Maria Lozee, SM - maria Lozee

Started by Nic Steyn on Tuesday, January 23, 2018
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing 1-30 of 47 posts
1/23/2018 at 3:31 AM

Ek het baie gewonder hoekom daar twee jaar verloop het na Jacob(us) se doop op 29 Augustus1683 en die huwelik van Douwe Steyn en Maria Lozee, op 19 Augustus 1685
Hoekom het sy nie gedurende hierdie tyd met die sogenaamde onbekende vader van Jacob getrou nie?

Ek dink die antwoord is opgesluit in die Romeins/Hollandese wet wat in 1580 gemaak was en bepaal het dat dames jonger as 20 en mans jonger as 25 jaar slegs met die toestemming van hulle ouers kon trou. Hierdie wet het ook aan die Kaap tot 1795 gegeld.
Maria was blykbaar nog nie 20 jaar oud nie en sou moes wag tot sy aan die wet voldoen, om met Douwe te kon trou.
Die vraag is nou. Hoekom kon die Coon's of die Maria's van Angola of wie ook al, nie die nodige toestemming gegee het nie?
Die antwoord is eenvoudig, dat hulle glad nie familie of voogde van haar was nie en haar ware ouers was in Europa.

Haar ouderdom kan ook hiervolgens redelik korrek bepaal word. Moontlik is sy gebore in Julie tot 19 Augustus 1665

Die moontlike rede hoekom sy op Douwe, wat met hulle huwelik reeds 54 jaar oud was, gewag het is dat sy net met die vader van haar kind sou trou.

Dit is ook baie duidelik dat die name Maria en Lozee eg Frans was en uit al die jare se inskrywings in die registers kom dit ook na vore dat sy Frans sprekend was en haar van in Frans aangedui het. Die Franse uitspraak klink na Lozi met die klem op die i.
Omdat sy bleikbaar nie geletterd was nie het die Hollanders maar erg gesukkel om met 'n weergawe van haar van te kom. Dit is waarskynlik ook die rede waarom hulle haar as van die Kaap aangedui het by haar huwelike, want 'n plek naam waar sy waarskynlik vandaan gekom het, was dalk bo hulle vuurmaak plek.
Daar is tog korrekte weergawes soos gedurende die tyd van Ds van Andel waar haar van vier keer agtermekaar korrek aangedui was, omdat Ds van Andel se vrou Frans was. Daar is ook later nog vier korrekte inskrywings maar die een wat dit weggee dat sy Frans sprekend was, is die inskrywing van 07 Februarie 1706 waar sy as Maria Losi aangedui word, teenoor die Franse uitspraak, Lozi.

As u nog glo dat sy 'n slavin was, dan vra ek dat u met 'n oorspronklike dokument voor 'n dag moet kom, wat dit bewys.
Ek kon tot nog toe, geen inligting voor 29 Augustus 1683, oor haar, opspoor nie en moes my verlaat op wat daarna bestaan, maar met fyn onleding het ek baie dinge agtergekom wat haar verlede grootliks wegggee het.

Ek kan ook net sê dat Maria 'n baie merkwaardige vrou was wat 35 keer as getuie by doop opgetree het en ook 'n baie groot vriendekring gehad het.

Later meer oor haar moontlike koms na die Kaap.

Private User
1/23/2018 at 7:22 AM

Ek sal byt!

Ek dink baie van Maria kan dalk aangeteken word in die periode na Steyn SV se dood.
Hoekom het sy met Heyns getrou - Heyns self se eerste vrou was dan (ook - is die vraag?) van slawe-afkoms wat eers kinders by hom gehad het voor hulle huwelik.

Die tegniese probleme wat ek met Nic Steyn se skrywe het is:

As haar naam n keer korrek gespel was maar al die ander kere foutief (ek merk op 35 keer maar is net bewus van 15/16 keer) dan is 4 keer korrek deur 1 persoon nie statisties genoeg bewys dat daardie die korrekte spelling was nie. My eie opinie oor die Franse is dat hulle maar baie partikuler is oor hulle taal, en alles in hulle taal wou skryf en "maak" - tot vandag toe. As ons dus kyk na die invloed van die Ds se vrou dan sou ek eerder vermoed dat hierdie Ds haar en baie ander vanne ver-Frans het.

Die kern bewys dat 'n persoon uit Europa arriveer het, is 'n rekord van die manifes van die spesifieke skip - die argument andersom dat 'n persoon van Europa was tot iemand kan bewys hy/sy is nie, hou na my mening nie hier gewig bo water nie.

So om hierdie op te los en te bevind dat sy van Europese afkoms is, moet bewys van so 'n skeepsrekord gevind word en sou ek net daarop fokus as ander teorie ontwikkel. Dit is nie my veld nie, maar ek merk op dat daar nie baie skepe voor 1688 was nie. Daar was een skip met wees-meisies gewees, maar sy is nie gelys as 'n passasier op daardie een nie. Dit is hoogs onwaarskynlik dat sy sonder haar ouers so ver sou reis op 'n "gewone" skip andersins. As sy ongeletterd was lei dit ook tot vrae.

Die Franse spelling van Marie is baie duidelik vir daardie era. Geen Franse nooi was Maria nie! Dan was daar maar baie Maria nie-Europeers daardie tyd... ek is onder die indruk dat u bewus is van die ander bekende argumente wat ek nie hoef te herhaal nie.

1/24/2018 at 3:10 AM

Ek is bewus van Maria se huwelik met Paul Heyns maar dit maak haar nog nie 'n slavin nie.

Die naam Maria is so eg Frans as wat kan kom.
Ek het bewyse dat die name Marie en Maria ongeveer 25% elk van die Lozee's van daardie tyd en later uitmaak. Altesaam 50%

Die 35 kere wat Maria as getuie opgetree het is 100% korrek. Die laaste inskrywing is op 01 Februarie 1733

Ek het skepe wat betrokke kon gewees het nagevors en 16 skepe se name en reistye
aangeteken vanaf 28 April 1682 tot Mei 1683 Die datums vanaf 28 April 1682 tot met die doop van Jacob op 29Augustus 1683 pas besonder goed.
Ek het 'n baie sterk vermoede dat Douwe Steyn 'n besoek gedurend hierdie tyd aan sy seun Aege en familie gebring het en ook Maria daar ontmoet het.
Sy het waarskynlik in Oktober 1682 swanger geraak, en haar kind in Jullie 1683 gebaar.
Douwe kon met die Prins Willem Hendrik vanaf Texel op 06/11/1682 weer na die Kaap gereis het en Maria kon dalk saamgekom het en op 01/03/1683 in die Kaap aangekom het. Passasiers lyste of Soldy boeke kan dalk help. die Nationaal Archief in Nederland se lyste begin eers in 1691

My artikel met volle besonderhede is kosteloos beskikbaar.

1/24/2018 at 3:34 AM

As Maria wel geletterd was sou al die inskrywings in die registers dalk korrek gewees het.

Haar van was in al die inskrywings altesaam 8 keer korrek gespel. na haar huwelik met Paul Heyns het die inskrywings meer na Frans begin neig, soos bv. Lozé, Losi, Lozeé, Loze, Losee en Lozee

Ek het nie verniet byna 5 jaar net op Maria gekonsentreer nie. Daar is geen bewyse dat sy 'n slavin was nie en ook nie hier gebore nie.

1/25/2018 at 5:10 AM

Goeiemiddag,
Hoe lank mens aan iets gewerk het, maak die resultate ongelukkig nie feite nie...
Ek stem 100% met Jan saam. Slegs 'n skeepsrekord of 'n mtDNA-analise sal kan help. Hiersonder is enige opinie (insluitend myne) blote bespiegeling.
Die Franse weergawe van haar naam is by voorkeur Marie (nooit Maria nie) - daarvoor kan mens gerus in die rekords van die "Foundation for Medieval Genealogy" (fmg.ac) gaan krap.

Private User
1/25/2018 at 7:50 PM

Die doop rekord wat op Jacobus Stein se profiel geplaas is, is foutief.
Ek weet nie of iemand in besit van die korrekte een is nie maar volgens ander bronne dui dit aan dat sy naam aangeteken was as Jacob NN gedoop 29 Aug. 1683.

My gevoel is dat sy pa Lodwijk Francois Boureau/Berault/Berou/Beroe was.

Hoe het die SV by die van Stein/Steyn/Stiyn( wat ookal die spelling variasies was) uitgekom? - Is dit omdat hy 'messelaar/bouer was?

Nick

1/25/2018 at 9:34 PM

Nico, Ek het gekyk vir die oorspronklike inskywing op Family Search, die eerste boek wat ek van die Kaap kry is vanaf 1695.
Ek dink ons moet Richard Ball of Corney Keller vra vir die oorspronklike in skrywing.
Die boek wat op Jacob se profiel is kan ek ongelukkig nie oopkry.
Die inskrywing op http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town...

Lees net.
Den 29 dito (August)
Jacob
de moeder Maria Lossee
juffrou Koon

Private User
1/25/2018 at 10:03 PM

Marie - ek het nou iets interessants gesien - verder aan op daardie link wat jy verskaf het, die laaste inskrywing:

Den 19 December 1683
Marritie
Andries Beier en Catarina
Douwe Gerbrants en Maria Westhuisen (getuies) - hy was na Jacobus se geboorte in 'n verhouding met 'n Westhuizen? Ek sou graag die oorspronklikes van beide hierdie inskrywings wou sien :)

1/26/2018 at 1:19 AM

Ek het ook vanoggend 'n inskrywing gesien, war daar na Rossee verwys word.

1/26/2018 at 6:46 AM

AS daar een van julle is wat belang stel, sal ek vir hom ware inligting per Epos aanstuur, dit sluit oorspronklike inligting in asook my artikel oor Maria Lozee met 'n groot moontlikheid oor waar sy vandaan kom.
Hier is my Epos nicsteyn1@gmail.com en stuur vir my jou Epos asseblief.

Private User
1/26/2018 at 8:08 AM

Aan alle volgers;

Ek het ook al baie getop oor hierdie kwessie nie net oor die SM nie maar ook oor die SV ens.
Lees /kyk na die volgende :
Van die inligting is ooglopend uit die Fifty Years .... dokumente/Bronne uit bekom.

Kyk wanneer is Jacob gedoop en wanneer trou Mej Coon/ Alexndrina Maxvelt

Alexandrina Maxvelt married Lodewijk Francois Boureau on 29 September 1679 Nederduitsch Gereformeerde Kerk, de Caep de Goede Hoop.
Alexandrina Maxvelt married Luitenant Johannes Coon c 1666
Verder is daar 'n inskrywing van skeeps inligting.

The name of Jacobus Stein was written in the baptism record as Jacob NN 29 August 1683.
Bron : NGK G1/1 Nederduitsch Gereformeerde Kerk, Kerken Boek ( Bapt.) , 1665-1695:1683 den 29 dito ( August ) Jacob
de Moeder Maria Lossee
Getuigen: Juffrou Koon = Coon (Alexandrina Maxvelt)(Sandrina Jacobs)

In so 'n doopinskrywing van 'n kind wie se ma in slawediens was, is daar natuurlik geen melding gemaak van wie die ma of pa is nie, slegs wie die slawe eienaar is( in die geval, die slawe eienares). Die kinders is dan ook beskryf as so-en-so, bv.Jacob, slawekind van Mej of Juffrouw de Cooning.

Juffrouw de Cooning word tydens haar verblyf aan die Kaap op op verskillende tye onder veskillende name aangetref in die kaapse dokumente. Afgesien van Juffrouw of Mejuffrouw de Cooning, kom sy ook soms voor as Sandrina Jacobs, soms Sandrina Maxvelt en op een geleentheid Mejuffrouw Maxwell. Ander reken dat sy in werklikheid Susanna Jacobs ( of Sanna dg van Jacob of San Jacobs dg van Nederland was met wie die veldheer De COONING getrou het. Sy was kinderloos en (aangesien daarvan)
het haar slawe se kinders(by haar man solank hy gelewe het) soos haar eie kinders grootgemaak, vandaar Maria Lozee se onstaan as die besliste kind van een van die de Cooning slavinne en meer presies, moontlik die dogter van Mali van Bali. Verder is daar vir die korter -as-normaal posture, groot neuse en tipiese suid-oos Asiese gelaatstrekke op die oudste foto's van die Steyn-mans van Swellendam, geen ander verduideliking nie.

Maar ek moet dit beklemtoon dat as mens na die skildery van Hermanus de Jonge kyk sien ek Franse gene.?????????

Indiese slawe was in die meerderheid aan die Kaap en van hulle het die Stammoeders van 'n hele paar SA families geword, maar hulle nageslag het die fyner neuse en skraler gelaatstrekke asook langer posture van die Coromandel kus van Indië, waar hierdie Indiese slawe vandaan was.

Kyk na die name wat mej de Coning vir haarself gekies het en die van wat sy aan Maria gegee het: Sandrina,Maxwell en Lozee. Die eerste een is 'n eksotiese vervorming van Sandra of die stamnaam Susanna. Die tweede is heeltemal 'vreemd'
aan die Hollanse Kaap, en dus uitheems sover dit Nederlandse agtergrond betref, want dit is Engels en was baie ongewoon aan die Kaap. Die derde is 'n Franse vervorming van die Nederlandse 'losies' maw om in 'n ander se woonplek te bly. Al drie die name is 'anders' as die gewone Nederlandse woorde, voorname en vanne, maw mej de Coning wou altyd iets anders wees. Losies is presies wat slawekind Maria had: sy het by die die de Coning geloseer(sekerlik ook werk in die de Coning kamers gedoen), todat Juffrouw de Coning deur sosiale verkeer met die Vryburgers,haar aan aan Douw Gerbrand Steijn voorgestel het, of soos vemoed : todat Steijn op besoek aan de Coning se huis was en Maria daar ontmoet het(hoekom besoek Steijn 'n ongetroude de Coning , wie 'n hele paar slavinne had terwyl Steijn self nie getroud was nie?)

Daarna het de Coning die Kaap verlaat, vermoedelik saam met de Berault, wie die Kaap moes verlaat agv geldknoeiery.
Iemand moet die skeepspassasierslyste nagaan van die skepe wat vanaf die Kaap vertrek het tydens die tyd toe Berault gevlug het om te kyk of de Coning op dieselfde skip was.

Om natuurlik 'n halfslag persoon aan die Kaap te gewees het en jou eie van te kon hê,
was al reeds 'n teken van die persoon om hom-/haarself bo die ander te verhef wie slegs as bv. Maria van de Kaap of Johanna van de Kaap bekend gastaan het.
Diegene vroulike halfslag persone met 'n eie van was min. Een ander was Elizabeth van Wyk.
Maria was dus deur mej de Coning verhef tot iets anders as tevore: Maria van de Kaap.

So die ' long en die short ' is; maak Jacobus Steyn die SV en Maria Potgieter die SM

Private User
1/26/2018 at 10:27 AM

Marie

Sorry

Dit is nie sy doop inskrywing wat op sy profiel geplaas is nie maar sy/hulle huweliks inskrywing.

1/26/2018 at 9:56 PM

Ek stem beslis saam met Nick dat die slafin aangekoop deur Johannes Coon - Marie van Bali was.
Hier is van Johanes Coon se slawe transaksies.

1665.05.01 Marie f Bali SELLER: Zacharias Wagenaar BUYER: Johannes Coon
1666.05.15 Jan m Bengal SELLER: Jacob Cauw BUYER: Johannes Coon
1669.04.09 Alina f Bengal SELLER: Rijkloef van Goens (jr) BUYER: Johannes Coon
1669.05.28 Anna f Bengal SELLER: Johannes Coon BUYER: Johannes Cauwenburg, van
http://www.stamouers.com/Shell.PDF

Wat egter nie vir my sin maak is dat daar in die First 50 Year die volgende staan, oor Maria Losee.
http://www.e-family.co.za/ffy/g7/p7767.htm

Divon Lan has kindly shared the general composition of his mother's DNA analysis which shows .6% west African DNA in her 'recent' ancestry. Examination of her entire ancestry gleaned from available records, reveals that the only likely ancestor from whom she may derive this DNA is Maria Losee/Lozee. This points to Maria's mother being from west Africa - and strongly supports the theory that she is the slave woman Maria van Angola - previously presumed to be from Bali.

As ek reg verstaan van die volgende ":reveals that the only likely ancestor from whom she may derive this DNA is Maria Losee/Lozee"

"Ondersoek van haar hele voorgeslag wat uit beskikbare rekords verkry is, toon aan dat die enigste waarskynlike voorouer van wie sy hierdie DNA kan aflei, is Maria Losee / Lozee. Dit dui daarop dat Maria se ma uit Wes-Afrika is - en ondersteun sterk die teorie dat sy die slawevrou Maria van Angola is, wat vroeër vermoedelik van Bali was"

Hoekom word sy hier gekoppel aan Maria van Angola? previously presumed to be from Bali?
Hoekom verander waar sy vandaan kom?
As ek reg verstaan dan is Rebecca van Bengal se moontlike voorouers "Maria Losee/Lozee.

Volgens Divon Lan se Moeder is hul stam moeder Rebecca van Bengal. Met DNA Merkers R30a.

Die volgende het Divon Lan op Rebecca van Bengal se profiel geplaas.

Divon Lan 20/2/2013: Rebekka is my direct maternal ancestor (8th ggm through an all-female line), and my maternal haplogroup is R30a, which is exclusive to South Asia. I am wondering if any other maternal descendants got their DNA tested and can confirm this.

1/27/2018 at 1:18 AM

Ek sien julle sukkel met die doop van Jacob.
Ek het 'n foto kopie van die oorspronklike inskrywing, uit die oudste Kerkboek, bladsy 28, direk van die N.G. Kerk Argief in Stellenbosch, gratis bekom. Hy is op 29 Augustus 1683 gedoop.
Ek het ook die een van die huwelik van Douwe en Maria op 19 Augusdtus 1685. Hierdie inligting en ander oorspronklike inligting,
asook my artikel oor Maria Lozee, stel ek kosteloos beskikbaar aan einige persoon wat daarom vra. Dit behoort te help om van julle probleme reg te stel.
Ball en Keller se weergawes van die doop registers ens. het ek vergelyjk met die oorspronklike en gevind dat dit redelik betroubaar en makliker leesbaar is

Ek werk sover as moontlik net met oorspronklike dokumente.

Sien my Epos by my vorige inskrywing

1/27/2018 at 2:34 AM

Nic, jy het my epos sal jy die oorspronklike dan vir my stuur
Marie

Private User
1/27/2018 at 5:41 AM

Hi Marie

Daar is nou twee Nick's.

Weereens ( alhoewel ek dit klaar genoem het op die bespreking ),
Douwe Gerbens en-en is nie die pa van Jacob nie. - my opinie

Die eerste keer wat Jacob se van ( wat hy toe maar aangeneem het omdat sy ma met Douwe Gerbens en-en getrou het) ten toon gestel is,was toe hy getrou het en dit was in 1706.

Die aankoop van die slawe was vanaf 1712.

Ek is terdeê bewus dat die bespreking eintlik gaan oor MARIA maar ek dink mens moet vir eens en verals die hele "geheimenis" uitsort.

Darom dat ek noem dat Jacob die SV moet wees maar dit sal dan die harde werk wat Chris gedoen het met die stam nommers belemmer.

Nick no.2

1/27/2018 at 9:51 AM

Marie ek maak so, met plesier.
Ons het beslis 'n groot taak om werklik agter die waarheid te kom.
Ek het 'n voorgevoel dat die skepe die oplossing sal verskaf.

1/28/2018 at 2:15 AM

Nick Steyn

My opinie is dat Douwe wel die vader van Jacob kon gewees het.

Chris Steyn en Raymond Steyn het DNA toetse laat doen wat bewys het dat Jacob van Europese afkoms was, volgens Patric Mellet se Blog.
Daar is ook ander aanduidings wat daarop dui.

Sedert C.C. de Villiers se boek in 1884 verskyn het, is daar na 134 jaar nog geen vordering met Maria Lozee gemaak nie, omdat die navorsers hulle blind staar teen die "van de Caep" inskrywing agter haar naam by haar huwelike.
Hoekom nog geen vordering?

Ons kritiseer te maklik ander se pogings om weg te beweeg van die ou navorsers se inligting af, wat ek redelik onbetroubaar gevind het.
Doen liewer jou eie navoring en gebruik slegs oorspronklike dokumente hulle is betroubaar.
Kom ons ondersteun liewer pogings wat moontlikhede het, dan sal ons dalk die antwoorde kry.

Ek het reeds skepe se name, wat dalk die antwoord kan verskaf.
Die tydperk vanaf 28 April 1682 tot Mei 1683 se skeepslyste lyk na 'n moontlikheid.

Ek oorspronklike dokumente en inligting oor die Franse Lozee's aan Marie Vermeulin Boshoff gestuur.
Daar is 'n Maria Lozee op een lys en 'n ander inligtingstuk wat die verhoudings van die Maria's en Marie's aandui.

1/28/2018 at 10:54 PM

Ek het die oorspronklike doop dokument van Jacob verskaf op sy profiel.
Daar is ook die oorspronklike huweliks dokument geplaas op Maria se profiel.

Jan op die inskrywing wat jy na verwys 19 Des 1683, is ook op die dokument van Jacob the sien.
Ek glo nie die van kan Westhuizen wees. Die enigste Maria Westhuizen (van der Westhuizen) wat ek kan optel - was omtrent 8 jaar met die doop van Jacob.
Maria van der Westhuizen, b1 SM
Met dank aan Nic vir die verskaf van die oorspronklike dokumente

Private User
1/29/2018 at 2:40 AM

Dit is heel duidelik Douw Gerbrandts en Maria Westhuysen - die van is afgekap en gaan voort op die volgende reel. Dit is die 2de laaste inskrywing op daardie bladsy. Dit kan ma of dogter wees - ouderdomme daardie tyd in minimums nie maksimums.

Private User
1/29/2018 at 12:24 PM

Nic Steyn

Ek hoor wat jy sê/meen maar kyk ook hierna - dit sal mens deurmekaar maak en tot ander gevolgtrekkings/vrae laat bring;

1) In die "About '' kolom van Antie - Is haar pa nou haar man en haar broer ens.ens?

Her first name as spelt in early documents: Antie, Antje. She was most probably named after her grandmother, Antje/Antye Huigs. Her first name is changed to Anna when she is a witness at the baptism of her son's son Douwe and when she married Martinus Prins after the death of her husband DG Steyn.

2) Die slawe lys met die aanteken van die versillende geskrewe van naam identifiseering-

1679.09.07 Klaas m U SELLER: Phillip Theo Welker BUYER: Gerbrandt Steijn Douwe.

1697.06.18 Claas m Madaga AGE: 18 SELLER: Petronella Breda V BUYER: Douwe Steijn

1712.02.12 Lijsbeth f U SELLER: Beeletje Fredericks BUYER:Jacob Steijn

1715.03.25 Scipio m Malaba AGE: 22 SELLER:Willem Helot BUYER:Jacob Steijn

1715.03.27 Anthonij m Cochin AGE:18 SELLER:Willem Helot BUYER:Jacob Steijn

Jacob is reg (doopnaam) maar later word hy Jacobus Douwe as getuie op Johan Dawid Prins se doop.

3) Dan op die doop van haar ''regte seun'' Johan Dawid Prins;

Soos alreeds genoem Jacob NN of te wel Steijn is nou Jacobus Douwe,
Antie Steyn is ook nou Antie Douwe en Maria bly Maria Lozee.

4) In nog 'n dokument, ek dink dit is die doop van Jacob, lyk Lozee meer soos Loffee of dit kan "ss" wees!!

1/30/2018 at 2:05 AM

Dit is 'n redelik deurmekaar spul met die name van Jacob (Jacobus ) en veral by sy suster, Anti.
Op verskillende plekke word Anti se naam as Anna Steijn, 27 Januarie 1709, Anneke Stijn, 6 Oktober 1709 en Anke Stijn op 10 Augustus 1710, aangedui.
Van hulle kan ook troetelname gewees het, wie weet, as ons na Maria self se name kyk wat op verkillende plekke as Marretie, Marritie en Maritie aangedui word.
Ek dink ons moet maar liewer hier verby hou.
Ons het self troetelname vir ons kinders.

Johan David Prins was Anti se enigste kind en daarom kan ook geen Mitochondriale toets op haar nageslag uitgevoer word nie want sy het geen dogters gehad nie . Die bewering dat haar ma .6 persent Wes Afrikaanse DNA gehad het is dus glad nie waar nie. die Divon Lan toets is van ene Rebbeka van Bengal en glad nie die van Maria Lozee nie. Anti is ook kort na haar seun se geboorte oorlede. Datum onbekend. Martinus Prins haar man, is in 1720 oorlede.

Gelukkig het ek geen aandeel in haar "About" gehad nie.
SAG nommers help om meer korrekte inligting te verskaf, maar ons gebruik dit nie altyd nie en dan is 'n deurmekaarspul moontlik.

Private User
1/30/2018 at 12:13 PM

Ek sien onder Navorsing [Vanne] is daar 38 Losi profiele met een genaamd Maria Losi

1/30/2018 at 8:27 PM

Het ook ander Maria Lozee op getel

1/31/2018 at 1:03 AM

Nicolaas
Die uitsprraak van Lozee in Frans klink na Lozi met die klem op die i. Ek het ook 'n lys raakgeloop wat pertinent na Lozi verwys. Hier het die persoon presies geskryf wat hy gehoor het.
Jou verwysing na Losi is ook te vinde in die doopregisters wat beslis 'n aanduiding is dat Maria Franssprekend was.

Die van Lozee het blykbaar sy onstaan aan die Suid/Weste grens van Frankryk gehad. en daar is 'n kaart van Frankryk, wat die streek in kleur aandui.

In Julie 1685 het Willem Adriaan van Rheede 'n bevel aan Simon van der Stel uitgeryk, dat slawe nie met Nederlanders mag trou nie, maar 'n maand later is Douwe en Maria getroud. Hoe nou?
Wat dink julle daarvan. Was sy 'n slavin of nie, dit word ook nêrens in die registers aangedui dat sy 'n slavin was nie.

Private User
2/1/2018 at 11:53 AM

Nic

Almal het nou gestop - hulle dink nog.

Net nog iets wat ek opgemerk het as ek deurgaan in die geskrewe van beide Maria en Douwe se " Meer oor myself " kolomme. Die woorde wat gebruik word om die voorouers se bestaan ensovoorts te beskryf (en dit gaan nie om dit te kritiseer nie):

According to .......
Most likely......
Possible link.....
Unlikely.....
Speculation.....
Assume/Assumtion....
Reasons for....
Theorie/s......
Adopted son.....
Son of Maria and unknown father
He apparently had....
Most probably...

So wat ek gaan doen is, ek gaan maar soos 'n Privaat Speurder al die inligting wat jy en ander nagevors het, met die bietjie/minimale kennis wat ek het, met tyd ontleed.

Soos jy terreg genoem het 134 jaar is 'n lang tyd.

Sal jou kontak op jou e-pos

Private User
2/9/2018 at 7:09 AM

En toe is daar stilte.

Het Jacobus baat gevind uit sy pa(aangenome ) se boedel.
Ek kan niks uitmaak wat op die testament staan nie.

Nick J

7/23/2018 at 3:39 AM

Nick

Ja hy het baat gevind uit die tweede Testament van 31 Augustus 1699.

'n Uittreksel lees soos volg :-

"Jacobus, mede gen[aam[t Steyns, een somme van gelijcke drie hondert Guldens alle Caapze valuatie.

Hiedie testament is byna twee bladsye. (Transkripsie Ype Brouwers)

Ek stuur vir jou botaande transkripsie asook die transkripsie van die eerste testament per Epos

Private User
7/26/2018 at 7:53 PM

Nick

Ek het dit gekry dankie.

Ek oorweeg dit om my van te verander na Both/a of Appel.

Nick

7/26/2018 at 8:12 PM

Nic,
Kan jy asb ook vir my die inligting stuur.

Showing 1-30 of 47 posts

Create a free account or login to participate in this discussion