Douw Petrus Jacobus Steyn, b1c3d4e11f3g1

Is your surname Steyn?

Research the Steyn family

Douw Petrus Jacobus Steyn, b1c3d4e11f3g1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Douw Petrus Jacobus Steyn, b1c3d4e11f3g1

Birthdate:
Birthplace: Orange Free State, South Africa
Death: Died in Ceylon, Ceylon, Sri Lanka
Cause of death: Typhus is any of several similar diseases caused by Rickettsia bacteria.[1] The name comes from the Greek typhos (τύφος) meaning smoky or hazy, describing the state of mind of those affected with typhus. The causative organism Rickettsia is an obligate in
Place of Burial: Ceylon, Sri Lanka
Immediate Family:

Son of Andries Barend Frederik Steyn, b1c3d4e11f3 and Elizabeth Cornelia Johanna (Elizabetha Cornelia) Steyn, e1f1
Husband of Elsie Magdalena Johanna Steyn
Father of Willem Daniel Steyn, b1c3d4e11f3g1h1; Douw Petrus Jacobus Steyn, b1c3d4e11f3g1h2; Maria Martha Kemper; Elizabeth Cornelia Steyn, b1c3d4e11f3g1h4; Elsie Magdalena Johanna Steyn, b1c3d4e11f3g1h5 and 2 others
Brother of Magdalena van den Berg; Wietz (Wiets) Hermanus Steyn b1c3d4e11f3g3; Andries Barend Frederik Steyn, b1c3d4e11f3g4; Engela Petronella (Pieternella) Colyn nee Steyn; Johannes Jurgens Steyn, b1c3d4e11f3g6 and 2 others

Occupation: Farmer/Boer
Managed by: Chris Steyn
Last Updated:

About Douw Petrus Jacobus Steyn, b1c3d4e11f3g1

Death Certificate http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=1480714


POW Number 9285, Douw Petrus Jacobus Steyn of the farm "Middein", District Bethlehem Orange Free State and a member of the Field Cornet "Boven Wittenberg" was captured at Fouriesburg on 30 July 1900.

He was shipped on the POW Ship "MONGOLIAN" on 26 August 1900 to Ceylon where he was accommodated in the "Diyatalawa Camp in hut 53.

According to the records kept at the Anglo-Boer War Museum in Bloemfontein. Douw died on 23 November 1900 of Typhus.

Typhus is any of several similar diseases caused by Rickettsia bacteria.[1] The name comes from the Greek typhos (τύφος) meaning smoky or hazy, describing the state of mind of those affected with typhus. The causative organism Rickettsia is an obligate intracellular parasitic bacterium that cannot survive for long outside living cells. It is transmitted to humans via external parasites such as lice, fleas, and ticks. While "typhoid" means "typhus-like", typhus and typhoid fever are distinct diseases caused by different genera of bacteria.

Song sung at Douw's funeral:

GESANG 022 vers 3 was gesing tydens Douw se Begrafnis.

'WAAR, IN 'N GROOT VERSKEIDENHEID, ONS LAND SY OPBRENGS LEWER, WY ONS IN DIEP ERKENTLIKHEID ONS GAWES AAN DIE GEWER ! GEBIEDER VAN DIE WIND EN WEER, LAAT ELKEEN, SOOS U GEES ONS LEER, U LOOF VIR U VOORSIENING.'

1. O HEMELVADER, UIT U HAND ALLEEN KOM WARE SEeN ! U HET OPNUUT ONS DORRE LAND DEURDRENK MET MILDE REeN ! NA UITKOMS ROEP U KLEUREBOOG 'N JUBEL UIT ONS HART OMHOOG: ONS LEEF UIT U VOORSIENING !

2. AAN U DIE LOF EN DANK EN EER, VERHOORDER VAN GEBEDE ! HOE DIEP BEWUS MAAK U ONS WEER VAN U GOEDGUNSTIGHEDE: DIE WAT HUL SAAD MET TRANE SAAI, SAL, NA U WOORD, MET VREUGDE MAAI, EN JUIG IN U VOORSIENING.

                                       

My sincere thank you to Elmarie Malherbe, Researcher at the Anglo-Boer War Museum in Bloemfontein, for the photo and the documentation she made available to me.

DOUW PETRUS JACOBUS STEYN, OORLEDE 23.11.1900

Douw Petrus Jacobus Steyn is oorlede op 23 November 1900, in die ouderdom van 47 jaar, in die krygsgevangenekamp, “Diyatalawa”(afgelei van die Singalese Diya = water en “talawa” = golwende valley) in Ceylon (vandag Sri Lanka)

In die boek “Die Bannelinge – A.B.O. Boerekrygsgevangenes 1899 – 1902” deur.M.C.E. van Schoor word Douw Petrus Jacobus Steyn se sterfte besonderhede as volg weergegee:

Naam : Douw Petrus Jacobus Steyn Nommer : 9285 Sterfdatum : 23.11.1900 Ouderdom : 47 Oorsaak van dood : Tifus Afkomstig van : Middenin, Bethlehem Plek van gevangeneming : Fouriesburg Datum van gevangeneming : 30.7.1900

Ek haal verbatim aan uit “Banneling in die Vreemde” deur Elria Wessels wat die omstandighede van D.P.J. Steyn se gevangeneming en sterfte verder toelig: “Meer as 2800 man is gevang toe general Marthinus Prinsloo in die Brandwaterkom in die Vrystaat op 30 Julie 1900 oorgegee het. Die meeste van hulle is na Ceylon gestuur. Op die 30ste het die burgers hul wapens op die plaas De Vlugt in die Brandwaterkom neergelê. Hulle perde is van hulle weggeneem. Hulle het toe te voet na Fouriesburg gemarsjeer, vas onder die indruk dat hulle vrygelaat sou word die oomblik as hulle die dorp bereik het. Op 2 Augustus, diep ontnugter, het hulle te voet uit Fouriesburg na Winburg vertrek. ‘n Week later het hulle in die dorp aangekom. Hier moes hulle drie dae lank wag voordat hulle op ‘n trein na Kaapstad gelaai is.

Volgens Heyns was die stemming op die trein een van diepgaande hartseer. Op die 14de het hulle aan boord van die SS Mongolian gegaan en na Simonsbaai gevaar waar die skip tot die 18de voor anker gelê het. Hulle het daarna uiteindelik na Durban vertrek. Die burgers het Durban op 23 Augustus verlaat. Die gemoedstemming aan boord van die skip was nog hartseerder as die een op die trein. Op 9 September 1900, na ‘n reis van 22 dae het die krygsgevangenes in Colombo gearriveer. Die 10de het die mans wat siek was geland. Die meeste van die krygsgevangenes het uiteindelik op die 14de aan land gegaan en hulle kon met die laaste deel van hullle reis begin. Die 37 tonnels waardeur die trein gereis het, het duidelik ‘n onuitwisbare indruk op die burgers gemaak, aangesien die meeste van die beskrywings van hulle verblyf in Diyatalawa daarvan melding maak. Buiktifus het die kamp binnegekom saam met ‘n groep krygsgevangenes wat op 9 September 1900 aan boord die SS Bavarian gearriveer het. Hulle is op die 24ste met buiktifus gediagnoseer. Teen daardie tyd was daar reeds 200 gevalle in die hospital “and in spite of segregation, disinfection, etc, the disease is expected to spread”, het sir John Ridgeway aan die militêre owerhede gerapporteer. Hy het ook versoek dat die aankoms van die 600 krygsgevangenes wat aan boord die SS Catalonia was, “which was declared an infected ship”, vertraag moes word, aangesien akkomodasie vir die siekes nodig was. Ridgeway het daarop gewys dat daar ‘n tendens onder die krygsgevangenes bestaan om in sulke gevalle paniekerig te raak en dat die buitelanders onder die krygsgevangenes dit aangemoedig het. Toe die epidemie in die kamp uitgebreek het, het di. Postma, Murray en Roux ‘n algemene vergadering gehou waar hulle die kampbewoners oor die gevaar ingelig het. Hulle het ook elkeen gevra om te bid, “which we did out of the depths of our hearts”.

Die siekte het soos ‘n veldbrand deur die kamp getrek wat tot ‘n hoë sterftesyfer aanleiding gegee het. Sake het vererger totdat die Singalese dokters tot die kampdokters se redding gekom het. In eenstadium was daar 400 pasiënte in die hospital terwyl die ander siekes in die kamp verpleeg is. Om die groter getal pasiënte te kon akkomodeer, is die hospital vergroot om ‘n ekstra 300 pasiënte te hanteer terwyl ‘n hersteloord by Mount Lavinia ingerig is. Toe die epidemie op sy ergste was, het meer as 800 krygsgevangenes reeds die siekte onder lede gehad of simptome daarvan getoon. Teen 25 November is meer as 1200 krygsgevangenes reeds deur ddie siekte aangetas. Die epidemie is uiteindelik onder beheer gebring en net 50 pasiënte het gesterf. Allan Perry, die hoof mediese beampte van Ceylon, het gerapporteer dat die siekte teen Augustus 1902 feitlik uitgewis was.”

Dit word vertrou dat bogaande aanhaling ‘n beskrywende beeld van die gevangeneming en die dood van Douw Petrus Jacobus Steyn verskaf. Verdere inligting aangaande die lewe van die krygsgevangenes te Ceylon is in die boek “Banneling in die Vreemde” opgeteken wat verder geraadpleeg kan word.

Terloops die siekte “tifus” word in die HAT aangegee as “benaming vir verskillende besmetlike siektes deur rickettsia veroorsaak en deur luise versprei, wat gepaard gaan met hoë koors, bewussynsverlies en delirium. “Buiktifus” sal dan seker beskryf kan word as ‘n besmetting van die maag en ingewande.

Navorsing deur Johan Fourie, Vrywilliger by Die Erfenisstigting, Pretoria. My opregte dask en erkenning aan Estelle Pretorius, Senior Bestuurder Navorsing en Inligtingsdiens, Die Erfenisstigting wat die navorsing geinisieer het en die inligting aan my beskikbaar gestel het asook aan Johan Fourie, Vrywillige Navorser, Die Ergfenisstigting wat die puik navorsing gedoen het.

view all 13

Douw Petrus Jacobus Steyn, b1c3d4e11f3g1's Timeline

1853
September 22, 1853
Orange Free State, South Africa
1891
June 22, 1891
Age 37
1900
November 23, 1900
Age 47
Ceylon, Ceylon, Sri Lanka
1901
1901
Age 47
Ceylon, Sri Lanka
1901
Age 47
1901
Age 47
Ceylon, Sri Lanka
????
????
????
????