Gideon Retief von Wielligh

Is your surname von Wielligh?

Research the von Wielligh family

Gideon Retief von Wielligh's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Gideon Retief von Wielligh

Birthdate: (73)
Birthplace: Vrijguns, Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Death: August 9, 1932 (73)
Kafferstat, Hendrina, Nkangala, Mpumalanga, South Africa
Immediate Family:

Son of Nicolaas von Wielligh and Martha Maria Retief
Husband of Elizabeth Johanna Hendrika de Villiers
Father of Maria Van der Lingen von Wielligh; Jan Stephanus De Villiers von Wielligh; Gideon Retief Francois von Wielligh; Wilhelm Van Der Lingen von Wielligh and Gideon Francois Alexander von Wielligh
Brother of Nicolaas von Wielligh; Philippus Albertus von Wielligh; Gabriel Andreas von Wielligh and Pieter Gerhardus Von Wielligh
Half brother of Sara Martina Von Wielligh

Managed by: Louis Scholtz, j4
Last Updated:

About Gideon Retief von Wielligh

G.R. von Wielligh (1859-1932).

Op 9 Augustus 1932 is Gideon Retief von Wielligh in sy 74ste jaar naby Hendrina aan die huis van sy jongste broer oorlede. Met sy heengaan het ‘die laaste stem van die Genootskap van Regte Afrikaners’ verdwyn. Hy het stil gesterwe, stil soos sy lewe was. Byna niemand het oor sy dood gepraat nie. Aan Langenhoven is talle artikels in tydskrifte en koerante gewy - aan Von Wielligh 'n enkele. In die A.S.B. se Gedenkboek is die meeste Patriot-manne herdenk - ‘en ou oom Gideon, wat met sy gesig vlak op die papier, deur twee stelle brilglase en 'n vergrootglas iedere letter moes uitsukkel, word gevra om dese en gene te gedenk, maar daar is niemand wat dink hoe hyself verdien om gedenk te word nie.’ (G.S. Preller in Die Huisgenoot, 3 Sept. 1932).

Von Wielligh is gebore op 1 April 1859 op die plaas Vryeguns naby die Paarl, en is genoem na sy grootvader, Gideon Retief, broer van die Voortrekkerheld, Piet Retief. Die stamvader het uit Hamburg, Duitsland, gekom, en hy was offisier in diens van die N.O.I.K. Gideon behoort aan die sesde geslag wat op Afrikaanse grond gebore is.

Sy eerste skoolonderrig het hy van Jan Balt, 'n Hollandse matroos, ontvang. En toe kom die groot avontuur in sy lewe: in sy elfde jaar is hy saam met sy vader op 'n tog na Boesmanland. Baie van sy ervarings op hierdie reis vind ons terug in Jakob Platjie. Deur bemiddeling van verskeie vriende kon hy nou aan die Paarlse Gymnasium gaan studeer en op agtienjarige leeftyd lê hy sy landmeterseksamen af. In 1884 is hy aangestel as Landmeter-Generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek.

Al die ondervindings en ervarings wat Von Wielligh op sy landmetersreise deur ons land opgedoen het, het daartoe gestrek om van hom 'n onuitputlike skrywer te maak. Hy was sestien jaar toe hy lid geword het van die Genootskap van Regte Afrikaners, en vanaf 1876 het hy bygedra tot die Patriot waaraan hy hom in 1891 onttrek het. Van Ons Klyntji en veral van Ons Taal, was hy een van die getrouste medewerkers.

In ons letterkunde neem Von Wielligh 'n heel besondere plek in: hy oorspan die Eerste en Tweede Periode. Sy sketse het gedurende die Eerste Tydperk verskyn, sy romans gedurende die Tweede. In sy kunsopvattings kom daar egter geen verandering nie: hy bly 'n egte Patriotskrywer wat al gesélsende sy lesers wil vermaak, stig en onderrig. Hy het hom veral tot die minderbevoorregte deel van ons volk gerig, en dat hy in sy doel geslaag het, blyk daaruit dat sy boeke by die duisende gelees en geniet is.

Sy eie standpunt het hy herhaaldelik verdedig, so in 'n privaatbrief aan dr P.C. Schoonees (3 Junie 1922): ‘Die kunstenaar lewer 'n kosbaar monument om sy volk onder ander volke te laat uitblink; maar die volksskrywer saai die sade wat voedsel vir sy eie volk lewer om in hul eie behoeftes te voorsien.’ Later (29 Jan. 1924): ‘Ek ken ons volk grondig en weet waarin hulle 'n behae skep en wat hulle verwag, en so het ek die volkssmaak gevolg en onderwerpe gekies waarin hulle belang stel. Ek het my verhaalstyl gekies soos hulle hul verhale vertel en dit sê baie in my oordeel. Ek het my onwys gehou om die wat onwys is te wen.’ 'n Maand later (22 Febr.) verklaar hy: ‘Ek weet my geskrifte is nie vir kuns bedoel nie, derhalwe kan hulle die toets van kuns nie deurstaan nie.’

Hierdie briewe wat goedgunstiglik deur dr Schoonees aan my geleen is, gee ons 'n pragtige insig in die doel en strewe van ons eerste skrywers. Ons volstaan met 'n laaste aanhaling (12 Febr. 1925): ‘Ek het 'n ander klas lesers onder hande wat van kuns geen besef het nie en ek gee my ook nie uit as kunstenaar nie. En stop hul my eendag onder die grond, dan is die kers van die ou Taalbeweging meteens uitgeblaas; maar ons ou garde se eienaardighede sal voort bly bestaan solank daar 'n Afrikaanse letterkunde is, want ons volg die idioom en vertel 'n verhaal in die woorde soos ons volk praat. Terwyl die nuwe rigting is om iets voor te stel en nie te vertel nie. En deurdat ons die geselstaal volg, skryf ons soos die mense praat en bedien ons nie van kuns nie.’

Hoewel Von Wielligh dieselfde roeping gedurende die Tweede Periode gehoorsaam het, bepaal ons ons hier net by sy geskrifte wat tot 1909 verskyn het.

Von Weilligh was 'n aangename geselser en die geselstoon tref ons ook in sy geskrifte aan. Hy kon so gemoedelik-onder-houdend en persoonlik met sy lesers praat, dat hy ons selde verveel, selfs as hy afdwaal van sy eintlike onderwerp. Hoe 'n ryke skat van herinnerings het hy nie bewaar nie! Soms moes dit stellig moeilik gewees het vir hom om 'n keuse daaruit te doen, veral as hy van die gewoontes van die Boesmans of Hottentotte vertel. Hoe het hy hom nie vergryp om hulle komieklike staaltjies op te dis nie, dikwels ten koste van die eenheid van sy verhaal. Soms skep hy opsetlik 'n situasie net om so'n staaltjie, deurspek met kleurige uitdrukkings, aan ons te vertel. Hy kon die inboorlingrasse se gebroke Afrikaans meesterlik naboots, en het veral die geestige na vore gebring. Von Wielligh gebruik die sappige volkstaal. In sy latere werke het hy soms probeer om ‘mooi’ te skrywe, maar dan het hy in onegtheid verval. Hy was nie in die wieg gelê vir ‘praalskrif,’ soos hy dit self noem nie.

In Ons Klyntji het onder die skuilnaam Hans Kaapnaar sy eerste en miskien belangrikste werk die lig gesien: Jakob Platji of Sketse van Hotnots en Boesmans Lewe in Suid-Afrika. Met heelwat onderbrekings is die verhaal in die volgende nommers van Ons Klyntji afgedruk: Junie, Julie, Aug., en Okt., 1896; Aug. en Des., 1905; April, Mei, Junie en Julie 1906 - dus oor 'n periode van tien jaar. In Die Brandwag van 1912 tot 1914 is Jakob Platji in 'n enigsins gewysigde vorm herdruk, en in 1918 het dit uiteindelik by De Bussy in boekvorm verskyn. Die omwerking en uitbreiding mag oor die geheel 'n verbetering genoem word. Ons sal ons egter bepaal by die verhaal soos dit in Ons Klyntji verskyn het. Tussen hakies mag ons daarop wys dat dr Lydia van Niekerk 'n verkeerde voorstelling van die verhaal gee, omdat sy nie die slothoofstukke in die jaargang van 1906 gesien het nie. Sy noem Jakob Platji 'n fragment, maar dis 'n afgeronde verhaal.

Ons het reeds vroeër aangetoon dat die meeste verhale in Ons Klyntji taamlik swak is vanuit 'n letterkundige oogpunt beskou - net geselsery. En 'n werk soos Jakob Platji kry feitlik ook alleen betekenis deur die voorliefde om anekdoties te vertel. Die skrywer het fyn geluister na die eienaardige spreekwyse van die Bolandse volk, en hoewel hy dit 'n bietjie aandik vir die snaaksigheid, bly sy beeld tog getrou. Watter kostelike situasies teken hy nie as hy die Hottentotte self aan die woord stel! Ou Idries wil maar liewers in die hemel sit as hy oor die moeilikhede van die wêreld begin peins, maar ou Sina verkies om smoordronk in die kantien van Bob te lê. ‘Idries staan toen bot stil, slaan fer Sina op di skouer, en kyk haar sterk in di gesig an en sê: “Sina, waarom moet jy altyd meer beter wens as ek?”’

En wie vergeet ooit die komieklike toneeltjie in die hof as ou Sina nie haar ‘bek’ kan hou nie, maar kort-kort vir ou Idries raad gee wat om die magistraat te antwoord. Verontwaardig protesteer sy as die konstabel haar verwyder: ‘Wag maar, daar kom oek 'n ynde an as dit te laat is, as ons ammal een dag dood is.’ En as die konstabel haar tot bedaring wil bring, berispe sy hom: ‘Jy moet ni myn arm so ruk en pluk ni, ek ferdra dit ni.’

Daar is nog die windmaker-Hotnot Tys Bokkiis, en veral die karakteristieke preek van Kleopas Kipi, met ou Samel en Karools wat wil keer as sy eerwaarde na hulle kant toe preek. Kleopas Kipi wy uit oor die vreeslike dronkenskap onder sy gemeentelede, maar as Koos Fonk hom 'n sopie aanbied nà die diens, slaan hy dit gulsig weg. Meesterlik beskrywe en deurkruie is die Griekwa-oorlog, wat beëindig word met 'n sopie op die dood van hulle ‘meerbeterste broer,’ Soul Damon.

Volgens die titel van die verhaal moes Jakob Platji die hoofkarakter gewees het. Dit is egter nie die geval nie. Die skrywer gebruik hom maar net om sy stories omtrent die inboorlingrasse aan die man te bring. Tereg noem hy daarom die ondertitel van sy werk: Sketse fan Hotnots en Boesmans Lewe in Suid Afrika. Hierdie sketse word aan Jakob vasgekoppel, hoewel soms baie lossies en sonder innerlike verband. Die grootste tekortkoming van die werk is juis die gebrek aan eenheid en innerlike noodsaak. Soos Von Wielligh self erken, is dit grootliks te wyte aan die lang onderbrekings waarmee daaraan gewerk is. Dit verklaar ook die volop herhalings en oorlappings.

In die eerste hoofstuk maak ons kennis met die Hottentotte in vrolike stemming, maar dan laat die skrywer ou Idries en ou Sina opsluit en neem Platji saam met Koos Fonk na die binneland sodat hy meer inboorlingstaaltjies aan ons kan vertel. Onderweg trakteer Platji Koos Fonk op dierestories. As die skrywer self voel dat hy Jakob Platji darem te erg verwaarloos het, probeer hy die posisie red met 'n opmerking soos die volgende: ‘Dit alles het Platji bygewoon, gesiin, gehoor...’

Ons hoor ook wel af-en-toe van die Hotnotjie se skelmstreke, maar dis eintlik bysaak. Die slothoofstuk word darem net aan hom gewy, en ons word vertel van sy liefdesgeskiedenis en trouery. As Klara egter die paljas onskadelik maak, verdwyn haar liefde ook vir Platji, en na 'n swaar siekte sterf hy. ‘Dit was di ynde fan Jakob Platji syn loopbaan,’ sê die skrywer. ‘Dog as di tyd en geleendhyd dit toelaat dan kan dit gebeur dat ons later nog enige sketse sal médeel fan syn anekdote wat hy in syn lewe deurgemaak het.’

Aan die anekdotes knoop Von Wielligh af-en-toe didaktiese oorwegings vas. Hoewel dit die bou lossies maak en die eenheid versteur, is hierdie opmerkinge deur sy lesers van daardie tyd seker nie as kinderlik gevoel nie, en het hulle ongetwyfeld instemmend geknik as Von Wielligh na aanleiding van Koos Fonk en Gert Buurman se oneerlikheid opmerk: ‘O, as di wêreld durf syn ware kleure toon en idere ding by syn regte naam noem, wat fir 'n ferspotte boel sal di sogenaamde beste mense wees, om ni eens fan di gemene boel te praat ni! 'n Dekmantel word ni alleen gebruik om koue uit te hou ni, mar ook om sonde te bdek.’

Von Wielligh probeer ook mooi natuurbeskrywings gee, maar begryplikerwyse bly hy nog net by die uiterlike wat in geen organiese verband met die innerlike gebeure staan nie. Waar hy beskryf, is hy op sy swakste, waar hy die Hottentotte en Koranna's laat praat en handel, is hy op sy beste in hierdie belangrike erfstuk van die ou Patriotmanne.

Smoorkossiis fan Oom Kool (O.K., Mei, Julie, Aug. 1906) toon weer ten duidelikste oor watter smaaklike verteltrant Von Wielligh hier beskik. Droogweg laat hy Oom Kool aan ons sy onmoontlike ervarings verhaal, maar net soos Baron von Münchausen doen Oom Kool dit so oortuigend dat ons hom ampertjies glo. En oor wat 'n onuitputlike skat van ervarings het Oom Kool nie beskik nie! Natuurlik is hy 'n held in sy eie oë en so dapper soos die dapperste!

Dit is vreemd dat Von Wielligh hierdie Smoorkossiis nie apart opgedis het nie, want hulle bevat meesterlike vertellinkies, en Oom Kool is 'n karakter wat lewe.

In Abi Oufoet, 'n Stori fan 'n Malbaar uit di Slawe Tyd (O.K., Sept., Okt., Nov. 1906; O.T., 15 Des. 1908), probeer Von Wielligh ons laglus wek vir die wonderlike en snaakse kaskenades van die Malbaar. Soms slaag hy daarin, maar meestal nie, want sommige van die streke van die slaaf is darem baie flou. Terloops gee Von Wielligh ons 'n beeld van die slawetyd en die wyse waarop die slawe deur hulle base behandel is. Hy noem 'n string van die kaskenades op wat die kinders met Abi aangevang het. Ongelukkig bereik hy nie die effek waarna hy gesoek het nie - selde slaag hy daarin om ons te laat glimlag, eenvoudig omdat hy Abi Oufoet te belaglik voorstel sodat die Malbaar nie ons simpatie het nie. Dit waswaarskynlik Von Wielligh se plan om 'n uitgebreide verhaal van Abi Oufoet te maak; hy het egter nie verder gekom as die vierde hoofstuk nie.

Sy kennis omtrent Hotttentot-bygelowe het Von Wielligh verhalenderwyse meegedeel in Ponti, di Gif-Dokter (O.T., 15 Mei, 15 Junie en 15 Julie 1907). Ponti is die spreekbuis en is glad nie suinig met sy verhale omtrent al hulle bygelowe nie. Hy was self 'n toor- of gifdokter en het daarom oor eerstehandse kennis beskik. Met dolosse kon hy praat en speelkaarte kon hy ook lees. Die interessantste verhale is ongetwyfeld die wat in verband staan met die slangsteen. Hierdie verhale het Von Wielligh later verwerk vir sy Boesmanstories. In Ons Klyntji (November, en Desember 1906) het Von Wielligh se eerste Dire Storiis, ‘soos deur Hottentots fertel,’ verskyn. Die volgende jaar (1907) het hy hulle apart uitgegee by die Paarlse Drukpersmaatskappy in 'n boekie van 54 bladsye. Tussen 1917 en 1921 het hy sy dierestories in vier bundels die lig laat sien.

Na die animistiese tydperk en met die geestelike ontwikkeling by die mens, het sy godsdienstige vrees vir verskillende diere verdwyn. Nou neem hy 'n teenoorgestelde houding in en begin hy met die dier spot. Ook probeer hy om sekere eienaardighede en kenmerke van die diere te verklaar. Op hierdie trap staan die Dire Storiis van Von Wielligh, want hoe heerlik spot die Hottentot bv. nie met Uil, omdat hy Tinktinkie laat ontsnap het nie. Vir die eienaardighede van die diere het die Hottentot ook altyd 'n verklaring, bv. waarom jakkals sy stert sleep. Verder speel Von Wielligh se verhale in die sprokiestyd toe die diere nog kon praat.

Wat die oorsprong van Von Wielligh se verhale betref, sê hy in die voorrede tot sy bundel Dire Storiis (1907): ‘Di Storiis lyk deur di Hottentots opgemaak te wees nà hulle in anraking met di Wit Mense gekom het, want daarin word fry gebruik gemaak fan dinge deur di Blanke Befolking gebruik en ingefoer, soos gewere, pistole, sawels, slagysters en so fort. Ook di woord Boer kom dikwels foor in di fertellings.’

Hierdie teorie staan skeef, want ons dierestories is nie Hottentots van oorsprong nie, maar Germaans. Net soos in die Germaanse Vos-verhale, en veral in die beroemde Reinart-epos, is jakkals die held, die aartsskelm en die poetsbakker. 'n Ander ooreenkoms is die verhouding tussen jakkals en wolf: wolf is die onnosele wat gedurig deur die slim jakkals uitoorlê word. En wat meer is, beide in die Dire Storiis en die Reinartepos is jakkals die gehate dier wat gedurig in botsing kom met die ander diere. Baie voorvalle stem ook letterlik ooreen, en veral die feit dat jakkals van die ander diere se lieflingskos gebruik maak om hulle uit te oorlê. Veral die vraatsugtige wolf moet dit ontgeld.

Die Dire Storiis van Von Wielligh is dus sonder twyfel Germaans van oorsprong. Die Hollandse en Duitse Koloniste het die dierverhale uit Europa saamgebring, en aan die Hottentotte vertel, wat hulle baie verander het om hulle te laat aanpas by die Suid-Afrikaanse omstandighede. Elke geslag het sy eie veranderings aangebring, want die verhale is mondelings oorgelewer.

Von Wielligh het dan hierdie dierestories uit die mond van die Hottentotte opgeteken om hulle aan die vergetelheid te ontruk, om ons volkskundige studie van nut te wees - 'n wetenskaplike doel dus. Maar sy belangrikste oogmerk was miskien ‘tot onskuldig fermaak fan oud en jong.’ En daarin het hy uitstekend geslaag, selfs tot so'n mate dat ons die optekening van die Dire Storiis as een van Von Wielligh se belangrikste en beste werk moet beskou.

Die vertelkuns van die Hottentot het hy meesterlik nageboots, en sy verhale is deurspek met kleurige gesegdes en uitdrukkings. Dikwels word 'n gebeurtenis so realisties beskryf dat ons alles saam belewe. ‘Daarop volg toen wanorde; di een fluit, di ander skré en hulle maak 'n beestelike rumoer en lawaai’ (bl. 6). ‘Seker, dis ni om te hoe nie of te altemit ni’ (bl. 25). ‘Ek fliig kort om en loop dat dit so bars’ (bl. 26). ‘Wolf gaan ook reg staan, met di grootste andag, met staande ore, syn foorfoete forentoe en syn stert so reguit as 'n lat’ (bl. 39). En dan die pragtige dialoog en beskrywing van eie krag as jakkals aan wolf meedeel dat leeu homself tot koning uitgeroep het.

In die voorrede sê Von Wielligh: ‘Iits wat di leser fan di storiis sal tref is dat hulle (die Hottentotte) altyd soek omal di y'enaardighede wat in dire foorkom 'n oorsaak foor te soek.’ Sommige van hierdie verklarings is werklik komielik, maar hulle bewys tog hoe deeglik die Hottentotte die diere en hulle gewoontes geken het. Dit is hierdie verklarings wat 'n ongeforseerde geestigheid in die verhale bring.*

Von Wielligh wou so graag sy volk kennis bybring. Daarom het hy hulle op 'n heel populêre wyse 'n uiteensetting gegee van die Verskillende Godsdienste (O.T., 15 Okt., 15 Des. 1907 en 15 Jan. 1908), soos ‘Budisme,’ die Christelike en die Slamse geloof. Oor bye het hy 'n lang verhandeling gepubliseer in Ons Taal (vanaf 15 Junie 1907 tot 15 Junie 1908): By'e Teelt. Dit is ook apart in boekvorm deur die Paarlse Drukpersmaatskappy uitgegee. Dit is geen wetenskaplike verhandeling nie, maar slegs bedoel as 'n inleiding vir byetelers omtrent die behandeling van bye.

'n Kly Huis of Selfs woon Geluk in 'n nedrig Hut (O.T., 1908), is na die lengte 'n roman, maar na die bou slegs 'n aaneenskakeling van snaakse gebeurtenisse uit die lewe van eenvoudige mense. 'n Hollander word gebruik om dié snaaksighede op die voorgrond te bring, hoewel baie taamlik souteloos is. Tog toon die Kly Huis weer duidelik dat Von Wielligh vir die eenvoudiges van gees geskrywe het.

Twe Wonder Dokters (O.T., 1909) is 'n spanningsverhaal met groot moontlikhede, wat egter nie ten volle deur die skrywer uitgebuit is nie. Daar is te veel geraamte en te min vlees in sy verhaal. Tot op sekere hoogte is Von Wielligh hier weer in sy element, want een van die ‘wonderdokters’ is 'n Kafferdokter en daarom kon hy so gaandeweg opnuut baie van sy kennis omtrent die Kafferdokters aan ons meedeel.

Eintlik het Von Wielligh net die aantekeninge gemaak vir 'n roman. Daarom is die Twe Wonder Dokters so fragmentaries. Die indruk wat dit maak, is mat. Maar hierdie verhale was die vooroefening vir sy latere romans. Von Wielligh het 'n ongekompliseerde, kinderlike natuur, en om dié rede kon hy so smaaklik vir kinders en onontwikkeldes skrywe. Hy was 'n praktiese mens met sterk sosiale neigingen, iemand wat sy publiek met spannende en nuttige sake wou vermaak. Op een of ander manier het hy altyd probeer nuttig wees, soos met sy voorligting oor By'e Teelt of sy volks- en volkerekundige optekeninge in storievorm verwerk. Miskien is dit sy praktiese sin en die nuttigheidsprinsiep wat verklaar waarom hy werklik selde ontroerd raak deur die skoonheid van die dinge. Die natuur, of die menslike hart, is vir hom nooit 'n bron van estetiese genot nie. Miskien kan ons ook in hierdie beperkthede die rede vind waarom hy as een van die jongstes onder die G.R.A.-lede nooit gedigte oor liefde of dergelike sake geskryf het nie. Tog het hy met sy talente en na die beste van sy vermoë, sy volk gedien.

Bron: P.J. Nienaber en G.S. Nienaber, Geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. J.L. van Schaik, Bepk., Pretoria 1941

Aanvullende Bronne:

  1. Sterfkennis (TAB MHG 79697/1932) - https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSSH-J954?i=1804&cat=188051

About Gideon Retief von Wielligh (Afrikaans)

view all

Gideon Retief von Wielligh's Timeline

1859
April 1, 1859
Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1889
July 7, 1889
Age 30
Kaap
1932
August 9, 1932
Age 73
Hendrina, Nkangala, Mpumalanga, South Africa
????
????
????
????