Sophia Johanna de Villiers (Lombard) - SOPHIA JOHANNA LOMBARD (? DOGTER VAN....)

Started by Theresa van Aardt on Wednesday, January 19, 2022
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 6 posts

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-D1MS-5D6?cc=304053...
SKAKEL NA DIE HUWELIK VAN SOPHIA JOHANNA LOMBARD GEHUUD MET DE VILLIERS
HIERDIE PERSOON IS NIE DIE DOGTER VAN CHRISTOFFEL JOHANNES LOMBARD EN MARIA ELIZABETH LOMBARD (GEBORE BESTER) NIE. HIERDIE EGPAAR HET NET EEN DOGTER GEHAD, NAAMLIK BARENDINA SOPHIA LOMBARD.

Theresa van Aardt

Ek stel voor dat jy dié versoek plaas op hierdie besprekingsgroep waartoe alle kuratore toegang het en jy derhalwe 'n beter kans het om hulp te ontvang. Ek stel ook voor dat jy 'n webbladskakel na die betrokke profiel daarop plaas, want 'n losstaande verwysing na 'n dokument lei nie direk na 'n Geni.com profiel nie,

Laastens, die algemene internetprotokol verdra nie 'n boodskap wat in sy geheel in hoofletters geskryf is nie: Inteendeel, dit word beskou as 'n geskreeu (shouting). Maak dus asb gebruik van hoofletters/kleinletters soos normale skryfwyse sou verwag.

Net goedbedoelde raad, sonder kritiek of verwyt. Bly gesond en geseënd.

Herman

Herman, Baie dankie vir die raad. Ek was werklik nie bewus van dit wat u noem genoem het nie. Het eintlik maar net goed bedoel, want Christoffel Johannes Lombard is my Oupa-grootjie se pa en ek is 100% seker dat die Sophia Johanna Lombard/DeVilliers nie Christoffel Johannes Lombard en Maria Elizabeth Lombard (gebore Bester) se dogter is nie. Want my Oupa-grootjie het ner een suster gehad. Dit is jammerlik dat hoofletters vertolk word as 'n "geskreeu". Ek het dit geag as om klem te lê, iets te benadruk, of bloot net die aandag daarop te vestig. Die "geskreeu" konsep is vir my ietwat barbaars! Maar nou ja, so leer 'n mens om maar eerder skilpad te bly en nie jou kop ten goede of ten kwade uit te steek nie. Ek bejaard en nie eintlik baie kundig met die tenologie nie. Die voorstelle wat u gemaak het omtrent webblad skakels en losstaande verwysing na dokument is vir my totaal en al vreemd en ek sal my liewer in daardie veld wil bevind nie.Na dese sal ek alles in my vermoëe doen om enige kleitrappery te vermy. Mense kan maar in hul onkunde voortploeter, want duidelik is leke nie baie welkom nie. Jammer ek het die "wette "oortree.Ek maak opreg verskoning daarvoor..Dankie dat u aan my uitgewys het waar ek klei trap. Groete, Theresa

Agge nee Theresa, nou voel ek soos 'n kalkoen! Ek het regtig net probeer om goeie raad te gee oor die twee punte, maar die kort-en-bondigheid van my respons het toe duidelik oorgekom as streng en/of aggressiewe kritiek. Dit was nie my bedoeling nie.

Ontvang asseblief my onvoorwaardelike verskoning vir die misverstand wat ek veroorsaak het. Ek beloof om nie weer met jou plasings in te meng nie.

Herman, Ek het regtig ook net probeer goeddoen deur die dame in die korrekte familie te probeer plaas het. Ongelukkig is ek 'n leek en sal ek sekerlik nooit weer op Geni my kop uitsteek nie.
Jy hoef nie verskoning te maak nie. Eintlik wil ek jou bedank dat my oë opgegaan het. As jy soos 'n kalkoen voel ek voel na dese soos 'n skilpad. Sal net my kop uitsteek as daar geen mense is nie en ook doodse stilte. So terloops ek het ;n vermoede dat die Sophia Johanna De Villiers heel moontlik my Oupa-grootjie se niggie kan wees en nie suster nie, Word nou maar 'n "Eye Opener" en vergeet van die kalkoen. Groete,Theresa

Ek is en bly regtig vreeslik jammer vir hoe ek jou laat voel weens my onsensitiewe bydrae. Ek herhaal en hernu my smeking om vergifnis en vra mooi dat jy tog maar sal aanbly by hierdie boomstruktuur. Ek hoop regtig dat jy my woorde agter jou kan plaas en vorentoe kyk vir jou en almal se plesier met hierdie baie stimulerende stokperdjie.

Showing all 6 posts

Create a free account or login to participate in this discussion