Christina Petronella de Wit

Is your surname Pretorius?

Research the Pretorius family

Christina Petronella de Wit's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

About Christina Petronella de Wit

REGISTER VAN VOORTREKKERSTAMMOEDERS

(Uit: Visagie, J.C. 2000. Voortrekkerstamouers, 1835-1845. Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria)

Opgedra aan ons stammoeders

De Wit, C P, vrou van A W J Pretorius sr

__________________________________________________.

Kommentaar deur Annelee de Wit

CHRISTINA PETRONELLA DE WIT.

Die enigste vrou vir wie daar ‘n monument in die vorm van ‘n kapwa opgerig is by Warmbad (Bela-Bela) in die ou Noord-Transvaal. Christiana in die Noordwes Provinsie is vernoem na die dogter van President Wessel Pretorius die seun van Christina. Christina en Andries het op die plaas Scholtzkloof verloof geraak onder ‘n Akkerboom. Volgens Tiaan DE WIT nog tans op die plaas staan die boom nog daar. As die Hartbeespoortdam redelik leeg is, kan die fondamente van die huis van Andries Pretorius nog gesien word. Andries is later (1891) in die Helde-akker in Pretoria herbegrawe. ‘n Straat in Pretoria en in Prins Albert is na Christina vernoem.

DIE VOLGENDE INFORMASIE IS VERSKAF DEUR GISA.

  

Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius gebore 27 November 1798 en gedoop 9 Desember 1798. Boer en Kmdt-Genl van die Voortrekkers. Oorlede in sy eie huis op Rust-der-Ouden distrik Pretoria 25 Julie 1853. In die huwelik bevestig Tulbagh op 8 November 1818 met Christina Petronella DE WIT gebore 9 Desember 1799 en gedoop 1 Januarie 1800. Oorlede in Warmbad gedurende September 1848. Sy was die dogter van Christiaan Pieter de Wit en Johanna de Kock.

Andries het na Christina se dood weer in die huwelik getree met Petronella Aletta de Lange in die Potchefstroom Hervormde Kerk 27 Augustus 1849. In die begin was sy woonplaas Pretoriuskloof , Letskraal sowat 25 km noordoos van Graaff-Reinet. Hy besit ook Hoeksfontein, 2925 morg en Wildepaardefontein, 3776 morg. Laasgenoemde twee plase verkoop hy vir 5000 riksdaalders aan ene Rubidge. Op 31 Oktober 1838 verlaat sy trekgeselskap die Kolonie in antwoord op ‘n hulproep van die trekkers in Natal. Aan die Modderrivier laat hy sy trek agter en kom op 22 November 1838 by die klein Tugela. Hier word hy aangewys as Kommandant van die strafkommando wat met 470 man en 64 waens op 16 Desember 1838 die Zoeloemag oorwin by Bloedrivier. Op 18 Maart 1839 kom sy trek in Pietermaritzburg aan. Op 24 Mei 1842 bereik die trekkers onder sy leiding die oorhand oor die Engelse Magte van Port Natal maar moet ‘n maand later nadat versterkings vir die Engelse opgedaag het, weer terugval na Pietermaritzburg.

Nadat die Voortrekkers van Natal op 15 Julie 1842 hulle aan die Britse gesag moes onderwerp trek hy hom terug op sy plase Welverdiend en Groot Mielietuine sowat ses km buite Pietermaritzburg. Preller beskryf A. W. J. se dubbelverdiepinghuis op Welverdiend in detail. Die plaas Welverdiend word in 1851 herdoop tot Edendale en word vanaf 1861 die Nuttall-opleidingskollege. Weens die tergende naturelle- en grondbeleid van die Britse bestuur trek A. W. J. en sy familie saam met ‘n groep Voortrekkers teen die einde van 1847 uit Natal na Transvaal. Preller vertel dat A. W. J. se dogters as touleiers moes optree omdat sy seuns nog die oes op Groot Mielietuine moes insamel. Hy vestig hom in die Magaliesberge in ‘n hoek wat gevorm word deur die samevloeiing van die Krokodil- en Magaliesriviere en noem sy nuwe plaas Grootplaats. Sy broers, Bart en Piet trek op die aangrensende grond in en noem dit Broederstroom. Op Grootplaats het hy vir eers net ‘n drievertrek hartebeeshuisie gebou maar na sy tweede huwelik ‘n gerieflike woonhuis laat bou en die plaas herdoop tot Rust-der-Ouden. Na 1850 skaf hy ook die plaas Paardekraal aan waar ‘n broerskind en skoonseun van hom, Vaal Martiens Pretorius, oor sy perde-boerdery toesig hou. Dieselfde Paardekraal wat histories sou word met die Vryheidsoorlog van die Zuid-Afrikaanse Republiek. Heftig gekant teen die Britse besetting van die Oranjerivier Soewereiniteit spreek hy in 1848 vyftien vergaderings van Emigrante toe vanaf Winburg tot by Ohrigstad. Op almal is geesdriftig teen anneksasie besluit met die gevolg dat ‘n sterk kommando onder sy leiding die Britse resident, Warden, uit Bloemfontein verdryf. Hulle delf egter die onderspit teen die Britse magte by Boomplaas op 29 Augustus 1848 waarna die Britse regering hom voëlvry verklaar en ‘n prys van 2000 pond op sy kop plaas. Hierna trek hy hom terug na sy plaas in die Magaliesberge maar beywer hom steeds vir die vereniging van die Transvaalse Trekkergroepe. Deur takt, diplomasie en sy oorredingsvermoë kon hy al die groepe selfs die koppige Potgieter in 1849 oorreed tot die Verenigde Bond van Transvaal. Deur sy toedoen word die Zandrivier Konvensie in 1851 gesluit waarmee die onafhanklikheid van Transvaal deur Groot Brittanje erken word. Die bekende Geskiedskrywer Gustav Preller wat ‘n intieme kennis gehad het van hierdie huisgesin skryf soos volg oor A.W.J. se huislike omstandighede en veral oor sy vrou Christina DE WIT gedurende hierdie tyd. “Gebore DE WIT uit PRINS ALBERT se wêreld het sy in 1819 met PRETORIUS in die huwelik getree toe hy nog maar een-en-twintig was en sy het hom agt kinders geskenk waarvan drie seuns, die oudste van wie, Marthinus, die eerste Staatspresident van die Zuid-Afrikaanse Republiek geword het.”

Hulle het vir 23 jaar gelukkig en tevrede geleef in Pretoriuskloof, naby Graaff-Reinet waar al die kinders gebore is. Agt jaar het sy weer rustig gewoon in die gerieflike woonhuis op Welverdiend maar op Rust- der- Ouden het sy nouliks drie maande in die eerste langwerpige ou kleihuisie gebly. Voorbeeldige huisvrou en moeder het sy haar nie publiek ingelaat met die openbare sake van die trek nie maar sy het goed op hoogte gebly van alles en haar man bygestaan met raad en daad in die bangste oomblikke van hul lewe. Nooit het Pretorius tot enige belangrike daad oorgegaan sonder om haar te raadpleeg nie. Christina was sterwend toe Andries moes gaan na die Slag van Boomplaas. Sy het vir hom gesê: “gaan, vir my kan jy niks meer doen nie, jou volk het jou nodig.”Toe hy in September 1848 weer op Rust-der-Ouden vanaf Boomplaas terugkeer was Christina daar nie meer nie. Die siektetoestand waarin hy haar in Januarie onder die Drakensberg aangetref het, -dysenterie, die gevolg van Malaria- het met afwisselende kwelling voortgesleep. In Natal is sy ‘n tydlank onder die behandeling van Dr Poortman maar die mediese kennis het destyds van die behandeling van hierdie siekte so min geweet as van die ander, en nadat hulle die Drakensberge uit was kon haar vriende en huisgenote maar hul bes doen met die inhoud van die medisynetrommel. Na haar eggenoot se vertrek het haar oudste seun haar met die ander lede van die gesin met wa en osse na die Waterbergse Warmbad geneem en daar is die dappere vrou oorlede en begrawe.

Heel toevallig het in 1938 die volgende aan die lig gekom. Vroulike broerskinders van die Generaal was bekend met die graf. Hulle het dit aangewys in die ou kerkhof en daar word in die Eeufeesjaar van die Voortrekkers ‘n passende monument onthul ter nagedagtenis aan ‘n voorbeeldige vrou. Kort voor Pretorius se vyftigste verjaardag trou hy ‘n jaar na sy vrou se dood met Petronella de Lange. Pretorius word na sy dood op sy plaas begrawe maar op 13 Mei 1891 herbegrawe in die Helde-Akker

view all 12

Christina Petronella de Wit's Timeline

1799
December 9, 1799
1819
September 17, 1819
Age 19
Graaff-Reinet, Kaapkolonie, Suid Afrika
1821
1821
Age 21
1823
October 21, 1823
Age 23
Graaff-Reinet, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1825
December 9, 1825
Age 26
Estcourt, Natal
1827
1827
Age 27
Graaff-Reinet, Kaapkolonie, Suid Afrika
1830
December 8, 1830
Age 30
Cape Province
1835
1835
Age 35
1836
September 21, 1836
Age 36