Willem Serfontein, SV/PROG (1744 - 1803)

‹ Back to Serfontein surname

View Willem Serfontein, SV/PROG's complete profile:

  • See if you are related to Willem Serfontein, SV/PROG
  • Request to view Willem Serfontein, SV/PROG's family tree

Share

Birthdate:
Birthplace: Cape Town, South Africa
Death: Died
Managed by: Nicolene PAYZE
Last Updated:

About Willem Serfontein, SV/PROG

Willem SERFONTEIN (of Serventijn), geb. 1744 aan die Kaap, vader onbekend, moeder Christina ABRAHAMSE, is op 24 September 1780 in die eg verbind met Aletta Jacoba DETKINS. Sy was ged. 29.8.1751, dogter van Nikolaus Wilhelm DETKEN en Jacoba Margaretha VAN DER HEYDEN. Hulle het vyf kinders gehad, waarvan twee waarskynlik nooit getrou het nie:

(1) Willem Jacob (1783) en

(2) Anna Maria (1787). Die ander kinders was:

(3) Johan Lodewijk (1781), getroud met Elisabeth SMIT; 2 seuns.

(4) Christina Aletta (1785), getroud met Georg Christiaan GANS.

(5) Christiaan Jacobus (1793), getroud met Anna Susanna VAN ZIJL; 2 kinders.

Bronne:

“Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys

C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)

Die eerste keer wat die naam Serfontien (Serventyn) op 'n amptelike dokument in Suid-Afrika voorkom, is in 1744 toe Christina Abrahamse haar seuntjie na die Kaapse kerk bring om gedoop te word. Sy naam - Willem Serventyn. Sy naam is opgeteken in die doop register as "slawekindern" en die Generale Nederlandse Oost-Indiese Companje teken as getuie.

Hy verskyn weer in 'n inskrywing waar Willem Serventyn "vrij swarte" trou met Anna van Sara "vrji meid".

In 1780 is daar 'n inskywing in die Kerkboek van die Kaapse kerk waarvolgens Willem Serventyn wedunaar, trou met Alette Jacoba Detkens. Volgens De Villers-Pama is sy 'n duitser.

As gevolg van gebrekkige inligting is dit hoegenaamd nie seker dat hierdie man die enigste Serfontein daardie tyd in die Kaap was nie.

In 1942 het die desydse hoofargivaris van die Unie, HT Colenbrander, inligting voorsien dat in 1760 'n wewenaar Willem Jacob Serventyn na Suid Afrika gekom het uit Amsterdam. Volgens oorlewering was hy vergesel van sy jong seuntjie. Colenbrander stel dit as 'n moontlikheid dat daar 'n verband kan bestaan tussen die wewenaar en die seun van Christina Abrahams.

Die Willem Serventyn word op ten minste 4 van die sterfkennise van sy kinders as Willem Jacob aangegee wat teenstrydig is met die doop register van 1744 wat die kind net as Willem aangee.

Bron:

Die Serfontein Atlas, geskryf deur Dot Serfontein

view all 13

Willem Serventijn's Timeline

1743
June 9, 1743
1744
1744
Cape Town, South Africa
1744
Western Cape, South Africa
1768
1768
Age 24
1780
September 24, 1780
Age 36
Cape Town, Western Cape, South Africa
1781
September 9, 1781
Age 37
Kroonstad, OFS, South Africa
1783
1783
Age 39
1785
February 20, 1785
Age 41
1787
October 28, 1787
Age 43
1793
December 25, 1793
Age 49