Start My Family Tree Welcome to Geni, home of the world's largest family tree.
Join Geni to explore your genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.
view all

Profiles

icn_favorite.gif Oranje-Vrystaat icn_favorite.gif

Die Oranje-Vrystaat (Nederlands: Oranje-Vrijstaat) was een van die onafhanklike Boererepublieke. Die Oranje-Vrystaat was een van die provinsies van die Republiek van Suid-Afrika. Dit bestaan vandag steeds as 'n provinsie van Suid-Afrika met die verkorte naam Vrystaat.

Die Oranje-Vrystaat (OVS) was ‘n onafhanklike staat in Suidelike-Afrika gedurende die tweede helfte van die negentiende eeu, en het later ‘n provinsie geword van die hedendaagse Suid-Afrika. Dit was die geskiedkundige voorloper van die huidige Vrystaatprovinsie. Dit is geleë tussen die Oranje- en Vaalrivier, en is gestig as ‘n Vrye staat deur die Afrikaner Boere, nadat hulle die Britse beheerde Kaapkolonie gedurende die Groot Trek verlaat het. Die Vrystaat is geannekseer deur Brittanje in 1848, en op 17 Februarie 1854 het Brittanje die onafhanklikheid van die Oranje Vrystaat erken. Op 23 Februarie 1854 het die Oranje-Vrystaat amptelik onafhanklikheid verkry by die ondertekening van die Konvensie van Bloemfontein. Die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal), ‘n susterstaat van die Boere, het ongeveer op dieselfde tyd onafhanklikheid verkry.

Die Oranje Vrystaat het as ‘n politieke en ekonomiese suksesvolle staat ontwikkel, maar desnieteenstaande het dit voortdurende konflik met Brittanje ervaar, totdat dit uiteindelik amptelik gedurende die Tweede Vryheidsoorlog deur Brittanje geannekseer was as die Oranjerivierkolonie in 1900. Dit het by die Unie van Suid-Afrika aangesluit in 1910. Die Republiek se naam het gedeeltelik ontstaan vanuit die naam van die Oranjerivier, net soos die Republiek van Transvaal sy naam vanuit die Vaalrivier verkry het. Beide name is deur die Boere ter ere van die Hollandse Monarg, die Huis van Oranje-Nassau, gegee.

icn_favorite.gif Die doel van die projek is om soveel as moontlik dorpe en profiele wat op die dorp gewoon het, hetsy---------------

  1. Gebore
  2. Gedoop
  3. Getroud
  4. Gesterwe
  5. Begrawe
  • is te dokumenteer en te heg.

A

B

icn_favorite.gif Bethlehem icn_favorite.gif

Bethlehem is die grootste dorp in die Oos-Vrystaat en die streek word hoofsaaklik deur landbouverbouing gekenmerk. Bethlehem is geleë in die oostelike deel van die Vrystaat-provinsie in Suid-Afrika. Die dorp is in 1860 op die plaas Pretoriuskloof van ene J.C. Pretorius gestig, maar eers in 1884 geproklameer en munisipale status het eers in 1902 gevolg. Die naam is deur F.P. Naude, ‘n plaaslike kerkleier gegee. Die naam Bethlehem beteken eintlik “broodhuis” of “beit lechem” in Hebreeus. Dit is ‘n verwysing na die aard van landboubedrywighede in die area. Bethlehem is veral bekend vir graanverbouing en meer spesifiek koring. Naby dié dorp is drie groot damme wat Bethlehem se inwoners van water voorsien. Dit is naamlik die Loch Athlone dam (bekend vir sy restaurant wat in die vorm van 'n skip, die Athlone Castle, gebou is), die Gerrandsdam en die Sol Plaatje dam. Laasgenoemde was eers bekend as die Saulspoortdam, maar die naam is terstond verander na 'n bus gelaai metCOSATU-geaffilieerde vakbondwerkers, wat vanaf Kimberley na QwaQwa onderweg was om 'n Meidag viering by te woon, teen 'n spoed in die dam ingejaag het in Mei 2003. Dosyne passasiers is dood in die grootste busramp in die land se geskiedenis. Die dorp word gekenmerk deur sandsteengeboue wat in die middedorp voorkom. Sandsteen is vroeër gebruik as boumateriaal aangesien dit volop in die berge en koppies in die area voorkom. Die N5 nasionale pad gaan deur Bethlehem.

icn_favorite.gif Bethulieicn_favorite.gif

Bethulie is 'n dorp in die suide van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat, 180 km suid van Bloemfontein, met 2 100 inwoners (2011-sensus), waarvan 514 (24,5%) blank was. Alhoewel Bethulie nie langs een van die provinsiale hoofpaaie lê nie, dien die dorp nogtans as 'n landbou- en spoorwegsentrum. Die naam, wat letterlik "deur God uitverkies" beteken, gaan terug op die direkteurs van die plaaslike sendingstasie, wat as die bakermat van die dorp gedien het. Die sendingstasie se hoofgebou, Pellisierhuis, die voormalige tuiste van die Franse sendeling eerw. Jean Pellissier, dateer van 1843 en word as die oudste gebou noord van die Oranjerivier beskou. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is van die grootste Britse konsentrasiekampe in Bethulie opgerig. Bethulie is ook die geboorteplek van die bekende Suid-Afrikaanse akteur:

  • Patrick Mynhardt, ook bekend as die Boytjie van Bethulie.
  • D.H. Steynbrug naby Bethulie
  • Besienswaardighede
  1. Die Pellisierhuismuseum is op 20 Julie 1979 geopen en behandel die geskiedenis van Bethulie en sy omgewing. Die huis vertoon ook 'n versameling van 19de eeuse huis- en landbougereedskap en oorblyfsels van die Vryheidsoorlog.
  2. Die D H Steynbrug naby Bethulie oorspan die Oranjerivier en is met 2 993 meter die langste in Suid-Afrika.
  3. Die belangrikste toeristebestemmings in die omgewing is Bethuliedam met uitstekende watersportgeriewe en die Mynhardtwildtuin.

icn_favorite.gif Bloemfontein icn_favorite.gif

Geskiedenis

As 'n nalatenskap van die Groot Trek is die Bloemfonteingebied reeds as plaas bewoon deur die Voortrekker, ene J.N. Brits. Die dorp is in 1850 die eerste keer as 'n woongebied verklaar, vier jaar voor die stigting van die Oranje-Vrystaat. In 1899 is die Bloemfontein Konferensie gehou, wat (sonder sukses) gepoog het om die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog te vermy. Die behoefte aan 'n perdesiekte-vrye gebied gedurende die Anglo-Boere-oorlog het meegebring dat ene Majoor H.D. Warden hom hier gevestig het. Op 13 Maart 1900 het Britse magte die stad oorgeneem. Die naam van die stad verwys al na 'n fontein met blomme - oorspronklik 'n waterplek van die Boesmans. Bloemfontein staan nog steeds vir sy blommeprag bekend en dra die trotse bynaam "Rosestad". http://af.wikipedia.org/wiki/Bloemfontein

icn_favorite.gif BOSHOFFicn_favorite.gif

Boshof is ’n dorp in die weste van die Vrystaat, in Suid-Afrika aan die R64 provinsiale pad, 120 km wes van die Vrystaatse hoofstad Bloemfontein en 55 km oos van die Noord-Kaapse hoofstad Kimberley. Die dorp het oorspronklik bekend gestaan as Van Wyksvlei toe dr. Andrew Murray dit in 1856 op die plaas met dié naam uitgelê het. ’n Trekboer, ene D.S. Fourie het dit in 1839 van ’n Griekwa, ene Dwaid Danster, gekoop. Die kerk koop die plaas in 1855 by Fourie en omdat die Vrystaatse president Jacobus Nicolaas Boshoff ingewillig het om as peetvader van die nuwe dorp op te tree, word dit na hom vernoem. Hewige gevegte het tydens die Tweede Vryheidsoorlog in April 1900 plaasgevind toe die Franse vrywilliger kolonel De Villebois-Mareuil, gesneuwel het. Boshof is ’n boerderygemeenskap waarvan die belangrikste skaap, bees- en wildboerdery is, en van die land se beste rooivleis word in die Boshof-omgewing geproduseer. Groot stoettelers kom in die omgewing voor. Naas bestaande gipsmyne in die omgewing, word diamantmyne wat ’n paar jaar lank nie in bedryf was nie, nou weer in produksie gestel.

icn_favorite.gif Bothaville icn_favorite.gif

Geskiedenis

Dorpstigting was in 1891 op die plaas Gladdedrift en die dorp was aanvanklik as Botharnia bekend.[2] Die plaas Johannesrus was ook oorweeg as 'n alternatief vir dorpsvestiging, maar daar is op Gladdedrift besluit na aanleiding van die beskikbaarheid van voldoende water uit die Valsrivier. Botharnia is in 1893 hernoem na Bothaville. Die dorp is vernoem na Theunis Louis Botha , die oorspronklike eienaar van die plaas. http://af.wikipedia.org/wiki/Bothaville / http://www.fak.org.za/vrystaatse-dorpe/lejweleputswa-distriksmunisipaliteit/nala-munisipaliteit/bothaville/

icn_favorite.gif Brandfort icn_favorite.gif

  • Brandfort is 'n klein dorp in die middel van die Vrystaat, in Suid-Afrika, tussen Bloemfontein en Theunissen.
  • Geskiedenis

Die dorp is gestig op die plaas Keerom wat vir die eerste keer in 1838 deur Jacobus van Zijl, 'n Voortrekker van Prins Albert beset is. In 1866 het hy die NG kerk genader om 'n dorp op sy plaas uit te lê. Die eerste woonerwe is op 30 Oktober 1866 verkoop. Die dorp is eers in 1874 geproklameer en het munisipale status in 1884 gekry.

  • Distrik

Die distrik is 3 660 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen en daar is verkeie stoeterye vir merino's, Afrikanerbeeste en varke in die omgewing. In die weste is daar ook 'n aantal panne.

  • Tweede Vryheidsoorlog

Die Slag van Brandfort het op 25 Maart 1900 hier plaasgevind. Daar was ook 'n konsentrasiekamp by Brandfort genaamd Dwyersdorp so genoem omrede 'n Ier, kaptein Dwyer baie simpatie met die vroue en kinders gehad het. Van hulle het 1 550 egter gesterf. http://af.wikipedia.org/wiki/Brandfort

icn_favorite.gif Bultfontein icn_favorite.gif

  • Bultfontein is 'n dorp in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika, 97 km noord van Bloemfontein.
  1. Geskiedenis

Die dorp is in 1874 gestig. Die dorp het sy ontstaan te danke aan 'n sterk fontein, wat op die bult ontspring het. Dit was eers deel van die plaas Kameeldorings. Boesmans, Voortrekkers en wilde diere het by die bron kom water drink. Bultfontein se fontein-area is omskep in 'n park genaamd Parabaai. Die park het sy ontstaan te danke gehad aan ene

Gerrit Viljoen= (1893-1968), wie se idee dit was om die park te stig en te ontwikkel.

  1. Bultfontein is ryk aan geskiedenis, naamlik:
  2. Die Tweede Vryheidsoorlog, vliegveld en die Boesmans. In die dorp se ou begraafplaas is =Engelse soldate=begrawe, wat tydens die oorlog gesneuwel het.
  3. Die vliegveld is deur D J Viljoen seun van Gerrit Viljoen en ander vennote soos Sannie Bekker ontwikkel.
  4. Bultfontein beskik oor groot neerslae goud en diamante. Myne sou op die dorp gestig word, maar het nooit 'n werklikheid geword nie.
  5. Die plaas Bultfontein het eers aan

C

icn_favorite.gif Clocolan icn_favorite.gif

Geskiedenis

Clocolan is 'n dorpie in die Oos-Vrystaat en is in 1907 gestig. Die dorpie lê aan die R26, halfpad tussen Bethlehem en Bloemfontein. Die dorp is gestig op die plase Reinzi en Harold en het sy naam te danke aan die Afrikanerboere wat in die omgewing geboer het wat die uitspraak van die "Hlohlowane"-berg (wes van die huidige Clocolan) verkeerd gehad het. "Hlohlowane" is 'n Sothowoord en beteken "rif van die veldslag". http://af.wikipedia.org/wiki/Clocolan

D

icn_favorite.gif Dewetsdorp icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is vernoem na Generaal Christiaan Rudolf de Wet se pa, Jacobus Ignatius de Wet. Dit was voorheen bekend as De Wet. Jacobus de Wet was die veldkornet van die streek en het gevoel 'n dorp moet om veiligheidsredes in die omgewing van die plaas Kareefontein gestig word.

E

icn_favorite.gif Excelsior icn_favorite.gif

Geskiedenis

Excelsior is a small farming town in the Free State province of South Africa. It was formed by farmers in 1910 who wanted a town which was closer to them than Winburg and Ladybrand.

The farmers had to decide on which farm the town will be established. The two farms were Sunshine and Excelsior (Latin), which, translated to English means "Higher Up", or in Afrikaans "Hoër Op". The farm Excelsior was chosen due to its higher location. The first church was erected in the vicinity of where the Farmers Co-op is situated today. Excelsior was a newsworthy town in the late 1960s and early 1970s for 19 people contravening the Immorality Act under Apartheid Legislation (Also known as the Excelsior 19). A better understanding on what happened between white male and black females can be read in the book The Madonna of Excelsior by South African-born author, Zakes Mda. http://en.wikipedia.org/wiki/Excelsior,_Free_State

F

icn_favorite.gif FAURESMITH icn_favorite.gif

Gedurende 1825 het verskeie Griekwastamme hulself tussen die Oranje- en die Modderrivier tuisgemaak. Die strek was besing as’n land wat vloei van melk en heuning. Later het die mooi dorp Fauresmith verrys op die plaas Sannaspoort. Daar word vertel dat Sanna Kok vrou van Adam Kok haar been op daardie plaas gebreek het, vandaar die aanvanklike naam vir Fauresmith, Sannaspoort.

Die dorp is vernoem na dominee PE Faure van Wynberg en sir Harry Smith die destydse goewerneur van die Kaapkolonie. In 1847 het dominee Faure, as afgevaardigde van die NG Kerk, wat in geselskap van dr. W Robertson na die Transoranje afgereis om kerklike sake te ondersoek. Hy het ’n baie goeie indruk op die Trekboere gemaak. Die idee het gevolglik by Jacobus Groenendaal ’n Hollander, posgevat om die dorp na hom te vernoem. Waarom sir Harry Smith ook vereer is in dié pleknaam, word nie in vroeëre bronne vermeld nie. Moontlik was dit op aandrang van die Engelsgesindes wat na Michiel Adriaan Oberholzer opgesien het om leiding. Die eerste inwoners van Fauresmith het baie moeilikhede trotseer. Fauresmith beskik oor verskeie interessante besienswaardighede wat van historiese belang is. Daar is ’n kareeboom waaronder die eerste Nagmaal noord van die Oranjerivier in die vorige eeu bedien is.

Fauresmith is die enigste dorp in Suid-Afrika en een van slegs drie in die wêreld waar ’n treinspoor in die middel van die hoofstraat loop.

icn_favorite.gif Frankfort icn_favorite.gif

Geskiedenis

Frankfort is vernoem na Frankfurt in Duitsland en in 1869 op die plaas Roodepoort uitgelê. Die dorp is in 1873 geproklameer en het in 1896 munisipale status ontvang. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het genl. Christiaan de Wet verskeie kere met die Britse magte slaags geraak in die omgewing. http://af.wikipedia.org/wiki/Frankfort

icn_favorite.gif Ficksburg icn_favorite.gif

Geskiedenis

Dié dorp is na General Johan Fick wat 'n kommandant-generaal van die Vrystaatse magte was tydens die oorloë teen die Basoetos in die 1860's. Ficksburg is, soos Wepener en Ladybrand, onmiddellik na die laaste oorlog teen die Basoetos in 1867 as 'n vesting van die Vrystaat in die verowerde Basoeto gebied gebou. Dié dorpe moes verset deur die Basoetos en strooptogte oor die grens verhoed. http://af.wikipedia.org/wiki/Ficksburg

icn_favorite.gif Fouriesburg icn_favorite.gif

Fouriesburg is 'n dorp in die Vrystaat, Suid-Afrika. Die dorp word in die ooste deur die Rooiberge en in die weste deur die Witteberge begrens. Geskiedenis Die dorp is gestig in 1892 op die plaas Groenfontein en vernoem na Christoffel Fourie. Vir 'n paar maande was die dorp ook die setel (die laaste van die oorlog) van die regering van die Oranje-Vrystaat tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Fouriesburg is bekend vir gevegte tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Ongeveer 4000 Boere soldate onder leiding van Marthinus Prinsloo het by Surrender Hill aan die Britse soldate oorgegee. Distrik Die distrik is 1 155 km2 groot. Gemengde boerdery (koring, mielies en beeste) word beoefen. Die dorp is ook 'n belangrike basis vir handel met Lesotho aangesien die grens slegs 10 km ver is. Die grenspos staan bekend as Caledonspoort. Die huis waarin president MT Steyn gewoon het, staan nog op die hoek van Reitz- en Robertsonstraat. Visierskerf is 'n bekende berg naby Fouriesburg.

G

H

icn_favorite.gif Harrismith icn_favorite.gif

Harrismith is ‘n Oos-Vrystaatse dorp geleë aan die N3 hoofroete tussen Gauteng en KwaZulu-Natal. Die N5 nasionale pad na en van Winburg begin ook hier. Geskiedenis Nadat Sir Harry Smith die Voortrekkers by Boomplaats verslaan het, het hy gevoel dat 'n nuwe distrik verder noord gestig moes word om beheer oor die Voortrekkers te hou. 'n Dorp is by Majoorsdrif in die Elandsrivier aangelê en Vrededorp genoem. Die drif was reeds die spilpunt van verkeer na en van Johannesburg en Durban. Dié dorp het 25 km wes gelê van die bestaande dorp. Weens 'n gebrek aan water moes die dorp verskuif word. Die plaas Gemsbokhoek van Jan Snyman aan die oewer van die Wilgerivier, aan die voet van die Platberg, is gekies as die plek waar die nuwe dorp uitgelê moes word. Inwoners van Vrededorp kon gratis erwe in die nuwe dorp kies. Landdros Paul Bester het die nuwe dorp vernoem na Sir Harry Smith. Die eerste erwe is op 16 Januarie 1850 verkoop en die dorp het in 1875 'n munisipaliteit geword. Ná die ontdekking van diamante te Kimberley het minstens 50 waens per dag deur die dorp beweeg. Die ontdekking van goud in die Witwatersrand het dié aantal verhoog. Die spoorlyn tussen Durban en Johannesburg is eers in 1905 voltooi.

http://af.wikipedia.org/wiki/Harrismith

icn_favorite.gif Heilbron icn_favorite.gif

Geskiedenis

In 1872 is die plaas Rietfontein aangekoop waarop 'n nuwe dorp uitgelê is. Erwe is in dieselfde jaar verkoop. Die dorp het sy naam van die sterk warmwaterbron daar naby verkry. Munisipale status is in 1890 toegeken. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Heilbron die hoofstad van die Vrystaat toe President MT Steyn sy hoofkwartier daar gehad het. Toe die Britte die dorpie daarna beset het, het die regering na 'n koppie tussen Heilbron en Frankfort verskuif. Die koppie staan vandag nog bekend as Presidentkoppie. http://af.wikipedia.org/wiki/Heilbron

icn_favorite.gif Hertzogville icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is in 1915 gestig en het in 1924 'n munisipaliteit geword. Die dorp is na James Barry Munnik Hertzog vernoem. http://af.wikipedia.org/wiki/Hertzogville

icn_favorite.gif Hobhouse icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is in 1904 op die plaas Poortjie van Christoffel de Bruin gestig. Die dorp is vernoem na Emily Hobhouse , die beroemde konsentrasiekamphervormer van die Tweede Vryheidsoorlog. Hobhouse het op 3 September 1913 'n munisipaliteit geword. http://af.wikipedia.org/wiki/Hobhouse

Willem Jacobus Pienaar 1873-1940

icn_favorite.gif Hoopstad icn_favorite.gif

Hoopstad is 'n dorpie aan die Vetrivier in die provinsie Vrystaat, sowat 31 km suidwes van die rivier se samevloeiing met die Vaalrivier en 90 km wes van Welkom. Die dorp bedien 'n boerderystreek waarin met Afrikanerbeeste en saaigewasse, veral mielies, koring en grondbone, geboer word. Daar is ook een nywerheidsgebied naasliggend tot die nasionale pad na die Goudveld en Bloemfontein. Die NG kerkgebou is 'n nasionale gedenkwaardigheid. Daar is 'n buiteklub wat voorsiening maak vir allerlei sportsoorte, asook ander geriewe vir rugby, tennis, swem en atletiek. Voor die nuwe munisipale bedeling in werking getree het, was die munisipale gebied 2 962 hektaar groot. Hoopstad en die lokasie Tikwana se bevolking was saam 16 033 in 2011 gewees [1]. Geskiedenis Dit is vernoem na die landmeter wat die dorp opgemeet het, A.P. Haupt en gestig op 1 Junie 1874 op die plaas Kameeldoorns, wat deur die Oranje-Vrystaatse Volksraad vir dié doel aangekoop is. Die dorp verkry munisipale status in 1905. Hoopstad het eers as Hauptstad bekend gestaan. Die naam is later verander, omdat Hauptstad letterlik hoofstad beteken, en dit dus afbreuk aan Bloemfontein se status as republikeinse hoofstad gedoen het. Daarom word die dorp toe stad van hoop. Die NG gemeente is in 1876 afgestig en die lidmaattalle bly redelik konstant vir 'n plattelandse dorpe: in 1979 was dit 840 en meer as 'n kwarteeu later in 2006 nog 764. http://af.wikipedia.org/wiki/Hoopstad

I

J

icn_favorite.gif Jacobsdal icn_favorite.gif

Jacobsdal is 'n boerderygemeenskap in die Suid-Westelike gedeelte van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat. Die dorp is op 7 Maart 1859 gestig op die plaas Kalkfontein van Christoffel Jacobs en die dorpsdistriksverklaring het op 22 Februarie 1861 plaasgevind.Die distrik is hoofsaaklik bekend vir sy uitgebreide veeboerdery en aansienlike besproeiingsboerdery waar druiwe, mielies, koring, sonneblom, lusern en verskeie ander kontantgewasse gekweek word. Jacobsdal het ook die onderskeiding dat die eerste wynkelder buite die Kaapprovinsie hier ontwikkel is. Die distrik het sy eerste besproeiingswater vanaf die Kalkfonteindam ontvang en is besproeiingsplase langs die kanaal, en veral in die Rietrivier Nedersetting ontwikkel. Alhoewel dit vir 'n kort tydjie was, het die gebeure tydens die eerste fase van die Boere-offensief, asook die Eerste en begin van die Tweede Britse Offensiewe, Jacobsdal ten nouste geraak. Jacobsdal het op die 14e Februarie 1900 die eerste Vrystaatse dorp geword wat in Engelse hande geval het. Verskeie veldslae, Belmont, Rooilaagte (Enslin),Twee Riviere en Magersfontein, het aan die begin van die oorlog aan die einde van 1899 aan die Westelike grens van die distrik (binne die geannekseerde gedeelte van die Vrystaat en oorspronklik deel van die Jacobsdaldistrik), plaasgevind. Die welbekende Slag van Paardeberg (Perdeberg) het dan ook net binne die distrik se Noordelike grens plaasgevind

K

icn_favorite.gif Kestell icn_favorite.gif

Geskiedenis

Kestell is a small maize farming town in the Free State province of South Africa.

Town 46 km west of Harrismith and 45 km east of Bethlehem. The new village was laid out in 1905 on the farms Mooifontein and Driekuil, acquired from Adriaan and Johannes Bezuidenhout. It became a municipality in 1906. http://en.wikipedia.org/wiki/Kestell

icn_favorite.gif Koffiefontein icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp het ontstaan omrede dit 'n gewilde uitspanning plek was vir togryers. Hul gewoontes om hier gereeld koffie te maak het glo tot die naam Koffiefontein aanleiding gegee. In Junie 1870 het een van die togryers 'n diamant naby die fontein opgetel. Dit het tot 'n diamant stormloop aanleiding gegee. Teen 1882 was Koffiefontein 'n vooruitstrewende dorp met vier myn maatskappye. Tien jaar later is die mynkampe tot dorpsgebied verklaar en die naam Koffiefontein behou. Die mynbou bedrywighede is 'n paar keer opgeskort gedurende die 20ste eeu; die laaste keer in 1980. http://af.wikipedia.org/wiki/Koffiefontein

icn_favorite.gif Koppies icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die naam is afgelei van die naam van die plaas Honingkopjes waarop die dorp onder die bestuur van die destydse Departement van Lande in 1910 uitgelê is. Munisipale status is in 1926 toegeken. http://af.wikipedia.org/wiki/Koppies

icn_favorite.gif Kroonstad icn_favorite.gif

Geskiedenis

Daar is twee verduidelikings vir die naam; 'n sinspeling op die Russiese vesting Kronstadt, naby Leningrad, wat in die nuus was ten tyde van die stigting in 1859; en dat dit vernoem is na 'n perd, genaamd Kroon, wat aan Sarel Cilliers behoort het. http://af.wikipedia.org/wiki/Kroonstad

L

icn_favorite.gif Ladybrand icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is in 1867 op die plaas Mauershoek gestig. Ladybrand is genoem na Lady Catharina Brand, vrou van Sir Christoffel Joseph Brand , wat die eerste Speaker van die Kaapse Parlement was. Sy was ook die moeder van die Vrystaatse president Sir Johannes Henricus Brand. Ladybrand se ligging teenoor Lesotho het veroorsaak dat heelwat gevegte tussen die Voortrekkers en die Basoetos hier plaasgevind het voordat die gebied in 1865 van die Basoetos afgeneem is. Die dorp is grootliks gestig om die gebied te stabiliseer na afloop van die Basoeto oorlog van 1865.

Ladybrand is naby die Lesotho hoofstad Maseru geleë en die dorp is gevolglik sy ontwikkeling te danke aan honderde Suid-Afrikaners wat in Lesotho werk, maar in Ladybrand woon.

Die dorp het in 1904 munisipale status verkry en is in 1905 met 'n taklyn met die Bloemfontein-Bethlehem-spoorlyn verbind. http://af.wikipedia.org/wiki/Ladybrand

icn_favorite.gif Lindley icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is vernoem na ‘n Amerikaanse Presbiteriaanse sendeling, Daniel Lindley (1801-1880). Daniel Lindley het ‘n leraar vir die Voortrekkers geword na die moord op Piet Retief en sy gevolg in 1838. Lindley is gestig in 1875 op die plaas Brandhoek en geproklameer as ‘n dorp in 1878. Die landmeter was Charles Pritchard van Bloemfontein en hy het oorspronklik 300 erwe uitgemeet. Vyf strate is na die stigters van die dorp vernoem: Rautenbach, Van den Heever, Sarel Cilliers, Hattingh en De Wet. In 1885 het die eienaars die dorp geskenk aan die NG kerk. Ses jaar later het die NG kerk die bestuur van die dorp aan 'n munisipaliteit oorgedra. http://af.wikipedia.org/wiki/Lindley

M

icn_favorite.gif Memel icn_favorite.gif

Geskiedenis

Memel is a small town in the Free State province of South Africa, lying close to the provincial boundary with kwaZulu-Natal and situated some 1,735 metres above sea level.

It was likely named after the port city of Memel in former East Prussia by a prominent settler with historical links to the Baltic. Today this Baltic city is called Klaipėda in Lithuania. In the Latvian Curonian language of the Baltic states, Memel means mute, silent (memelis, mimelis, mēms) and this same name was adopted by speakers of German who later colonized the area. There is little evidence to support the theory that Memel means surrounded by water. http://en.wikipedia.org/wiki/Memel,_Free_State

icn_favorite.gif Marquard icn_favorite.gif

Geskiedenis

Marquard is 'n dorpie in die Oos-Vrystaat wat in 1905 op die plaas Varschfontein gestig is Die dorp is genoem na 'n NG predikant Ds., Jacobus Johannes Tier Marquard wat vroeër 'n brief aan die provinsiale regering gerig het om 'n dorp op die plaas uit te lê. Die kenmerkendste gebou in Marquard is die Nederduitse Gereformeerde Kerkgebou, wat in 1926 voltooi is. Die gebou is van sandsteen gebou en ontwerp deur die argitekte Louw en Gerard Moerdijk. http://af.wikipedia.org/wiki/Marquard

N

O

icn_favorite.gif Odendaalsrus icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die eerste inwoner was die Voortrekker HW Huyser wat sy plaas daar uitgelê en dit Kalkkuil genoem het. In 1878 is die plaas aan JJ Odendaal verkoop. In 1899 het die NG Kerk besluit om 'n nuwe gemeente en dorp in die omgewing te stig en die keuse het op Kalkkuil geval. Die eerste erwe is in dieselfde jaar verkoop en die dorp is na JJ Odendaal genoem. Die enigste verbinding met die buitewêreld was 'n tweespoorpad van 35 km na Hennenman. Die dorp het in daardie stadium ook 'n watertekort ondervind en water is uit 'n private put verkoop. Die dorp het in 1912 munisipale status ontvang. Die stadsekretaris was W Furst. http://af.wikipedia.org/wiki/Odendaalsrus

P

icn_favorite.gif Parys icn_favorite.gif

Parys is 'n dorp aan die oewer van die Vaalrivier, in die Vrystaat-provinsie van die Republiek van Suid-Afrika, sowat 120 kilometer suid van Johannesburg, met sowat 44 000 inwoners. Die meerderheid van die bevolking praat Sotho, en 'n minderheid, hoofsaaklik in die dorpsentrum, praat Afrikaans.

Geskiedenis In 1873 het die Kroonstadse NG kerk besluit om 'n nuwe gemeente noord van die Renosterrivier te stig. Daar is op die plaas Klipspruit besluit. Die plaas het 'n baie mooi uitsig oor die Vaalrivier gehad. In 1880 is die inwoners se eerste petisie dat Parys 'n dorp moet word, van die hand gewys. Proklamasie het wel in 1882 gevolg. Munisipale status is in 1887 verwerf. Die naam is 'n Afrikaanse vertaling van die Franse hoofstad "Paris". Die naam is deur 'n Duitse opmeter gekies, wat tydens die Frans-Pruisiese Oorlog aan die beleg van Parys deelgeneem het. Blykbaar het die plek se ligging aan die oewer van die Vaalrivier hom herinner aan Parys en die Seine.

Parys is 'n gewilde bestemming vir binnelandse toerisme, en veral baie mense uit Gauteng doen naweke daar aan. Die dorp het uitstekende watersportgeriewe en 'n buitengewone geografiese ligging in die episentrum van die wêreld se grootste meteorietkrater, die Vredefortkoepel, wat sowat 2 000 miljoen jaar gelede ontstaan het.

Vandag is Parys 'n deel van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit met sowat 120 000 inwoners (2001).

Crater Cruise Bergfietswedren Die Crater Cruise is 'n jaarlikse bergfiets wedren wat in Parys begin en eindig. Gewoonlik reël die gemeenskap ander sport byeenkomste saam met die byeenkoms bv. 21 km hardloop wedren.

Distrik Die distrik is 929 km2 groot. Terwyl tabak en mielies van die belangrikste bedrywighede in die distrik is, is gewasse soos sonneblomsaad, sorghum, grondbone en sagte vrugte ook belangrik. Daar is verskeie vervaardigingsbedrywighede op Parys. http://af.wikipedia.org/wiki/Parys,_Vrystaat

icn_favorite.gif Paul Roux icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is in 1909 gestig op die plaas Wassou maar was eers Duplessisville genoem ter ere van ene Frans du Plessis. Die plek wat gekies is, was 'n rusplek van die vroeë Voortrekkers, togryers en poskarryers. Die dorp is later na ds. Paul Roux genoem wat 'n generaal in die Tweede Vryheidsoorlog was. Paul Roux is bekend vanweë historiese dinosourusvoetspore wat op 'n plaas in die omgewing te sien is, asook die feit dat 'n voormalige Eerste Minister en later Staatspresident van Suid-Afrika, PW Botha, op die plaas Telegraaf naby die dorp gebore is. http://af.wikipedia.org/wiki/Paul_Roux

icn_favorite.gif Petrusburg icn_favorite.gif

Geskiedenis

Petrusburg is 'n klein landboudorp in die Vrystaat, in Suid-Afrika, tussen Bloemfontein en Kimberley. Die dorp is genoem na Petrus Albertus Venter. Sy boedel het die geld voorsien om die plaas Diepfontein te koop waarop die dorp uitgelê is.

icn_favorite.gif Petrus Steyn icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die plaas Sterkfontein is in 1912 van die weduwee van Petrus Paulus Steyn gekoop, waarop die dorp op 11 Oktober 1912 aangelê is. Die dorp sou aanvanklik Concordia heet, maar 'n verkoopsvoorwaarde van die weduwee Rachel Dorothea Olwage was dat die dorp Petrus Steyn moes heet. Daarvoor het sy 'n afslag op die oorspronklike koopsom aangebied. Vir baie jare was die NG Gemeente se naam Concordia, wat beteken Eendrag. Die kerk is gebou onder leiding van Ds. J.P.H. Steyn - die leraar van die gemeente vanaf 1928 - 1952. http://af.wikipedia.org/wiki/Petrus_Steyn

icn_favorite.gif Philippolis icn_favorite.gif

Geskiedenis

In 1823 het die Londense Sendinggenootskap 'n stasie hier geopen op 'n perseel wat eerw. John Philip gekies het. Die NG Kerk het saam met die Londense Sendinggenootskap gewerk en in 1825 het dr. Abraham Faure 'n gemeente vir nomadiese Griekwas op Philippolis geopen. Twee jaar later het 'n deel van die Griekwastam hulle hier gevestig insluitende Adam Kok. In 1861 is die dorp van die Griekwas gekoop vir ₤400 en Adam Kok en sy mense het op hulle epiese trek van 500 km gegaan. Die ou kerk is deur 'n Nederduitse Gereformeerde kerk vervang, wat in 1871 ingewy is. Die preekstoel, wat uit olienhout gesny is, is 'n besienswaardigheid in die dorp. In 1873 is die eerste skool geopen.

Toe die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog die dorp beset het, is die kerk as 'n fort gebruik. Die gebou huisves tans die Transgariep-museum. http://af.wikipedia.org/wiki/Philippolis http://philippolis.blogspot.com/2008_10_01_archive.html

R

icn_favorite.gif Reitz icn_favorite.gif

Reitz is tussen Bethlehem en Frankfort op die roete na die Witwatersrand geleë.

  • Geskiedenis

Die dorp in die Oos-Vrystaat is gestig op die plaas Stampkop, wat hoofsaaklik ‘n handelspos en uitspanplek vir transportryers was. Die dorp was eers Singerspost genoem ter ere van 'n sekere Singer wat 'n winkel hier geopen het. Die dorp is toe Amsterdam genoem nadat die eerste erwe in 1884 uitgelê is, maar die naam is verander na Reitz na die besoek van President F.W. Reitz in 1889. Munisipale status het in 1903 gevolg.

  • Toe die Rebellie van 1914 uitgebreek het, het die meeste van Reitz se boere by die opstand aangesluit. Die spoorlyn het die dorp in 1910 bereik. Die merkwaardige NG kerkgebou is ontwerp deur die beroemde Afrikaanse argitek Wynand Louw
  • Distrik

Die dorp is in die hart van die mieliedriehoek en die distrik is 2 678 km2 groot. Koring word ook verbou en bees- en skaapboerdery word ook beoefen.

  • Tweede Vryheidsoorlog

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was die regering vir 'n tydlank in die dorp gesetel. In 1901 het president MT Steyn en sy senior personeel hier gewerk. Op die nag van 29 Julie het 'n berede Britse kompanie die dorp onverwags binnegery en 29 Boereoffisiere en die Vrystaat se skatkis gevange geneem. Die president het daarin geslaag om te ontsnap.

icn_favorite.gif Rosendal icn_favorite.gif

Geskiedenis

Rosendal is 'n klein dorpie in die Oos-Vrystaat wat op 'n westelike rigting tussen die dorpe Ficksburg en Fouriesburg geleë is. Rosendal is in 'n vallei geleë wat omring word deur die Witteberge. Die area is ongeveer 2400 meter bo seevlak wat die winter uiters koud maak. http://af.wikipedia.org/wiki/Rosendal

icn_favorite.gif Rouxville icn_favorite.gif

Geskiedenis

Rouxville is in 1863 gestig as 'n kerklike middelpunt op die plaas Zuurbult, die eiendom van Petrus Wepenaar. Die dorp het munisipale status in 1893 gekry. Die dorp is vernoem na ds. Pieter Roux van Smithfield wat vir tien jaar die dorp besoek het. http://af.wikipedia.org/wiki/Rouxville.

S

icn_favorite.gif Sasolburg icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is in 1954 gestig om werknemers te huisves van SASOL 1 en ander chemiese nywerhede soos Natref, Karbochem, Safripol en Polifin. Die aanvanklike fokus van die aanleg was op die vervaardiging van vloeibare brandstof uit steenkool, wat maar een van die hoofprodukte was. Die stad is beplan met behulp van moderne stadsbeplanningsbeginsels. Meer as 72 000 bome is aangeplant.

Omringende dorpe sluit ook in: Oranjeville, Deneysville, Heilbron, Parys en Vredefort. http://af.wikipedia.org/wiki/Sasolburg

icn_favorite.gif Senekal icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is in 1877 op die plaas De Put van F.J. Malan gestig en is genoem na kommandant-generaal Frederik Petrus Jacobus Senekal (1815-1866). Senekal het die Vrystaatse kommando's in die twee Basoeto-oorloë van 1858 en 1865 gelei. Hy het tydens die tweede oorlog gesneuwel. Munisipale status is in 1886 toegeken. Een van die Anglo-Boere-oorlog-veldslae van 1900 is by Biddulphsberg buite die dorp geveg. http://af.wikipedia.org/wiki/Senekal

icn_favorite.gif Springfontein icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp ontleen sy naam aan 'n sterk artesiese fontein op die plaas Springfontein. Hartleydale, 'n deel van die hierdie plaas is in 1904 as die standplaas vir die nuwe dorp verkies. Munisipale status is in 1912 toegeken. http://af.wikipedia.org/wiki/Springfontein

Gedurende die Anglo-Boereoorlog was daar op Springfontein ’n groot konsentrasiekamp. Gedurende Augustus 1901 was daar nagenoeg 2900 vroue en kinders woonagtig in Springfontein se konsentrasiekamp. Gedurende Oktober 1901 het 114 vroue en kinders in hierdie konsentrasiekamp gesterf. ’n Aparte kerkhof vir kinders wat ongedoop gesterf het, is destyds in Springfontein ingerig. Die huis waar Emily Hobhouse tydens haar besoeke aan die dorp gewoon het, “De Bome”, langs die plek waar die konsentrasiekamp was, staan vandag nog. http://www.fak.org.za/vrystaatse-dorpe/kopanong-munisipaliteit/springfontein/

icn_favorite.gif Steynsrus icn_favorite.gif

Geskiedenis

Steynsrus is 'n landboudorp in die Vrystaat, in Suid-Afrika, tussen Arlington en Kroonstad. Die dorp is in 1910 gestig en genoem na President Marthinus Theunis Steyn , die sesde en laaste staatspresident van die Oranje-Vrystaat. Buite die dorp is 'n klipstapel op die plek waar Pres. Steyn gerus het. Die Eselskop-wildplaas is naby Steynsrus. http://af.wikipedia.org/wiki/Steynsrus

President Marthinus Theunis Steyn 1857-1916

Rachel Isabella 'Tibbie' FRASER 1865-1955

T

icn_favorite.gif Thaba Nchu icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die area was die vesting van die Barolongstam onder hul hoofman, Moroka, wat hulle in die 1830's hier gevestig het na die stamoorloë met die Matebeles onder leiding van Silkaats. 'n Sendingstasie is hier in 1833 geopen deur die Wesleyaanse sendeling, eerwaarde James Archbell. Aangesien die dorp op die hoofroete van die Groot Trek vanaf die oostelike Kaapkolonie was, en omrede hoofman Moroka die Voortrekkers goedgesind was, het die Voortrekkers hier uitgespan. Die dorp is in 1873 gestig en was deel van Bophuthatswana, een van die voormalige tuislande. http://af.wikipedia.org/wiki/Thaba_Nchu

icn_favorite.gif Theunissen icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is vernoem na kommandant Hillegard Theunissen leier van die plaaslike kommando tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Na 'n versoek van die boere in die omgewing het die owerhede toestemming verleen dat 'n dorp by Smaldeelstasie gestig mag word. Die twee plase, Smaldeel en Statie en 'n deel van die plaas Poortjie is aangekoop. Die dorp is in Augustus 1907 geproklameer en het in 1912 'n munisipaliteit geword.

Kommandant Hillegard Theunissen 1860-1946

icn_favorite.gif Trompsburg icn_favorite.gif

Trompsburg is 'n dorp in die provinsie Vrystaat (Suid-Afrika) en die ekonomiese sentrum van die Suid-Afrikaanse merinoskaapteelt. Die dorp is 37 km suid van Edenburg en 30 km noord van Springfontein en N1 nasionale pad gaan langs die dorpie verby. Geskiedenis: Met die bou van 'n spoorweglyn in die gebied het die dorp ontwikkel op die plaas Middelwater, wat aan Jan en Bastiaan Tromp behoort het. Die dorp se naam is verskeie kere gewysig. Dit het aanvanklik bekend gestaan as Jagersfontein Road, maar is later ter ere van Sir Hamilton J. Goold-Adams, goewerneur van die Oranjerivierkolonie in die tydperk tussen 1902 en 1910, herdoop tot Hamilton. Die huidige naam herinner aan die oorspronklike eienaars van die plaas Middelwater.Trompsburg het in 1902 munisipale status verkry. Die distrik is ongeveer 2 000 km2 groot. Daar word hoofsaaklik met Merinoskape geboer.

icn_favorite.gif Tweespruit icn_favorite.gif

Geskiedenis

Tweespruit is a small dairy farming town in the Free State province of South Africa. The town lies 27km east of Thaba Nchu and 47km north of Hobhouse.[2]

Afrikaans for "two creeks", the name refers to the town’s location at the confluence of two small rivers.[3]

The town started as an experimental farm set up on an old British Boer War settlement which was between two creeks, hence the name. http://en.wikipedia.org/wiki/Tweespruit

U

V

icn_favorite.gif Ventersburg icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp is op die plaas Kromfontein uitgelê in 1872. Die eerste eienaar van die plaas was Pieter Albert Venter na wie die dorp vernoem is in 1857. Venter was 'n veldkornet en vriend van Mosjesj. Toe Venter in 1858 sterf, het sy seun Bernhardus Gerhardus Venter ingestem dat sy huis as 'n kerk gebruik kan word. 'n Dorp het op die kerkplaas ontwikkel en die eerste erwe is in 1872 verkoop. Formele proklamasie het in 1876 gevolg. Verskeie gevegte het tydens die Tweede Vryheidsoorlog in die omgewing plaasgevind. http://af.wikipedia.org/wiki/Ventersburg

icn_favorite.gif Virginia icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die dorp, aan die oewers van die Sandrivier, is in 1954 uitgelê. Die oorsprong van die naam van die dorp is interessant. Twee Amerikaanse ingenieurs wat die hoofspoorlyn opgemeet het, wat oor die plaas Merriespruit gaan, het die naam Virginia op 'n rots uitgekerf - moontlik uit verlange na hul tuisstaat Virginië in Amerika. Toe daar besluit is om 'n halte hier te maak is op die naam Virginia besluit wat op die rots uitgekerf was. 'n Voorstad in die dorp is na Merriespruit vernoem. Na die ontdekking van goud in die 1950's het die dorp ongelooflik gegroei. http://af.wikipedia.org/wiki/Virginia

icn_favorite.gif Vrede icn_favorite.gif

Vrede is 'n dorp geleë in die Oos-Vrystaat in 'n belangrike landboustreek waar met lewende hawe en graanprodukte geboer word. Geskiedenis Die naam Vrede is te danke aan 'n twis oor die naam deur die dorpstigters. As 'n kompromis omdat nie op 'n nuwe naam ooreengekom kom word nie, is die naam "Vrede" as versoening aanvaar. Die dorp is in 1863 gestig op die plaas Krynauwlust en was selfs 'n rukkie die hoofstad van die Oranje-Vrystaatse Republiek tydens die Anglo-Boereoorlog. Distrik Die distrik is beslaan 5 278 km2. Die belangrikste produkte is mielies, koring, wol, skaapvleis, beesvleis, melk, pluimvee en eiers. Daar word gereeld veeveilings gehou. Die dorp kry sy water van Vrededam, suid van die dorp. http://af.wikipedia.org/wiki/Vrede,_Vrystaat

icn_favorite.gif Villiers icn_favorite.gif

Die dorpie Villiers aan die Vaalrivier in die Oos-Vrystaat is in 1882 op die plase Grootdraai en Pearson Valley gestig. Munisipale status het eers in 1917 gevolg. Villiers is na Louis de Villiers genoem, aan wie die plase behoort het.

icn_favorite.gif Vredefort icn_favorite.gif

Vredefort is ’n klein plattelandse dorpie in die Noord-Vrystaat (in die streek wat bekend staan as die Riemland), waar daar met vee, grondboontjies, sorghum, sonneblomme en mielies geboer word. Die dorp is ongeveer 80 km noord van Kroonstad en 15 km suid van Parys en is die tuiste van sowat 3000 blanke inwoners. Die dorp is in 1876 op ’n plaas met die naam Vischgat gestig en is een jaar ouer as Parys, die buurdorp ten noorde van Vredefort. Die Vredefort-koepel is die grootste en oudste sigbare impakkrater in die wêreld (met ’n deursnit van 300 km). Die krater is na die dorp vernoem en dié het weer sy naam te danke aan die vreedsame afloop van ’n dreigende oorlog tussen die Transvaal en die Oranje Vrystaat. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte ’n konsentrasiekamp gebou by Vredefort-Weg, wat op die Greenlandspad is tussen Vredefort en Koppies wat Boerevroue en kinders gehuisves het. Die dorp is in die eertydse Vrystaatse Republiek.

W

icn_favorite.gif Wepener icn_favorite.gif

Geskiedenis

Lourens (Louw) Jacobus Wepener (21 Julie 1812 - 1865) was 'n kommandant in die Oranje-Vrystaat. Hy is dood in 1865 terwyl hy en 'n klompie burgers Koning Mosjesj van die Basoetos se bergvesting (in die huidige Lesotho) bestorm het. Moshweshwe se vesting het as Thaba Bosiu of Berg van die Nag bekend gestaan. Die Basoeto-oorloë het van 1858 tot 1865 plaasgevind en het plaasgevind nadat die Basoetos nedersettings in die Oranje-Vrystaat aangeval het nadat hulle voorheen deur die kommandos uitgedryf is uit die gebied. Wepener en sy burgers het teen 'n oormag geveg en Wepener is bekend vir sy heldhaftige optrede tydens die aanval op Thaba Bosiu. Wepener is vereer deurdat 'n dorp in die Suid-Vrystaat, Wepener, sowel as 'n Weermageenheid die Regiment Louw Wepener (sederdien ontbind) na hom genoem is. Die dorp is twee jaar ná sy dood in 1867 gestig. Twee militêre dekorasies is ook na hom vernoem: die Louw Wepener-dekorasie (1952-1975) en die Louw Wepener-medalje (1967-1975), albei vir dapperheid. http://af.wikipedia.org/wiki/Wepener

icn_favorite.gif Wesselsbron icn_favorite.gif

Geskiedenis

Wesselsbron is in 1920 gestig en is vernoem na kommandant Cornelis Janse Wessels wat in bevel was van die Boere se beleg van Kimberley van 13 Oktober 1899 tot 12 Februarie 1900. Die dorp het in 1936 munisipale status verwerf.

icn_favorite.gif Winburg icn_favorite.gif

Winburg is 'n dorpie in die Vrystaat wat in 1836 deur die Voortrekkers aangelê is. Dit was die eerste Vrystaatse hoofstad. Die naam is oorspronklik "Wenburg" gespel, wat volgens sommige kenners ter viering van die Boeremagte oor die Matabele gegee is en volgens ander oor die oorwinning in 'n regsdispuut oor die presiese ligging van die dorp. Dit het 'n rol gespeel in verskeie ander oorloë met plaaslike stamme en was 'n gevegstoneel tydens die Rebellie van 1914. Vandag is dit 'n graan- en wolsentrum. Die N1 nasionale pad gaan langs die dorp verby, terwyl die N5 nasionale pad hier begin na Harrismith (en omgekeerd).

  • Vele 1stes

Die NG gemeente is in 1841 as die 27ste gemeente in die land gestig. Dit was die eerste gemeente in die Vrystaat, is sewe jaar ouer as Bloemfontein se moedergemeente en naas Pietermaritzburg (1839) die oudste buite die destydse Kaapprovinsie. Twis en tweedrag in die gemeente weens die Maritz-rebellie het gelei tot die stigting van die gemeente Rietfontein in 1917 (sonder grense, soos byvoorbeeld NG gemeente Potchefstroom-Mooirivier in dieselfde jaar, ook op [Winburg). In 2014 het die moedergemeente 194 belydende lidmate gehad en Rietfontein 271.

Z

icn_favorite.gif Zastron icn_favorite.gif

Geskiedenis

Die gebied is oorspronklik bewoon deur nomadiese San en is later deur die Basoetostam en Voortrekkers verower. Oorspronklik was dit deel van Basoetoland, maar is omstreeks 1886 deur die Vrystaat verower.

Die dorp met sy pragtige natuurskoon is op 'n gedeelte van die plaas Verliesfontein, distrik Rouxville, in die verowerde grondgebied, uitgelê. In 1876 is die gedeelte waar die dorp nou staan, in erwe afgemeet. Die eggenote van President Brand , Johanna Sibella Brand (gebore Zastron) ,is genader met die versoek om haar toestemming dat die dorp haar nooiensvan Zastron as naam sal dra, waartoe sy ingewillig het. Op 2 Oktober 1890 is 'n kerk voltooi en die gemeente is eers uiteindelik op 29 November 1895 gestig. http://af.wikipedia.org/wiki/Zastron

Spring Terug Na:

Sien Ook Verwant Geni Projek Bladsye: