Leendert Johannes Haasbroek SV/PROG

Is your surname Haasbroek?

Research the Haasbroek family

Leendert Johannes Haasbroek SV/PROG's Geni Profile

Records for Leendert Haasbroek

377,720 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Leendert Johannes Haasbroek, SV/PROG

Nicknames: "Hazebroek"
Birthdate:
Birthplace: Katwijk aan den Rijn, Zuid-Holland, Nederland
Death: Died in Tulbach, South Africa, Cape
Cause of death: Murdered by his only slave.
Place of Burial: In die Tulbach Kerk, Tulbach, Suid Afrika, Kaap
Immediate Family:

Son of Gerbrand Francois Haasbroek and Neeltje den Houten
Husband of Anna Susanna Marais, e4 SM
Father of Martha Margaretha Haasbroek, b1; Johannes Bernhardus Haasbroek, b2; Sarel Francois Haasbroek, b4; Gerbrand Francois Haasbroek b3; Anna Magdalena Haasbroek b5 and 4 others

Occupation: Koster op Tulbagh
Managed by: Private User
Last Updated:

About Leendert Johannes Haasbroek, SV/PROG

Leendert Johannes Haasbroek was the Ancester of the Haasbroek family in South Africa. He and Anna Susanna Marais had 8 children.

================================================

Leendert Johannes Haasbroek (A1) kom van Katwyk aan die Ryn, in Nederland.

Hy was koster op Tulbach waar hy op 12 Oktober 1799 deur sy enigste slaaf vermoor is.

'n Volledige genealogie is te kry in die boek van Sarel F Haasbroek " Die Familie Haasbroek in Suid Afrika, George 1958

-----------------------------------------------------------------------------------

Leendert Johannes Haasbroek. Stamvader van die Haasbroek familie in Suid-Afrika. (Legendes en oorvertellinge weerspieël selde die waarheid) deur Basie Haasbroek, hierdie artikel het verskyn in FAMILIA no3 van 2003 Die stamvader van die Haasbroek familie in Suid-Afrika was Leendert Johannes Haasbroek gebore 25 November 1753 te Katwijk aan de Rhijn in Suid-Holland, as derde seun en tiende kind van Gerbrand Cornelisz Haasbroek en Neeltje Leendertsdr den Houter [1]. Hy bekwaam homself as 'n beroepsmatroos [2], word baie gou bevorder tot offisier en onderneem talle reise in diens van die VOC se Kamer van Delft [3][4].

Hy vestig homself in 1780 aan die Kaap [5], steeds in diens van die VOC se Kamer van Delft, waar hy die pos van bottelier beklee, wat vandag bekend staan as skeepsleweransier.

In 1786 tree hy in die huwelik met Anna Susanna Marais [7], gebore 18 Mei 1766, dogter van Johannes Stephanus Marais en Martha Elisabeth du Toit.

Uit Leendert en Anna se huwelik word die volgende kinders gebore.

b1 Martha Margaretha, gedoop 21 Junie 1788, getroud met Pieter Joubert

seun van Gideon Joubert en Margaretha Hugo.

b2 Johannes Bernardus, gedoop 17 Januarie 1790, getroud in Februarie 1809 met Maria Cornelia Joubert, dogter van Gideon Joubert en Margaretha Hugo.

b3 Gerbrand Francois, gedoop 02 Januarie 1791. Vroeg oorlede.

b4 Sarel Francois, gedoop 21 Oktober 1792, getroud met Elisabeth Maria Johanna Conradie, dogter van Petrus Gabriel Conradie en Petronella Maria Joubert.

b5 Anna Magdalena, gedoop 31 Augustus 1794, getroud met Willem Jacobus du Toit, seun van Johannes Jacobus du Toit en Agatha Geertruij Joubert, hertrou in Januarie 1812 met Andries Joubert, seun van Josua Joubert.

b6 Leendert Johannes, gedoop 16 April 1797, getroud 03 Oktober 1819 met

Elisabeth Catharina du Toit, dogter van Johannes Jacobus du Toit en Agatha Geertruij Joubert.

b7 Abraham Christiaan, gedoop 23 Augustus 1798. Vroeg oorlede.

b8 Christina Helena, gedoop 17 Maart 1800, getroud 07 Maart 1819 met Gerrit Daniel Cilliers, seun van Abraham Cilliers en Hester van Deventer [8][9].

In 1794 neem Leendert sy ontslag [5] van die VOC, maar word reeds gedurende 1793 aangestel as die koster van Roodezand (vandag Tulbagh) [7].

Die amp van koster was in daardie jare ‘n hoog aangeskrewe posisie in die gemeenskap. Leendert en Anna betrek die kostershuis waar hulle sou woon, en bly daar tot sy tragiese dood in 1799 [11] [12][13][14][15][16][17][18][19].

Deur die jare heen het daar talle legendes rakende Leendert ontstaan, waaroor daar verskeie boeke en artikels geskryf is, vernaamlik rondom die brief [11][12][17] en die moord [11] [12][13][14][15][16][17][18][19].

Dit word sonder meer aangeneem dat die brief van Gerbrand aan sy seun Leendert gerig was, en dat dit net om wraak skreeu en vermaan. Daar word te kenne gegee dat Leendert 'n opperste rebel was, losbandig gelewe en geen erg aan die heil van sy siel gehad het nie [17]. Met die rustige lees en oordenking van die brief, kom dit duidelik na vore dat daar 'n besondere band tussen vader en seun was, en dat die brief vanuit 'n besorgde, verlangende en liefdevolle vaderhart geskryf was, soos wat sy verhouding met Leendert ook getoon het dat hy was, die vermaninge meer as riglyne bedoel, met die mens se verganklikheid in gedagte. Die brief self was nooit aan Leendert gerig nie [12], maar wel aan sy ouer halfbroer Andries Gerbrandsz [20], gebore uit die ondertrou verbintenis van sy vader Gerbrand en Maritje Dekker [21], ‘n jong Katolieke dame van Delft. Dit was daardie jare gebruiklik dat 'n verlowing deur die ondertrou instelling, ’n tipe burgerlike troue en algemeen in die Holland van destyds gevolg was, eer 'n huwelik bevestig was. Kinders gebore in ondertrou was die reël, eerder as die uitsondering. Alhoewel die paartjie se gebooie reeds aangekondig was, het Gerbrand se vader die huwelik verbied [1][12] op grond daarvan dat Gerbrand 'n Protestant was en Maritje 'n Katoliek. Gerbrand was nog minderjarig en het derhalwe sy vader se toestemming benodig om te mag trou. Gerbrand tree eers elf jaar later in die huwelik met Neeltje Leendertsdr den Houter [1][12], Leendert se moeder. Maritje [22] trou later met ene Jan Jonker , maar geen kinders word uit hul huwelik gebore nie.

Gerbrand was nie van sy oudste seun, Andries Gerbrandsz, ook 'n matroos [6], se dood in kennis gestel nie, (Andries is ongeveer 02 Augustus 1745 in Asië oorlede terwyl in diens van die VOC) [6]. Hy was dus onbewus van Andries se dood, en daarom stuur hy die brief saam met Leendert Ooste toe met die hoop dat Leendert vir Andries daar sou raakloop. Indien Gerbrand wel die brief geskryf het moes dit tydens Leendert se eerste reis in 1766 gewees het [2]. Ons is vandag redelik seker dat die brief wel met Leendert se vertrek na Batavia in 1766 geskryf was, na Andries se moeder Maritje se dood, want Gerbrand skryf in die brief "die uwe zalige moeder die voor den troon is" [11]. Leendert se moeder Neeltje was toe nog in die lewe. Sy is eers ná 1785 oorlede [24].

Maritje is op 10 Januarie 1766 begrawe [23] en Leendert vertrek op 01 Oktober

1766 na Batavia [2], tien maande ná Andries se moeder oorlede is.

Die opskrif van die brief, wat baie jare later bygevoeg is [11], verwys na Gerbrand se seun in Afrika, maar Gerbrand self verwys telkens in die inhoud van die brief na Batavia (asof sou dit die residensie van die ontvanger wees), wat dan ooreenstem met Leendert se bestemming. Skrywer is van mening dat die brief gedurende hierdie tydperk geskryf moes gewees het en dat die brief nie gerig aan of bedoel was vir Leendert nie [11][12] [17] , want hy was op daardie stadium as dertienjarige, sy ouderdom met vertrek, net te jonk om hom aan al die euwels waarteen die eersgeborene seun, aan wie die brief gerig was, (Leendert is die tiende kind en derde seun van Gerbrand en Neeltje [1]) in die brief gewaarsku word, skuldig te kon gemaak het. Die brief was bedoel vir Gerbrand se oudste en eersgeborene seun Andries Gerbrandsz, met skrywe van die brief volgens Gerbrand se wete reeds 35 jaar oud, wat op 01 September 1731 uit sy ondertrou verbintenis met Maritje Dekker gebore was [20].

So het Leendert die brief jare lank bewaar en met hom saamgedra, in die hoop om sy vader se wens uit te voer. In die boek "Die Haasbroek Familie in Suid-Afrika" deur S.F.Haasbroek [11] word gemeld dat die "voorrede" van die brief wat in Leendert se besit na sy dood gevind was lank reeds deur verwaarlosing verlore gegaan het, en so daar is dus algemeen aangeneem dat die brief aan Leendert gerig was.

Leendert was 'n skrander jongman wat goed skolasties onderrig was en reeds op 14- jarige ouderdom sy seemans vakleerlingskap met welslae voltooi het [2].

Hy word met sy tweede seereis bevorder tot kwartiermeester [3][4] en later tot bottelier [5] van die vlagskip van die VOC, die spiegelship Batavia. Slegs persone met besondere kwaliteite en goeie skolastiese onderrig is in sleutelposisies deur die VOC aangestel. Hierdie verantwoordelike en gesogte posisie beklee hy ook aan die Kaap tot met sy uittrede ná 27 jaar uit die VOC se diens in 1794 [5][25] op 41-jarige ouderdom.

Leendert het blykbaar ‘n goeie verhouding met sy ouers gehad, want hy bly tot ná sy vader se dood en tot met sy permanente vertrek na Suid-Afrika steeds in sy ouerhuis. Leendert was 'n man van pynlike getrouheid , want hy bewaar die brief wat sy vader in sy sorg toevertrou het om aan sy halfbroer Andries Gerbrandsz te oorhandig wanneer hy hom sou raakloop, getrou tot met sy dood.

Op Saterdagaand 12 Oktober 1799 is die gemeenskap van Roodezand erg geskok deur die nuus van die moord op Leendert deur sy slaaf Jasmijn [12][19].

Deur die jare het daar ook uit hierdie insident heelwat legendes en onwaarhede ontstaan, waaroor daar in verskeie publikasies na verwys word [13][14][15][16][17]

Die storie is telkens ietwat aangepas om dit blykbaar meer interessant te maak en so word 'n enorme hoeveelheid onwaarhede verkondig. Daar word vertel dat Leendert ‘n baie ydel en pronkerige persoon was [11] en dat hy terwyl hy voor die spieël sy hare gestaan en kam het, deur sy enigste slaaf vemoor is. Sy boedel toon egter aan dat hy die eienaar van nog ‘n slaaf genaamd Julina was [26]. Die meer bekende legende is die een, wat dan ook in verskeie publikasies voorkom, waarin vertel word dat Leendert sy slaaf betig het omdat hy, die slaaf, halwe werk gedoen het en nie die kerkstoele en -banke na behore afgestof het nie, waarop die slaaf Leendert se keel sou afgesny het [13][15]. Volgens nog 'n vertelling het Leendert glo tydens die moord aan sy moordenaar gesê dat die waarheid sal uitkom, al sou die kraaie dit uitskreeu. Die slaaf het glo onmiddellik gevlug, en die legende wil dat die slaaf jare later, terwyl hy onder 'n boom gelê en slaap het gewek is deur die gekrys van 'n swerm kraaie wat bo hom in die boom gesit het. Hy sou onmiddellik sy werkgewer se woorde onthou het en so groot geskrik en beangs geword het dat hy homself gaan oorgee het [13] [14]. Jasmijn is in werklikheid slegs ses dae ná die moord deur Charles Theron by die Pont in hegtenis geneem [12][19].

In die jongste tyd word daar beweer dat Leendert ‘n verhouding sou gehad het met Sabina, een van sy werknemers en die houvrou van sy slaaf Jasmijn en om daardie rede deur Jasmijn vermoor is [16][17]. Skrywer is van mening dat genoemde stelling ongegrond is, want die aanname word gemaak na Jasmijn se verweer dat hy uit jaloesie Leendert vermoor het. In die hofsaak kon Jasmijn se beskuldiging dat Leendert ‘n verhouding met Sabina gehad het nie bewys word nie en hy is aan moord sonder motief skuldig bevind en daarvolgens gevonnis. In ‘n hofsaak kan ‘n beskuldige om sy saak te versterk enige ongegronde rede gebruik as rede of as versagting vir sy daad, wat dan deur kruisverhoor ondersoek en beredeneer word om die waarheid te bepaal [19]. In Jasmijn se saak kon sy verontskuldiging en rede as motief vir die moord op Leendert nie bewys word nie. Die hele verhaal word ontbloot in die hofsaak waar die slaaf as koelbloedige moordenaar, sonder motief, ontmasker word. Die uitgerekte rusie en skoorsoekery deur Jasmijn met Sabina in die kombuis as aanloop tot die moord, laat die moontlikheid dat alkohol ‘n rol gespeel het, nie uitgesluit nie. [12][19].

Leendert se werksaamhede en pligte as koster het van buitegewone kwaliteite getuig. Sy boedel toon aan dat hy in sy lewe redelike welvaart byeen gebring het [26].

Leendert was 'n kranige sakeman en het sy verdienste aangevul deur geld teen rente uit te leen. Daar is dokumente beskikbaar waar die VOC namens hom f100 vorder van 'n persoon in Batavia wat geld aan hom verskuldig was [5]. In daardie dae ongeveer ses maande se salaris.

Leendert het ook sy vader finansieel bygestaan in die versorging van hulle gesin. Dokumente is beskikbaar wat aantoon dat Gerbrand Leendert se soldy in ontvangs geneem het [2].

As voorafgaande feite in ag geneem word, was Leendert nie 'n rebel of die swartskaap van die familie soos tot dusver aangeneem is nie, maar kan hy met reg as 'n pionier beskou word.

Besoek gerus die Oude Kerk Museum te Tulbagh waar Leendert as koster gewerk het en waar hy waarskynlik, volgens die kurator, in die kerk begrawe lê.

Die volle verhaal van Leendert is op CD beskikbaar by:

Basie Haasbroek

Posbus 1660

Gordonsbaai

7151

Sel: 083 951 4744

-------------------- LEENDERT JOHANNES HAASBROEK gebore 25 Nov 1753, het vanaf Katwijk aan Zee, Nederland, waar sy vader, Gerbrand, gewoon het, na Suid-Afrika gekom. Die seun het teen die sin van sy vader hierheen verhuis. Hy was ‘n boesemvriend van ‘n skeepskaptein, wie hom omgepraat het om in die diens van die Hollandse-Oos-Indiese Kompanjie saam met hom na Afrika en Batavia te kom. Hy was toe nog slegs 18 jaar oud en het nog geen insig gehad in al die gevare waarvan sy vader hom vertel het nie en het dus feitlik weggeloop.

Hier was dit nog ‘n woeste wêreld en toe sy vader eindelik besef dat sy seun nie weer terugkom nie, het hy hom ‘n streng vermanende en teregwysende brief geskrywe.

Op 14 Mei 1786 is Leendert in die N.G. Kerk Tulbach getroud met die jonge dogter Anna Susanna Marais. Hulle het in die dorp Tulbagh gevestig en daar in diens geneem as koster van die kerk. Daar het hulle omtrent 16 jaar gewoon. Uit die huwelik is agt kinders gebore. Hy is oorlede (vermoor deur sy slaaf) 12 Oktober 1799

(Ek het 'n afskrif van die brief (Gerhard van Wyk))

view all 13

Leendert Johannes Haasbroek SV/PROG's Timeline

1753
November 25, 1753
Katwijk aan den Rijn, Zuid-Holland, Nederland
1786
May 14, 1786
Age 32
South Africa, Cape
1788
June 21, 1788
Age 34
Tulbach, South Africa, Cape
1789
August 30, 1789
Age 35
Tulbach, South Africa, Cape
1792
October 21, 1792
Age 38
Tulbach, Suid Afrika, Kaap
1794
January 2, 1794
Age 40
South Africa, Cape
August 31, 1794
Age 40
South Africa, Cape
1797
April 1, 1797
Age 43
Tulbach, Suid Afrika, Kaap
1798
September 10, 1798
Age 44
Tulbach, South Africa, Cape
1799
October 12, 1799
Age 45
Tulbach, South Africa, Cape