing na Jan Wessels van Haeffkesbeeck wat in 1660 as soldaat met die Eliphant uitgekom het. Hy is as landbouer (beesslagter) in diens geneem. Hy het dan ook in 1665 vryburger geword.

Alhoewel sekere bronne beweer dat hy eers in 1680 hier aangekom het, dui die bestaande getuienis daarop dat die 1660 datum meer waarskynlik is. Om dit te toets spekuleer ons nou dat hy as 18-jarige soldaat hier aangekom het, en sou dan met sy eerste en tweede huwelike onderskeidelik 41 en 42 jaar oud gewees het. In 1686 met die geboorte van sy eerste kind sou hy dan 44 jaar wees. Dit skep nie probleme nie aangesien sy vrou, Helena dan vier-en-twintig jaar jonger was as hy. Die feit dat Helena op 19-4-1710 weer hertrou het met Petrus Tavenreith (onderwyser van W.A. v.d. Stel se kinders; maar het later in onguns geraak en toe privaat Latyn gegee) van Rheinsburg, beteken dat Jan oorlede is voordat hy 68 jaar oud was. Hy is volgens Dr. Con de Villiers in die ou Groenpunt begraafplaas aan die bopunt van Wesselsstraat in Seepunt begrawe. ’n Gedeelte van hierdie begraafplaas is nog sigbaar maar die grootste gedeelte van die grafte is sodanig verweer dat dit nie meer uitgeken kan word nie. Wat wel behoue gebly het, en tans ’n nasionale monument is, is die Pieter Woutersen grafkelder wat in 1827 deur Woutersen se eggenote opgerig is. (Sien ook d6e2f10 i.v.m. Woutersen grafkelder)

 

Helena Bezuidenhout is aangekla van owerspel met Andries Beets terwyl sy getroud was met Jan Wessels (C.J. 3635 Diverse Process-stukken. Getuienis 1-12-1688 bl. 11-12) Sien ook “Die Vryleiden en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting 1657 - 1707” deur G.C. de Wet, bl. 176. Andries Beets was ’n skoenmaker wat in 1688 aan die Kaap aangekom het. Die verwysing in die lg. werk is egter gemaak in verband met huwelike wat weer versoen geraak het, terwyl daar verskeie in die skeihof beland het. Andries Beets is toe ook wel in 1688 getroud. Alhoewel sekere bronne aandui dat Jan en Helena het gaan boer op Meer-en-Dal aan die Tierberg. (Tygerberg - Vissershok, naby Durbanville), weet ons uit die grondbriewe dat die plaas Westerdal, naby die huidige Durbanville, op 7 September 1702 aan stamvader Jan toegeken is en dit nogal deur W A van der Stel. In 1706 het W A van der Stel nog ’n leningsplaas in die Groene Kloof (huidige Darling) aan hom toegeken.


Die afleiding kan dus gemaak word dat die van der Stels en Jan reeds bekend was voor Johanna, oudste dogter van Jan, se troue met Frans van der Stel. Maar teen hierdie tyd het die gevoel van die burgers ook sterk geswaai teen die bestuur van W A van der Stel. Moontlik het stamvader Jan nie teen hierdie tyd bewus gewees dat sy eie sestienjarige seun, Johannes, nog met een van die grootste vyande van W A van der Stel nl. Wessel Pretorius se dogter later sal trou nie. Dit beteken dat die eertydse van der Stel-vriende en familie a.g.v. Frans se troue met Johanna later die vyande sou word van die tweede geslag Wesselse. Dit is een van die redes waarom Johannes na sy troue in 1713 met Geertruy Pretorius grond aan die Lourensrivier bekom het en nie verder op Westerdal of Groene Kloof geboer het nie.


Die oorsprong van die naam van die plaas Westerdal, ’n buurplaas van Meerendal, is onbekend, maar die “Wes” kon sekerlik net afgelei word van die windrigting of die van Wessels. Meerendal is toegeken aan Jan van Meerland in 1702 en Jan Wessels se naam kom nooit voor in die aktes as ’n eienaar van Meerendal op enige stadium nie. Die plase Meerendal en Westerdal saam met ’n addisionele stuk grond tussenin het in 1894 gekom in die hande van ’n ene C.D.J. de Wit. Om die titelaktes te vergemaklik is daar ’n gewysigde titelakte (C.A.T. 21-4-1894) opgetrek wat na die hele stuk grond verwys het as Meerendal. Westerdal is later verengels na “Westerdale” en die onderste gedeelte van Meerendal word vandag nog aangedui as “Westerdale”. Die oorspronklike plaas Meerendal word aangedui in die Geskiedenis Atlas van A.J. Boeseken - kaart no. 53. Dit behoort vandag aan Mnr. Jack Starck (1984) en is naby die huidige Durbanville. Die plaas is bekend vir sy rooiwyne.


Die sensusopnames van die vroeë Kaap gee ons ’n idee dat Jan redelik vooruitstrewend was en let ook op dat alhoewel Jan eers sy grond in 1702 ontvang het, het hy wel alreeds in 1688 geboer:

  • 1688 - 2 Perde, 12 Beeste en 200 skape. Hy het ook 1 “knegt” in diens gehad.
  • 1692 - 1 “knegt”, 7 slawe (waarvan 5 kinders was), ’n vrou, twee kinders, 2 perde, 22 beeste, 900 skape, 3 mud koring, 12 mud gort en 5 wapens.
  • 1695 - Geen verwysing na Jan Wessels.
  • 1700 - 9 slawe, 3 perde, 58 beeste, 1000 skape, 5 varke, 6000 wingerdstokke maar geen wyn - sekerlik ’n aanduiding dat hulle nog nie produseer nie en dus jonger as 5 jaar moes wees, 60 mud koring, 10 mud rog, en 20 mud gort, 4 wapens.
  • 1705 - Geen verwysing na Jan Wessels - Hy was toe waarskynlik reeds oorlede.
  • 1709 - Weduwee Jan Wessels (Helena Bezuidenhout) - 13 slawe, 11 perde, 132 beeste, 1100 skape, 18000 wingerdstokke en 6 leggers wyn, 280 mud koring/rog, en 20 mud gort, Geen wapens.
  • 1712 - Petrus Tavenreith (Hy en Helena was toe getroud binne gemeenskap van goedere) - 14 slawe, 10 perde, 132 beeste, 600 skape, 20000 wingerdstokke en 1 leggers wyn, koring/rog, en gort. Dit is dus duidelik dat die 6 leggers wyn in 1709 een of ander fout moes gewees het.

Volgens EC Godee Molsbergen se publikasie “Reizen in Zuid Afrika” word op p 66 verwys na Resolusies van die Politieke Raad 1662 waarin besluit sou word van Korporaal Cruythoff se reis met twaalf man noordwaarts deur Namakwaland op soek na die verwagte Vigiti Magna. Jan Wessels en vermoedelik sy broer Dirck wat saam met hom aan die Kaap geland het, het die tog meegemaak. Hierdie geselskap het baie terugslae ondervind, veral met die inheemse bevolking. Dirck is sodanig deur ’n pyl in die been getref dat Cruythoff die pyl verder deur die been moes druk, want hy kon die pyl nie terugtrek nie. ’n Os as pakdier is as draagbaar gebruik. Volgens inskrywing p 101 “maerseerden hulle soo soutjies” met voetnota Zoetjes. Dirck moes sodanig herstel het, want op 27 September 1663 word ’n opvolgtog beplan met 16 man waaronder Jan en Dirck was. Hierdie keer was dit onder leiding van Sersant de la Qurre. Vanweë baie ontberings is hierdie landtog ook gestaak. Volgens Argiefrolle word daar in 1661 verwys na Jan Wessels van Havelberg? as dienaar terwyl in 1662 weer vermeld word van beide Jan en Dirck van t’ Ampt te HarpStede as soldate. In 1665 lees ons in die monsterrolle V.C. 39 Vol. 2 van hulle as landbouers wat beteken dat hulle intussen Vryburgers geword het. Daar is ook ’n verwysing na ’n Derck Wessels (Jan se broer?) van ‘t Ampt ter Harpstede wat in 1660 met die boot “Vollehove” in die Kaap geland het, maar geen melding word weer van hom gemaak nie. Harpstede (huidiglik Harpstedt) in Duitsland Harpstedt is ‘n munisipaliteit in Oldenburg, Laer Sakse, Duitsland.


Wapen van Harpstedt 1

 

Kaart van Duitsland met Harpstedt 1

 

Akzent Hotel Zur Wasserburg, Harpstedt 1

-------------------- v. Haefkesbeeck/ ’t Ampt ter Harpstede, Duitsland a. 15.11.1660 aan boord Witten Olifant as soldaat, beesslagter, burger 1665, boer “Meer-en- Dal” en “Westerdal”, dist. Durbanville † voor 68-jarige ouderdom # ou Groenpunt begraafplaas

view all 12

Johannes Wessels, SV/PROG's Timeline

1660
1660
Hamburg, Hamburg, Germany
1682
May 16, 1682
Age 22
Cape Town, Western Cape, South Africa
1684
September 10, 1684
Age 24
Cape Town, Western Cape, South Africa
1686
May 26, 1686
Age 26
Cape of Good Hope, South Africa
1689
1689
Age 29
Cape of Good Hope, South Africa
1692
September 7, 1692
Age 32
Kaap, Suid Afrika
1695
June 19, 1695
Age 35
1697
1697
Age 37
Cape of Good Hope, South Africa
1701
1701
Age 41
Cape of Good Hope, South Africa
1704
January 6, 1704
Age 44
Cape of Good Hope, South Africa