Pieter Hendrik Henning, b6c1

Is your surname Henning?

Research the Henning family

Pieter Hendrik Henning, b6c1's Geni Profile

Records for Pieter Hendrik Henning

276,527 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

About Pieter Hendrik Henning, b6c1

Pieter Hendrik HENNING, b6c1

  • Geslag/Gender: Manlik/Male
  • Gebore/Born: 2.7.1802 Cradock
  • Gedoop/Baptized: 13.5.1804 Cradock
  • Oorlede/Died: 26.12.1863 Rhenosterhoek, Albert

-------------------- Huwelike/Marriages --------------------

  1. Anna Sophia JOOSTE * 18.9.1811 d.o. Joseph JOOSTE & Martha Maria VAN DER WALT
  2. Cradock 13.10.1834 Magdalena Elizabeth GROBLER * 28.6.1819 d.o. Douw Gerbrand GROBLER & Johanna Cornelia COETZER

-------------------- Kinders/Children --------------------

By/with Anna Sophia JOOSTE:

  • d1 Willem Frederik * 27.6.1827
  • d2 Martha Maria * 26.9.1829
  • d3 Joseph Jooste * 21.5.1832
  • d4 Pieter Hendrik Jooste * 27.12.1833

By/with Magdalena Elizabeth GROBLER:

  • d5 Douw Gerbrand * 24.8.1835
  • d6 Hester Johanna * 3.2.1837

-------------------- Geskiedenis/History --------------------

© 2007 Peter Henrich Henning Familiebond

Pieter Hendrik het hom, net soos sy vader op veeboerdery toegelê en was soos talle ander boere in die Noord-Oos Kaap ’n trekboer wat al verder Noordwaarts agter weiveld aangetrek het. Teen ongeveer 1826/27 vestig hy hom op ’n plaas digby die Oranjerivier wat hy Rhenosterhoek noem. Hierdie plaas was natuurlik ver buite die grense van die Kaap van Goeie Hoop. Mettertyd het al vier sy seuns hulle op die buurplase van Rhenosterhoek gevestig, naamlik die plase Modderbult en Heuningkrans. Pieter Hendrik het egter ook op 11-2-1837 die plaas Cyfergat, 9 km vanaf Molteno op die Sterkstroom pad bekom.

Pieter Hendrik was ’n diaken in die Cradockgemeente van die ou Kaapse Kerk. Teen 1846 het die behoefte aan nog ’n gemeente, verder Noord, al sterker geword, en word ’n gemeente gestig op die plek wat later Burgersdorp sou word. Pieter Hendrik het lid geword van hierdie heel eerste kerkraad en was mede-ondertekenaar van ’n kennisgewing namens die Kerklike Ring van Graaff-Reinet, wat in Januarie 1847 erwe per publieke verkoping te koop aangebied het. Daar kan dus gesê word dat hy ’n direkte bydrae gelewer het tot die totstandkoming van die dorp Burgersdorp.

Pieter Hendrik en Anna Sophia Jooste het vier kinders, Willem Frederik, Martha Maria, Joseph Jooste en Pieter Hendrik Jooste gehad. Hy was skynbaar alleen by die doop van hul babaseuntjie, Pieter Hendrik Jooste teenwoordig, hoewel haar naam ook in die doopregister vermeld word. Hulle huwelik het skynbaar gedurende hierdie tyd tot ’n einde gekom. Hy is op 13 Oktober 1834 weer getroud en sy is op 24 Oktober 1839 met ’n spesiale lisensie met Theunis Johannes Brits getroud. Pieter Hendrik en Magdalena Elizabeth Grobler het een seun, Douw Gerbrand - vernoem na haar vader - en een dogter Hester Johanna, wat as baba oorlede is, gehad voordat hy oorlede is. Hierna trou Magdalena Elizabeth weer op 28 Maart 1864 met Andries Jacob Kruger.

-------------------- Bronne/Sources --------------------

  1. Henning Families Worldwide: http://www.henning.org/CD/databasis/persone/2/6/264p.htm
view all 11

Pieter Hendrik Henning, b6c1's Timeline

1802
July 2, 1802
Cradock, Eastern Cape, South Africa
1804
May 13, 1804
Age 1
Cradock, Stormberg District, Eastern Cape, South Africa
1827
June 27, 1827
Age 24
1829
September 26, 1829
Age 27
Cape Province, South Africa
1832
May 21, 1832
Age 29
Cape Province, South Africa
1833
December 27, 1833
Age 31
Cape Province, South Africa
1834
October 13, 1834
Age 32
Cradock, EC, South Africa
1835
August 24, 1835
Age 33
1837
February 3, 1837
Age 34
1863
December 26, 1863
Age 61
Burgersdorp, Eastern Cape, South Africa