Pieter Wilhelmus Langenhoven, SV/PROG (c.1755 - 1824)

‹ Back to Langenhoven surname

19

Matches

0 0 19
Adds more complete birth place, death place, occupation and child(ren).

View Pieter Wilhelmus Langenhoven, SV/PROG's complete profile:

  • See if you are related to Pieter Wilhelmus Langenhoven, SV/PROG
  • Request to view Pieter Wilhelmus Langenhoven, SV/PROG's family tree

Share

Nicknames: "Pieter Wilhelmus Langenhoven", "Pierre Guillaume"
Birthplace: Duinkerken, Vlaandere, Belguim
Death: Died
Managed by: Elizabeth Johanna Steyn, b3c1d2e3f3g3h2i6
Last Updated:

About Pieter Wilhelmus Langenhoven, SV/PROG

Pierre Guillaume (Pieter Wilhelmus) Langenhoven (Piet Fransman) * ongeveer 1755 + 10.6.1824 x Kaapstad 16.9.1792 Johanna Catharina LÖTZ ~ Kaapstad 14.8.1772 + Caledon 8.7.1850. Piet Fransman, die stamvader, het van Duinkerken in Frankryk gekom. Wie sy ouers was, weet ons nie, maar afgelei van sy bynaam was hy waarskynlik van Franse afkoms. Sy vrou was die dogter van Johan Willem Lotz en Elizabeth Maria Ras van Witmund. Hy kom in 1774 in die Kaap aan, ‘n 19-jarige soldaat aan boord van “’t HUYSOM”. Hy verlaat die diens op 19.10.1791. Wat die aard van sy werk as soldaat gedurende hierdie 17 jaar was, is onbekend. ‘n Jaar later trou hy in Kaapstad. Hy werk vir meer as 20 jaar as “kloofmaker” terwyl hulle die “Colonies huys” bewoon naby die huidige Sir Lowry’s pas. Toe hy in 1824 te sterwe kom, het sy weduwee die moeilike werk voortgesit. Einde 1825 kry sy die kontrak teen 1 380 riksdaalders per jaar. Eenkeer is sy met Rds 100 beboet omdat sy haar pligte nie na behore kon nakom nie en tussen die stukke van die Kerkraad van Somerset-Wes is daar ‘n briefie uit 1844 waarin sy geldelike steun in haar nood vra. Vanweë die “geringe inkomst van de Kerke Kas” kon die raad haar slegs ‘n geskenk van een pond gee. Sy is in 1850 in Caledon oorlede. Nege kinders is uit die huwelik gebore (b1 – b9). Van die 5 Langenhovenseuns is daar slegs getuienis dat 2 van hulle ‘n nageslag nagelaat het. Twee van die drie wat oorbly, is waarskynlik op jeugdige ouderdom oorlede, aangesien die kerkargief se huweliksregister niks oor hulle oplewer nie. Die derde seun is wel getroud met ‘n nooie Schultz. Oor sy moontlike nageslag skryf ek by b4 hieronder. Die stamvader en sy gesin was kerkmense want behalwe die feit dat al sy kinders gedoop is, het hulle ook in die gemeentes van Stellenbosch en Somerset-Wes gekatkiseer en is aangeneem.

--------------------

v. Duinkerken. Aank. 1774, soldaat a.b. 't Huys Om, verlaat die diens 19.10.1791, x 16.9.1792 Johanna Catharina Lotz,14.8.1772, d.v. Johan Willem Lotz, v. Witmund en Elisabeth Maria Ras.

--------------------

Peter Wilhelmus arrived 1774 as a Soldier from Duinkerken, Vlaandere, Belgie on ship "t Huyson * c1755, died 10 Jun1842 x Cape Town 16 Sep.1792 Johanna Christina Lotz

Bronne :

  1. Die Familie Langenhoven http://www.langenhoven.net/Langenhovenboek1.html
  2. Geslagregister van ou Kaapse Families
  3. SAG GISA vol. 5 L-M 1999 pg. 44-47
  4. Acknowledgment : Mr JH Langenhoven, Noordbrug, Potchefstroom
view all 12

Pieter Wilhelmus Langenhoven, SV/PROG's Timeline

1755
1755
Vlaandere, Belguim
1792
September 16, 1792
Age 37
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1793
August 25, 1793
Age 38
1794
1794
Age 39
1798
1798
Age 43
1801
1801
Age 46
1802
December 25, 1802
Age 47
Stellenbosch, Western Cape, South Africa
1809
January 26, 1809
Age 54
Swellendam, South Africa
1812
January 19, 1812
Age 57
1815
January 19, 1815
Age 60