Willem van Wijk, SV/PROG 2 - Willem Adriaansz van Wyk

Started by Nic Steyn on Saturday, August 28, 2021
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Related Projects:

Showing all 11 posts
8/28/2021 at 1:44 AM

van Wyk voorgeslagte

Ek het gesoek na bewysstukke vir die voorgeslagte van Willem van Wyk sonder sukses. Hierna het ek gekyk na Patronieme en gevind dat dit die voorgeslagte aandui wat wel sin maak. Die name Willem Adriaans was bleikbaar sy doopname gewees en omdat hy vanaf Wijk van Duurstede af gekom het is die van Wyk vir hom as van toegevoeg. By geeneen van die voorgeslagte word die van van Wyk aangedui nie, slegs patronieme.

Ek het by die Kerk in Wyk by Duurstsede navraag gedoen by die volgend Epos nommer beheer@grotekerk-wijkbijduurstede.n wat my laat weet het dat die inligting verskuif was na 'n ander argief.
Ongelukkig het ek destyds na 'n huis vir bejaardes verhuis en my vrou is ook intussen oorlede met die gevolg dat die adres van die ander argief verlore geraak het in die deurmekaar spul.
Ek het intussen ook my navorsing heeltemaal gestaak en gee slegs inligting as iemand daarom vra.

As iemand die moed het om navraag by Wijk by Duurstede op die bogenoemde Epos navraag te
doen, kan die betrokke argief met die nodige inligting dalk opgespoor word

Hieronder is die lys met die geslag soos wat ek dit kon naspoor

Die geslag van Wyk van voor 1550
1 Hendrick Daar was nog patronieme gebruik, in plaas van vanne.
Inligting oor hierdie persoon is nie beskikbaar nie maar volgens patronieme het hy wel bestaan.

2 Jerephaes Hendricksz (1550 ?) Getroud met Margriet van Hattem (1560?)
Kinders :-
Gerrit Jerephaes
Jan Pieters
Pietertjie
Marritge

3 Gerrit Jerphaes (1580?) Getroud met Elizabeth van Deventer
Kinders
Adriaan Gerritsz Bleikbaar die enigste kind. Oorlede 16/02/11655

4 Adriaan Gerritsz Getroud met (Huwelik 1) Susannetgen Jans.
Kinders

Roelof Adriaansz (a1) Gebore 19/08/1632

Getroud met (Huwelik 2) Jantgen Aerts
Kinders

Willem Adriaansz (a2) Gebore (1655) Oorlede (1702)

(Willem van Wyk en Roelof van Wyk was halwe broers en beide het van Wijk by Duurstede na die Kaap gekom en beide was stam vaders.)

5 Willem Adriaansz (a2) het die van Wyk van gekry omdat hy van Wijk van Duurstede na die Kaap gekom het. Hy word tans slegs as Willem van Wyk aangedui.

8/28/2021 at 2:33 AM

Dankie Oom Nic, hy's my "9th great-grandfather" aan moederskant ☺️

Goed gaan 🙏🏻

Private User
8/28/2021 at 6:36 AM

I am sorry for your sad loss.
Thank you for sharing this. It is invaluable.

8/28/2021 at 9:57 AM

Sorry to hear about your wife, Nic. What happens if you try and pursue that email conversation?

8/28/2021 at 10:02 AM

Hello Nic

Carlo van Wyk sal vir jou die e-pos stuur aan beheer@grotekerk-wijkbijduurstede.nl

Willem van Wijk, SV/PROG 2

This is the Master Profile for Willem van Wijk, SV/PROG 2.
Curator Note from Sharon Doubell (3/18/2018):
Willem van Wijk (c 1655 Ingen)
x Trijntjen Hillebrants
* Arie 1686
*Jannetie c1688
* Gerrit c1689

xx Catharina 'Trientjie' Harmensz
*Maria c1696
*Anna c1698
*Willem 1703
Parents unproved: https://www.geni.com/discussions/166146?msg=1204113

Om verby die " Parents unproved" verby te kom is gewoonlik die probleem.
https://gw.geneanet.org/marietjie?lang=en&p=adriaen+gerritsz&am...

Jerephaes van Wijk ca 1550- ? ; VADER:Gerrit Jerephaesz Vandevender Van Wijk ca 1570-? : MOEDER: Elisabeth Dircks: SEUN : Adriaen Gerritsz Adriaen Gerritsz - seun van Gerrit van Wyk ca 1625-1655: Spouses and children
Married to Jantgen Janrgen Aredts Aerts ca 1634- with
M Willem Adriaan Willem VAN WIJK van Wyk †1702
Married 2 May 1626, Twello, Voorst, Gelderland, Netherlands, to Susannetgen (Jans) Deventer Jans (see note) with
M Roelof Adriaan Adrianz staan vir seun van Adriaan en is nie 'n naam van Wyk 1632

8/28/2021 at 10:52 AM

That site refuses to allow me to view it unless I accept cookies, but we'd all be very interested if you would post the primary source evidence it is offering as validation.

8/28/2021 at 1:16 PM

Ek het self familie-bande met die vroee Van Wijk/van Wyks hier te lande en het 'n paar verwysings aangaande hulle Nederlandse tuisland voor emigrasie. Die Noord-Transvaalse tak van GGSA het onder leiding van Isabel Groesbeek 'n CD beskikbaar bevattende 52k name ivm die van Wyks in die 4de Weergawe. Ek het nie self beskikbaar nie maar is verkrygbaar teen R300 by:

https://docs.google.com/viewer?url=https%3A%2F%2Fgenza.org.za%2Fima...

Ek neem maar net aan die CD bevat ook gegewens oor die Nederlandse voorsate.

8/29/2021 at 1:03 AM

Is any documentary proof of parents added to that CD, Johan?

8/30/2021 at 4:30 AM

Sorry but no, Sharon, I should have purchased the CD long ago!

8/30/2021 at 9:46 AM

I'm not sure they have docs, Johan - is why I was asking.

Showing all 11 posts

Create a free account or login to participate in this discussion