My research about the above mentioned Brinks.
BRINK
BRINKS
Johan Hans Brinch – 1660-1742 Gebore in: Ballum (Denemarke) Sterf in Oktober 1742 in Slesvig, Denemarke. Ballum in rooi aangedui, op die ouderdom van 82.
Hjorring in Denemarke, waar hy stellig gebore is.
Beroep: Boer en Meulenaar in Ballum GETROUD MET >
in
TALER KIRKE, SLESWIG, TONDER, DENEMARKE in 1685 (Albei dus 25 jaar oud) Anna Hansen 1660-1790
Gebore in 1660 in Orten, Varde Landsogn, V Horne, Ribe.
Sterf op 4 Mei 1790 in Orten, Varde Landsogn, V Horne, Ribe en word begrawe in Sct. Nikolaj Kirke, Varde.
KINDERS:
Anders Hansen Brinch 1688-1724; Laust Hansen Brinch 1693-1752; Onbekend 1695-1743;
Peder Hansen Brinck;
Anders Brinch
Anders Hansen Brinch 1688-1724
Ek vermoed die latere ‘Andriese’ in die familie spruit uit ‘Anders’. Gebore in: Ballum, Slesvig, Denemarke, soos sy pa.
Beroep: hy was ‘n meulenaar.
Sterf op 16 November in 1724 in Orten, Varde Landsogn, Vester Horne, Ribe, Denemarke. Dit lyk asof hy sy windmeul verkoop of gekoop het aan/van skipper Søren Jessen van Hjerting, Guldager parish op 6 Julie 1724.
Die miniature dorpie in Varde is die enigste miniatuur dorpie in die wereld wat presies volgens skaal met die tradisionele vakmanskap gebou is. Die Arnbjerg Park is ’n pragtige agtergrond vir hierdie groeiende toeristeaantreklikheid. Dit is ’n miniatuur weergawe van die ou Varde wat vernietig is a.g.v. sekere stadsmense wat per ongeluk brande gestig het in die 19de eeu. Varde word nou herbou op ’n skaal van 1:10 presies soos dit was ongeveer die jaar 1860. TROU MET >
In 13 Julie 1738 te Varde, Ribe, Daler Kirke, Tønder Amt, Denemarke, met Anders Hansen Brink.
Ingeborg Maria Andersdatter
1694-1756
Gebore in 1694 te GAERUP, DENEMARKE
Sterf op 12 April 1756 in Varde, Syddanmark, Denemarke of op 31 Maart 1756 te Östeby, Svarteborg(O).
KINDERS:
Kaptein Andries Hansen Brink (Stamvader-Prog) 1712-1789;
Anne Andersdatter Brink (Klinting/Nielsen) 1714-1767;
Jens Andersen Brink 1716-1790;
Johannes Andersen Brink 1718-1780;
Laurids Andersen Brink 1722-1725; Anne Marie Andersdatter Brink 1723-1796;
N N Brinch ?-1752
Marriage to: Olof Olofsson
Apr 27 1712
Svarteborg (O)
Kaptein Andries Hansen Brink (Stamvader-Prog) 1712-1789. Gebore op 31 Januarie 1712 in Orten, Varde, Syddanmark, Denemarke.
Beroep: Boer, plase De La Fontaines-Gift, 20 12 1738(Ontvang as bruidskat van skoonpa Grove) enUitkyk, 21 9 1746 verkry van sy weduwee skoonma, hy woon daar tot 20 5 1763 na hy van De La Fontainsgift af padgegee het.
Militêre Rekord: Die Burgerkrygsraad van die Kaap het op 4 Julie 1740, na aanleiding van 'n voorstel deur luitenant Rudolf Siegfried Aalman, die president, besluit om een Veld-Corporaal onder het Caabse district aan te stel. Andries Brink word tot Wagtmeester op 11 Oktober 1740 verkies. Sy opdrag was om alle wandade wat deur gedroste slawe gepleeg is, asook verdere onheijlen teen te gaan en te voorkom. Hy het magtiging ontvang om, indien nodig, manskappe op te roep om hom by te staan.
In 1759 was daar ten minste vyf veldkorporaals en teen 1774 was die hele kolonie verdeel in dertien distrikte, elkeen met sy eie veldkorporaal Hulle opdrag was om goed toesig in hul distrikte te hou, sodat alle disorder en samenrotting van slawe verhinder en teengegaan kon word.
Geoordeel aan die uitgestrektheid van die distrikte, het hierdie veldkorporaals 'n baie groter verantwoordelikheid gehad as die gewone korporaal in die milisie.
Die Burgerkrygsraad van Stellenbosch het dit gevolglik goed gevind om tydens 'n vergadering gehou op 28 Maart 1774 die hoër rang van wagmeester aan hulle toe te ken, om as aanmoediging te dien vir die getroue nakoming van hul pligte. Voortaan sou hulle van die milisie se jaarlikse krygsoefeninge vrygestel wees.
Die Burgerkrygsraad van Stellenbosch het op 28 Desember 1773 'n brief van die inwoners van die Hantam en die Roggevelde oorweeg. Die strooptogte gepleeg deur die San het sodanig toegeneem dat daar versoek is dat 'n kommando daarheen gestuur moes word. Daar is verder versoek dat die taak van aanvoering nie aan een van die veldkorporaals oorgelaat moes word nie, maar aan 'n veldkcommandant wat vir hierdie doel oor hulle aangestel moes word. 'n Voorstel van die landdros is goedgekeur, waarvolgens die advies van die betrokke veldkorporaals ingewin moes word, voordat 'n finale besluit aangaande die aanstelling van een gesag hebbend officiere en die uitstuur van die kommando geneem sou word. Die veldkorporaals het opdrag ontvang om die vergadering van 28 Maart 1774 by te woon. Die Burgerkrygsraad van Stellenbosch het op daardie dag, na aanleiding van 'n voorstel van die landdros, eenparig besluit om Godlieb Rudolph Opperman, een van die veldkorporaals, aan te stel as veld commandant oor die dertien distrikte met hulle veldkorporaals.
Vanaf 1770 het die konflik met die Khoisan verskerp, veral in die omgewing van die Nuweveld- en Sneeuberge. Dit sou tot aan die begin van die negentiende eeu voortduur. Teen 1778 het die veeboere en die Xhosa aan die Oosgrens teen mekaar te staan gekom in die eerste van 'n reeks grensoorloë wat, met onderbrekings, vir 'n eeu sou aanhou. Dit moet verder in ag geneem word dat burgers wat op kommando uittrek, normaalweg geen vergoeding ontvang het nie. Gebuite beeste is wel in sommige gevalle onder lede van die kommando's verdeel.
Sommige van hierdie offisiere was so dikwels in die veld, dat hulle persoonlike bedrywighede skade gelei het. Een so 'n persoon was Opperman, wat op 6 Oktober 1777 by die Heemraad van Stellenbosch aansoek gedoen het om die amp van veldkommandant neer te lê.
Bewoning Suid-Afrika teen 1800 deur die setlaars. As gevolg van die uitgestrektheid van die land en die bedreiging deur die Khoisan in die Noorde en die Xhosa in die Ooste, het 'n gekombineerde vergadering van die Heemraad en die Burgerkrygsraad van Stellenbosch op 10 Oktober 1780 in beginsel besluit om meer as een veldkommandant aan te stel. Dit is verder goed gevind om vir elke veldkommandant ook 'n onderkommandant aan te stel, om hom by te staan en in sy plek waar te neem in geval van afwesigheid en siekte.Aan die bekleërs van beide ampte sou gepaste range in die burgermilisie toegeken word. As kommandant in die Ooste is Adriaan van Jaarsveld benoem en in die Noorde Charl Marais, albei met die rang van luitenant. Die onderkommandant in die Ooste sou David Schalk van der Merwe wees en in die Noorde Dawid de Villiers, albei met die rang van kornet. Die poste van kommandant en onderkommandant is soms ook eerste en tweede kommandante onderskeidelik genoem.
In 1682 het Simon Van der Stel vier van die vryburgers aangestel om as Heemrade op te tree en geskille onder die burgers te besleg. Die eerste plaaslike liggaam is op 31 Augustus 1682 deur Simon van der Stel en sy Politieke Raad in die lewe geroep. Daar is bevind dat te veel van die Raad van Justisie se tyd in beslag geneem word deur klein geskille en twisgedinge. Derhalwe is besluit om 'n hof van klein sake in die lewe te roep. Twee amptenare en twee burgers is aangestel as Raadslede. Een van die amptenare het die voorsitterstoel ingeneem, terwyl die sekretaris ook 'n amptenaar was. Tydens dieselfde vergadering is besluit om ook in Stellenbosch sake van minder belang te laat verhoor deur 'n plaaslike hof. Die vier lede van dié Raad is Heemrade genoem en was almal vryburgers.
Gedurende die Bataafse Tydperk was daar ook in elke distrik 'n landdros, bygestaan deur ses burgers as Heemrade en 'n sekretaris, om administratiewe pligte te vervul, huwelike te voltrek en as geregshof met beperkte mag op te tree. Gedurende die VOC tydperk was daar vir elke distrik vier Heemrade saam met die landdros in die Collegie van Landdros en Heemrade. Hulle is vir 'n tydperk van twee jaar aangestel en twee van hulle het jaarliks afgetree. Oud-Heemrade kon nie dadelik weer aangestel word nie.
Vier name is jaarliks aan die Goewerneur deur die Collegie voorgelê, waarvan enige twee aangewys kon word, maar dit was normaalweg die eerste twee op die lys. Andries Brink jnr is aan die einde van die onderstaande jare aangewys om van die begin van die jaar aangedui vir|twee jaar in Drakenstein se raad te dien.
Sterf: 21 Augustus 1789. TROU MET>
13 Julie 1738, N. G. Kerk Kaapstad
Mar 30 1749, Kaapstad Sophia Grové, tweelingsuster van Sara. Stammoeder. 1722-1749; het 4 kinders in die wêreld gebring. Sterf 21 Februarie 1749 in Stellenbosch, Wes Kaap, Suid Afrika
Andries BRINK 6.9.1739, burger Stellenbosch
s.v. Andries Brink en Sophia Grové xx
19.11.1780 Francois ROSSOUW 9.9.1731 s.v.
Pierre Rossouw en Marie Retief
Regards,
Amorie van Straaten Kahts