Follow Us
Be a Fan
| Birthdate: | |
| Birthplace: | Wasa, Swede (Vandag Vaasa, Finland) |
| Death: | Died in Cape Colony, South Africa |
| Occupation: | Boer |
| Managed by: | Judith Susanna Hendrika 5 Marais b2c1d6e5f2g7h7i12j2 |
| Last Updated: | |
Birth date is unknown according to De Beer Familie in Suid Afrika
1675 based on age at death (55 on 1730) and on arrival at the Cape (23 in 1698)
Latest date - 1688 Married Oct 1705. Minimum age would have been 18 so the latest he could have been born would be 1688.
He was in the service of the Dutch East India Company when he arrived at the Cape in 1698, aged 23 with the understanding that he would serve as a soldier for 5 years. His name first appeared in the Military lists of 1699.
He fathered a child Geertruyd de Beer with Maria van Caab who was baptised on 8 Nov 1705..
From 10 Aug 1702 to to May 1703 Matthys worked as a carpenter for Andreas Finger with permission from the D.E.I.C. whilst still under obligation to the company in emergencies.
On 13 Nov 1703 he was awarded about 2 hectares of land called Orange by the Governor and will probably have been at least 21 years old.
He was a witness at the baptism of Anna van der Swaan on 20 Jun 1706.
He died about 1730 aged 55 at Cape Town - suggesting a birth year of 1675 His wife Hilletje Smit died on 12 October 1759 aged 69 - so she was born about 1690 and was baptised 1 April 1691.
Alternative birth data from merges: 1685. Sharon
Matthys Andries de BEER, land in 1703 aan die Kaap. Hy was nie net 'n grondbesitter nie, maar ook 'n wamaker van beroep en kom van Wasa, 'n plek wat vermoedelik vandag as Vaasa bekend is. Gedurende daardie tyd het Wasa in Swede geval, maar vandag is Vaasa in Finland. Matthys word dus histories as 'n Sweed beskou. Op 24 Oktober 1705 trou hy met Hilletje SMIT, gedoop op 1 April 1691, en die dogter van Jan Smit en Adriana Tol. Hulle woon eers in Stellenbosch, maar boer later in Drakenstein.
In die eerste helfte van 1705 het Jacob van die Kus Coromandel, die slaaf van Isaac Schrijver, die 19-jarige Hilletje Smit teen sonsondergangs in Jonkershoek naby Stellenbosch voorgelê. Hy het haar probeer ompraat om omgang met hom te hê, maar sy het geweier en vir etlike ure mooigepraat om hom van sy voorneme te laat afsien. Eindelik, teen sowat tienuur die aand, het 'n burger tot haar redding gekom. Na Jacob se inhegtenisname het hy tydelik ontvlug, maar hy is weer gevang en tot die dood veroordeel. Hy is op 10 Junie gehang.
Matthys Andries de Beer het 'n buite-egtelike kind by Maria van die KAAP gehad. Hierdie dogtertjie, Geertrij, is op 8 November 1705 op Stellenbosch gedoop -- slegs 15 dae nadat Matthys en Hilletje getroud is.
KINDERS van de Beer en Hilletje Smit:
b1 Helena gedoop Paarl 1 Jun 1710
b2 Samuel gedoop 1 Nov 1711
b3 Samuel gedoop 20 Mei 1714
b4 Maria Elizabeth gedoop 4 Okt 1716, X 5 Apr 1733 Friedrich Sappel, XX Jan Adam Hartman
b5 Zacharias gedoop 5 March 1719, X 12 Mei 1743 Anna Pretorius, XX 22 Jun 1755 Maria Aletta Botma, XXX 30 Nov 1760 Dina Margaretha van Dyk. Zacharias sterf in 1777. Hy het waarskynlik 18 kinders by die drie vroue gehad.
b6 Matthys gedoop 8 Jun 1721, X 3 Sep 1747 Maria van Eeden
b7 Johanna Adrianna gedoop 6 Feb 1724, X Smit
b8 Hilletje gedoop 29 Des 1726
b9 Johannes George gedoop Jun 1729, X Jan 1754 Christina van der Merwe
Matthys sterf om en by 1730 en Hilletje (sy weduwee) trou in 1757 met Jan Georg Zorn.
’n Tweede sg. ‘de Beer’ se naam kom voor in argiefdokumente rondom die jare 1690. Dit is Louis ‘de Beer’, sy vrou Catharina, en hulle dogter, Catharina. In werklikheid was Louis egter glad nie ’n De Beer nie. Hy was Louis-Francois de Berault was ’n broer van Anne de Berault (ook soms gespel Bereau). Anne de Berault was die vrou van die Franssprekende ds. Pierre Simond. Louis de Berault het in Oktober 1688 saam met ds. Pierre Simond met die boot, Zuid Beverland, in Kaapstad aangekom. Louis de Berault was in 1691 ouderling van die Franssprekende Drakenstein gemeente en sy dogter, Catharina, is in 1691 getroud met Barend Pieterz Blom. Toe word haar naam geskryf as Catharina de Bero! Die Franse van, ‘de Berault’, is toe soms gespel ‘de Bereau’ en toe is dit verbuig (verhollands) tot ‘de Bero’ en nog later het dit soms selfs ‘de Beer’ geword. Die spelwyse ‘de Barre’ kom ook voor. In werklikheid was daar geen verwantskap met die De Beers nie.
Verwysings:
DW de Beer, "Die Plek van Herkoms van Matthys Andries de Beer, Stamvader van die de Beers in Suid-Afrika" Familia XVIII, 1981, no 4.
JL Hattingh, "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor 1720", Kronos, vol 5, 1982.
Heese en Lombard
J le Roux, SA Genealogie, no 11971. Hy verwys na SAG 1 bl. 449, asook Boucher, "French Speakers at the Cape",
bl. 273
Saamgestel deur:
AM van Rensburg
---------------
http://familytreemaker.genealogy.com/users/d/e/b/Jan-De-beer/WEBSITE-0001/UHP-0091.html
Matthys Andries de Beer het in 1698 in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie in die Kaap aangekom, onder voorwaarde dat hy vyf jaar diens moes doen as soldaat. Sy naam verskyn die eerste keer in die lys van "Militairen" van 1699, en volgens die boeke van die Kompanjie het hy van Lubeck in Laer Sakse gekom waar Platduits die spreektaal was.
Met toestemming van die Kompanjie het Matthys van 10 Augustus 1702 tot 31 Mei 1703 as skrynwerker by Andreas Finger gewerk vir dertien guldens (Nederlandse geldeenheid gelyk aan 100 Nederlandse sente) per maand. Sy werkgewer moes "spys en drank" en huisvesting verskaf. Matthys was egter nog onder verpligting by die Kompanjie en as 'n noodtoestand sou ontstaan, kon hy opgeroep word vir diens.
'n Stukkie grond van bietjie meer as twee hektaar met die naam Oranje, in die distrik Drakenstein, is op 13 November 1703 deur die goewerneur aan Matthys toegeken.
In 1705 het Matthys bugerreg van Stellenbosch ontvang en van toe af was hv vry om 'n betrekking op te neem of sy eie onderneming te begin. Van die verpligting om diens in die burgermag te doen en belasting te betaal, was hy egter nie vrygestel nie.
So het Matthys wat die beroep van wamaker beoefen het op 24 September 1705 'n lening van 150 gulde van heemraadslid Pieter van der Bijl ontvang. en later ook 'n lening van 200 gulde van die trustees van die "Diaconie van Stellenbosch".
Matthys het op bierdie tydstip van sy lewe waarskynlik selfstandig gevoel en daaraan begin dink om te trou.
More About Matthys Andries de Beer and Hilletjie Smit:
Marriage: 24 October 1705, Stellenbosch.
Marriage Notes for Matthys Andries de Beer and Hilletjie Smit:
Volgens 'n inskrywing in die huweliksregister van die gemeente Stellenbosch is Matthys op 24 Qktober 1705 getroud met Hilletje Smit, dogter van Jan en Adriana Smit wat in 1687 van Maastrich. Nederland, na die Kaap gekom het.
In 1685 het goewerneur Simon van der Stel besluit om 'n dorpie in die Eersteriviervallei aan te lê en dit na homself te noem: Stellenbosch. Matthys en Hilletje het op 23 November 1705 toestemming gekry om in een van hierdie huise te gaan woon. Die huurgeld was 27 riksdaalders (ongeveer R10-80) per maand. Matthys en sy jong bruidjie (15 of 16 jaar oud) het tot 1707 in die huis gebly.
Die jaar wat Matthys en Hilletje getroud is, het daar beroeringe in die gemeenskap ontstaan deurdat die mense ontevrede was met hulle goewerneur, Willem Adriaan van der Stel. Dis toe dat Matthys op 6 Qktober 1706 aangestel is as korporaal van Stellenbosch se infanterie.
Die aanstelling as korporaal (veldkornet) was 'n ereposisie en was onbetaald. Matthys is deur die "Landdrost en Heemraden" gekies weens sy gedrag en integriteit. Hy was verantwoordelik vir wet en orde in die gebied en het verskillende pligte gehad. Al voordeel wat hy daaruit gekry het, was dat hy vrygestel was van belasting.
Volgens die sensusrekords het die De Beers gedurende 1708-1709 in Drakenstein gebly. HuIle is in 1710 terug na Stellenbosch waar 'n vernietigende brand op 17 Desember uitgebreek en die grootste deel van die dorp verwoes het. Kort daarna het hulle nog 'n ramp beleef toe 'n pokke-epidemie uitgebreek het waarin omtrent 'n kwart van die mense uitgewis is. Matthys en Hilletje het 'n seuntjie Samuel (2 jaar oud) en 'n dogtertjie Helena (3 jaar oud) aan die dood afgestaan.
Op 21 November 1718 het die "Raad van Landdrost en Heemraden" 'n bedrag geld aan Matthys betaal vir 'n voetbrug van hout wat hy oor "Botmasdrift" op die plaas Welgevallen gebou het.
Argiefstukke toon dat Matthys gedurende 1723 en 1724 op 'n plek was met 9000 wingerdstokke. Aangesien plaasname nie in die vroeë belastingopgawes aangegee word nie is dit nie bekend of hulle op sy "plasie" Oranje was nie. Hierdie stukkie grond het Matthys op 28 September 1724 aan J Roux verkoop.
Matthys is in 1730 oorlede. Hy het sy vrou en sewe kinders tussen die ouderdomme van sestien jaar en een jaar nagelaat. Hy was vermoedelik ongeveer 56 jaar oud. Van toe af moes Hilletje alleen die verantwoordelikhede van die gesin dra.
Die kinders se peetouers was hoofsaaklik lede van die Smit-familie en hulle vriende, byvoorbeeld Andreas Krüge1 en Maria Ras wat in die Paarl geboer het en Jürgen Hanekom van Natte-vallei.
Mettertyd is die seuns en dogters getroud en het hulle eie huishoudings begin. Die seuns het toesighouers op plase geword. Hilletje het in die jare blykbaar by haar seun Zacharias en sy gesin ingewoon.
Toe HiIletje 60 jaar oud was, is die "huis, erf en tuinland" in Ryneveldstraat, Stellenbosch, aan haar toegeken op 12 Oktober 1750. Die kleremaker Johann Zorn het langs haar gewoon tot 1754. Sy vrou is in 1755 oorlede, en twee jaar later is hy met Hilletje getroud. HuIle het in Ryneveldstraat, Stellenbosch, gewoon tot Hilletje se dood op 16 Desember 1759 toe sy 69 jaar oud was.
Children of Matthys Andries de Beer and Hilletjie Smit are:
+Matthys de Beer, b. 08 June 1721, Stellenbosch, d. 16 July 1784.
Helena de Beer, b. 1710.
Samuel de Beer, b. 1711.
Samuel de Beer, b. 1714.
Maria Elizabeth de Beer, b. 1716.
Zacharias de Beer, b. 1719.
Matthys de Beer, b. 08 June 1721, Stellenbosch, d. 16 July 1784
Hilletjie de Beer, b. 1724.
Johanna Adriana de Beer, b. 1727.
Johannes Jurgen de Beer, b. 1729.
-------------------- Sources quoted for information -
See also
Heese en Lombard -------------------- 1) De Beer Stamvader. 2) Kom ongeveer 1698 in S.A. 3) Reeds in 1730 word grond aan hom toegeken.
Wagonmaker
Matthys Andries de Beer het in 1698 in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie in die Kaap aangekom, onder voorwaarde dat hy vyf jaar diens moes doen as soldaat. Sy naam verskyn die eerste keer in die lys van "Militairen" van 1699, en volgens die boeke van die Kompanjie het hy van Lubeck in Laer Sakse gekom waar Platduits die spreektaal was.
Toe Matthys in Tafelbaai aangekom het, was die Kaap 'n klein p1ekkie met Heerengracht (die huidige Adderleystraat) en Keysersgracht (die huidige Darlingstraat) die vernaamste strate. Die hele bevolking het uit sowat 'n duisend rnense bestaan. Op die lande was wingerdstokke geplant, en die wyn wat van die druiwe gepars is, is aan verbygaande skepe verkoop.
Wanneer 'n skip in die hawe aangekom het, het die boere dorp toe gekom om hulle produkte aan die skepe te verkoop, en om porseleinware en sy van die Ooste en Nederland af te koop.
Op 23 Januarie 1699 het 'n belangrike gebeurtenis in die Kaap plaasgevind toe goewerneur Simon van der Stel se seun Willem Adriaan tydens 'n serernonie op 11 Februarie 1699 sy vader opgevolg het as goewerneur.
Met toestemming van die Kompanjie het Matthys van 10 Augustus 1702 tot 31 Mei 1703 as skrynwerker by Andreas Finger gewerk vir dertien guldens (Nederlandse geldeenheid gelyk aan 100 Nederlandse sente) per maand. Sy werkgewer moes "spys en drank" en huisvesting verskaf. Matthys was egter nog onder verpligting by die Kompanjie en as 'n noodtoestand sou ontstaan, kon hy opgeroep word vir diens.
'n Stukkie grond van bietjie meer as twee hektaar met die naam Oranje, in die distrik Drakenstein, is op 13 November 1703 deur die goewerneur aan Matthys toegeken. Hiervandaan het 'n mens 'n pragtige uitsig gehad oor die area vanaf Wellington tot by die begin van die Drakensteinvallei waardeur die Bergrivier kronkel. Wilde diere was nog volop in hierdie gebied. In 1705 het Matthys bugerreg van Stellenbosch ontvang en van toe af was hv vry om 'n betrekking op te neem of sy eie onderneming te begin. Van die verpligting om diens in die burgermag te doen en belasting te betaal, was hy egter nie vrygestel nie.
Burgers wat hulle eie ambag wou ontwikkel of 'n onderneming begin. het uit verskeie bronne geldelike hulp ontvang. So het Matthys wat die beroep van wamaker beoefen het op 24 September 1705 'n lening van 150 gulde van heemraadslid Pieter van der Bijl ontvang. en later ook 'n lening van 200 gulde van die trustees van die "Diaconie van Stellenbosch".
Die wamakers het verskeie binnelandse houtsoorte gebruik. Die vellings is van rooi-els of wildesering gemaak, terwyl assegaaihout vir die speke en die sagter hout van die waboom vir briekblokke gebruik is.
In 'n verwysing na "vry-wagenmaker" M A de Beer, gedateer 29 September 1705, word melding gemaak van toestemming wat gegee is vir twee vragte "wagenmakershout" wat by Jan de Jonkershoek gekap kon word. 'n Soortgelyke permit is op 13 Februarie 1706 aan Matthys toegestaan vir drie vragte timmerhout en twee vragte wamakershout.
Matthys het op bierdie tydstip van sy lewe waarskynlik selfstandig gevoel en daaraan begin dink om te trou. -------------------- Matthtys Andries de Beer land in 1703 aan die Kaap. Grondbesitter maar ook wamaker van beroep. Kom Van Wasa Swede. Op 24 Oktober 1705 trou hy met Hilletjie Smit. Hulle woon eers in Stellenbosch maar boer later in Drakenstein.
| 1675 |
1675
|
Wasa, Swede (Vandag Vaasa, Finland)
|
|
| 1691 |
April 1, 1691
Age 16
|
|
|
| 1705 |
October 24, 1705
Age 30
|
Stellenbosch, South Africa
|
|
|
1705
Age 30
|
Stellenbosch,Kaapkolonie,Suid Afrika
|
||
|
1705
Age 30
|
Kaapkolonie,Suid Afrika
|
||
| 1710 |
1710
Age 35
|
|
|
| 1711 |
1711
Age 36
|
South Africa
|
|
| 1714 |
1714
Age 39
|
|
|
| 1716 |
October 4, 1716
Age 41
|
South Africa
|
|
| 1719 |
1719
Age 44
|
Stellenbosch, South Africa
|