"...Die jare kom, en die jare gaan..." 'n Wyse man het eendag gesê: "In your life you are
not going to regret the things you've done, but the things that you haven't done". En hoe
waar is dit nie. Ek het altyd gedink my ma sal altyd daar wees, en eendag, eendag gaan
ons 'n goeie verhouding hê, soos vriendinne, sit en tee drink, scrabble speel (soos sy en m
ouma altyd gedoen het), gaan shop, fliek toe gaan, en sommer net oor hartsake en die
alledaagse dinge gesels! Ek was jonk, naief en het nie besef dat mens elke dag die
mense om jou moet hanteer asof dit die laaste keer is wat jy hulle gaan sien nie...
Die punt wat ek wil maak, is dat ek en my ma het nie die tyd gekry om mekaar as
volwasse vrouens te leer ken nie... Om resepte uit te ruil, raad te vra, 'n oor te wees net
om te luister, 'n skouer om op te huil ens. En nou, nou dat sy weg is, mis ek haar met die
jare elke dag meer en meer. Ek wil graag hê die familie wat haar geken het moet hier vir
my feite, staaltjies en/of gedagtes deel hoe oor julle my ma ervaar het as mens, vriendin,
skoonsus, tannie, wat ookal, kom ons laat haar weer "leef" met mekaar se herinneringe!