Follow Us
Be a Fan
Hierdie blad is suiwer Afrikaans. vir die Engelse weergawe gaan na onderstaande.
See English guide to Genealogical Resources for assistance in English.
Die doel van die projek is om al die eerste Stam van elke van in die gemeenskap van Suid Afrika by te voeg met bronne en verwysings beskikbaar in Suid Afrika.
Soos reeds genoem is die projek se doel om nie net ons Suid Afrikaanse gemeenskap te help met hulle stambome en saam Afrikaans te praat nie, maar moet ook dien om opleiding/riglyne te verskaf aan nuwe navorsers/soekers na - "wie was my voorvaders" - alles op die maklikste en korrekte manier.
LES 1 - Ek sal myself as voorbeeld gebruik.
Marais; Maraijs. Alles hang af van die spelling en geletterheid van die verskaffer.
Verder my oupagrootjie aan vader se moederskant. Hy is gedoop David Jacobus du Plessis maar na jare se soek na die name soos in sy Bybel, huweliksertifikaat en SK - is hy en sy oupa na wie hy vernoem is wel as David Jacobus gedoop, maar deur hulle lewe, ook op ID dokumente bekend gestaan as David PHILIPPUS.
Skakels: Nou 'n skakel van groot waarde vir SA navorsers. Deur hier aan te sluit hoef niemand eers die gerief van hul rekenaar te verlaat om die volgende inligting te kry nie: eGGSA - [www.eggsa.org.]Dit is die elektroniese tak van die GGSA. Indien u sou belsuit om aan te sluit, is u outomaties ook lid van die GGSA - Genealogiese Instituut van SA. eGGSA beskik oor 'n waardevolle webwerf waar o.a. die volgende gekry kan word. i. Stambome en inligting van Genealogiese waarde in dei Familia publikasie. ii. Interessante leesstof, stambome asook waardevolle skakel in die GENESIS publikasie. iii. 'n Aanlyn winkel waar u registers en boeke van families reeds voltooi kan aankoop. iv. GGSA tak nuusbriewe. v. Transkribsies vi. Artikels vii. SA familie Genealogiese werwe.
Ek noem 'n paar voorbeelde: Boeke Grafstene, Dokumente 'n Beginnerskurses GGSA Doopregistrasie vorms vir u eie familieleer GGSA Genealogiese Verwysingsgids Sterfkennisse Doopregisters vanaf die vroegste tydperk. Emigrasie Britse Setlaars Duitsers Hugenote Iere Italianers Joodse Militêre Nederlanders St Helena Eiland Metodes van verslagdoening Name Molekulere Genealogie Navorsingsbronne Ondertrouery Opleiding Registers Slawe Tegnologiese en Elektroniese Bronne Vanne A-Z
Een pragtige skakel is [http://www.eggsa.org/skakel.htm] wat u neem na -beginners en navorsingsgidse wat in u navorsing van hulp kan wees; -genealogiese gespreksgroepe wat gemik is op SA genealogiese kwessies; -genealogiese institute en argiewe; en -historiese en ander inligtingswerwe. Kontak gerus vir Judi, Daan, Wynand en June Barnes.
'n Paar webwerwe wat oor eindelose inligting beskik. 1. Anglo Boere Oorlog
[http://www.anglo-boer.co.za] Ook op hierdie blad is OVS Farmalist en Boere geïntegreerdesin Portugal 2.Inventarisse, boedels en dokumente van die Kaap de Goeie Hoop- vanaf begin [http://www.tanap.net] hier verskyn o.a. ook 'n kaart van die Fort de Goede Hoop huizen,tuinen van Vrij Luiden etc. Geschiedkundige Atlas van Nederland Ontwikkeling van die Nederzetting aan de Tafelbaai, 1786 Databasis van die OIK se dokumente Skeepslyste Skepe Plaasname
So baie keer kyk ons na 'n geboorteplek en sê die kinders/persone is daar gedoop en ca dieselfde jaar gebore. Ons moet egter onthou daardie pioniersjare van SA, was die Afstande of besoeke van predikante baie skaar en is party kinders eers gedoop as hule al 5-7 is. Baie keer is sommer meer as een kind per geleentheid gedoop Gewoonlik met nagmaal en dan is aannemings, opgee van gebooie en dergelike Kerke dinge gedoen.
'n Volledige lys is by GGSA verkrygbaar. Ons sal egter sommer baie binnekort die datums van die Kerke se stigting hier plaas.
Kerke in die Kaap tensy anders vermeld.
Nog sal volg. Dit is die 1st 25 Gemeentes wat gestig is
Asb Translate volgende: