Jean Louis du Plessis, b2 (1691 - 1768)

‹ Back to du Plessis surname

Is your surname du Plessis?

Research the du Plessis family

Jean Louis du Plessis, b2's Geni Profile

Records for Jean Louis du Plessis

174,147 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Nicknames: "Jan Louis du Plessis", "GEEN ANDER KINDERS AS CHARL HET DIE PRIEUR AS 2DE NAAM ONTVANG NIE.Hy het slegs een vrou Magdalena ROSSOUW b3 gehad"
Birthplace: Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Death: Died in Breede River DC, Western Cape, South Africa
Occupation: Landbouwer, Landbouer
Managed by: Lodewyk Christiaan Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i7j5k1
Last Updated:

About Jean Louis du Plessis, b2

Navorsingsbronne:

1. Judi Marais-Meyer register - MRIN 11 en 12

2. Emerentia v Rensburg Profesionele Navorser

3.Geslagregister van Vroeë Kaapse families - C C de Viilers

4. Die du Plessis familieboek 1688 - 1988 - N A Coetzee.

5. Tanap: Weeskamer van Cabo de Goede Hoop.

(SIEN ONDER)

6.Volgens die navorsing van NA Coetzee in die du Plessis familienaamboek 1688 -1988 het slegs die eerste seun, Charl Prieur die PRIEUR as deel van sy naam gekry. Verder word die PRIEUR by die ander kinders uitgeskakel.

Dokumente beskikbaar;

1.Doopaantekening Jean Louis du Plessis

2. Doopaantekening van Magdalena Rossouw dv. Pierre Rossouw en Anne Retief

3. Die egpaar se testament gemaak 29 Okt 1725 aangevul deur 3 kodisille gemaak na die oorlye van Jean Louis du Plessis op 14 Maart 1768 deur sy vrou Magdalena Rossouw.

20 Oktober 1773

10 Jan 1780

24 Jan 1782

Sy sterf op 2 Okt 1780 en die testament is aan die Weescamer voorgelê aan Cabo de Goede Hoop.

1. op 7 April 1768 na die dood van Jean Louis du Plessis (14/3/1768)

2. op 9 November 1780 na die dood van Magdalena Rossouw (2 Okt 1780)

In die kodisil gemaak deur Magdalena op 20 Okt 1773 word 5 kinders genoem.

3. Die seun Pieter du Plessis is daarvolgens op 28 April 1769 oorlede. en word beksryf as Pieter du Plessis Jan zn. sonder testament 28 April 1769. Hier word gesê hy het 7 kinders gehad waarvan 2 reeds oorlede is.

4. Aantekening van die dood van Jean Louis du Plessis 14/3/1768 (MOOC6/1 Doodregisgters 1758 - 1797 K.A.

5. Die aantekening van Magdalena Rossouw, wed. van wyl Jan Louis du Plessis, overleden int' land van Waveren op 2 Okt 1780 en word vertoon aan die Weescamer van Cabo de Goede Hoop op 9 Nov 1780.

===========================

--------------------

Navorsingsbronne:

1. Judi Marais-Meyer register - MRIN 11 en 12

2. Emerentia v Rensburg Profesionele Navorser

3.Geslagregister van Vroeë Kaapse families - C C de Viilers

4. Die du Plessis familieboek 1688 - 1988 - N A Coetzee.

5. Tanap: Weeskamer van Cabo de Goede Hoop.

(SIEN ONDER)

6.Volgens die navorsing van NA Coetzee in die du Plessis familienaamboek 1688 -1988 het slegs die eerste seun, Charl Prieur die PRIEUR as deel van sy naam gekry. Verder word die PRIEUR by die ander kinders uitgeskakel.

Dokumente beskikbaar;

1.Doopaantekening Jean Louis du Plessis

2. Doopaantekening van Magdalena Rossouw dv. Pierre Rossouw en Anne Retief

3. Die egpaar se testament gemaak 29 Okt 1725 aangevul deur 3 kodisille gemaak na die oorlye van Jean Louis du Plessis op 14 Maart 1768 deur sy vrou Magdalena Rossouw.

20 Oktober 1773

10 Jan 1780

24 Jan 1782

Sy sterf op 2 Okt 1780 en die testament is aan die Weescamer voorgelê aan Cabo de Goede Hoop.

1. op 7 April 1768 na die dood van Jean Louis du Plessis (14/3/1768)

2. op 9 November 1780 na die dood van Magdalena Rossouw (2 Okt 1780)

In die kodisil gemaak deur Magdalena op 20 Okt 1773 word 5 kinders genoem.

3. Die seun Pieter du Plessis is daarvolgens op 28 April 1769 oorlede. en word beksryf as Pieter du Plessis Jan zn. sonder testament 28 April 1769. Hier word gesê hy het 7 kinders gehad waarvan 2 reeds oorlede is.

4. Aantekening van die dood van Jean Louis du Plessis 14/3/1768 (MOOC6/1 Doodregisgters 1758 - 1797 K.A.

5. Die aantekening van Magdalena Rossouw, wed. van wyl Jan Louis du Plessis, overleden int' land van Waveren op 2 Okt 1780 en word vertoon aan die Weescamer van Cabo de Goede Hoop op 9 Nov 1780

-------------------- Jean Louis (gebore 1691) se eggenote was Magdalena Rousseau, en hulle was geseën met elf kind ers, waarvan vier ingehuud oorlede is : Jan, Daniel, Gabriel en Lodewyk.Die oudste dogter, An na, was getroud met Pieter Theron; Petrus met Brechie Boeiens; Charl met Marie van Ellewee,(e en van FJS se stamouers) hertrou met Geertruy Boeiens; Magdalena het drie keer in die huwelik getree: eers met Johannes Boeiens, daarna met Albrecht Raphael, hertroud met Carel Sibonette. Martha se eggenoot was Pieter; die van Maria Elizabeth, Pieter Schalk van der Merwe, en Daniel was getroud met Maria van Heerden.

Die stamvader, Jean Prieur du Plessis, (1) was afkomstig van Poitiers in Frankryk en het in 1688 met die skip Oosterland in Suid-Afrika geland. Die Oosterland was die derde skip van die najaarsvloot met Franse vlugtelinge vir die Kaap. Op 3 Februarie 1688 vertrek dit vir rekening van die kamer Zeeland uit Goeree na die Kaap. Dit was 'n baie voorspoedige reis sonder enige sterfgevalle onderweg en by die aankoms in Tafelbaai was daar ook geen siektes aan boord nie. Die tydsduur van die vaart was eweneens 'n rekord vir daardie dae - twee maande en 22 dae volgens die Dagregister. Op Sondag 25 April 1688 het die skip in Tafelbaai aangekom, om op Sondag 15 Mei 1688 teen ongeveer 09h00 weer te vertrek. Aan boord die Oosterland was daar 24 Hugenote. Onder die passasiers was Jean Prieur du Plessis, 'n dokter van beroep, met sy vrou Magdalena Menanto (Menanteau), eweneens van Poitiers. Terwyl op see is hulle eerste kind, Carel (2) (Charl of Charles) gebore. Die stamvader was van adelike afkoms en sy voorouers het behoort tot die oudste families in Poitiers. Voor sy vlug uit Frankryk het hy te Poitiers as geneesheer gepraktiseer, dog het al sy landgoed agtergelaat en na Holland gevlug. Teen die einde van die sewentiende eeu het hy terruggekeer na Europa om ondersoek in te stel in sake sy landgoed, maar niks is verder daaromtrent met sekerheid bekend nie. Ons weet wel dat hy nie instaat was om die passaat te betaal nie. Byna 'n honderd jaar later het Keiser Napoleon I verneem dat in Suid-Afrika afstammelinge woonagtig is van die ou beroemde familie van Poitiers en versoek dat die oudste lid van die familie na Frankryk moet kom om besit te neem van die groot landgoed van die Du Plessis' en die onopgeëiste hertogdom, maar die aanbod is destyds van die hand gewys. (3) Gedurende sy besoek aan Europa is sy eerste vrou oorlede en in Januarie 1700 het hy vir die tweede keer in die huwelik getree met Marie Buisset (4) in die Domkerk, Amsterdam. In ongeveer 1703 keer hy terug na Suid-Afrika waar hy hom in Draken stein vestig. Hy dien dus as geneesheer vanaf 1688 tot 1693 en toe weer vanaf 1697 tot 1707 . By sy eerste vrou, Madelena, het hy twee kinders gehad, Carel Prieur en Jean Louis .

Uit die tweede huwelik van die stamvader is vier of vyf kinders gebore. Die jongste dogter, Elizabeth, is ongehuud oorlede. Judith is op 29 Maart 1711 getroud met Ary van Eeden, en is drie jaar later hertroud met Jan Oberholzer van Zurich. By albei eggenote het sy 'n dogter gehad. Maria het stammoeder geword van die geslag Ellewee in Suid-Afrika. Haar eggenoot, Johannes van Ellewee, was afkomstig van Amsterdam . Die twee jongste dogtertjies, Sophia en Sophina Rosina, is jonk oorlede. Die ander was Anna (Gebore 1721) gehuud met Johan Bernhard Deele; Johannes Hendricus, gehuud met Anna Catharina Biesel; Maria, gehuud met Carl du Plessis; Johanna, gehuud met Carel Christoffel Rykvoet en Hendrik Rudolph, gehuud met Elizabeth Catharina Esterhysen. Die vader is oorlede en in 1749 is die moeder hertroud met Jan George Zorn, van Piva. Anna (gebore 1704) het op 16 Augustus 1730 in die huwelik getree met Johannes Frederik Bierman, stamvader van die geslag in Suid-Afrika. Sy was sy tweede vrou. Hulle het net twee seuns gehad, Jacobus Lourens, getroud met Anna Alida Grito en Christoffel Hendrik (gebore 1738). Laasgenoemde is waarskynlik ongetroud oorlede. Na die dood van haar man het die stammoeder weer in die huwelik getree met Martin Vogel, van Bareyt.

Pieter was twee keer getroud. Eers met Gertruy van Deventer (1731) en daarna met Franscina Maree. Hy was die vader van sewe kinders : Jan, Christoffel, Lourens, Maria, Anna, Susanna en Wynand. Die kinders was ingetroud in die families Botha, Bekker, Swart, Badenhorst en Delport . Van die agterkleinkinders het langsamerhand Kaapland verlaat en die binneland ingetrek en met skape geboer. Die wat agtergebly het, het hulle meestal op die landbou toegelê en was besitters van baie slawe. Daar word vertel dat Charles 'n slavin gehad het wat hom baie moeite gegee het deurdat almal wat haar gehuur het, haar byna onmiddelik weer teruggebring het. Hy het later so moedeloos geword dat hy die slavin gelas het om vir haar 'n koper te vind. Haar prys was £60. Intussen moes sy haar verhuur vir slegs 4s. 6d. per maand omdat sy 'n dief was. Die afstammelinge het later naby Somerset Wes (nog voor die dorp aangelê is), gewoon en een van hulle, ene Paul, het gedien as Heemraad van daardie wyk. Tesame met ander Heemrade het hulle in 1825 by die Goeweneur aansoek gedoen om die boere in die wyk, altesame ses-en-sestig huisgesinne, toe te laat om vir hulle 'n kerk te bou. Du Plessis het verder voorgestel dat die grond hulle geskenk of geleen word vir 'n aantal jare. Die onkoste om die kerk te bou het hy bereken op £3 000. Later is sy versoek toegestaan. Die Du Plessis wat hulle in die distrik Worcester gevestig het, het vername boere geword en het ook baie slawe gehad. Daar word vertel dat een van die jong vaders 'n seuntjie aangeneem het wa t op 'n keer deur 'n slaaf aangeval en gewond is. Die slaaf is toe gegesel, gebrandmerk, in kettings geboei en daarna drie jaar lank na Robben-eiland gestuur. Later het van die families na Swellendam, die Bokkeveld en na Graaff-Reinet uitgewyk. In die Bokkeveld het die families wat met skape geboer het, baie ontberings verduur weens die Boesmans, en selfs die slawe. 'n Suster van Jan Daniel, wat 'n vername skaapboer was, het met haar man, Willem van der Merwe, nie ver van haar broer af gewoon nie. In 1825, terwyl sy op 'n môre nog in die bed was, net nadat haar man opgestaan het, het twee slawe die slaapkamer binnegedring en reguit na die rak bokant haar bed, waar die vuurgoed versteek was, gepeil en die twee gewere gegryp. Sy het dadelik opgespring en die gewere beetgekry, maar hulle het haar tot in die kombuis gesleep en toe het een van hulle losgeruk en haar geskiet. Sy was nie dodelik gewond nie. Hulle het toe haar man, wat in die kraal was en van niks wis nie, gaan soek en toe hy die huis bereik, was hy reeds in die oog gewond. Beide het die kamer ingevlug en toe Van der Merwe die deur oopmaak om met hulle te praat, het hulle hom doodgeskiet. Sy het toe uit die kamer ontsnap en in die oond gaan wegkruip, maar sy is daar ontdek en vreeslik mishandel. 'n Ander boer, Janse van Rensburg, wat ook daar was, is voor haar oë doodgeskiet, daarna het hulle die skoolmeester aangeval en hom vermoor. Intussen het sy onder 'n tafel ingekruip, maar ook hier het die twee slawe haar ontdek. Een van hulle het die roer op haar bors vasgedruk en wou haar doodskiet, maar sy het so ernstig gepleit en hom haar wonde gewys dat hulle tydelik opgehou het om haar te molesteer. Haar kinders is op die solder weggesteek onderwyl die slawe na buite gegaan het, maar hulle het die kinders ook ontdek en wou almal vermoor, dog 'n slavin het vir die kinders gepleit en hulle is vrygelaat. Toe die veldkornet eindelik die plaas bereik , vind hy drie mans in die fleur van hulle lewe op wreedaardige wyse vermoor. Die moordenaars is kort daarna gevang en ter dood veroordeel. In die distrik Swellendam is Daniel du Plessis in 1779 op sy plaas besoek deur goewe-neur Van Plettenberg. Die goeweneur was vergesel va 'n bloedverwant van Daniël, Francois, van die distrik Stellenbosch. Ander families woonagtig in die distrik was onder andere Jacobus Lodiwicus en sy eggenote, Elizabeth Roelofse, Andries Stephanus en sy vrou Elizabeth du Toit, asook die vyf broers (kinders van Daniël en Aletta Olivier), Carolus Johannes, Pieter, Philip, Andries en Jan Gysbert. Laasgenoemde het op 'n plaas naby Worcester gewoon wat aan die Breederivier gegrens het. In 1804 is hy besoek deur generaal De Mist en sy geselskap. Die Generaal en sy dogter het die middagete by die gasvrye ou heer geniet. Du Plessis het sy eie osse verskaf vir die reis, en sy seun, Jacobus, het die Generaal vergesel totdat hulle veilig deur die Heksrivier-kloof was. Een van die Swellendamse Du Plessis, Daniël, het hom baie dapper gedra in die geveg tussen die Koloniste en die Britte in 1795, met die oorgawe van die Kaap. Daniël het 'n baie goeie indruk op die Engelse Generaal gemaak en is na die geveg uitgenooi om saam met hom 'n ete te geniet. Hy het hom baie pluimpies toegevoeg en 'n pragtige geweer geskenk as bewys van die Generaal se agting. Hierdie onverwagte goedgunstigheid van die kant van die vyand het die gewenste uitwerking op Daniël gehad, en hy is gevolglik aangestel om 'n brief aan die Swellendamse boere, wat kort tevore die Landdros gedwing het om sy pos te verlaat en hulle eie man, Hermanus Steyn, aangestel het, te oorhandig.

Die inhoud van die brief was dat die boere nie meer onderdruk sou word nie, dat hulle vry handel kon dryf en dat die belasting verminder sou word. Die boodskap het ongetwyfeld wortel gevat, want alles het bevredigend afgeloop. Die families wat hulle in die oostelike dele neergeset het, moes gedurig veg om hulle bestaan . Baie is vermoor en ander geheel en al geplunder deur die swartes. In die omtrek van Graaff-Reinet het gewoon onder andere Daniël en sy eggenote, Elsie Catharina van der Schyff; Jacobus en sy vrou, Hester Anna Potgieter, en die twee broers, Francois Phillipus en Johannes Petrus met hulle gesinne. Die twee laasgenoemdes was onderskeidelik getroud met Geertruy du Plessis en Martha Petronella Venter. In 1789, toe die Xhosas die Zuurveld oorstroom en die boere kaal beroof het, was hulle verplig om te vlug. Kaptein Jan du Plessis, wat destyds te Graaff-Reinet woonagtig was, is daarna gelas om Maynier (Landdros van Graaff-Reinet) na Tshaka te vergesel om die grenslyn tussen die blankes en die Xhosas (nl. die Visrivier) vas te stel. By die geleent-heid is Tshaka versoek om die Xhosas terug te hou en hulle te gelas om nie die Kolonie binne te trek nie. Daarna moes Kaptein Jan weer landdros Bresler en Lord Macartney se private sekretaris, mnr Barrow, vergesel op hul reis na die omliggende land van Algoabaai. Kaptein Du Plessis was so 'n vertroude van die landdrosse, dat hy en ene Van Rensburg verskeie kere na die Xhosa-hoof, wat langs die Boesmansrivier gewoon het , gestuur is om die en sy volgelinge te beweeg om oor die Keirivier te trek. Die Du Plessiss wat te Uitenhage woonagtig was, het dieselfde ontberings deurgemaak as hul bloedverwante te Graaff-Reinet. Hulle was gedurig in oorloë of aanvalle betrokke. In 1811 was die aanvalle op die Koloniste so erg dat die landdros van Uitenhage die Kaapse Goeweneur kennis gegee het dat slegs een plaas oos van die Drosdy nog bewoon was deur 'n boer, en dat die Goeweneur geen verdere verantwoordelikheid moet dra in verband met die distrik nie. Toe is Jacobus du Plessis saam met ander boere opgeroep om saam met landdros Stockenstroom majoor Cuyler tegemoet te gaan by Bruintjies-hoogte met die doel om die Xhosas oor die Visrivier te dryf . Toe landdros Stockenstroom egter nog maar halfpad was, het hulle 'n klompie Xhosas aangetref, en teen die advies van die boere het hulle stilghou en met hulle gesels. Hy het hulle versoek om terug te keer na hulle eie land sonder enige vergieting van bloed. Wyl die Xhosas hulle baie vriendelik gedra het, het hulle ongemerk die blankes omsingel en meteens gestorm. Die Landdros, Du Plessis en sewe ander burgers is doodgesteek met assegaaie. Andries Stockenstroom, die landdros se seun, en verskeie burgers het kort daarna die dood van die burgers gewreek en veertig Xhosas gedood en vierhonderd beeste weggevoer.

In die begin van die agtienhonderds het van die families na die Vrystaat uitgewyk, en verskei e van hulle het aktief deelgeneem aan die gevegte teen die swartes. In die tyd toe die Trekbo ere onder leiers Oberholster en Mocke oor die Grootrivier getrek en hulle in die buurt van Ph illipolis gevestig het (1842), was onder die families ook Du Plessisï¿1/2. ï¿1/2n Sekere veldkornet D u Plessis was teenwoordig toe die gebied noord van die Oranjerivier Britse besetting verklaa r is (nadat die owerheid verneem het dat Mocke van plan was om die land noord van die Oranj e tot republiek te verklaar). Teen hierdie tyd was die familie feitlik oor die hele Suid-Afr ika versprei. In die Soutpansberge is die inwoners van Schoemansdal, waaronder ook Du Plessis-families was, in 1867 so vreeslik aangeva l deur die hoofman Makapan, dat die dorp vandag nog in puin lê. Hope grond is nog te sien waa r eertyds huise gestaan het. Die boere het op ï¿1/2n keer probeer om hulle diere terug te kry va n die swartes, en so is veldkornet JH du Plessis en komdt. Venter aangekla as persone wat onw ettig in besit was van beeste wat aan ï¿1/2n swart kaptein behoort het. Du Plessis is toe deur di e hof gebied om 800 beeste terug te gee en ï¿1/2n groot som geld te betaal. Toe hierdie uitspraa k gegee is, was daar ï¿1/2n oproer in die hof en na die menigte die Landdros getrotseer het, he t hulle die twee manne gered en vrygeset. Onder die afstammelinge word skrandere krygsmanne a angetref. Oral waar die familie hulle gevestig het, was hulle onder die voorstes wat vir hulle volk geveg het. Met die Groot Trek het van die fam ilies by Potgieter aangesluit, en een van hulle was aangestel as Veldkornet oor die laers langs die Bo esmansrivier. Een van die vaders en sy metgeselle wat die vlugtende Zoeloes agternagesit hetn a die kraal van Dingaan is deur ï¿1/2n swartgids mislei en onverwags deur Zoeloes aangeval en ver moor. Later het die familie ook aan die Dorslandtrek deelgeneem, waaronder Jan, Louw, Stephan us, Paul (Pieter?) du Plessis en die leraar ds. Du Plessis. Ds Du Plessis het dik-wels dienst e gaan hou by die laers wyl die Trekkers langs die Limpoporivier laer getrek het. Selfs aan d ie Eerste en Tweede Vryheidsoorloe het baie van hulle deelgeneem en een van die dapperste veg ters in die dae van die Zuid-Afrikaansche Republiek was kommandant CNJ du Plessis. Hoewel di e vorige geslagte hulle op die landbou en skaapboerdery tegelê het, het talle van die afstamm elinge in die afgelope eeu ook op ander gebiede vername burgers geword het. Op die gebied va n die godgeleerdheid is hulle goed verteenwoordig en word ook talle wetgeleerdes en geneesher e aangetref. Sommige het belangrike poste in die staatsdiens, Volksraad en universiteite bekl ee. Een van ons bekendste digters is uit die geslag, naamlik dr. ID du Plessis.

STAMVADER Jean Prieur du Plessis

Jean Prieur du Plessis, gebore in Poitiers in Poitou in 1638, was 'n Franse Hugenoot en chiru rg. Hy het in 1688 met sy vrou Madeleine Menanteau ook van Poitiers op die Oosterlandt na S A gekom met een kind. Hy het egter in 1694 teruggekeer na Europa op die skip Sir Jansland, om dat hy gesukkel het om 'n bestaan te voer as boer. Sy tweede vrou was Maria Buisset van Sedan , met wie hy getrou het in Jan 1700 in die Domkerk, Amsterdam, en met wie hy weer na die Kaa p teruggekeer het. Hy was gevestig in Kaapstad en het 2 kinders van sy eerste huwelik, en 5 v an sy tweede huwelik gehad:

1. Charl (Carel) Prieur, * 1688 ~18/4/1688 wat ook later as chirurg gepraktiseer het. x 12/6/ 1712 Cecilia Marcevene + 18/9/1737 2. Jean Louis * 13/2/1691 ~ 25/2/1691 Stellenbosch + Waveren, Tulbagh x 5/5/1714 Madeleine Ro usseau Kinders van sy tweede huwelik was 3. Judith * Ierland, 1694 tydens die terug rit na die Kaap x 29/3/1711 Ary van Eeden xx 14/1/ 1714 Jan Oberholster xxx 1724 Claas Donselaar van Gelderland 4. Marie * 1702 x 7/11/1718 Jan van Ellewee xx 31/8/1749 Johan Georg Zorn van Hesse-Nassau 5. Anne * 1704 x 16/8/1733 Johannes Frederik Bierman xx 17/9/1747 Johan Martin Vogel van Schn abelwald 6. Pieter * 6/1708 x 21/10/1731 Geertruy van Deventer xx 17/4/1745 Francina Maree 7. Elizabeth ~ 31/1/1717

Verwysings: De Villiers/Pama Heese/Lombard Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek

view all 22

Jean Louis du Plessis, b2's Timeline

1691
February 13, 1691
Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa
February 25, 1691
Stellenbosch, Suid Afrika, Kaap
February 25, 1691
Stellenbosch, Cape Province
February 25, 1691
Stellenbosch
February 25, 1691
Stellenbosch, Cape, South Africa
February 25, 1691
Stellenbosch
February 25, 1691
Stellenbosch, Cape Province, South Africa
1713
1713
Age 21
Cape of Good Hope
1714
May 5, 1714
Age 23
Suid Afrika, Kaap
1715
1715
Age 23
Drakenstein, Suid Afrika, Kaap