Sophia Johanna de Villiers (Lombard) - SOPHIA JOHANNA LOMBARD IS NIE DOGTER VAN CHRISTOFFEL JOHANNES LOMBARD NIE, MAAR SY JONGER BROER SE DOGTER

Started by Theresa van Aardt on Monday, August 15, 2022
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Die inskrywing van Sophia Johanna Lombard, gebore 5 Augustus 1884 is heeltemal foutief. Sy is nie die dogter van Christoffel Johannes Lombard,(gebore 10 September 1834 in Swellendam en oorlede op 12 Junie 1895 in Heidelberg, Kaap) en Maria Elizabeth Florentina Lombard (gebore Bester in Junie 1845 in Heidelberg, Kaap en oorlede op 29 Mei 1914. in Heidelberg, Kaap), nie. Hierdie egpaar het net een dogter gehad en haar naam was Barendina Sophia Lombard, gebore 3 Junie 1874 en gedoop op 2 Augustus 1874 in die NG Kerk te heidelberg, Kaap. Sy is op 7 Mei 1901 in Heidelberg, Kaap, getroud met Jacobus Nicolaas Ebersohn.
Sophia Johanna Lombard (gebore 5 Augustus 1884) is die dogter van Antonie Filippus Jacobus Lombard (gebore in Swellendam ± 1845 en oorlede op 23 April 1920 in Frankfort en sy gade Susara Johanna Hendrina (gebore Swart in Bredasdorp ± 1846 en oorlede op 9 Januarie 1913 in Vrede).
Antonie Filippus Lombard (± 1845 - 1920) is wel 'n jonger broer van Christoffel Johannes Lombard (1834 - 1914) en hul ouers is Pieter Jacobus Lombard (gebore 22 Junie 1791) en Elsie Sophia Johanna Lombard (gebore ± 1802 en oorlede 1845) (gebore Lombard). Elsie Sophia Johanna Lombard is die dogter van Andries Benjamin Lombard (gebore 25 Mei1766) en Anna Elizabeth Maria Lombard (gebore Olivier).

Create a free account or login to participate in this discussion