Follow Us
Be a Fan
Iets oor die Le Roux-Families in Suid-Afrika met vergunning van Dr. Willem G. le Roux
Die Aanloop
Op 3 April 1688 bereik die driemas-skippie, Voorschooten, Saldanhabaai en gooi die bemanning dankbaar anker in die beskutte hawe aldaar. Alhoewel die reis vannuit Deltshaven (Rotterdam) reeds op 31 Desember 1687 begin het en die vaart dus byna drie en 'n halwe maand geduur het, voel Kaptein Frans Villierius tevrede dat julle hierdie deel van die reis suksesvol agter die rug is. In daardie dae het seereise gepaard gegaan met swak higieniese toestande, nog swakker voedsel, skeurbuik, seerowers en hewige storms.