Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

Familie/Family Taljaard

« Back to Projects Dashboard

Project Tags

Top Surnames

view all

Profiles

Please add as many Taljaard profiles to the page

Jacob TAILLARD, (Taljaard) van Doornik in Henegoue (België), het in die jaar 1749 in Suid-Afrika aangekom, en hom later as burger te Drakenstein gevestig. Op 29 Julie 1753 het hy met Maria Petronella JORDAAN in die huwelik getree, en tien jaar later, op 4 Desember 1763 is hy hertroud met Elisabeth Johanna BUYS. Net een seun is uit die eerste huwelik gebore. Hy was Louis Francois (1754), wat hom later op Swellendam gevestig het en op 20 April 1777 met Dina Elisabeth LOURENS in die eg verbind is.

Hierdie familie het sy oorsprong in Dijou, Frankryk. Die naam was, en word vandag nog in Frankryk, Tielhard gespel. Die eerste afwyking van hierdie spelling het gekom toe een van die familie tussen die jaar 890 en 900 na Loue verhuis het en die spelling Taillard gebruik het. In 1066 is een lid van hierdie familie saam met Willem die Veroweraar na Engeland as sy leërtesourier. Die Taylors in Engeland is afstammelinge van daardie Taillard. Onder Nederlandse invloed het die naamspelling later verander na Taljaard.

Is ongeveer 1780 uit die Kaap verban.

Bronne: “Die AFRIKANER FAMILIENAAMBOEK & PERSONALIA” (1955) saamgestel deur J.H Redelinghuys C.PAMA : Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek (1983)