Ek is besig om namens my niggie (Marinda Reynolds (Stroebel)) haar stamboom op te trek met behulp van Geni en GISA se SAG publikasies.
Om seker te maak dat my werk so korrek moontlik is skep ek ‚n GED file in BK met SAG as 1ste bron. (BK het ‘n baie goeie “Reasonableness checker”) Dit is duidelik dat die meeste van die data op Geni geneem is uit SAG. Ek het reeds 4 duplikasies in SAG gekry waar takke gedupliseer is.
Een van die dupliseerings is:
huwelik van Petrus Philippus Stroebel met Amerentia Magdalena Elizabeth Stroebel - sien bl 333 & 336
Ek het die SK gekry van Embrenza Magdalena Stroebel, getroud met Petrus Philippus Stroebel.
- Albei die pare is vanaf Knysna en in die selfde tydperk
- Petrus teken haar SK met ‚n X-merk wat se dat hy ongeletterd was. Die informasie op haar SK sou deur hom veskaf wees. En heel moontlik van geheue.
2 probleme hier:
1. Watter een van die 2 profiles vir Petrus en Emerentia/Embrenza is korrek geplaas in die boom?
2. Is die SK van Embrenza wel die van Emerentia
Ek laai die kopiee van my bronne by b14c3d2 as jpg's