

Nadat die Kaap vir die 2de keer deur Engeland geannekseer is in 1806 onder aanvoering van Sir David Baird ( 'n neef van John Baird ), het John Baird aanvanklik as 'n vaandrig in die Kaapse regiment diens gedoen tot die korps in 1818 kleiner gemaak is. Daarna is hy aangestel as assistent vir dr. Robert Hart om Somerset Farm te bestuur. Die plaas is deur Lord Somerset aangeskaf om voedsel aan die soldate op die Oosgrens te verskaf. Hier het John se administratiewe talente na vore gekom en is hy kort daarna aangestel as adjunk-landdros van Beaufort-Wes. Hy het later as volle landdros diens gedoen. Beaufort het voorheen bekend gestaan as "Hooyvlakte", die plaas van Abraham de Clercq. John het in Desember 1818 die plaaswoning wat deur Abraham de Clercq se vader gebou, is betrek, na die plaas deur die Britse regering opgekoop is. John het op 18 November 1822 op Beaufort met Anna Susanna de Klerk, 'n jong dogter uit die distrik in die huwelik getree en ook lidmaat geword van die NG Kerk.
Bron 2a: John Baird se sterfdatum word in Lindi Baird se boek "a Reflection of My Past" (lewensverhaal van John Baird) aangedui as 1949 op Bl. 41.
Bron 1: In die boek "Hooyvlakte" (Die verhaal van Beaufort-Wes 1818-1968) geskryf deur W.G.H. en S.Viviers, word John Baird se sterfdatum aangedui as 27 April 1845. Daar word ook gese dat hy moontlik in die ou begraafplaas langs die N.G.Moederkerkgebou (waar die kerksaal tans staan in Beaufort-Wes) begrawe is.
Bron 3: SAG 1 - Lombard & Heese: Sy geboorteplek word as Banfordshire, Skotland aangegee as c.1785 Bron: 2b: Sy geboorteplek deur Lindi BAIRD word aangedui as Ayershire, Ayer, in 1796
Die vraag ontstaan of daar 2 John BAIRDs was wat terselftertyd aan die Kaap geland het en dat al die informasie op 2 verskillende persone betrekking het???
Nota:Sommige geskiedenisboeke beweer hy was Sir David BAIRD (Hero of Seringpatam, India &n Blaaubergstrand 1806) se kleinneef of broerskind.
1796 |
1796
|
Aberdeen, Aberdeen City, Scotland, United Kingdom
|
|
1820 |
1820
Age 24
|
Beaufort West, South Africa
|
|
1823 |
September 25, 1823
|
Beaufort West, South Africa
|
|
1826 |
July 28, 1826
|
Beaufort West, Central Karoo DC, Western Cape, South Africa
|
|
1828 |
August 6, 1828
|
Beaufort West, South Africa
|
|
1830 |
November 22, 1830
|
Beaufort West, South Africa
|
|
1833 |
June 12, 1833
|
Beaufort West, Central Karoo DC, Western Cape, South Africa
|
|
1835 |
May 30, 1835
|
Beaufort West, Central Karoo DC, Western Cape, South Africa
|
|
1837 |
January 26, 1837
|
Beaufort West, Central Karoo DC, Western Cape, South Africa
|